Junie - senwes
Transcription
Junie - senwes
Junie 2012 SEN WE S scenario BINNE SÓ KAN JY DROOGTES PROAKTIEF DIE HOOF BIED WNG BOERDERY Alle goeie dinge kom in 3's DIEREVOEDING-UITGAWE ••• inhoud REDAKTEURSBRIEF 2 As jy die koers kwytraak HOOFSTORIE 4 ’n Proaktiewe droogtestrategie is nét die ding vir 2012 se winter KOLLIG OP WNG BOERDERY 8 Sukses kom in 3’s NUUS 16 Agri NW én Vrystaat Landbou kroon hul Jongboer van die Jaar 17 Senwes dra by tot landelike veiligheid 18 Monsanto sê hul sê oor beskerming van biotegnologie 20 Rooivleisprodusente staan op teen veediefstal 21 Senwes dra by tot krieketontwikkeling 22 NAMPO 2012: Sukses op sukses vir Senwes 24 Yes! Die spuit is myne! 25 NVK en Senwes span saam vir Groendag sukses 26 Bothaville Village – ’n Splinternuwe sikspens SENWES VILLAGE 28 Fokus op dierevoeding 34 Aangeplante weiding as deel van wisselbouproduksie 44 Meganisasie verkry dieper fokus met Equip 45 Hoopstad-Suid Boerevereniging beveilig gemeenskap in nuwe bakkie 45 Wesselsbron Village slaan ’n nuwe blaadjie om 46 Welsyn baat ook by R1 miljoen trekking TOEKOMSBLIK 48 Senwes en John Deere vat presisieboerdery ’n stap verder SENWES GRAINLINK 40 Veevoerbedryf gee die pas aan 50 Nuwe wetgewing hou ernstige gevolge in 53 Graangradeerders slaggereed vir die oesseisoen 53 Ontmoet Senwes se Streekbestuurders 56 ’n Droë winterseisoen waarskynlik op hande Junie 2012 • www.senwes.co.za Junie 2012 ALGEMEEN 3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit Ouma se medisynekas en meer 66 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en Feather Hill Spa. RUBRIEKE 54 AGRI-WENKE: Droë seisoen sorg vir lae grondvogreserwes 62 VIR DIE SIEL: Hoe laat jý mense voel 68 IN MY VISIER: Onbewaakte oomblikke DEVELOPING AGRICULTURE 60 Take care of your grazing; take care of your livestock KOMPETISIE 66 Slaap warm met Senwes Scenario o PROMOSIE-ARTIKELS 5 AF % KO SLA OP EPO G BL N .2 8 15 MTN: SerVision offsite monitoringg – anywhere, anytime 33 Biomin: Plantekstrakte bied natuurlike alternatief vir antibiotiese middels in dierevoeding 39 Nutri Feeds: Is lekaanvulling sommer net lekaanvulling? 42 FeedPro – jou vennoot in die dierevoedingsbedryf 58 Efekto: Besnoei só in die winter met Efekto 64 KRP Manufacturing: Fight fires effectively this winter O DIE VOORBLAD OP Willie, Nico en Gerhard Venter W vvan WNG Boerdery in die Petrusburg-distrik. Op bladsy 8 P gesels hulle oor diversifikasie in g die boerdery. Die voorbladfoto d iis geneem deur Wayne Viljoen. Dui Senwes Scenarioo-artikels aaan wat beskikbaar is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za << SENWES Scenario >> 1 22 ••• R E DAK TE U R S B R I EF eS Elm ar i eman cho As jy die koers kwytraak Ek het ’n uitsonderlike verdwaalvernuf. Ek sal lag-lag op ’n reguit pad deur die Karoo verdwaal en as ’n deurmekaar dorp soos Kimberley my eers insluk, sal julle my oor ’n maand kry waar ek maar ’n werkie by die Spur gaan bedel het omdat ek nie weer die pad uit kon kry nie. Tydens ’n besoek aan die Noord-Kaap is ek ook nie hierdie “spesiale gawe” van my gespaar nie. ’n Nchaba, vir dié wat nie weet nie, is ’n tipe wilde “aartappel” wat in sekere dele van die Kalahari groei en so onder die grond wegkruip soos ’n skoolkind vir ’n tandartsafspraak. Dit proe soos ’n sampioen en is blykbaar baie lekker, maar na ’n dag van Nchabas soek, kon ek net nooit weer vat kry aan die lekkerny nie. Ek is losgelaat met ’n Checkers sakkie en my oog is ingestel om enige krakie op die grond te ondersoek vir ’n moontlike Nchaba wat dalk daar kan uitloer. Toe ek weer opkyk is ek verlore! Met ander woorde, ek het nie meer geweet waar ek is nie en ná twee ure se sirkellopery het ek maar my leë sakkie in ’n boom opgehang en op ’n klip gaan sit en myself voorberei op ’n lang nag in die veld saam met jakkalse en veediewe. Ek weet nie waar die son moet sit of in watter rigting om te loop nie, ek is ’n stadsmeisie, magtig! Net daar tref ’n nuwe moed my: Ek gaan reguit loop en ek sal iewers by ’n draad uitkom wat my weer na ’n pad sal lei en hopelik is dit nie Botswana se grensdraad nie. Ná nog twee ure is ek toe uiteindelik waar ek moes wees, al was dit met leë hande. Vanjaar se min reën sal baie van ons lesers laat voel of hulle hierdie winter met leë hande ingaan. Die weiding is min en menige veeprodusent is moontlik bekommerd en weet nie in watter rigting om te loop nie. Lees gerus die hoofstorie op bladsy 4 vir ’n proaktiewe droogtestrategie en hoe om weiding te bestuur. Ons fokus op dierevoeding vir hierdie uitgawe en bladsy 28 en 29 handel oor produkte wat jou hierdie winter handig te pas kan kom. Lees ook op bladsy 20 oor die Sports Prestige-aand wat ten bate van plaasveiligheid gehou is. As jy verlore of verdwaal voel, besluit op ’n rigting en slaan koers in, jy sal wel iewers uitkom – en as alles ten goede meewerk, soos dit moet, mag jy op die regte plek eindig. Elmarie SENWES SCENARIO • Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. • Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie. << SENWES Scenario >> www.senwes.co.za • Junie 2012 Pieter & Tsepo A L L ES EN N O G WAT • T HIS A N D T HAT ••• 3 >> SAYS WHO? Experience is one thing you can't get for nothing. – OSCAR WILDE – >> SÊ WIE? Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. – PREDIKER 11:4 – Boerdery is waarskynlik dié bedryf wat die meeste deur klimaat- en weerpatrone beïnvloed word. Met ’n droë winter op hande sal produsente hul vee en weiding doeltreffend moet bestuur. Lees op bl. 4 oor ’n proaktiewe droogtestrategie wat weiding betref. The 2012 Summer Olympic Games will be held in London from 27 July to 12 August 2012, followed by the 2012 Paralympic Games from 29 August to 9 September. 'n Koei lewer ongeveer 200 000 glase melk in haar leeftyd. Olympics Facts • The early Olympic Games were celebrated as a religious festival from 776 B.C. until 393 A.D., when the games were banned for being a pagan festival (the Olympics celebrated the Greek god Zeus). In 1894, a French educator Baron Pierre de Coubertin, proposed a revival of the ancient tradition and thus the modern-day Olympic Summer Games were born. • No country in the Southern Hemisphere has ever hosted a Winter Games. • Three continents – Africa, South America and Antarctica – have never hosted an Olympics. Rio will change this fact in 2016 when they will host the Summer Olympics. S >> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS Seer keel: Gorrel met salie. Voeg 2 tot 3 teelepels salie in ’n koppie kookwater. Laat dit afkoel vir 5 tot 7 minute en gorrel dan tot die koppie leeg is. Doen dit gereeld deur die dag. S Bron: http://www.myhomeremedies.net/ 205 nations will take THE OLYMPIC CREED Pierre de Coubertin got the idea for an Olympic creed from a speech given by Bishop Ethelbert Talbot at a service for Olympic champions during the 1908 Olympic Games. The Olympic Creed reads: "The most important thing in the Olympic Games is not to win but to take part, just as the most important thing in life is not the triumph but the struggle. The essential thing is not to have conquered but to have fought well." S Junie 2012 • www.senwes.co.za ’n Ekonoom: die enigste professionele mens wat sien iets werk in die praktyk en dan bekommerd wonder of dit in teorie werk. – RONALD REAGAN – part in 300 events at the Olympic Games in 2012. 147 nations will take part in the Paralympic Games. S Source: http://www.london2012.com/ << SENWES Scenario >> 4 ••• HO O F STO R I E ’n Proaktiewe droogtestrategie is nét die ding vir 2012 se winter DIE OUDSTES ONDER ONS SAL NOG DIE DROOGTES VAN DIE JARE SESTIGS ONTHOU EN DIE MINDER OUERES DIÉ VAN DIE TAGTIGS EN VROEË NEGENTIGS. DIE JONGES HET DIT NOG NET LEKKER GEHAD...TOT VANJAAR. ONS BELEEF TANS SEKER EEN VAN DIE MEES WYD VERSPREIDE EN DROOGSTE DROOGTES IN BAIE JARE. > TEKS: IZAK DU PLESSIS EN BOET VAN ZYL Boerdery is waarskynlik dié bedryf van die mens wat die meeste deur klimaaten weerpatrone beïnvloed word. Die voorkoms van periodieke droogtes, noop die produsent om voortydig voorsorg te tref. P.E. Lombard en H.M. Greef het nie verniet reeds in 1964 opgemerk nie: “Die verstandige boer bou reserwes op gedurende die volop tyd. Dan sal die “sewe maer jare” hom nie onverhoeds vang nie.” Steeds word verskeie van ons voortdurend met die spreekwoordelike broek op die knieë gevang wanneer ’n droë jaar skielik opdaag, om nie eens te praat van die “sewe maer jare” nie. Vir die oorlewing van ’n veeprodusent, is dit kardinaal om ’n droogte oorbruggingstrategie te hê. Alhoewel die fokus meer op die onmiddellike korttermyndroogte sal val, sal daar tog ook na ’n meer omvangryke droogte oorbruggingstrategie verwys word. WANNEER BEGIN ’N DROOGTE? In teenstelling met meeste se opvatting, begin ’n droogte nie eers wanneer die weiding klaar is nie. << SENWES Scenario >> Dit begin reeds met die eerste reën wat laat kom, dan word dit uitgebrei deur die swak opvolgpatroon van die reënbuie en die min reën wat uiteindelik ontvang word. Johan van den Berg van Santam Landbou maan dat reënvalscenario’s op ’n gereelde basis deur die reënseisoen gedoen moet word en nie slegs aan die begin nie. Met die korrekte bestuurder- en moniteringsprogram in plek is dit meestal reeds in Februarie moontlik om die eerste tekens van ’n naderende droogte te identifiseer. Gebeurlikheidsplanne moet dan reeds in plek gestel word. Hoe vroeër aanpassings vir ’n droogte gemaak word, hoe kleiner is die impak van die droogte op die veevertakking. Hoe vroeër uitskotdiere van die plaas af gaan, hoe meer teeldiere kan deur die winter geneem word. Die grootste vyand van suksesvolle droogtebestuur, is die hoop of geloof dat dit wel volgende week sal reën. Hierdie hoop veroorsaak dat aksieplanne uitgestel word tot op ’n punt waar drastiese optredes nodig is om deur die droogte te kom. HOE TAKEL MENS ’N DROOGTE? Om ’n droogte die hoof te bied, is geensins goedkoop nie. Maklike kortpaaie bestaan nie. Daarom is dit belangrik om so vroeg moontlik die waarskynlikheid van ’n droogte te identifiseer en proaktief op te tree. Vroegtydige, proaktiewe optrede sal die koste om deur die droogte te kom, verminder, aangesien drastiese maatreëls eers later gevolg hoef te word. Proaktiewe vermindering van vee ly daartoe dat diere voor die groot stormloop verkoop word, gevolglik kan hoër pryse gerealiseer word. Eerstens is tollie- en osproduksiestelsels beter gerat om die kernteelkudde teen droogtes te beskerm. Heelwat GVE kan van die veld af verwyder word deur slegs osse, tollies en speenkalwers te verkoop. Indien dit slegs een droë jaar is, sal dit en www.senwes.co.za • Junie 2012 HO O F ST O R IE ••• Foto 1: Voorbeeld van ’n koei met ’n 2 kondisietelling. die vroeë verkoop van uitskotkoeie voldoende wees. Die kernkudde kan dan weer vinnig opgebou word. Met ’n speenkalfstelsel moet meer koeie verkoop word, omdat die enigste vermindering van GVE die verkoop van speenkalwers is wat in elk geval verkoop sou word. Om dus vir droogtetoestande voorsiening te maak, is dit nodig om produserende teelkoeie te verkoop. Dit neem dus langer om ná die droogte weer die kernteelkudde te herstel. Die grootste probleme begin egter wanneer die weiding min raak. Al die smaaklike weiding met voedingswaarde is dan weg. Al wat oor is, is die onsmaaklike grasse. Die uitdaging is dan om die diere aan die lewe te hou. Sodra hierdie situasie ontstaan, moet ’n oorlewingstrategie gevolg word. Die belangrikste oorweging is dan om diere aan die lewe te hou en nie noodwendig produserend nie. Indien diere aan die lewe gehou kan word totdat daar weer voldoende voer beskikbaar is, is daar darem weer diere beskikbaar om mee te produseer. Ruvoerbeskikbaarheid is die belangrikste faktor – selfs baie swak kwaliteit ruvoer is beter as geen ruvoer. Die voedingswaarde van swak ruvoer kan aangevul word, al is dit teen ’n koste. Sonder ruvoer is daar egter nie salf te smeer nie, want ’n bees kan nie op mielies alleen lewe nie. Afgesien van ruvoerbronne, soos veldhooi en oesreste, kan mieliestronkmeel, grondbonedoppe en sonneblomkoppe ook gebruik word. Sover moontlik moet diere op die veld gehou word en die normale oorwinteringstrategie met lekke moet eers gevolg word. Wanneer die smaaklike grasse uitgewei is, moet oorgeslaan word na ’n 50% winterlek wat die benutting van die onsmaaklike en minder verteerbare grasse sal bevorder. Hou die diere se kondisie fyn dop en skakel oor na die oorlewingstrategie sodra die diere se kondisie na ’n kondisiepunt van 2 gedaal het (Foto 1). Junie 2012 • www.senwes.co.za Moenie dat diere te maer word nie en gebruik dan dié van die onderstaande oorlewingsresep(te) wat jou toestande die beste sal pas. Diere wat in verskillende produksiestadia is, moet ook verskillend behandel word tydens die droogteoorlewingsproses. Dit word aangeneem dat slegs reproduserende diere deur ’n droogte aangehou word. Alle ander diere is verkoop. Koeie/ooie met kalwers/lammers se kondisie moet veral fyn dopgehou word. Sodra die kondisie begin afneem, moet die kalwers/lammers gespeen word, al beteken dit dat hulle vroeg gespeen word. Hierdeur word die reproduserende dier gespaar vir wanneer die nuwe reënseisoen aanbreek. Dragtige diere moet steeds goed versorg word. Die koeie/ooie gaan in elk geval kalf/lam, voer hulle dus om hulle kondisie te behou. Hulle het reserwes nodig om hulle kalwers/lammers te kan grootmaak. Indien hulle afgeskeep word, gaan hulle in ’n swak kondisie wees by geboorte en heelwat probleme gaan dan ondervind word. Moeilike geboortes gepaardgaande met moontlike verliese, weggooi kalwers/lammers wat hans grootgemaak moet word, swak kalwers/lammers wat sukkel om te oorleef en so kan ons aangaan. Ná ’n droogte is jong aanteeldiere baie gesog en skaars. Indien jong diere en speendiere se groei ernstig benadeel word, het dit tot gevolg dat hulle volwasse massa en liggaamsgrootte nadelig beïnvloed word en in die geval van skape word die wolproduksie ook benadeel. Dit is dus lonend om spesiale aandag aan hierdie groep diere te gee tydens ’n droogte. Jong diere het ook die voordeel dat hulle onderhoudsbehoeftes laer is as volwasse diere s’n. Dit is dus goedkoper om hulle te onderhou as volwasse diere. Ander maatreëls ten opsigte van die vee waaraan oorweging geskenk moet word, is: Voorsien skoon drinkwater. Beperk beweging en dus energieverkwisting deur die diere in klein kampies te hou. Klassifiseer die diere volgens kondisie en ouderdom. Beperk voerverliese deur doeltreffende hooirakke en krippe te gebruik. Gemaalde ruvoer word tot 30% beter benut as lang hooi. Verskaf beskutting teen koue winde. Tot ’n derde van die wintergewigsverlies wat by diere voorkom, is as gevolg van koue winde. Bestry inwendige sowel as uitwendige parasiete. vervolg op bladsy 6 << SENWES Scenario >> 5 6 ••• HO O F STO R I E VASTE S KOSTE OS E ’n Proaktiewe droogtestrategie is nét die ding vir 2012 se winter 11% vervolg van bladsy 5 WINTERLEK 14% 1% 1% VASTE KOSTE RENTE BEMARKING 5% 8% 5% 7% 8% 5% 45% BULKOSTE VOERTUIGKOSTE ANDER KOSTE DIPSTOF 12% LONE 23% OMHEINING ENTING DOSERING SOMERLEK Figuur 1: Samestelling van die uitgawes van ’n speenkalfstelsel (85% speenpersentasie). Spuit Vitamiene A. Beperk uitgawes; • Vaste koste maak ongeveer 45% van die uitgawes van ’n veevertakking uit (sien Figuur 1). • Min kan aan die loonrekening gedoen word, maar beperk uitgawes aan bulle/ramme, heinings en voertuie. DROOGTEVOERRESEPTE VIR DIE OORLEWING VAN DIERE 1. Mengsel vir swak ruvoer 25 kg ureum 25 kg melasse kannetjie of kalorie 3 000 100 liter water Meng een deel van hierdie mengsel met 10 dele hooi. Die mengsel kan ook op weiding gespuit word, maar moenie ’n groter oppervlakte bespuit as wat in twee dae benut gaan word nie. Spuit die mengsel slegs op goeie, ruie veld. Die koste beloop ongeveer R225/500 m2 strook, R0,90 tot R1,11/skaap/dag, R7,20 tot R8,50/ bees/dag. 2. Oorlewing van ooie 600 g hooi/ooi/dag 200 - 300 sjokoladegraan/ooi/dag Die koste daarvan om ooie op bogenoemde rantsoen te laat oorleef, beloop omtrent R1,05 tot R1,20/ooi/ dag (afhangend van die koste van die hooi). 3. Oorlewing van koeie 8 kg hooi/koei/dag 1 tot 1,5 kg produksielek/koei/dag << SENWES Scenario >> Die koste daarvan om koeie op bogenoemde rantsoen te laat oorleef, beloop omtrent R7,50 tot R8,85/koei/dag. Die koste sal afhang van die koste van die hooi. 3. Wanneer desperaatheid intree 800 kg hooi 50 kg Lickmix 87 (Dundee lekkonsentraat) 150 kg melassemeel/graan Hierdie rantsoen moet as volvoer gemeng en gevoer word. Die voerkoste is ongeveer R1,37/skaap/dag en R10,95/bees/dag. Onthou dat daar ureum in hierdie rantsoen is en die bestuur moet baie goed wees, veral by skape. 4. Wanneer jy erge desperaatheid bereik 300 kg hoendermis 500 kg hooi 200 kg melassemeel/graan Onthou dis altyd raadsaam om gesteriliseerde hoendermis te gebruik en om diere teen lamsiekte te ent alvorens enige hoendermis gevoer word. Die koste van hierdie rantsoen beloop ongeveer R1,27/ skaap/dag en R10,50/bees/dag. Skape is egter nie baie lief vir die hoendermis nie en hoë vlakke van koper kan opbou. WAT DOEN EK WANNEER DIE REËN WEER KOM? Sodra die eerste druppels van die nuwe reënseisoen val, is ons almal so opgewonde soos kinders oor presente! Ongelukkig reën dit nie gras nie. Diere kan dus nie onmiddelik ná die eerste bui reën weer op die weidings losgelaat word nie, veral nie skape nie. www.senwes.co.za • Junie 2012 HO O F ST O R IE ••• Aangesien daar geen droë gras van die vorige seisoen gaan oor wees om die oorskakeling van droëvoer na groenvoer te vergemaklik nie, sal dit raadsaam wees om diere eers slegs vir kort tye op die weidings oop te maak. Hierdie weitye kan stelselmatig langer gemaak word totdat die diere weer voltyds op die weidings wei. ALLES DIE MOEITE WERD Dit is nie maklik of goedkoop om ’n droogte te oorbrug nie, maar proaktiewe optrede eerder as reaktiewe optrede verlaag die koste verbonde aan ’n droogte en verhoog die kanse om die droogte suksesvol die hoof te bied. Deur die korrekte droogtestrategie te volg, stel dit die produsent in staat om vinnig ná die droogte weer op volle kapasiteit te produseer. S • Lees meer oor weidingbestuur op bl. 34. >> Izak du Plessis is ’n Senior Diereproduksie-spesialis by Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (056) 212-2291 of 084 504 6892. ’n E-pos kan gestuur word na izak.duplessis@senwes.co.za. Boet van Zyl is ’n Senior Landbou-ekonoom by Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (051) 411-0101 of 072 260 2202 of stuur ’n e-pos na boet.vanzyl@senwes.co.za. Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese iese ie esee eeel eel produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings dag agin ings in gs soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste wa waardes. aar arde des. s. Jy kan op Monsanto vertrou ... vir jóú sukses. Meer oor Monsanto Maatskappy Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings sings ngs en e landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto anto is daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond ro ond te kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar. Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. nsanto.com. m. Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter ter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed. uppe marketing A06632SS Skape moet vroegtydig teen bloednier geënt word om vrektes as gevolg van die skielike verandering in hul dieet te voorkom. Wanneer diere op jong, groen weidings laat wei word, veral nadat hulle vir lank slegs droë ruvoer gevreet het, kan “grass stagger disease” voorkom. Dit word veroorsaak deur ’n magnesiumtekort as gevolg van hoë stikstofvlakke in die plante. Indien vermoed word dat diere “grass staggers” het, kontak dadelik ’n voedingskundige vir raad in verband met jou spesifieke behoeftes en omstandighede. Onthou ook dat die weiding tien teen een beskadig is in jou pogings om die diere aan die lewe te hou. Die weiding het nou ook rus nodig om te kan herstel. Omdat weidings slegs rus wanneer dit groei, kan jy nie redeneer dat die weiding nou reeds vir drie of vier maande nie vee opgehad het nie en dus voldoende gerus het nie. Hoe langer diere van die weiding af gehou kan word, hoe beter sal die weiding herstel. Indien die kort, groen grassies dadelik bewei word, gaan die herstelproses langer neem. ’n Praktyk wat gevolg kan word, is om die kampe wat die druk kan hanteer soos vleie te benut en te sorg dat die ander kampe dan ten volle rus, voor hulle benut word. 7 8 ••• K O LLI G OP W NG B O E R DE R Y Alles het daarop gedui dat die pekanneutvertakking ’n sukses sal wees, en dit is. Hulle begin nou, ná tien jaar, die vrugte daarvan pluk. DIVERSIFIKASIE – DÍT IS WNG BOERDERY IN DIE PETRUSBURG-DISTRIK SE LEUSE, ’N BOERDERYTEGNIEK WAT HULLE AL DIKWELS UIT DIE MODDDER UIT GEHELP HET. SOOS NICO VENTER, EEN VAN DIE DRIE BROERS AAN DIE STUUR VAN DIE BOERDERY, SÊ: “JY MOENIE AL JOU EIERS IN DIESELFDE MANDJIE HÊ NIE. AS IETS MET DIE EEN DING VERKEERD LOOP, IS DAAR DAREM WEER DIE ANDER ASPEKTE OM OP TERUG TE VAL.” DIE UITDAGING IS OM AFDELINGS IN JOU BOERDERY TE IDENTIFISEER WAT NIE MEER FINANSIEEL LONEND IS NIE EN SULKE AFDELINGS UIT TE FASEER. << SENWES Scenario >> S ukses kom in 3’s > TEKS: ELMARIE SCHOEMAN > FOTO’S: WAYNE VILJOEN www.senwes.co.za • Junie 2012 KO L L IG O P W N G B O E RD E R Y ••• “Omring jou met kundige persone, veral chemiese raadgewers wat giwwe en kunsmis aanbetref, asook grondontleders. Hulle is daar, gebruik hulle.” PETRUSBURG Hierdie drie broers, Willie, Nico en Gerhard, het van kindsbeen af reeds ’n liefde vir boerdery ont wikkel toe hulle in 1964 na die plaas, Attleborough, getrek het waar hulle oupa geboer het. Ná skool het al drie uiteindelik na die plaas getrek en by die boerdery, wat daardie tyd uit droëlandmielies, -koring en vee bestaan het, aangesluit. Op Attleborough plant hulle tans aartappels, knoffel, uie, sonneblom, pekanneute onder besproeiing, mielies en sonneblom, wat hulle onlangs in die plek van koring ingebring het, op droëland. Volgens Gerhard het hulle besluit om die verbouing van koring te staak as gevolg van die swak prys, wat dit nie meer winsgewend gemaak het nie. “Die feit dat ons nou sonneblom en mielies saam plant maak dit ’n baie moeilik bestuurbare boerdery, maar dit is noodsaaklik, sê hulle. Hulle het ook ’n veevertakking van ongeveer 300 beeste. Vier jaar gelede het hulle die plaas Gruisrant in die Luckhoff-distrik naby die Vanderkloof Dam, Nie alle bakkies is dieselfde nie... L/3215/B1_A Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com neer.com vervolg op bladsy 10 9 10 ••• K O LLI G OP W NG B O E R DE R Y Sukses kom in 3's vervolg van bladsy 9 gekoop as deel van hulle diversifikasiestrategie. Nico bestuur dié plaas, waar hulle mielies, koring, ertjies en sojabone, alles onder besproeiing, verbou. BESPROEIING IN DIE DISTRIK In 1981 het hulle een van die eerste spilpunte in die omgewing opgesit. Hulle glo jy moet jou water bestuur en maak van besproeiingskedulering gebruik om nie water te mors nie. Die grootte van die spilpunt is ook belangrik: “Moenie ’n groter spilpunt opsit as waarvoor jy water het nie, gebruik jou water oordeelkundig,” se hulle. Die drie is van mening dat besproeiing jou van ’n vaste inkomste verseker. “Jy het beheer daaroor. Op droëland is jy aan die natuur uitgelewer. Jy kan ook groente, soos aartappels, onder besproeiing verbou Nico, Gerhard en Willie Venter glo in diversifikasie en om afdelings in jou boerdery wat nie finansieel lonend is nie, uit te faseer. << SENWES Scenario >> www.senwes.co.za • Junie 2012 K O L L IG O P W N G B O E R D E RY ••• wat jy nie op droëland kan doen nie. Besproeiing bied ’n kommoditeit waarmee ons ’n hoë inkomste kan genereer.” Werkskepping is ook een van die voordele van groenteproduksie omdat dit meer arbeidintensief is. WNG maak tans van 35 permanente werknemers gebruik en wanneer die aartappels, knoffel en uie geoes word, word daar vir 160 werkers oor ’n tydperk van twee maande werk geskep. DIVERSIFISEER ’n Produsent in hulle distrik, Heinrich Weideman, het ongeveer 12 jaar gelede navorsing oor pekanneute begin doen en die drie broers se belangstelling geprikkel. “Alles het daarop gedui dat dit ’n sukses sal wees en dit is. Ons het pekanneute wanneer Amerika nie het nie en die Chinese koop baie pekanneute as geskenke. Die bome het wel ’n lang wagtydperk van ses jaar ná vestiging, maar ons begin nou die vrugte daarvan pluk,” sê hulle. Die aartappels het ook ’n groot verskil in die boerdery gemaak. Omdat hulle op die plaas baie water en goeie grond het, beide ’n vereiste vir aartappelproduksie, is dit die ideale gewas vir ’n hupstoot wat die boerdery se finansies aanbetref. Al probleem wat hulle tans ondervind is die insetkostes wat baie hoog raak en die feit dat ’n voedselmaatskappy bevrore skyfies van oorsee af invoer. Volgens hulle is daar gedurende verlede seisoen ook baie knoffel van China af ingevoer, wat ’n beduidende invloed op die Suid-Afrikaanse mark het. WNG boerdery pas ’n wisselboustelsel op Gruisrant toe waar hulle sojabone en ertjies met koring en mielies afwissel. Op Attleborough word sonneblom met mielies afgewissel. Op die droëland werk hulle net op ’n rustende land sisteem omdat dit ’n lae reënval area is en die kans vir ’n misoes minimaliseer. “Ons maak eers grondvog bymekaar en dan plant ons.” PETRUSBURG IS ’N LAE REËNVAL-DISTRIK Van 1983 tot 1987 het die distrik ’n knellende droogte ervaar wat die boerdery geknou het. Hulle het besluit om grond te verkoop om hul besproeiing vervolg op bladsy 13 So ook nie alle lande nie... Phb 32Y85 P 2653 WB L/3216/B2_A Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com neer.com 11 K O L L IG O P W N G B O E R D E RY ••• Sukses kom in 3's vervolg van bladsy 11 NICO VENTER WILLIE VENTER GERHARD VENTER Nico het twee seuns en een dogter Twee dinge waarsonder hy nie kan klaarkom nie: • My vrou • Die Here Vir ontspanning vang hy graag vis en jag. Willie het vier seuns. Beste raad wat hy al ontvang het: Om niks half doen nie, maak klaar wat jy begin het. Gunsteling dis: Kerrie en rys Gerhard het drie dogters. Drie dinge waarsonder hy nie kan klaarkom nie: • Ons Hemelse Vader • Selfoon • Familie • Gunsteling seisoen: Winter, omdat dit jagtyd is. • Gunsteling dis: Steak te finansier. Volgens Gerhard is Petrusburg-mense, lekker mense. “Tydens die droogte het die boere in die distrik baie swaar gekry en na aan mekaar gekom. Die ouens het nou nog ’n oop hand in Petrusburg en dit is ’n heerlike gemeenskap om in te boer,” sê hy. Alhoewel hulle voorstanders van presisieboerdery is, is hulle van mening dat die opbrengs in Petrusburg te laag is om dié praktyk te regverdig. Hulle maak veral van kundiges gebruik om hul boerdery te ontleed en hulle te adviseer. “Omring jou met kundige persone, veral chemiese raadgewers wat giwwe en kunsmis aanbetref, asook grondontleders. Hulle is daar, gebruik hulle,” sê Gerhard. Gerhard is verantwoordelik vir die finansies en administrasie van die besigheid. WNG maak van Senwes se silo’s gebruik, verkoop van hulle graan aan Senwes en doen hulle bemarking en finansiering deur Senwes. “Ons koop ook meer as die helfte van ons produksiemiddele by Senwes. Die feit dat Senwes winkels op die klein dorpies het, is ook baie voordelig,” sê hulle. Die drie broers se wens vir die toekoms van SuidAfrikaanse landbou, is dat daar ’n beter verhouding tussen die regering en die produsente sal wees. “Op dié stadium voel dit amper vir die produsente asof hulle teen ’n muur baklei,” sê hulle. S >> Elmarie Schoeman is die Redakteur van Senwes Scenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz. L/3217/B3_A Ontwikkel vir die regte doel Kies die regte saad vir die regte land Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com 13 PR O MO T IO N A L A R T ICL E : MT N ••• SerVision offsite monitoring – anywhere, anytime SerVision’s versatile DVR portfolio has been used for a large range of applications in the governmental, security, commercial and transportation sectors. Its systems have been installed in or on public busses, security vehicles, construction zones, public utility and commercial sites, international borders, governmental buildings, warehouses, financial institutions and private residences. All SerVision security systems feature: • Exceptionally low bandwidth usage for high-quality video transmission. • Video transmission over the TCP/IP network. • Remote viewing of live and recorded video via SerVision client applications running on PCs, PDAs and cellular phones. • Integration of input sensors and output activation sensors. Fixed and mobile remote monitoring DVRs • Operating over GPRS, Edge, 3G, ADSL. • 4fps@1kByte/sec. • Event detection via Video Motion Detection (VMD), input sensor or internal video-lost sensor. • Event notifications via email, SMS, or pop-up alarm. • Remote Pan-Tilt-Zoom (PTZ) control, even from PDAs and mobile phones. • Full integration of audio and video. • Minimal disk usage for recorded video. • Large-capacity hard drive for local storage of recorded video (most models). • Downloading of video for storage on remote PCs. CENTRAL CONTROL ROOM By integrating your cameras with a centralised control room, your alarms and activity can be monitored remotely integrating a response service in your region. S For more information, please go to www.senwes.co.za. By installing a SerVision CCTV system you can monitor your cameras both on site and remotely. You can view live CCTV of your farmhouse, outbuildings, livestock, vehicles and warehouses from your phone, tablet or computer. Junie 2012 • www.senwes.co.za << SENWES Scenario >> 15 16 ••• N U U S “Die sleutel tot sukses in die lewe is om van jouself te hou.” Japie Fransman (Senwes: Korporatiewe Bemarking) Gideon van Zyl (Agri NW Jongboer van die Jaar) en Johan du Toit (Senwes: Landboudienste). Agri NW én Vrystaat Landbou kroon hul Jongboer van die Jaar DIE AGRI NW JONGBOERVERENIGING, IN SAMEWERKING MET SENWES AS HOOFBORG, HET OP 20 APRIL ’N BAIE SUKSESVOLLE JONGBOERKONFERENSIE BY FEATHER HILL IN POTCHEFSTROOM AANGEBIED. > TEKS: ANSONÉ VENTER Clayton Butler, die Jongboervereniging Voorsitter, het jongboere, die media asook die onderskeie borge van die Jongboerkonferensie verwelkom by die geleentheid en het genoem dat die jongboere se goeie bywoning verblydend is. Die sprekers wat onder andere ervare kundiges van Senwes Landboudienste ingesluit het, se onderwerpe het by die konferensietema: “Volhoubaarheid deur Diversifikasie en Presisieboerdery”, aangesluit. Johan du Toit (Bestuurder: Landboudienste) het meer oor Senwes Landboudienste vertel en die jongboere uitgenooi om van Landboudienste se kundigheid gebruik te maak. Gerrit Oosthuizen (Senior Agronoom: Landboudienste) het jongboere gewaarsku dat “daar nie plek is vir kort paaie nie, dinge moet altyd op die regte manier gedoen word.” Hy het ook klem daarop gelê dat jy as produsent jou boerdery se beperkende faktore moet identifiseer en aandag daaraan skenk. “Die sleutel tot sukses in die lewe is om van jou- << SENWES Scenario >> self te hou,” meen dr Arnold Mol, wat die motiveringspreker by die konferensie was. Hy het die jongboere gemaan om hul arbeiders op te bou eerder as om af te breek, om sodoende die beste uit hul na vore te bring. Gideon van Zyl, van Salpeterpan Boerevereniging, is tydens ’n glansdinee dieselfde aand as Agri NW Jongboervereniging se Jongboer van die Jaar aangewys. Gideon boer vir die afgelope ses jaar op sy eie plaas, Buckshee, in die Vryburg-omgewing. Hy is van mening dat landbou die grondslag van ’n land se ekonomie vorm. Vrystaat Landbou het op 12 April, tydens ’n funksie gehou by Monte Bello Estate, Bloemfontein, Hendri Jansen van Rensburg gekroon as hul Jongboer van die Jaar. Hendri boer op die plaas Stoffelsrust, naby Warden. Met ’n verskeidenheid interessante sprekers, waaronder ook Lindie Stroebel (Bestuurder: Ekonomiese Intelligensie van die Landboubesigheidskamer) en prof Jonathan Jansen (Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat), was diegene wat die geleentheid bygewoon het, op die punte van hul stoele. ’n Algehele Jongboer van die Jaar-wenner sal later vanjaar tydens die Agri SA Kongres aangekondig word. S >> Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na ansone@infoworks.biz. www.senwes.co.za • Junie 2012 N U U S ••• 17 PROTEÏENLEK 40 PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE Thys Visagie van Senwes Grainlink, saam met David Campese en die sport-memorabilia wat Senwes vir R12 500 tydens die veiling gekoop het. Senwes dra by tot landelike veiligheid > TEKS: ELMARIE SCHOEMAN Die geveg teen plaasmoorde MOLATEK PROTEÏENLEK 40 BEVAT: • hoë kwaliteit proteïenaanvulling; • voldoende hoë kwaliteit fosfaat; en • spoorelemente om tekorte aan te vul. Boonop stimuleer dit die inname en vertering van droëmateriaal en beperk sodoende massaverlies in die winter. Proteienlek 40 – uitstekend vir jou diere en jou sak. >> Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz. Junie 2012 • www.senwes.co.za Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 E-pos: molatek@tsb.co.za • www.molatek.co.za Proteïenlek 40 Reg. Nr. V16048 (Wet 36 van 1947) (Namibië NFF 1408) uppe marketing A06937 het op 16 Mei vanjaar weer ’n hupstoot gekry danksy die Senwes OFM Prestige Sportaand gehou by die Rio Casino in Klerksdorp, waar ’n tjek van R100 000 aan Agri Securitas oorhandig is. Die aand wat deur Senwes en OFM, in samewerking met Engen ten bate van Agri Securitas aangebied is, het rugbylegende, David Campese, as gasspreker gehad. Tot 2006 het David die wêreldrekord gehou vir die meeste drieë gedruk in toetswedstryde. Hy is een van slegs vyf spelers ter wêreld wat al meer as 100 wedstryde vir hul land gespeel het en hy is deel van die Rugby Hall of Fame. Johannes Moller van die Agri Securitas Trust Fund het klem gelê op die gebrek aan respek vir lewe in Suid-Afrika wat ’n negatiewe impak op gemeenskapsveiligheid en die ontwikkeling van die landelike omgewing het. Die doel van Agri Securitas is die verskaffing van finansiële bystand aan die landelike gemeenskappe om hulle eie veiligheid te verseker en bystand aan meer as 100 projekte is verleen met die aankoop van veiligheidstoerusting. “Ek is oortuig daarvan dat nog honderde lewens op die platteland hierdeur gered gaan word,” het Moller gesê. S 18 ••• N U U S Monsanto sê hul sê oor beskerming van biotegnologie BIOTEGNOLOGIE GAAN PRODUSENTE IN STAAT STEL OM VOEDSEL VOLHOUBAAR OP ’N GEGEWE OPPERVLAKTE TE PRODUSEER OM AAN DIE GROEIENDE WÊRELDSE BEVOLKING SE BEHOEFTES AAN VOEDSEL, ENERGIE EN TEKSTIEL TE VOLDOEN. > TEKS: RUTH SCHULTZ Dít was Bennie Bester (Kommersiële Bestuurder: Monsanto SA) se boodskap aan produsente tydens Monsanto se Centre of Excellence boeredag naby Bothaville op 12 April vanjaar. “Daar is sekere produsente wat baie onverantwoordelik omgaan met die gebruik van biotegnologie,” het Bennie gesê. Hy verwys spesifiek na die plant van toevlugsareas. Biotegnologie het ’n baie groot bydrae gelewer as ’n mens kyk na waar opbrengste vandag staan. “In 2001 was 5,9% van alle mielies wat in 2001 in Suid-Afrika geplant is, geneties gemodifiseerde (GM) aanplantings. Tien jaar later, in die 2011-seisoen, is 78,7% van alle mielies in Suid-Afrika, GMaanplantings.” Volgens Michelle Vosges (Hoof van Rentmeesterskap: Monsanto SA) is daar sekere areas waar YieldGard I nie meer so effektief werk soos in die verlede nie. “Dié aanplantings moet dus onder sekere omstandighede gespuit word, sodat produsente nie verliese ly in terme van opbrengste as gevolg van die stronkboorder wat weerstand opbou nie en tweedens wil Monsanto daardie populasies wat verhoogde toleransie teen die Bt-proteïen bied, so gou moontlik uit die omgewing kry.” Monsanto het dus produsente se hulp nodig. “Produsente moet weekliks vasstel of hul mielies meer as 10% stronkboorderskade het. Indien daar << SENWES Scenario >> Leonard Oberholzer (Bestuurder: Tegniese Ontwikkeling, Monsanto SA) wys hier hoe opbrengste (ton/ha) toegeneem het soos tegnologie oor die jare gevorder het (oopbestuifde mielies, dubbelkruis, enkelkruis en biotegnologie). Produsente het sekere punte op die lande besoek waar Monsanto en ander rolspelers in die bedryf oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe gesels het. meer as 10% skade is, moet dit op Monsanto se sisteem gerapporteer word, sodat inspeksies gehou kan word en besluit kan word oor moontlik bespuitings,” het Michelle bygevoeg. Een van die belangrike redes wat in die literatuur aangedui is hoekom YieldGard I aanplantings in sekere gevalle nie meer effektief is nie, is die afwesigheid van toevlugsareas. “In 2008 het Monsanto ’n aktiewe moniteringsprogram in plek gestel, waartydens ’n derde party ’n produsent se plaas besoek om ondersoek in te stel of sy toevlugsareas reg geplant is in terme van persentasie en of dit reg geposisioneer is in terme van Bt-aanplantings,” het sy gesê. YieldGard I is egter steeds effektief op ongeveer 98% van mielie-aanplantings in Suid-Afrika, maar gereelde monitering en vinniger rapportering kan steeds help dat produsente ’n goeie opbrengs op YieldGard I kry. “Verhoogde monitering gaan gedoen word op YieldGard II aanplantings, omdat Monsanto nie dieselfde roete wil loop as met YieldGard I nie,” aldus Michelle. YieldGard II is die nuwe geen wat Monsanto verlede jaar bekend gestel het. Volgens Michelle gaan Monsanto streng moet optree teenoor dié produsente wat nie effektiewe toevlugsareas aanplant nie. “Om biotegnologie te beskerm moet produsente toevlugsareas plant en dit reg plant om weerstandsontwikkeling te voorkom. Indien produsente dit nie doen nie, beteken dit dat Monsanto nie sy permitvoorwaardes, wat kommersiële aanplantings van YieldGard I en YieldGard II in Suid-Afrika moontlik maak, nakom nie en kan die staat die permit terugtrek en produsente nie meer toegang tot Bt-mielies hê nie.” S >> Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario. Vir meer inligting kontak haar by (011) 869-4465 of stuur ’n e-pos na ruth@infoworks.biz. www.senwes.co.za • Junie 2012 Dis mos die keuse! Ons mielies i li lyk l k goed op papier en nóg beter op die land. As dit by opbrengs kom, maak dit sin om te kyk na vorige seisoene se resultate. By DEKALB® sal ons jou graag help om dit te doen. Ons mieliebasters kraai jaar na jaar koning. Ons bied nie net resultate nie, ons bied ook die tipe kliëntediens en ondersteuning wat ‘n verskil maak. Met Monsanto het jy toegang tot die beste gewastegnologie beskikbaar. Ons geelmielies soos die DKC73-reeks, DKC66-60BR en DKC80-40BR GEN sowel as ons witmielies soos die DKC78-reeks, DKC77-61B en DKC77-85B GEN lewer uitsonderlike opbrengste. Boonop bied die keuse van YieldGard®, Genuity® YieldGard® II of Genuity® Roundup Ready® Corn 2-tegnologie in ons saad jou beter beskerming teen stronkboorder en onkruid. DEKALB® gee jou net soveel meer – in die laboratorium, op die land en in die bank. uppe marketing A06309/SS Hoë opbrengspotensiaal Stabiliteit Goeie staanvermoë Besproeiing Geelmielies Nuut Nuut Nuut Nuut Nuut DKC80-40BR GEN DKC66-60BR DKC73-70B GEN DKC73-72 DKC73-74BR GEN DKC73-76R Witmielies Nuut DKC77-61B DKC78-15B DKC78-45BR GEN DKC77-85B GEN Skakel Monsanto vandag en vind meer uit. DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. ® Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk. van BASF 20 ••• N U U S Rooivleisprodusente staan op teen veediefstal VANJAAR SE ROOIVLEISPRODUSENTEORGANISASIE VAN NOORDWES (NWRPO) SE KONGRES, WAT OP 21 EN 22 MEI NABY HARTBEESFONTEIN GEHOU IS, HET TWEE UITDAGINGS IN DIE ROOIVLEISBEDRYF, NAAMLIK VEEDIEFSTAL EN DIEREGESONDHEID AANGESPREEK. > TEKS: ELMARIE SCHOEMAN Dr Martin Ferreira (Veearts: Potchefstroom) het die voorkoms, ekonomiese impak en beheer van lewerslak by beeste bespreek. Volgens hom het ontledings in die Vryburg-, Ottosdal- en Potchefstroom-areas, aangedui dat 75% van die kuddes wat getoets is, positief getoets het vir lewerslak en tot 80% van die diere in die kuddes positief getoets het. Ferreira sê dat die besmetting hoog is in die herfs en lente as gevolg van temperatuurveranderinge en die oorlewingsdruk op die parasiete. Veediefstalforum-voorsitter, Jacques Swanepoel, het hom uitgespreek oor veediefstal in die Amanda Thoe e bestudeer ’n n paar mieliepitte. Noordwes Provinsie. “Naas predasie, is veediefstal een van die grootste enkele faktore wat die Rooivleisbedryf negatief beïnvloed,” sê hy. Volgens hom is daar tans sewe Veediefstaleenhede in die Noordwes Provinsie ontplooi. “Die onlangse afkondiging deur die Minister van Polisie dat veediefstal in die OosKaap en Vrystaat as prioriteitsmisdade verklaar is, is myns insiens ’n stap in die regte rigting. Ek sou egter wou sien dat dit uitgebrei word na die ander oorblywende provinsies ook. Volgens nasionale statistieke rakende die top tien veediefstal hotspots, verskyn ons provinsie nou vir die eerste keer in baie jare ook op die lys,” sê hy. Loffie Brandt (Bestuurder: Landbou-inligting, Absa-Agribesigheidsbank) het die vooruitsigte van rooivleispryse teen die agtergrond van die huidige ekonomiese omstandighede bespreek en dr Pieter Vervoort (Voorsitter: Dieregesondheidsforum) het openbare en private vennootskappe om veeartsenydienste en voldoening aan dieregesondheidsvereistes te verbeter, bespreek. S >> Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz. S enwes wys M innesota hoe Mornay Potgieter (Assistent Silobestuurder: Viljoenskroon silo) verduidelik hoe ’n silo werk. << SENWES Scenario >> Dr Pieter Vervoort spreek kongresgangers toe oor hoe om veeartsenydienste te verbeter. Nege studente van Minnesota kon op 17 Mei 2012, danksy Senwes, ’n ordentlike gevoel van Suid-Afrikaanse landbou kry en hoe graan in ons land verwerk word, tydens ’n besoek aan Viljoenskroon silo. Dié studente, almal van die University van Minnesota, het as deel van ’n toer deur Suid-Afrika, wat deur die Noordwes-Universiteit gereël is, meer geleer oor mielieproduksie, graangradering en die pad wat graan loop wanneer dit by ’n silo afgelaai word. Grainlink personeel het die studente ontvang waarna hul op ’n toer deur die silo geneem is. Die studente sê hulle was veral beïndruk met die tegnologie en die kwaliteit van graan in Suid-Afrika. Die groep het ook ’n draai by NAMPO gemaak en die Senwes-stalletjie besoek. S www.senwes.co.za • Junie 2012 N UUS ••• Japie Fransman (Korporatiewe Bemarking – Senwes) en Ismail Minty (NWK: Algemene Bestuurder – Landelike krieket) met die wenspan van Laerskool Manana. Senwes dra by tot krieketontwikkeling Humansvlakte en Manana se krieketspanne het Saterdag, 5 Mei, op Senwes Park gewedywer om as die wenner van die sesde Senwes Spinners-toernooi, wat vanaf 30 Maart tot 3 April vanjaar plaasgevind het, gekroon te word. Laerskool Humansvlakte het vir die afgelope twee jaar die toernooi gewen en sou nie maklik weer tweede in die ry staan nie. In ’n naelbytwedstryd het die span van Laerskool Manana op die ou end die knoop deurgehaak en met agt lopies as wenners uit die stryd getree. Die titel gaan gepaard met ’n kontantprys van R5 000 en Humansvlakte het as naaswenners R1 000 ontvang. Senwes en Noordwes Krieket bied jaarliks die Senwes Spinners-program aan met die doel om krieketontwikkeling onder die jeug in landelike gebiede te bevorder. Tien skole word by die program betrek, waartydens beide die kinders en die afrigters opleiding ontvang met die oog op volhoubaarheid en ook kriekettoerusting en-klere ontvang. ’n Gedeelte van die Rugby Wêreldbeker-fondsinsameling, wat in 2011 deur Senwes en Noordwes Krieket gedryf is, se winste is in dieselfde jaar aan Agri Securitas oorhandig en ’n gedeelte daarvan is ook geoormerk vir landelike krieketontwikkeling. Hierdie fondse is aangewend om onder andere ’n sintetiese krieketblad vir Laerskool Manana te skenk en ’n boulmasjien vir Humansvlakte. S Monsanto klink ’n glasie op Dekalb se 100-jaar mylpaal Dekalb se verbintenis tot innovasie in die landbou het in 1912 sy ontstaan gehad met die stigting van die Dekalb® County Soil Improvement Association. Sedertdien is die Dekalb-handelsmerk sinoniem met die geskiedenis van landbou – ’n geskiedenis ryk aan tradisie. Monsanto se verbintenis tot Dekalb het in 1998 begin toe Dekalb by die Monsanto-familie aangesluit het. In die lig van Dekalb se 100-jaar viering, het Monsanto Suid-Afrika op 19 April vanjaar ’n spogfunksie in Pretoria gehou vir die media, produsente en ander rolspelers in die bedryf. Junie 2012 • www.senwes.co.za Kobus Steenekamp (Besigheidsbestuurder: Monsanto Suid-Afrika), Kobus Lindeque (Besturende Direkteur: Monsanto Afrika), Bennie Bester (Kommersiële Bestuurder: Monsanto Suid-Afrika) en Gert Heyns (Bemarkingsbestuurder: Saad en Biotegnologie, Monsanto) klink ’n glasie op Dekalb se 100ste bestaansjaar – ’n belangrike mylpaal in landbou. S << SENWES Scenario >> 21 22 ••• N U U S NAMPO 2012: Sukses op sukses vir Senwes VANJAAR SE NAMPO OESDAG HET BESLIS NIE AFGESTEEK TEEN DIE VORIGE JARE NIE; NUWE TEGNOLOGIE WAS AAN DIE ORDE VAN DIE DAG EN DIE OESDAG IS GEKENMERK DEUR ONDER ANDERE DIE VERTONING VAN ’N TREKKER WAT DEUR WATERSTOF AANGEDRYF WORD, DIE BEKENDSTELLING VAN ’N PLOEGKOMPETISIE EN ’N OESDAGRADIOSTASIE, NAAMLIK GRAAN SA RADIO. > TEKS: ELMARIE SCHOEMAN Die bywoningsyfer van 71 723 is ’n goeie verbetering op dié van 2010, wat die vorige beste syfer in die 46-jaar geskiedenis van die Oesdag is, uitgesluit verlede jaar se rekordbywoning weens ’n openbare vakansiedag. Kompetisies wat deur Senwes geloods is, het besoekers na dié stalletjie gelok. Die jaguitstalling Besoekers in die Senwes-stalletjie << SENWES Scenario >> was veral ’n groot trekpleister. Die daaglikse bokkoorstrekking is deur Wentzel Jonker (Voorraadbeplanningsbestuurder: Senwes Village) en sy span gehou en menige besoekers het gedurende die vier dae ’n wapenprys ryker by NAMPO weggestap. Die John Deere-stalletjie was verseker ’n hoogtepunt by die Oesdag. Senwes Village se Meganisasie-afdeling was vanjaar weer betrokke by die John Deere klere- en speelgoedwinkel. Die stalletjie word gedurende die duur van NAMPO soos ’n volwaardige Senwes winkel bedryf. “Dit was vanjaar weer ’n ongelooflike ervaring om te sien hoe die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap meegesleur word deur die gewildheid van die John Deere handelsmerk. Mense val oor mekaar om van die John Deere klere en speelgoed te koop,” sê Pieter Redelinghuys (Produkbestuurder: Village Meganisasie Onderdele). Die rekordomset van ongeveer R2,7 miljoen vir 2012 getuig hiervan. S >> Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz. Eddie Morrison (Bothaville Village) en Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village) by die wapenuitstalling. www.senwes.co.za • Junie 2012 N UUS ••• Merwe Liebenberg (links) het ’n Vanguard verkyker ter waarde van R2 000 gewen. Japie Fransman (Senwes: Korporatiewe Bemarking) oorhandig sy prys. Arthur Strey, van Benoni, het ’n herlaaibare flits ter waarde van sowat R800 in die Bokkoorstrekking gewen. Hier oorhandig Wentzel Jonker (regs) sy prys aan hom. Junie 2012 • www.senwes.co.za Hierdie windbuks ter waarde van R2 000 is Polla Steenkamp (regs) s’n met komplimente van Senwes Village (Hartswater). Marius van Wyk (Bestuurder: Bothaville Village) oorhandig sy prys. Japie Fransman (Senwes: Korporatiewe Bemarking) oorhandig Valerie Buckland se Vanguard shooting stick aan haar. << SENWES Scenario >> 23 24 ••• N U U S Wimpie Swanepoel kon nie ophou glimlag nie. Sy gelukkige nommer 5 het hom die wensleutel besorg. Joggie Pretorius is uit sy vel van opgewondenheid toe sy sleutel een van twee sleutels was wat die John Deere 4630 spuit kon aanskakel. Jaco Voges (nasionale verkoopsbestuurder: BASF Gewasbeskerming, Suid-Afrika) het hom geluk gewens. ! s Ye Die spuit is myne! DIE GEBRUL VAN ’N 4630 SELFAANGEDREWE JOHN DEERE SPUIT (HIGHBOY SPUIT) EN DAARNA ’N TOEJUIGING, KAMERAFLITSE EN DIE GEKLINK VAN SJAMPANJEGLASE. WIMPIE SWANEPOEL VAN DAS RAM BOERDERY (EDMS) BPK (JACOBSDAL) EN JOGGIE PRINSLOO VAN PRISMA BOERDERY (EDMS) BPK (HARRISMITH) KON HUL ORE NIE GLO TOE DIE SLEUTELS WAT HULLE GETREK HET IN DIE BASF ABACUS® HIGHBOY KOMPETISIE DIE ENJIN VAN EEN VAN DIE SPUITE AANSKAKEL NIE. > TEKS: RUTH SCHULTZ > FOTO’S: JAN BOTHA 20 finaliste het tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria op 2 Mei vanjaar, ’n nommer tussen een en tien getrek (twee trekkings is gedurende die aand se verrigtinge gedoen). Slegs een van die tien nommers was die wensleutel s’n. Die trekking van die finaliste is eerlik en deursigtig deur << SENWES Scenario >> ’n onafhanklike prokureursfirma, Botha en De Klerk Prokureurs, hanteer. Die kompetisie het in die 2011/2012-produksieseisoen oor twee verskillende tydperke geloop. ’n Produsent moes ’n minimum van 200 liter Abacus koop om in aanmerking vir die kompetisie te kom. ONS VIER ONS SUKSES! Rupert Anelich (bemarkingsbestuurder: BASF Gewasbeskerming, Suid-Afrika) het die finaliste en ander gaste tydens die aand toegespreek. “Boerdery bly ’n uitdaging! Skommelings in die weer, ekonomie en die wetgewing duik voortdurend op, maar dit is egter die voorlopers en innoveerders wat tegnologie aangryp en voortgaan om suksesvol te boer,” het Anelich gesê. Hy sê dit is hierdie voorlopers en innoveerders wat gekies het om BASF se belofte “Verwag meer met AgCelence™”, gerugsteun deur die produk Abacus, op te neem en die voordele wat dit bied aan te wend. Met AgCelence sal jou gewasse floreer en hulle volle potensiaal bereik. Abacus is spesifiek ontwikkel vir mielies, sojabone en gars. Dit word ook vir suikerriet aangewend en lewer reeds die afgelope drie jaar uitstekende resultate in dié gewasse. S >> Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario. Vir meer inligting, kontak haar by (011) 869-4465 of stuur ’n e-pos na ruth@infoworks.biz. www.senwes.co.za • Junie 2012 N UUS ••• NVK en Senwes span saam vir Groendag sukses VANJAAR SE NVK (NOORD-VRYSTAAT SE KOOPGROEP) GROENDAG HET ’N TITSELTJIE MEER GROEN AS ANDER JARE GEHAD, DANKSY SENWES EN JOHN DEERE SE BETROKKENHEID. SENWES HET AS HOOFBORG VIR DIE GROENDAG OPGETREE. > TEKS: ANSONÉ VENTER Dié dag, gehou op Barry Coetzee se plaas buite Vredefort, was ’n groot sukses volgens al die partye betrokke. Op dié plaas, waar Barry, sy pa en broer saam boer, word daar 65% mielies, 20% sonneblom en 15% soja verbou. Die mielies, van verskillende kultivars, is almal op 7 Desember 2011 geplant en het almal op dieselfde dag opgekom. Dit was ook die tweede jaar wat soja op dié plaas aangeplant is. Tydens die Groendag het die betrokke saadmaatskappye meer gedeel oor hul kultivars wat in Desember verlede jaar as deel van die proewe aangeplant is. Diegene wat die dag meegemaak het, het ook die lande gaan besoek en kon vir Johan Botha (Insetbemarker: Senwes) asook Dirk Steenkamp en Revan du Preez (Sleutelrekeningbestuurders: Senwes) bespreek die gebeure van die dag. Volgens Dirk was dié dag goed georganiseer, die inligting genoegsaam en kon almal iets nuuts wys word uit die inligting wat die sprekers deurgegee het. Junie 2012 • www.senwes.co.za Voor: Rika, Letitia en Alida Coetzee. Agter: Bokkie, Barry, en Gideon Coetzee. hulself sien hoe die kultivars by mekaar kers vashou. Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink) het ook oor die verskeie moontlike verwerkingsprosesse waardeur gestroopte grane, soos mielies en sojabone, gaan nadat dit gestroop is, gesels. Hoewel die dag baie suksesvol was, het Barry gevoel dat die tydsberekening nie heeltemal reg was nie, aangesien van die produsente reeds besig was om te stroop en dus nie die dag kon bywoon nie. “Die Groendag sal volgende jaar vroeër gehou word om sodoende buite strooptyd te val.” Vir diegene wat nie die dag kon meemaak nie, gaan besoek gerus Senwes se YouTube-kanaal by www.youtube.com/senwesTV, om uittreksels van die Groendag te sien. S Agter: Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink), Ramondé Odendaal (Landbou-ekonoom: Senwes), Barry Coetzee (NVK), Margie Wagner (NVK), Gerrit Oosthuizen (Akkerboukundige: Senwes), Johan du Toit (Bestuurder Landboudienste: Senwes), JanDirk Engelbrecht (Digitale platform spesialis: Senwes). Middel: Thys Grobbelaar (Graananalis: Senwes Grainlink), Hennie du Plooy (Noordelike streeksbestuurder: Produsente Graanbemarking). Voor: Alta Pretorius (Graanverkryger: Parys) >> Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na ansone@infoworks.biz. << SENWES Scenario >> 25 26 ••• N U U S Vir meer foto’s, kan Senwes se Facebook bladsy besoek word. Volg hierdie kitsskakel na die album: http://senwes.co/ssbothaville12. VOOR Bothaville Village voor die opgraderings. NA Bothaville Village soos dit nou daar uitsien. Bothaville Village – ’n S plinternuwe sikspens BOTHAVILLE VILLAGE IS ONLANGS OPGEKIKKER MET OPGRADERINGS IN DIE WINKEL WAT ONGEVEER R2 MILJOEN BELOOP HET. BOTHAVILLE IS ’N BELANGRIKE EN STRATEGIESE WINKEL VIR VILLAGE EN SPESIFIEK VIR MEGANISASIE. Die grootte van implemente het oor die laaste vyf jaar toegeneem en om Senwes in staat te stel om dienslewering te verbeter en meer kapasiteit te skep, was dit nodig om die werkswinkel te vergroot. Dit het meegebring dat die onderdeleafdeling moes verklein en die vloei van die winkel herontwerp moes word. Die onderdele-dienspunt het altyd as ’n aparte deel van die bedryfspunt gefunksioneer en het ook ’n aparte ingang gehad. Die onderdele toonbank is met die opgradering na die binnekant van die winkel verskuif wat klante nou die geleentheid gee om ’n eenstopdiens te ervaar. Die werkswinkelbestuur en administrasie is ook gemaklik langs die onderdeletoonbank ingerig om klante vanuit die winkel te diens. << SENWES Scenario >> WAT IS GEDOEN? • Die werkswinkel is vergroot. • Die onderdeledienspunt is verskuif. • Gerieflike toegang tot die werkswinkeladministrasie is bewerkstellig. • Die hele winkel se IT- en telefoonbekabeling is oorgedoen en nuwe rekenaartoerusting is geïnstalleer. • Nuwe toonbanke en beligting is ingesit. • Rakke en vloere is herstel. • Die winkel is binne en buite geverf. • Nuwe lugverkoelingstelsel is geïnstalleer. • Nuwe logo’s, uithangborde en handelsmerktentoonstellings is binne en buite aangebring. • Nuwe goedere-ontvangs vir die winkel en onderdele is ingerig. • Die stoorkantoor is oorgedoen en is meer klantevriendelik ingerig. • Die wapenafdeling is nuut oorgedoen. • ’n Nuwe alarmstelsel is ingesit. • Al die kantore is opgegradeer. • ’n Nuwe administrasiekantoor is ingerig. • Die vloei en rakversorging van die winkel is verander. S www.senwes.co.za • Junie 2012 28 ••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G Help jou diere deur ’n droë winter met V oermol en M olatek MET ’N DROË WINTERSEISOEN OP HANDE SAL JY AS VEEPRODUSENT MOET AG SLAAN OP DIEREVOEDING EN DIE PRODUKTE WAT JOU VEE DEUR DIE WINTERMAANDE SAL TREK. MAAK ’N DRAAI BY JOU NAASTE SENWES VILLAGE EN ONTHOU DIE KOEPON VIR 5% AFSLAG OP ENIGE VAN HIERDIE VYF PRODUKTE. VOERMOL PREMIX 450 Klas: Proteïenaanvulling vir beeste • Is ’n koste-doeltreffende onderhoudslek vir beeste. • Is ’n klaargemengde lek wat vertering van droë ruvoer aanhelp aangesien dit proteïen en spoorelemente verskaf wat die mikroorganismes in die grootpens stimuleer. • Help om “droëgalsiekte” galsiekte te voorkom, aangesien melasse asse matig lakserend is. • Verskaf spoorelemente eme ente wat noodsaaklikk is vir v ’n goeie eetlus. • Is ’n gekonsentreerde reerd de bron van proteïen en wat w aanleiding gee tot ’n n laer koste per eenhe eenheid eid proteïen. • Kan met mieliemeel, mee el, hominy chop off enig enige ge graan gemeng word d om ’n produksielek elek te gee. VOERMOL PROTEÏENBLOK Klas: Proteïen- en Mineraalaanvulling vir herkouers Hierdie blok verskaf proteïen, minerale en vitamiene A en is spesifiek vir beeste en skape wat op proteïengebrekkige weidings wei of ruvoer gevoer word. • Is maklik hanteerbaar en gereed vir gebruik. • Is melasse gebaseer wat smaaklikheid verbeter en inname stimuleer. • Stimuleer groei van rumen mikro-organismes wat droë materiaal-inname bevorder. • Bevat benewens ureum, ook goeie kwaliteit natuurlike proteïen. • Geskik vir antilope wild. Senwes Scenario bied jou... 5% AFSLAG KOEPON OP ENIGE VAN DIÉ VYF PRODUKTE! Bring hierdie koepon na enige Senwes Village en kry 5% af op Voermol Premix 450, Voermol Proteïenblok, Molatek Proteïenlek, Molatek Trophy Block, Molatek Winter Block 40. Terme en voorwaardes geld. Geldig tot 30 Junie 2012 << SENWES Scenario >> www.senwes.co.za • Junie 2012 F O KUS O P D IE R E V O E D IN G ••• MOLATEK PROTEÏENLEK MOLATEK TROPHY BLOCK Hierdie is ’n uitstekende hoëkwaliteit hoëkwalite proteïenen energieblok wat by uitstek geskik is vir beide herkouer en nie-herkouer wildspesies. Dit bevat proteïene, energie, minerale en spoorminerale wat bydra om die wild se liggaamsgewig, konsepsie en horinggroei in stand te hou. Hierdie is ’n aanvulling en nie ’n voer per se nie. Hou lekbakke vol en voorkom dat honger diere hulself oorvreet. Gereelde, daaglikse inname kan vergiftiging help voorkom. Genoegsame weiding en/of ruvoer moet beskikbaar wees. Voordat ’n NPNbevattende lek gevoer word, moet ’n gewone sout-/fosfaatlek vir minstens sewe dae gevoer word. WAARSKUWING: Hierdie dierevoedsel bevat ’n NPN-bron. Meng en voer streng volgens voorskrifte. MOLATEK WINTER BLOCK 40 MO M Hierdie Hier Hi erd die is makd li hanteerbaar lik ha ant en word aangewend word aa aan ng n tydens laag tyde ens die die periode wanneer weidingskwaliteit weidingsk skw w is. van is. Dit Dit verseker ve erssek e er optimale opt ptim imal ale e massa mass ma ssa a en kondisie kon beeste tydens droë weidingstoestande sowel as maksimuminname van oesreste en winterweiding. NPN WAARSKUWING: Hierdie dierevoedsel bevat ureum en ander NPN en moet daarom streng Junie 2012 • www.senwes.co.za volgens die gebruiksaanwysings vermeng en gevoer word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPNvergiftiging. Meng met gelyke hoeveelhede water en doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml). Beskerm hierdie veevoedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan vergiftig word. Moenie die veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel gebruik nie, raadpleeg eerder ’n veekundige. S << SENWES Scenario >> 29 30 ••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G Hoe gemaak met lekke hierdie winter? MET ’N DROË WINTER IN DIE VOORUITSIG MOET VEEPRODUSENTE HOË AG SLAAN OP GOEIE KWALITEIT BYVOEDING. OORGANGSLEKKE EN PROTEÏENLEKKE KAN JOU DALK NET HIERDIE SEISOEN UIT DIE MODDER HELP. OORGANGSLEKKE Vir volgehoue diereprestasie moet beide fosfor en proteïen in die vorm van ’n oorgangslek gedurende die herfsmaande voorsien word. Die oorbrugging van die groen na die droë seisoen met ’n oorgangslek, bevorder produksie en reproduksie omdat dit die massa- en kondisieverlies beperk weens die voorsiening van ekstra proteïen. ’n Oorgangslek bewerkstellig ’n geleidelike oorgang van fosforaanvulling in die somer na ureumbevattende winterlekke. Dit bevat minder ureum as winterlekke, wat die gevaar van ureumvergiftiging verminder wanneer die diere na winterlek oorgeskakel word, omdat hulle dan reeds ten volle op ureum aangepas is. Gee oorgangslekke sodra ’n drastiese styging in fosfaatlekinnames plaasvind en/of sodra die gras volwassenheid bereik deur saad te begin vorm. PROTEÏENLEKKE Die aanvulling van rumenstimulerende proteïenlekke, bevorder die vertering en inname van droë weiding wat massa- en kondisieverlies beperk waardeur produksie en reproduksie verhoog word. << SENWES Scenario >> ’n Onsuksesvolle oorwintering se nadele knou wintermarges omdat dit ernstige reproduksie(lae kalfpersentasie) en produksieverliese (lae speenmassa) tot gevolg het. Voorvereistes vir die suksesvolle oorwintering van vleisbeeste, is die beskikbaarheid van ’n voldoende hoeveelheid ruvoer in die vorm van gespaarde grasveld en die aanvulling van kritieke voedingstowwe (byvoorbeeld proteïen, minerale, spoorelemente en vitamiene) deur die verskaffing van rumenstimulerende onderhoudslek (ook bekend as proteïen- of winterlek) om die tekorte in die droë winterveld aan te vul. Droë grasveld het ’n ernstige proteïentekort as dit minder as 6% proteïen bevat en het tot gevolg dat die mikro-organismes, wat die ensieme afskei wat verantwoordelik is vir die vertering van die droë gras, begin afsterf en gevolglik word daar al hoe minder voedingstowwe vir die beeste beskikbaar gestel. Dit het kondisie-en massaverlies tot gevolg. Wanneer diere ’n proteïentekort ondervind is hulle minder geneig om te wei, al is daar volop droë weiding beskikbaar en meer geneig om by die waterbak te lê en water te drink. Die mis van sulke diere begin min, droog, hard en swart word; hulle begin kondisie verloor; hulle hare begin regop staan en hulle kan selfs droëgalsiekte kry en vrek omdat hulle pense ophou funksioneer en dan verstop. Die aangewese tyd om na proteïenlekke oor te skakel, is ná die eerste swaar ryp in die winter. S >> Inhoud vir die artikel is verskaf deur Voermol. Vir meer inligting, raadpleeg jou naaste Voermol-agent of stuur ’n e-pos aan info@voermol.co.za. www.senwes.co.za • Junie 2012 Biomin P.E.P. ® Volhoubare groei verbetering! 16 Maart Voeg die krag van ‘n unieke kombinasie van essensiële olies en prebiotika tot jou dieet. 2 Maart ÊÏÊ ¿» »È·Æ Ê » ºËÁÉ Å È Ʒ Æ ½ É È¾ÅŠͿĽ » ½ Ʒ » Åà È··½ Ʒ » É¿»É »Ã¿É BIOMINË¿ºƖ¼È¿Á·, Klerksdorp, Suid-Afrika 2571 Tel. +27 (0)18 468 1455, »ƖÆÅÉƓÅů¹»Ɣзʤ¸¿ÅÿÄƔÄ»Ê pep.biomin.net Naturally ahead PRO MO SIE -A R T IKE L : B IO MIN ••• Plantekstrakte bied natuurlike alternatief vir antibiotiese middels in dierevoeding Die soektog na voedsame antibiotiese alternatiewe in EU-lande en die toenemende bewustheid en kommer onder verbruikers, dien as aansporing vir presiese navorsing oor die moontlikheid van die gebruik van plant-ekstrakte in dierevoeding. Die internasionaal erkende deskundige op die gebied van natuurlike dierevoeding, Biomin, roem daarop dat hy aan die plaaslike voermark toegevoegde waarde en groter volhoubaarheid bied deur die volkome weglating van antibiotiese middels uit sy reeks voeraanvullings en die vervanging daarvan met natuurlike kruie, speserye en plant-ekstrakte. Biomin het al meer as 25 jaar lank volhoubare dierevoedingsprodukte verskaf, soos voeraanvullings en volledige voere wat ’n natuurlike groeibevorderende konsep insluit wat die voedingsbehoeftes van varke, pluimvee, beeste en akwakultuur aanspreek. Die vernaamste oogmerk met die teel van diere – om plaasdiere goed te laat presteer en goeie diereprodukte te verkry – kan slegs bereik word deur diere doelgerig gesond te hou. Wat dít betref, is natuurlike bestanddele, soos kruie en speserye nie slegs eetlus- en spysverteringstimulante nie, maar kan hulle met hul uitwerking op ander fisiologiese funksies, ook help om goeie gesondheid en die welstand van diere te bevorder, wat hul prestasie positief kan beïnvloed. Gevorderde produkte bevat mikro-organismes sowel as kruiebestanddele wat ’n nuwe generasie van uiters doeltreffende, natuurlike gesondheidsbevorderaars verteenwoordig. Wanneer hierdie natuurlike bestanddele volgens die aanbevole vlakke toegedien word, help hulle om die totale gesondheid van diere te bevorder, die groei van gunstige bakterieë ondersteun, spanning help verlig, die immuniteitstelsel ondersteun en die vrystelling en vertering van voedingstowwe aanhelp. NATUURLIKE GROEISTIMULERENDE AANVULLINGS Met die toenemende meningsverskille wat antibiotiese middels betref, het prebiotiese middels of mikrobiese voedingsaanvullings in die algemeen verbasende aandag en belangrikheid begin geniet, danksy hul duidelik positiewe uitwerking op produktiwiteit sowel as dieregesondheid. Prebiotiese middels Junie 2012 • www.senwes.co.za bestaan uit lewensvatbare mikro-organismes wat die balans van die mikroflora in die verteringsproses verbeter. Die gunstige dermflora word bevoordeel en die vermenigvuldiging van bakterieë wat siektes veroorsaak, word grootliks voorkom. Prebiotiese middels of ander natuurlike gesondheidsbevorderende voeraanvullings kan hulle vervang sonder om prestasie te benadeel. Die gebruik van verskeie tipes natuurlike groeiaanvullings kan aansienlike voordele vir die groter omgewing en welstand van die vee inhou. • Die omgewing: Die gebruik van voedings- en talle soötegniese aanvullings maak dit vir die formuleerder van dierevoedsel moontlik om baie presies aan die voedingstofbehoeftes van ’n dier te voldoen, wat uiteindelik lei tot diëte wat vermorsing kan minimaliseer. • Welstand: Baie soötegniese, voedings- en tegnologiese aanvullings word gebruik om die voedingstatus en gevolglik die gesondheid- en welstandstatus van die betrokke dier te bevorder. ’n Vermindering van ammoniaproduksie uit dieremis verbeter nie alleen die omgewing in die geheel en, in die besonder, in die geval van huisdiere nie, maar dit verbeter ook luggehalte en dus die welstandstatus van diere wat daardeur geraak word. Gedurende die afgelope dekade is die gebruik van aanvullings van natuurlike oorsprong in diere- en mensevoedsel aangemoedig en hoewel kruie en speserye duisende jare gelede al vir hul spesifieke aroma en verskillende medisinale eienskappe gebruik is, word hulle nou by dierevoer gevoeg as gedroogde plante of dele van plante, ekstrakte sowel as essensiële olies. Natuurlike gesondheidstimuleerders is hoofsaaklik gebaseer op plantbestanddele wat gesondheidstoestande gunstig beïnvloed of natuurlike immuniteitsfunksies bevorder. Terwyl die toediening van kruiemedikasie honderde jare beoefen is en grondige kennis daaroor ingewin is, het moderne voedingsnavorsing eers onlangs die fokus begin plaas op natuurlike immuniteit en die plantbestanddele wat ’n invloed daarop het. S << SENWES Scenario >> 33 34 ••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G DIE TERM WISSELBOU KAN GEDEFINIEER WORD AS ’N STELSEL VAN GEWASVERBOUING WAARVOLGENS DIE BETROKKE GEWASSE PLANMATIG OP DIESELFDE STUK GROND AFGEWISSEL WORD. DIT VERSKIL DUS VAN BLOOT TOEVALLIGE OPEENVOLGING VAN GEWASSE SONDER VOORAFBEPLANNING OF VAN MONOKULTUUR WAAR DIESELFDE GEWAS JAAR NA JAAR OP DIESELFDE STUK GROND VERBOU WORD. WISSELBOU IS EGTER NIE NET TOT GRAANGEWASSE BEPERK NIE. > TEKS: GERRIT OOSTHUIZEN EN IZAK DU PLESSIS Die keuse van ’n wisselboustelsel vir ’n spesifieke plaas is afhanklik van die gewasse wat aangepas is by ’n spesifieke grond, klimaat en ekonomiese toestand. Daarbenewens kan siektes, insekte en onkruide die gewaskeuse vir ’n spesifieke stuk grond beïnvloed. << SENWES Scenario >> Monokultuurverbouing van mielies en graansorghum word steeds algemeen op groot skaal in die somerreëngebiede as praktyk toegepas. In gebiede waar koring saam met somergewasse (mielies, sonneblom en droëbone) verbou word, is produsente uit die aard van die saak verplig om wisselbou toe te pas. Die voordele van ’n wisselboustelsel, veral as ’n peulgewas deel van die stelsel vorm, is welbekend en hoef nie weer in detail bespreek te word nie. Mense is egter geneig om, wanneer daar van wisselbou gepraat word, slegs te dink aan graangewasse, en die rol wat ’n weidingsgewas kan speel, mis te kyk. Voordele van weidingsgewasse in ’n wisselboustelsel is, byvoorbeeld die verbetering in die grondfisiese toestand, verhoging in organiese materiaalinhoud van die grond, beter siekte- en plaagbeheer ensovoorts. WEIDINGSGEWASSE AS DEEL VAN WISSELBOU Wanneer ’n saaiboer die moontlike inskakeling van aangeplante weiding oorweeg, is die eerste stap om berekenings te maak om te bepaal of die weiding beter marges as, byvoorbeeld mielies, sonneblom, koring en so meer op die kort termyn gaan realiseer. As die antwoord negatief is, wil hy/sy dit nie oorweeg nie. Die graan- en veeproduksie moet as ’n eenheid (boerderystelsel) beskou word en die winsgewendheid, en heel waarskynlik die stabiliteit www.senwes.co.za • Junie 2012 F O KUS O P D IE R E V O E D IN G ••• TABEL 1: DIE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE VAN DIE VOORGESTELDE WEIDINGSGEWASSE. AANBEVOLE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE GEWAS Bloubuffel Witbuffel MJ sorghum Oulandsgras Groenvoer J radyse EJ raaigras Akkerbone EJ sorghum Tef Jan PX PX X X Feb PX PX X PX Mrt X X X PX Apr X X X Mei P P P PX P X X X X X X X X X X Jun Jul Aug Sep Okt X PX X X X X X X Nov X X PX X Des X X X X X P X X P P = Plantdatum, X = benuttingsperiode, MJ = meerjarig, EJ = eenjarig van die boerdery in geheel, moet oor ’n langer termyn (ongeveer 10 jaar) bereken word. Onder besproeiing is daar produsente wat eenjarige weidingsgewasse deel van hul stelsels maak, waar hawer, eenjarige raaigras en/of tef ingeskakel word. Daar moet net onthou word dat met ’n intensiewe hooiproduksiesisteem, die bogrondse materiaal verwyder word en dat dit ’n impak op grondvoedingstatus kan hê. Die hooi kan self benut word of kan aan ander produsente verkoop word. Groenvoer, wat as groepsnaam vir ’n verskeidenheid wintergewasse gebruik word, is ’n algemene praktyk oor ’n wye reeks veeproduserende gebiede. Die goeie diereprestasie wat vanaf hierdie weidings behaal word, is alombekend en die waarde daarvan vir afronding en lammerooie maak dit ’n gesogte praktyk by produsente. Die inskakeling van weidingsgewasse is egter nie net tot besproeiing beperk nie. Dit kan ook deel vorm van ’n droëlandstelsel waar weidingsgewasse, soos akkerbone, voersorghums en ook meerjarige aangeplante weidings, aangeplant word. Die meerjarige weidings word op van die lande gevestig, terwyl ’n gedeelte dan jaarliks teruggeskakel word na, byvoorbeeld mielies. Om die hoeveelheid weiding konstant te hou, word ander gedeeltes dan weer omgeskakel na meerjarige weidings. Indien daar besluit word op ’n omskakeling, moet dit nie te vinnig geskied en ingefaseer te word nie. Daar kan vir ’n begin, afgeskop word met ongeveer 10% van die bewerkbare oppervlakte. Die potensiaal van die hulpbronne sal ook bepaal of veranderings ekonomies geregverdig kan word. In gebiede met ’n laer potensiaal vir graanproduksie, kan die infasering van weidingsgewasse dalk meer geregverdig wees. Dit is verder belangrik om die grondvogstatus in ag te neem voordat ’n kontantgewas geplant kan word op lande waar weidings was. Junie 2012 • www.senwes.co.za Die voervloeibehoefte speel ’n kritieke rol in die keuse van ’n weidingsgewas. Die tyd/tye van die jaar wanneer ’n moontlike voertekort ondervind kan word, sal die gewas, kultivar en plantdatum bepaal. Neem ook die gewasse/weidings se groeisiklus in ag sodat grondvoorbereiding tydig vir die opvolggewas/-weiding gedoen kan word. Die vermorsing van enige weiding kom neer op die verspilling van koste, aangesien die vestiging van die weiding ’n koste-implikasie het. Onbenutte weidings kan natuurlik ook gesny en gebaal word en sodoende vir onmiddelike/latere gebruik geberg word. Hierdie praktyk sal verliese aan weidingsmateriaal verhoed of ten minste beperk. WEIDINGSGEWASSE GESKIK VIR WISSELBOU Meerjarige weidingsgewasse wat oorweeg kan word, is bloubuffels- of witbuffelsgras en meerjarige voersorghum. Aangesien Smutsvingergras soms langer as een jaar neem om behoorlik gevestig te raak, word dit nie as wisselbougewas aanbeveel nie. Meerjarige voersorghum is ’n swak meerjarige gewas en sal dus beter inskakel by ’n wisselboustelsel waar die weiding ná drie of vier jaar weer deur ’n graangewas vervang word. Die buffelsgrasse het lang produksieleeftye en kan vir langer as tien jaar produseer indien dit goed versorg word. Deur hierdie weidings ná slegs drie of vier jaar uit te ploeg, verhoog dit die koste van die droë materiaal wat geproduseer is. Eenjarige gewasse is baie meer geskik as wisselbougewasse. Anders as met meerjarige gewasse, kan daar na gelang van die voervloeibehoefte tussen winter groenvoer (hawer/rog/korog); Japanese radyse; en onder besproeiing, eenjarige raaigras en eenjarige somergroeiende weidingsgewasse (akkervervolg op bladsy 36 << SENWES Scenario >> 35 36 ••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G Aangeplante weiding as deel van wisselbouproduksie vervolg van bladsy 35 TABEL 2: DIE OPBRENGS, KOSTE/HA EN KOSTE/TON DROË MATERIAAL VIR DIE VOORGESTELDE WEIDINGSGEWASSE. GEWAS OPBRENGS (TON/HA) KOSTE (R/HA) KOSTE (R/TON) Bloubuffel Witbuffel Meerjarige sorghum Oulandsgras 3 3 7 4 R2 252 R1 285 R1 926 R1 765 R476 R478 R289 R485 Groenvoer Japanese radys Eenjarige raaigras Akkerbone Eenjarige sorghum Tef 1,2 10 3 3 11 3 R1 312 R2 041 R1 779 R1 721 R8 717 R2 252 R1 093 R205 R732 R392 R490 R751 bone en eenjarige voersorghum), gekies word. Vir hooimaakdoeleindes kan tef en oulandsgras as wisselbougewasse oorweeg word. Oulandsgras het dié voordeel dat dit in die lente gewei kan word en dat die somergroei dan later gebaal kan word. Alhoewel dit onder gunstige klimaatstoestande moontlik is om twee snysels van tef wat in Desember gevestig is, te verkry, moet tef verkieslik voor 15 November gevestig word om ’n tweede snysel moontlik te maak. Meeste weidings word gedurende Januarie en Februarie gevestig. Met herfsaanplantings is daar minder kompetisie vanaf onkruide, met die gevolg dat die weidingsgewasse makliker vestig. Die aanbevole plantdatum en produksieperiode van elke weidingsoort word in Tabel 1 aangetoon, terwyl Tabel 2 die opbrengs waarop berekeninge gegrond is, koste/ha en koste/ton, aantoon. In die geval van groenvoer sal die benuttingstydperk afhang van die plantdatum en ook die kultivar. Vir die meerjarige gewasse is die eerste jaar se produksiepatroon nie aangetoon nie, maar wel die jaarlikse produksiepatroon indien dit reeds gevestig is. Die koste/ton droë materiaal van meerjarige weidings is bereken oor ’n leeftyd van drie jaar. Die verskillende weidings kan ook gekombineer word om tekorte in die voervloei aan te spreek. Raaigras en Japanese radyse kombineer baie goed. Japanese radyse verskaf voer wanneer die raaigras dormant raak gedurende die middel-winter. Netso kan die meerjarige gewasse as staande hooi gebruik word as wintervoer of om tekorte in die lente aan te spreek. Meerjarige gewasse en tef kan as kontantgewasse gebruik word indien die voervoorsiening voldoende is. << SENWES Scenario >> WISSELBOU NIE BEPERK TOT GRAAN Wisselbou hou verskeie voordele, veral in terme van siekte- en plaagbeheer asook grondvrugbaarheid, in. Wisselbou is egter nie net beperk tot graangewasse nie. Weidings kan ’n belangrike rol vervul, veral ter aanvulling van die voervloeibehoeftes. Wanneer weidingsgewasse as wisselbougewasse geplant word, is die keuse nie beperk tot een weidingsgewas nie. Kombinasies van weidingsgewasse kan leemtes in die voerbehoeftes op verskillende tye van die jaar aanspreek. Sodoende kan die stabiliteit van die veevertakking en ook die boerdery verbeter word. S Verwysings • SA Graan, Oktober 2011: Maak dit sin om vee deel van ’n mieliestelsel te maak? • http://www.sabiofarm.co.za • http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/ weiding/tef/tef-en-hawer-wisselbou • http://intranet.senwes.co.za • Senwester, 1 Februarie 2007. Die waarde van groenvoer vir jou vee. • Farmers weekly. 16 April 2010. Getting over the winter slump with planted pastures. • Weidingshandboek, 2007. Kejafa Knowledge Works. >> Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (018) 293-1968 of 084 506 8791. ’n E-pos kan gestuur word na gerrit.oosthuizen@senwes.co.za. Izak du Plessis is ’n Senior Diereproduksie-spesialis by Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (056) 212-2291 of 084 504 6892. ’n E-pos kan gestuur word na izak.duplessis@senwes. co.za. www.senwes.co.za • Junie 2012 P R O MO SIE -A RT IK E L : N UT R I F E E D S ••• Is lekaanvulling sommer net lekaanvulling? Soveel hoofde, soveel sinne, lui die gesegde. By lekaanvulling sal dit lui: Soveel produsente, soveel resepte. Die vrae wat gevra moet word, is: “Gee die lek die voedingstowwe aan die dier wat in tekort is?”, “Is die lek ekonomies en trek beide die dier en die produsent voordeel daaruit?” So baie produsente gee net lek omdat hulle dink dit is die regte ding om te doen. Om maksimum voordeel uit lekke te trek, moet dit korrek gedoen word met die doel voor oë om sodoende te bepaal watter produk om te gee. Meting is ’n integrale deel van lekbestuur: Om te meet is om te weet! As produsente lekke aanvul net om lek te gee, vul hulle dikwels nutriënte aan wat nie eers in tekort is nie – hulle gooi dus geld in die water. Nutri Feeds het die afgelope jare die feit holrug gery dat winterlekke voldoende fosfaat moet verskaf (ten minste 6 g/bees/dag of 1 g/skaap/ dag). Produsente wat dié praktyk gevolg het, het die resultate van beter kalf- en lampersentasies gesmaak. ’n Winterlekaanvulling beteken egter nie net ’n proteïenlek met genoeg fosfaat in nie; die tipe proteïene in die lek is ook van kardinale belang. Daar is op Koster gevind dat ’n 450 kg bees 391 g rumen degradeerbare proteïene (RDP) per dag benodig om maksimale hooi in te neem. Gras kan gewoonlik in die winter sowat 170 g RDP verskaf, wat dui op ’n tekort van 221 g RDP per dag wat deur lekke aangevul moet word. Met die duimreël van 150 g proteïene wat ’n bees per dag benodig, is daar dus steeds ’n tekort van 71 g. ’n Belangrike gevolgtrekking kan hieruit gemaak word – duur, ware proteïene, byvoorbeeld oliekoeke, kan dus met goedkoper NPN-bronne vervang word om die mikrobes te voed in onderhoudslekke. Die doel van lekaanvulling vir onderhoud is om die mikrobes wat vesel verteer te voed. Hierdie veselverterende mikrobes gebruik ammoniak om op te voed. Ammoniak is die eindproduk van ureum-afbrekings in die rumen. Dieselfde studie het getoon dat tot 75% van die verlangde RDP, van ureum afkomstig mag wees (meer as 75% verlaag die verteerbaarheid van die hooi). Ons kan dus sê Junie 2012 • www.senwes.co.za dat ’n 450 kg bees tot 70 g ureum per dag kan vreet en dat net 40 g - 60 g van haar RDP-behoefte van natuurlike proteïene af hoef te kom. Onthou dat 1 g ureum, 46% N bevat, wat gelyk is aan 2,87 g “proteïen”. Ons het nou bewys dat die korrekte tipe proteïen baie belangrik is, maar mikrobes kan nie ureumomskakeling doen as hulle nie genoeg energie het nie! Die korrekte energie wat beskikbaar is, moet in die lek wees. Soos in Figuur 1 gesien kan word, is eenvoudige suikers se fermentasietempo die hoogste, gevolg deur stysel. Hierdie suikers moet dus die energie aan die mikrobes verskaf om die RDP te kan omskakel na ammoniak om sodoende die droë veld te kan benut. Met korrekte lekaanvullingsprosedures, verplaas die lekaanvulling nie die grasinname nie, maar stimuleer dit die inname en verteerbaarheid van goedkoop energie (gras). Dit gee dus meer ekonomiese produksie uit laer kwaliteit weidings. Nutri Feeds se Nutri Lick- en Nutritub-reekse is geformuleer om in die dier en die mikrobes se behoeftes te voorsien, perfek saamgestel. Elke lek is ’n mondvol nutriëntryke aanvulling. So, as jou buurman weer ’n selfmeng “wenresep” het, vra hom bietjie met die tong in die kies of dit voldoen aan die mikrobes se behoeftes en hoeveel RDP daarin is. S << SENWES Scenario >> 39 40 ••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G Veevoerbedryf gee die pas aan vir veevoer gebruik. Die onderstaande grafiek wys die uiteensetting van bestanddele vir veevoer (per maand oor die laaste vyf jaar): DIE PRODUKSIE VAN VEEVOER IN SUID-AFRIKA HET MEER AS VERDUBBEL GEDURENDE DIE AFGELOPE TIEN JAAR. DAAR WORD NOU REEDS ONGEVEER 10,7 MILJOEN TON SE VEEVOER PER JAAR VERBRUIK. DIE GROS DAARVAN BESTAAN NOG UIT MIELIES. MIELIES, MIELIEPRODUKTE EN MIELIESEMELS (CHOP) MAAK ONGEVEER 53% VAN VEEVOERE UIT. > TEKS: THEO VENTER Volvet sojabone en soja-oliekoek is tweede in die ry op ongeveer 15%. Sonneblom word meestal vir olieproduksie verbou, maar die oorblywende oliekoek speel ook ’n beduidende rol in veevoere. Koring en koringprodukte se aandeel in die veevoermark is klein, maar indien pryse dit regverdig, vloei daar wel met intervalle ’n paar ton na die veevoermark. Vroeg vanjaar was koring aan die kus goedkoper as mielies en is meer daarvan Die vraag na mielies vir menslike verbruik kan redelik konstant bly, terwyl die vraag na veevoer vinnig uitbrei. << SENWES Scenario >> Geelmielies Witmielies Mielieprodukte en chop Soja-oliekoek (Ingevoer) Soja-oliekoek (Plaaslik) Sojabone (Volvet) Sonneblomsaad en oliekoek Koring en koringprodukte Molasse Voerkalk Ander Figuur 1: Rouprodukte na die veevoermark. (Bron: AFMA, Sagis, SAPA) Hoewel mielies se aandeel redelik konstant bly, word daar afgewissel tussen wit- en geelmielies. Geelmielies word verkies bo witmielies, maar as pryse dit regverdig wen witmielies veld. Mieliesemels speel ’n belangrike rol in veral voerkrale. Gedurende die nat-maalproses van mielies word daar byprodukte vervaardig, soos byvoorbeeld glutenmeel en kiemmeel (germ meal). Hierdie byprodukte vloei ook na die veevoermark. Die samestelling van sojabone vir veevoer kan in die nabye toekoms vinnig verander. Verlede jaar is daar ongeveer 1 miljoen ton se soja-oliekoek ingevoer. Plaaslik is daar ’n raps minder as 200 000 ton soja-oliekoek geproduseer. Plaaslike verwerkingskapasiteit is egter besig om vinnig uit te brei. Volgens die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) sal verbruik van rondom 1,2 miljoen ton na 1,7 miljoen ton teen 2020 uitbrei. Plaaslike produksie kan egter spoed vang en tot 893 000 ton kan teen die einde van die dekade geproduseer word. Plaaslike sojaoliekoek kan dus meer as 50% markaandeel wen. Die pluimveebedryf is die grootste verbruiker van www.senwes.co.za • Junie 2012 F OKUS O P D I E R E V O EDI N G ••• 41 Figuur 2: Die verbruikers van veevoer. Figuur 3: Die groei in die vleis- en eierbedryf. (Bron: BFAP) veevoer en 41% van alle veevoer is vir dié bedryf bestem (30% vir braaikuikens en 11% vir lê-henne). Die bees- en skaapbedryf verbruik rondom 30%. Groei in die pluimveebedryf gee die pas aan, en volgens BFAP kan die verbruik van hoenders met ’n indrukwekkende 41% toeneem gedurende die volgende tien jaar. Ander afdelings in die vleisen eierbedryf toon ook ywerige groei, maar die hoenderindustrie kraai koning. Die vraag na sojaoliekoek vir hoendervoer sal dus ook ’n inspuiting kry. Die vraag na mielies vir menslike verbruik kan redelik konstant bly, terwyl die vraag na veevoer vinnig uitbrei. Geelmielieproduksie kan dus witmielieproduksie ewenaar of selfs verbysteek oor die lang termyn. Mielieverbruik vir veevoer het reeds van 3,16 miljoen ton na 4,54 miljoen ton gestyg oor die afgelope tien jaar. BFAP meen verbruik vir veevoer kan soveel as 6,4 miljoen ton teen 2020 bereik. Die woema in die veevoerbedryf sal die vraag na rouprodukte ook saamsleep. Graanproduksie sal dus in die sleurstroom van die veevoerbedryf meegevoer word. S >> Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n e-pos na theo.venter@senwes.co.za. Junie 2012 • www.senwes.co.za 42 ••• P R OM O SI E -A R T I K E L : FEE DP R O FeedPro – jou vennoot in die dierevoedingsbedryf FeedPro Animal Nutrition se passie is die kundige vermenging van hoë kwaliteit grondstowwe vir die vervaardiging en bemarking van hoogs effektiewe dierevoedingsprodukte. Hul streef met ywer, trots en waagmoed daarna om die voorkeurverskaffer van kwaliteit-veevoere in gekose markte in die dierevoedingsektor van Suider-Afrika te wees. Dié suksesvolle veevoervervaardiger, wat op Vryburg in die Noordwes Provinsie geleë is, het voorheen as Vryburg Veevoere en later as N-Wes Fosfaat bekend gestaan. Profert Beherend (Edms) Bpk het egter die potensiaal van dié ontluikende onderneming raakgesien, ’n beherende aandeel bekom, later ten volle ingekoop waarna verskeie opgraderings en uitbreidings teweeggebring is, kundige personeel bekom is en ’n totale diens, produk en kultuur verandering geïmplementeer is. As ’n 100% filiaal van Profert Beherend (Edms) Bpk, vervaardig FeedPro Animal Nutrition reeds meer as 4 000 ton dierevoer per maand. Profert Beherend (Edms) Bpk se betrokkenheid en finansiële bestuursvernuf, stelsels en prosedures asook hul hulp met die befondsing van alle operasionele en kapitaalvereistes, stel FeedPro Animal Nutrition daartoe in staat om produktiwiteit nog verder te verhoog en hul sigbaarheid en markaandeel in Afrika te vergroot. Entoesiastiese en kundige personeel verseker deurgaans buitengewone diensleweringsvlakke, wat klantetevredenheid daarstel, terwyl die bestuurspan oor al die nodige vaardighede en kennis, wat van só ’n uitnemende maatskappy verwag word, beskik. Deur gebruik te maak van kundige konsultante, wat in ’n spesifieke studieveld spesialiseer, is FeedPro Animal Nutrition se toegang tot tegniese kennis en ondervinding bykans onbeperk. Die omvattende produkreeks, wat tans uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte bestaan, word juis só geformuleer om die veeboer << SENWES Scenario >> ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste te verseker. Die samestelling van verskillende parameters van voer en roumateriale word op ’n deurgaanse basis gemeet om kwaliteit en geskiktheid te verseker. FeedPro Animal Nutrition se spektrofotometer is spesifiek só gekalibreer om die Nuwe Lusernkwaliteitsindeks-analise (NLKIanalise), wat deur die Nasionale Lusern-organisasie (NLO) daargestel is, na te kom. FeedPro Animal Nutrition voldoen ook aan AFMA se kriteria vir die vervaardiging van dierevoeding en is onlangs ook deur Afri Compliance gesertifiseer. Een van FeedPro Animal Nutrition se nuwe uitbreidings is die hondekosaanleg. Dié aanleg is met ’n unieke uitpersmasjien toegerus, wat hondekos, katkos en viskos vervaardig. Alle grondstowwe wat in dié verband ontvang word, word aan streng kontrolemaatreëls blootgestel om aan kwaliteitstandaarde te voldoen. FeedPro Animal Nutrition se omvattende produkreekse is by verskeie landbou-afsetpunte, soos Senwes, GWK, Suidwes, VKB, OVK, KLK, Kaap Agri, Agra (Namibië), BKB en KLD beskikbaar, terwyl direkte aflewering – aanleg tot klante – in sakke of losmaat gedoen word. In areas waar die bogenoemde verspreidingskanale nie in die vraag na voere kan voorsien nie, word FeedPro Animal Nutrition-depots tans geïmplementeer. As jou dierevoedingsvennoot het FeedPro Animal Nutrition genoeg kapasiteit om ’n uitgebreide reeks gehalte produkte en hondekos te vervaardig, maar hulle is terselfdertyd klein genoeg om aan die unieke behoeftes van individuele produsente te voldoen. Kies FeedPro Animal Nutrition-produkte vir jou diere en kry die winsgewende voordeel. FeedPro – Soveel beter. S www.senwes.co.za • Junie 2012 Uit die hart van die beeswêreld “Bekend maak bemind” bly nou maar eenmaal ‘n waar sêding. FeedPro, ‘n suksesvolle veevoervervaardiger wat op Vryburg geleë is, is geen nuweling in die beeswêreld van Suid-Afrika nie. Inderdaad is ons jou vennoot in dierevoeding úít jou omgewing, vír die eiesoortige behoefte van jou omgewing. Deur FeedPro te gebruik, kry die veeboer ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste. Ons omvattende produkreeks bestaan uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte en bied verskeie winsgewende voordele. Kontak ons span in die veld om jou te besoek...of kom loer gerus in vir soveel meer en beter. Industriaweg 10 Industria Road • Posbus/PO Box 927 • Vryburg • 8600 Tel: +27 (53) 927 5406 • Faks/Fax: +27 (53) 927 5509 E-pos/Email: feedpro@feedpro.co.za • www.feedpro.co.za 44 ••• SE N W E S V I L L A G E M eganisasie verkry dieper fokus met E quip NÁ DEEGLIKE OORWEGING IS DAAR BESLUIT OM EQUIP AS BEDRYFSTELSEL TE IMPLEMENTEER VIR SENWES VILLAGE SE MEGANISASIEAFDELING NADAT DAAR REEDS VIR BAIE JARE ’N INHUIS-ONTWIKKELDE BEDRYFSTELSEL GEBRUIK IS. Senwes se Meganisasie-afdeling is ’n gefokusde besigheidseenheid en Village het besef dat dit nodig geraak het om ’n bedryfstelsel te bekom wat pasgemaak is vir ’n meganisasiebesigheid wat bestuur kan ondersteun om diensvlakke te verhoog. Meganisasie is steeds ’n geïntegreerde besigheidseenheid van die Village besigheidsmodel. Daarom was dit nodig om baie tyd en geld aan die integrasie van die nuwe stelsel na die bestaande stelsel te spandeer om die nodige beheer en kontroles te behou. SAP is egter steeds die stelsel waaruit die finansiële verslagdoening vir Senwes gedoen word. Bepaalde funksionaliteite kan verkry word met die nuwe stelsel wat vir beide die klante en Village tot << SENWES Scenario >> voordeel is. Daar kan ook direk met die John Deere handelaarsnetwerk geïntegreer word. Equip is ’n volledige bedryfstelsel, spesifiek ontwerp vir handelaarsnetwerke, wat wêreldwyd gebruik word in veral die motor- en meganisasiebedryf. Dié stelsel help met die integrasie van onderdele, werkswinkels en heelwerktuie modules. Integrasie na SAP sal deurlopend plaasvind om steeds korporatiewe en finansiële beheer te verseker. ’n Derde party is gekontrakteer om Village te help met die ontwikkeling en implementering van Equip waarvan die ontwikkelingsfase reeds volstoom aan die gang is. Die eerste bedryfspunt wat sal oorskakel, is Senwes Village Bothaville. Dit is vir Senwes Village belangrik om op ’n deurlopende basis met sy klante te kommunikeer. Ons sal soos vordering plaasvind, ons klante op hoogte hou van verwikkelinge. Sekere besigheidsprosesse sal verander, waaroor ons jou sal inlig omdat dit jou as klant ook sal raak, maar die onmiddellike en toekomstige voordele wat ons verwag sal hierdie aanpassing die moeite werd maak en klantediens sal tot op die hoogste vlak verbeter. Vir meer inligting, skakel Fouché Steyn by (018) 464-7234. S www.senwes.co.za • Junie 2012 SE N W E S V IL L A G E ••• Meer foto's p://se beskik nwes. baar co/SS Hoop stad by htt Bakkie . Hoopstad-Suid Boerevereniging se bestuur het die bakkie van Senwes ontvang. Agter van links: Karin de Bruyn, Neel Rust (Bestuurder: Senwes Algemene Handel), Hennie Roos, Abraham Barnard (Voorsitter: HoopstadSuid Boerevereniging), Dirk Theron en Johan Terblanche (Bestuurder: Senwes Village Hoopstad). Voor van links: Hentie Helm, Fanie van Vuuren, Attie de Necker, Piet Wolfaardt en Charles van Schalkwyk. H oopstad-Suid B oerevereniging beveilig gemeenskap in nuwe bakkie GRAINLINK SKUIWE Senwes Village het op 5 Junie 2012, ’n splinternuwe Toyota Hilux Raider 2.5 dubbelkajuit-bakkie aan die HoopstadSuid Boerevereniging geskenk om te gebruik vir die beveiliging van die gemeenskap. Die bakkie is oorhandig na aanleiding van ’n lojaliteitsooreenkoms wat tussen Senwes Village en Hoopstad-Suid Boerevereniging gesluit is. “Dit is om dankie te sê vir die lojaliteit wat die boere van die omgewing teenoor Senwes Village geopenbaar het oor die afgelope jare,” sê Neel Rust (Bestuurder: Algemene Handel). S Hierdie is ’n voorlopige kunstenaarsvoorstelling van die Senwes Village op Wesselsbron wat in 2013 voltooi sal wees. WESSELSBRON VILLAGE SLAAN ’N NUWE BLAADJIE OM Senwes beoog om die Village winkel op Wesselsbron ’n gedaanteverwisseling te laat ondergaan met die oordoen van die winkel en die verskuiwing van onder meer die werkswinkel, onderdele en stoor. Die projek is in die beplanJunie 2012 • www.senwes.co.za ningstadium en volgens Wimpie Muller (Bestuurder: Strategiese Projekte, Senwes Village) sal die nuwe winkel in 2013 voltooi wees. Die werkswinkel, onderdele en vulstasie sal op een perseel wees en die stoor op ’n aangrensende perseel. S Martin Janse van Rensburg is bevorder tot Silobestuurder op Vredefort. Pieter van Wyk (Silobestuurder) is verplaas vanaf Koppies na Wesselsbron silo 234. Pieter Theron word verplaas vanaf Assistent Silobestuurder op Arlington na Aflos Assistent Silobestuurder van Streek 2 (Viljoenskroon-area). Thinus Mostert is ’n Aflos Assistent Silobestuurder wat vanaf Streek 4 (Bloemfonteinarea) na Streek 3 (Bothavillearea) verplaas is. VILLAGE SKUIWE • Riaan van Eeden is as die Villagebestuurder op Ottosdal aangestel. • Ferdi du Toit is aangestel as die Villagebestuurder op Heilbron. • Die nuwe Villagebestuurder op Parys is Johan Greyling. • Reuntjie du Plessis is as die Villagebestuurder op Petrusburg aangestel. S << SENWES Scenario >> 45 4 46 ••• SE N W E S C R E DI T Welsyn baat ook by R1 miljoen trekking VANJAAR SE SENWES R1 MILJOEN TREKKING HET BAIE VREUGDE GEBRING, NIE NET VIR DIE VYF FINALISTE WAT ELK ’N GEDEELTE VAN DIE R1 MILJOEN TEEN SY SOMERPRODUKSIEREKENING KAN AFSKRYF NIE, MAAR OOK VIR DIE WELSYNSORGANISASIES WAT ELK ’N SKENKING VAN R60 000 VAN SENWES ONTVANG HET. Tydens dié praggeleentheid, gehou op 31 Mei by die Goldfields Casino in Welkom, het elke finalis ’n nommer getrek wat die volgorde bepaal het waarvolgens hul koeverte, met die waarde van hul pryse in, getrek is. Die uitslae van die trekking het as volg verloop: R 5 00 0 0 CH ARL (VA IE PE ALH ARS AR TS) ON > TEKS: ANSONÉ VENTER Van links: Gerrit van Zyl (Hoofbestuurder: Senwes Credit) en Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village) het van die pryse tydens die geleentheid oorhandig. Besoek B Be eso oe ekk www w ww www.youtube.com/ ww. w.yo .yo y ut utub ube be.co e.com/ co om// senwesTV se enw nwes essTV V vvir ir vvideo-profiele id deo eo-p pro rofififiel e e va el van n di die fina die fiffinaliste, ina nalililist istte, e, sowel die welsynsorganisasies. sowe so we el as as d ie ew elsyyns el nso orga orga or gani nisa ni sasi sa sies si es. es In 1992 het Charlie begin boer nadat hy sy ambag in Pretoria voltooi het. Sy boerdery op Vaalharts, bestaan hoofsaaklik uit mielies, koring en lusern wat onder besproeiing is. Charlie het ook ’n beesplaas in die Toscadistrik waar hy met kommersiële koeie en Bonsmara-bulle boer. Sy welsynsorganisasie Die R60 000 word aan die Juanita Taljaard Fonds geskenk. Juanita is van die Vaalharts-omgewing en benodig die geld vir ’n hartoperasie. Haar ouers het die trekking bygewoon. >> Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na ansone@infoworks.biz. << SENWES Scenario >> www.senwes.co.za • Junie 2012 SE N W E S CRE D I T ••• R 7 5 00 R 0 00 25 UYS (OD VAN EN HEE DA ALS RDEN RU S) GE L AN DE ILLE) D EN SV BAR EALE (D Barend het in 1992 voltyds begin boer. Sy boerdery bestaan hoofsaaklik uit ’n veevertakking en hy verbou mielies, koring en sonneblom op ongeveer 2 500 hektaar. Sy welsynsorganisasie Barend het die Dealesville NG Kerk aangewys as die organisasie om by die Senwes skenking van R60 000 te baat. Hulle hooffokusareas is bestaande projekte wat onder meer kleuterskole en die Vredeshof Ouetehuis insluit. R1 Uys boer reeds vanaf 1957 voltyds en het in 1996 baas van sy eie plaas geword. Sy liefde vir die plaaslewe het hom uit die onderwys, tot op ’n trekker laat beland. Sy boerdery bestaan hoofsaaklik uit een derde mielies en twee derdes vee. Sy welsynsorganisasie Die organisasie wat Uys aangewys het om die skenking te ontvang, is die Mevrou President Steyn Tehuis. Die skenking sal handig te pas kom aangesien hulle die kamers wil opknap en ook ander instandhoudingsprojekte by die tehuis wil aanpak. 0 25 0 R 5 0 00 BEN (KO VOSL PPI OO ES) TER TRU N) GE ONTEI R GEO EMF O (BL George het op ’n vroeë ouderdom eers saam met sy broer op Wellington geboer. In 1979 het hy ’n plaas in die Bloemfontein-distrik gekoop, waar hy tans koring, mielies en sonneblom verbou. Sy grootste inkomste is egter afkomstig vanaf sy veevertakking. Ben bedryf ’n suksesvolle gemengde boerdery in die Koppies-distrik. Besproeiing sorg vir goeie gesaaides en dan is daar ook skape wat die vee-gedeelte uitmaak. Die plaas waarop hy en sy seun boer, is reeds vanaf 1861 in familie besit. Sy welsynsorganisasie Sy welsynsorganisasie Met behulp van Senwes, het George en sy vrou, Esmarie, uitgereik na die President Kruger Kinderhuis op Reddersburg. Die fondse sal gebruik word om kruideniers te koop en ander bedryfstekorte te delg. Junie 2012 • www.senwes.co.za Die NG Kerk Weltevreden op Koppies, verwelkom die skenking vanaf Senwes wat deur die organisasie vir reeds bestaande gemeenteprojekte, soos by skole en ouetehuise, aangewend gaan word. S << SENWES Scenario >> 47 48 ••• TOE K OM S B L I K Senwes en John Deere vat presisieboerdery ’n stap verder SEDERT DIE DRAAI VAN DIE EEU HET JOHN DEERE VERSKEIE NAVIGASIESTELSELS VAN HOOGSTAANDE GEHALTE EN OPSIES BESKIKBAAR GESTEL TER BEVORDERING VAN EFFEKTIEWE BEWERKINGSMETODES. > TEKS: WILLIE DIETRECHSEN Met produkte soos Parallel SENWES EN DIE RTK-NETWERK Trac™, Auto Trac™ SF1, Auto Trac™ SF2 en Universal AutoTrac™, het klante meer effektief en produktief hul bewerkingsaksies afgehandel, wat gelei het tot groot kostebesparings. Nou met RTK – die nuutste beskikbare tegnologie – bied John Deere jou: • Ongeveer 25 mm akkuraatheid op ’n “repeatability pass to pass” basis. • Betroubare, gevestigde netwerkbeskikbaarheid teen ’n baie lae koste per jaar. • Basisstasies wat deur Senwes, jou John Deere handelaar, opgerig, onderhou en opgegradeer word. Senwes se presisieboerdery-afdeling het reeds begin met die implementering van die eerste toerusting, ter vestiging van die eksklusiewe RTK-netwerk in die Wesselsbron-, Bothaville- en Bultfontein-area. In die komende maande, sal die aksie uitgerol word tot ’n volledige netwerk wat vir nie net die eienaars van John Deere produkte nie, maar ook die eienaars van konkurrente produkte voordele kan bied. Indien jy meer inligting verlang, kan jy die Senwes Heelwerktuigbemarker in jou area kontak of die volgende nommer skakel by Senwes se presisieboerdery-afdeling (018) 464-7671. Saam breek ons nuwe grond. S Senwes Village het die besluit geneem om miljoene rande te investeer om die klante van Meganisasie te ondersteun ter bevordering van die effektiwiteit van produsente se werktuie. >> << SENWES Scenario >> Willie Dietrechsen is Bestuurder: Meganisasie by Senwes Village. Skakel hom by (018) 464–7553 of stuur 'n e-pos na willie.dietrechsen@senwes.co.za. www.senwes.co.za • Junie 2012 50 ••• SE N W E S G R A I N L I NK Nuwe wetgewing hou ernstige gevolge in VOEDSELVEILIGHEID IS ’N OPENBARE GESONDHEIDSKWESSIE VAN TOENEMENDE BELANGRIKHEID. DIE NUWE VERBRUIKERSBESKERMINGSWETGEWING KAN LEI TOT VERHOOGDE AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF. > TEKS: MARIANA PURNELL Mense het die reg om te verwag dat die kos wat hulle eet veilig is en geskik is vir verbruik. Voedselgedraagde siektes en besering is ten beste onaangenaam en kan ook noodlottig wees. Daar is egter ook ander gevolge. Die uitbreek van voedselgedraagde siektes kan groot skade berokken aan handel en toerisme en dit lei tot die verlies van inkomste, werkloosheid en litigasie. Voedselbederf is verkwistend, duur en kan ’n nadelige invloed op handels- en verbruikersvertroue hê. Die Wet op Verbruikersbeskerming maak voorsiening vir verskeie regte van verbruikers, soos byvoorbeeld: • anti-diskriminasie • inspeksie van goedere • tydige en korrekte lewering van goedere • eenvoudige taalgebruik in dokumente • handelsbeskrywings • bepalings teen wanvoorstelling en misleiding • kontraktuele bepalings wat billik, regverdig en redelik is • pryse wat billik, regverdig en redelik is • waarborge • die terugneem van produkte WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF? Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit te lewer wat voldoen aan voedselveiligheidstandaarde. Belangrike uitdagings in die graanbedryf is mikrobiese voedselgedraagde siektes en algemene << SENWES Scenario >> voedselveiligheidsaspekte. Verbruikers is kwaliteitsbewus en die meerderheid doen hul voedselaankope by maatskappye wat hoë gehalte handhaaf en die nodige versekering kan gee dat die voedselprodukte aan die hoogste standaarde en voedselveiligheidsvereistes voldoen. Die gebruik van chemiese middels en beperkings daarop op die graan wat gelewer sal word, soos vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde (1990), is veral ter sprake. Produsente moet hulle vergewis van die wetlike vereistes en voldoen aan die standaarde soos daarin neergelê. Wetlike voorskrifte bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders en verskeie ander landboukundige chemikalieë en die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die kommoditeit teenwoordig kan wees. GMO-vry kommoditeite (produkte wat nie geneties gemanipuleerde organismes bevat nie) is ook onder die kollig van die nuwe verbruikerswetgewing. Daar is ’n groeiende vraag na GMO-vry produkte en die nuwe verbruikerswetgewing stel streng riglyne ten opsigte van toepaslike toetse en dokumentasie om die GMO-status van produkte te bewys tydens bemarking. Sodanige tendense kan daartoe lei dat die verbruiker die produsent se keuse van variëteit, landboupraktyke en selfs die hantering en bemarking van die kommoditeit ten sterkste beïnvloed. ’n Identiteitpreserveringbemarkingsproses sal dus van kardinale belang wees om naspeurbaarheid te verseker en aan verbruikers die gemoedsrus te gee dat sekere prosedures tydens produksie, hantering, vervoer, verwerking en verpakking streng volgens protokol uitgevoer is. S >> Vir verdere navrae, kontak Mariana Purnell (Bestuurder: Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by (018) 464-7271 of 082 336 8534. www.senwes.co.za • Junie 2012 SE N W E S G R A IN L IN K ••• Ontmoet Senwes se Streekbestuurders Senwes Grainlink het ’n regstelling deurgegee ten opsigte van die artikel Ontmoet Senwes se Streekbestuurders op bladsy 51 in die April 2012-uitgawe van Senwes Scenario. Die korrekte Streekbestuurders en hulle foto’s is: Fanie Kruger (Streek 1) Graham Lottering (Streek 2) Carel Scheepers (Streek 3) Theuns Saayman (Streek 4) S Graangradeerders slaggereed vir die oesseisoen Alle graanontvangspunte van Senwes is vanaf 10 April 2012 tot 4 Mei 2012 deur Hendrik van Aswegen van die Grain Training Institute besoek. Van Aswegen is hiertydens telkens deur ’n senior personeellid van Grainlink Bedryf vergesel. Alle opgeleide graangradeerders se teoretiese en praktiese graderingsvaardighede is tydens die besoeke geëvalueer. Die evaluering was op kandidate se kennis en praktiese toepassing van Junie 2012 • www.senwes.co.za w es.co.zz a graderingsregulasies gebaseer, soos in die staatskoerant van Mei 2009 afgekondig. Elke monster wat gegradeer is, is volledig met die kandidaat bespreek en probleme wat geïdentifiseer is, is uitgewys en reggestel. Volgens Marietjie Grobler (Personeelbestuurder: Senwes Grainlink) was die oefening baie geslaagd en is Senwes se graangradeerders gereed vir die ontvangseisoen en gepaardgaande uitdagings wat voorlê. S SENWES ENWE NW WE ES E S Sc S Scenario e n a rio >> enario en << < < SSEN >> 53 54 ••• AGR I - W E N K E 4. 5. Droë seisoen sorg vir lae grondvogreserwes 1. 3. AS GEVOLG VAN DIE DROË NA-JAAR, HET DIE OESPROSES VAN MIELIES EN SONNEBLOM IN SEKERE GEBIEDE VROEËR BEGIN AS BEPLAN EN BEHOORT DIE STROPERS NOU VOLUIT TE LOOP EN IN SEKERE GEVALLE DALK EINDE SE KANT TOE TE STAAN. Dié dele wat bevredigende opbrengste het, behoort tesame met die graanpryse, positiewe marges te realiseer. Benut hierdie inkomstes oordeelkundig, want ons weet nie wat die komende seisoen inhou nie. In dié dele waar daar erge droogteskade was en die opbrengste gevolglik onbevredigend is, moet daar van kundiges gebruik gemaak word om die komende seisoen te beplan. Senwes Landboudienste het landbou-ekonome en akkerboukundiges wat jou daarmee kan help – moenie benoude spronge maak nie. Die veld is oor die algemeen in ’n swak toestand en noukeurige bestuur is dus uiters noodsaaklik. Dis hier waar die benutting van mieliereste waardevol kan wees. Lande wat geneig is tot waai, moenie oorbewei word nie. GRONDKUNDE Grondvogreserwes is oor die algemeen laag. Op die nie-watertafelgronde, wat algemeen in die Noordwes Provinsie voorkom, asook in die Vrystaat, is daar feitlik geen oorgedraagde grondvog nie. Dit gaan ’n invloed hê op winterbewerkings en daar sal gewag moet word op goeie lentereën om primêre bewerkings te kan doen. ’n Lae grondvogstatus verhoog ook die risiko vir koringaanplantings. Laat die grondvogstatus bepaal (Senwes Landboudienste kan dit vir jou behartig indien beplan word om nog koring te plant. Raadpleeg die saadmaatskappye se kultivarinligtingsgidse betreffende kultivarkeuse indien laat in Junie of vroeg in Julie geplant gaan word. Dit geld ook vir << SENWES Scenario >> 2. 1. Johan du Toit 2. Castuff Sekgala 3. Jacques Odendaal 4. Izak du Plessis 5. Gerrit Oosthuizen die komende somerseisoen se beplanning (opbrengsmikpunte). VAALHARTS-BESPROEIINGSKEMA Pekanneute se oesproses is een van die dae voluit aan die gang. Let daarop dat die grond nie te droog raak met die naderende koue nie, veral by die jonger aanplantings. Stamme van die jong bome kan ook geverf word om te help teen stambars as gevolg van drastiese lae temperature. Na-oes kan bome gelaat word om te rus, maar moenie die grond te droog laat word nie. Daarna kan daar in Augustus begin word om die bome te snoei. Gars en koring se produkpryse lyk tans nie baie rooskleurig nie, maar as gevolg van kontantvloei kan die gewasse nie sommer net uit die wisselbousisteem gelaat word nie. Dit is egter baie belangrik om optimale opbrengste te verkry ten einde winste te toon. Die aanbeveling is dat die beste gronde aangeplant word en alles moontlik gedoen word om optimale opbrengste te verseker. Die alternatief om gronde te laat oorlê en vroeë mielies, grondbone en katoen te verbou, maak wel groter winste, maar min produsente se kontantvloei laat dit toe om eers in Maart weer ’n inkomste te verkry. BOERDERYBESTUUR ’n Suksesvolle strategie behoort die volgende vier kritieke elemente te bevat, naamlik: • Gerig op duidelike langtermyndoelwitte • Gebaseer op insig en begrip van die eksterne (makro) besigheidsomgewing • In-diepte kennis van die onderneming se interne vermoë en hulpbronne • Effektiewe implementering en koördinering van www.senwes.co.za • Junie 2012 A G R I-W E N K E ••• BEPAAL NOU JOU GRONDPOTENSIAAL die gesamentlike vermoë van alle betrokkenes daartoe verbind Fatale foute wat tydens die strategiese bestuursproses ten alle koste vermy behoort te word, is die volgende: • ’n Strategie kan nie suksesvol geïmplementeer word indien dit nie volledig aan werknemers gekommunikeer en verduidelik is nie. • ’n Strategie kan nie in isolasie opgestel word nie. • Die opstel van ’n strategie kan nie aan ’n besigheidskonsultant uitgekontrakteer/oorgelaat word nie – so iemand kan wel die proses fasiliteer. • Die daarstel van betekenislose visie- en missiestellings. • Die verwarring van strategieformulering met operasionele beplanning. • Geen krisis – Geen strategie! • Risiko’s/implikasie(s) van voorgenome strategie word nie tydig geïdentifiseer nie. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, is dit nou die tyd om te begin met die voorbereiding van lande, veral ten opsigte van grondmonsternemings vir bemestingbeplanning en grondkartering vir opbrengspotensiaalbepaling. Grondpotensiaalbepaling en grondontledings is baie belangrike besluitnemingshulpmiddels. Kry jou bemestingbeplanning volgens die grondpotensiaal in plek. Dié gronde wat vinniger geneig is tot versuring kan nou bekalk word. Bekalk die lande ook so spoedig moontlik om seker te maak dat die persentasie suurversadiging teen planttyd reg is. Nou is ’n goeie tyd om grondontledings op sonneblomlande te doen (en mielielande, sodra dit klaar gestroop is), sodat die regte bemestingsprogram bepaal kan word en bekalking vroegtydig gedoen kan word. Senwes se grondtegnoloë kan jou van diens wees indien ruitpatroon-monsterneming oorweeg word. Kontakbesonderhede van die grondtegnoloë: Jacques Odendaal (Bultfontein) – 083 458 1296, Pieter Snyman (Kroonstad) – 083 302 3992 en Almero Olwagen (Klerksdorp) – 083 320 0599. S Die strategiese bestuursproses kan hoofsaaklik in die volgende vyf agtereenvolgende bestuurstake opgedeel word: DIE VYF BASIESE STRATEGIESE BESTUURSTAKE TAAK TA AK 1 TAAK TA AK 2 TAAK TA AK 3 TAAK TA AK 4 TAAK TA AK 5 Ontwikkel van strategiese visie en boerdery missie Stel van langtermyndoelwitte Ontwikkel strategie gemik op behaling van doelwitte Implementeer en uitvoer van strategie Evalueer prestasie asook nuwe verwikkelinge, maak aanpassing Hersien soos nodig Hersien soos nodig Verbeter/ verander soos nodig Verbeter/ verander soos nodig Verwys na take 1; 2; 3; 4 soos nodig DIÉ PROSES IS NOOIT FINAAL NIE! In die volgende uitgawes sal die onderskeie take in meer detail bespreek word. Junie 2012 • www.senwes.co.za >> Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthuizen, Izak du Plessis, Castuff Sekgala en Jacques Odendaal (Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir meer inligting. << SENWES Scenario >> 55 56 ••• D R U P P E LS O P DI E DA K ’n Droë winterseisoen waarskynlik op hande Die ryp het gewissel van geen sigbare skade tot plante wat doodgeryp het. ONVERWAGSE RYP HET VROEG HIERDIE SEISOEN IN DIE SENWES GEBIED VOORGEKOM. DIE VROEGSTE INTREEDATUM VAN RYP IN DIE BOTHAVILLE-GEBIED IS 8 APRIL. GEDURENDE HIERDIE SEISOEN HET DIT OOK REEDS DAARDIE TYD OOR DIE GROOTSTE GEDEELTE VAN DIE SENWES-GEBIED GERYP. DIE RYP HET GEWISSEL VAN GEEN SIGBARE SKADE TOT PLANTE WAT DOODGERYP HET. > TEKS: THYS GROBBELAAR Ons moet onthou dat ’n groot gedeelte van die mielie-aanplanting laat in Desember gedoen is en dus kon strawwe ryp nog groot skade veroorsaak het. Dit is opmerklik dat sekere kolle, veral in die Hoopstad- en Bultfonteingebiede geen sigbare rypskade toon nie. Met die skryf van die artikel het die jonger mielies nog heel << SENWES Scenario >> groen in die betrokke gebiede vertoon. Die verwagting is dat die vroeë ryp slegs ’n geringe effek op die opbrengs gaan hê. Hierdie ryp kan die verwagte stroopdatum in sekere gebiede egter effens vervroeg. Daar kan wel graad voorkom by jong witmielies wat heeltemal doodgeryp het. Die omvang van die verwagte probleem is egter klein in die totale gebied. Die gemiddelde intreedatum van ryp in die grootste gedeelte van die Senwes-gebied is 4 Mei. April het minder reën opgelewer as wat oorspronklik voorspel is. Dit is net die noordoostelike gedeelte van die tradisionele Senwesgebied wat meer reën ontvang het as die langtermyngemiddeld. Die meer suid-westelike gedeelte van die gebied wat tradisioneel meer koring aanplant, het heelwat minder reën ontvang as die langtermyngemiddeld. As ons ook in ag neem dat reënval aansienlik laer as die langtermyngemiddeld is, lyk die situasie die komende seisoen nie so rooskleurig vir droëlandkoring nie. Die bogrond is in die meeste gevalle so droog dat daar nie suksesvol koring aangeplant kan word nie. Die onderstaande figuur dui Januarie tot einde www.senwes.co.za • Junie 2012 D RUPPE L S O P D IE DA K ••• April se kumulatiewe reënval in vergelyking met die langtermynreënval aan. Die opgegaarde vog waarop koring moet oorleef totdat die lentereën kom, word gewoonlik in hierdie periode opgegaar. Die sentrale gedeelte van die Senwes-gebied het tussen 95 mm en 175 mm minder reën vir hierdie periode ontvang as die langtermyngemiddeld. Dit is duidelik dat droëlandkoring waarskynlik nie aangeplant kan word nie of ’n groot risiko loop om die grootste deel van die seisoen onder erge stremming te verkeer. Wat tans wel die geval is, is dat die SOI-indeks besig is om te daal. Op hierdie stadium is die SOI-indeks reeds -6. Die daling kan waarskynlik op ’n El Niñotipe seisoen uitloop. ’n El Niño-tipe seisoen gaan gewoonlik gepaard met goeie lentereën. Daar moet egter nie aanvaar word dat daar vroeë lentereën gaan wees nie. Die besluit of jy koring gaan plant moet geneem word op grond van die opgegaarde vog wat in die grond is en nie op verwagte reën gedurende die lente nie. Baie produsente het al hulle vingers so verbrand. Die SOI-indeks en seetemperature wat gebruik was om ’n seisoen as ’n La Niña- of El Niño-tipe seisoen te klassifiseer, wat die afgelope paar jaar gebruik was om seisoenreënvalvoorspellings mee te doen, het geblyk nie baie akkuraat te wees nie. Tans is daar werklik nie ’n akkurate meganisme wat gebruik kan word om ’n seisoenvoorspelling mee te doen nie. Grafiek 1: Reënval: Werklike reënval vir April 2012 versus die langtermyngemiddeld vir April 2000 tot April 2011. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die seisoen sluit af met ondergemiddelde reënval vir die verloop van die somerseisoen. Die voorjaar van die wintergewasse se reënval is ook ondergemiddeld wat ’n risiko vir koringproduksie kan inhou. Produsente word aangeraai om slegs droëlandkoring te plant indien die opgegaarde vog in die grond voldoende is. Raadpleeg ’n landboukundige in die verband, sou jy onseker wees. Dit het al in die verlede, soos die vorige seisoen, baie goed gedurende die najaar gereën. Dit kan die vooruitsigte vir koringproduksie baie verbeter. S Grafiek 2: Reënval: Werklike reënval vir Januarie 2012 tot April 2012 versus die langtermyngemiddeld vir Januarie tot April 2000 - 2011. >> Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen (Senior Gis-tegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir meer inligting skakel Thys by (018) 464-7385. 57 58 ••• P R OM O SI E -A R T I K E L : E FE K T O B esnoei só in die winter met Grondsuur wys in jou winste... Hier is ‘n voorkeur-teenmiddel! Grasland se geregistreerde landboukalk is ‘n bewese grondsuurneutraliseerder wat oortuigende resultate in jou winste sal lewer. Gesonde grond verseker verbeterde oesopbrengste van voortreflike gehalte. Navorsing en ontwikkeling is ‘n integrale deel van ons bekalkingsprodukte en verseker die nodige kwaliteit wat ‘n deurslaggewende rol tot ‘n spog-oes kan speel. Bewys dit self. Graslandprodukte en raadgewende dienste is so naby soos jou naaste kunsmisverteenwoordiger. Jy kan ook direk met ons skakel. Grasland plaas jou op die winskoers. Reg. Nr. 67/12386/07 Posbus 948, Lichtenburg 2740, Tel: (018) 632 6046, Tolvry Nr: 0800-113011, Faks: (018) 632 3772, E-pos: grasland1@intekom.co.za PR O MO SIE -A RT IK E L : E F E KT O ••• Efekto Winter is daardie tyd van die jaar wat ons almal opgewonde maak oor besnoeiing. Daar lê ’n mate van tradisie hierin omdat die meeste van die plante in die winter gesnoei moet word, maar ook omdat koue weer met fisiese aktiwiteit verband hou. Besnoeiing is harde werk. Onthou om altyd Efekto™ Steriseal aan die plant te wend nadat dit besnoei is om dit teen infeksie te beskerm. Besnoei roosplante met omtrent ’n derde in die middel van die winter. Verwyder enige dooie of siek hout en maak gebruik van die geleentheid om Efekto™ Lime Sulphur of Efekto™ Kumulus™ WG regoor die plant te spuit nadat dit besnoei is, om skildluis en swamme te verwyder. Die meerderheid bladwisselende vrugtebome word in die winter gesnoei. Die doel van vrugteboombesnoeiing is om die boom oop te maak sodat al die dele genoeg sonlig kry. Alle bladwisselende vrugtebome baat by ’n Efekto™ Lime Sulphur of Efekto™ Kumulus WG behandeling in hulle dormante stadium. Die ander belangrike plantegroepe wat in die winter besnoei word, is dié wat in die somer blom, soos hibiskus, fuchsias en impatiëns. In warmer dele word hierdie plante later in die winter besnoei en Wonder™ Vita-Boost gevoer om groei te bevorder. Alle produkte is geregistreer onder Wet Nr. 36 van 1947 – Steriseal L4231 «Busan 1009» 10 g/kg en 8-Hydroxyquinoline sulphate 10 g/kg – HARMFUL, Lime Sulphur L4230 Polysulphide Sulphur 320 g/liter – CAUTION, Kumulus™ WG L2404 sulphur 800 g/kg, Vita-Boost B3405. Volg altyd die etiket wanneer produkte aangewend word. Gebruik produkte verantwoordelik. S STERISEAL ‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei. KUMULUS®WG ‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies. Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) info@efekto.co.za Agro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07 Posbus 652147, Benmore, 2010 www.efekto.co.za Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg) Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik. 59 60 ••• D E VE LOPI N G A G R I C U LT U R E Take care of your grazing; take care of your livestock IT IS OF ECONOMIC IMPORTANCE FOR THE LIVESTOCK PRODUCER TO KNOW THE GRAZING CAPACITY OF THE FARM FOR A SUSTAINABLE LIVESTOCK ENTERPRISE. tain livestock over an extended number of years without deterioration to vegetation or soil. Thus, the grazing capacity dictates the stocking rate. Grazing capacity consists of numerous factors which are interrelated and these are: roughage availability, effective rainfall, fodder flow plan as well as veld management practices (rotational grazing). > TEXT: CASTUFF SEKGALA ROUGHAGE AVAILABILITY The general saying goes: a person needs to be a grass producer before he/she becomes a livestock producer. GRAZING CAPACITY DEFINED The productivity of the grazable portion of the veld is expressed as an area of the land required to main- The availability and quality of natural grass depends mainly on rainfall patterns. In summer, the availability and quality of grass is high and this tends to decline and become relatively low in the winter months (as illustrated in Figure 1). On average a cow eats about one third of its body weight per day, of which 90% should be roughage. Natural veld is the cheapest source of roughage. 10% of the daily feed intake should ideally be supplements, i.e. phosphate in summer, protein in early winter and protein and energy in late winter. ROTATIONAL GRAZING JAN FEB MAR APR MAY JUN JUL AUG SEPT OCT Figure 1: Illustration of an annual roughage availability. << SENWES Scenario >> NOV DEC It is advisable to maintain a high level of roughage throughout the year and this can only be achieved through rotational grazing. Rotational grazing is practiced on a “take half, leave half”-principle – implying that animals graze up to 50% of grass height and leave the remaining 50% for regrowth and conservation of palatable grass species for the next season or year. Thus, without a rest, there will be a gradual decline of quality of the natural veld. This will force the producer to reduce livestock numbers, resulting in financial losses. www.senwes.co.za • Junie 2012 It is advisable to maintain a high level of roughage throughout the year and this can only be achieved through rotational grazing. D E V E L O PIN G A G R ICULT URE ••• STOCKING RATE Stocking rate is the area of the land that the e producer has allotted to a LSU in the grazing system, stem, expressed in length of the grazable period off the year (Ha/LSU). It is the management factor with a large influence on: • Biological yield of animal products; • Economic yield of the producer; and • Long term condition of the grazing camps. FODDER FLOW PLAN This is one of the most important plans the livestock producer should have for his/her unique farming situation. A fodder flow plan considers the combination of both annual roughage availability and livestock requirements as dictated by the stocking rate. ECONOMIC IMPORTANCE OF GRAZING MANAGEMENT Consider the following example to illustrate the economic importance of grazing management. According to Senwes production norms (when no additional roughage is purchased), feed costs per cow and sheep and margin above feed cost are calculated in the table below: CATTLE SHEEP Lick cost/ Margin above Feed cost/ Margin above ewe feed cost cow lick cost R454 R3 400 R245 R642 Let us assume: The Margin above feed costs (whereby hay bales are purchased to supplement Junie 2012 • www.senwes.co.za the natural veld in winter, presumably by 10%). On average hay costs R1 000/ton. For cattle this implies a hay cost of R1/cow/day for six winter months plus 20% wastage = R216 per cow. Feed cost per cow will therefore increase to R670 per cow. As a result, Margin above Feed cost will be reduced by R216 per cow (i.e. R21 600 for a 100 cow herd). For small stock this may imply a hay cost of R0,25 per small stock per day for six winter months plus wastage = R54 per small stock and the feed cost will therefore increase to R299 per ewe. As a result, margin above feed cost will be reduced by R54 per small stock (i.e. R5 400 for 100 small stock units). Therefore the economic situation will be worse if a natural veld is supplemented by more hay bales, e.g. at least 20%. Concluding remark: It is advisable for livestock producers to farm in harmony with nature and supplement with necessary licks to meet the livestock requirements. S • Read more about grazing on page 34 >> Castuff Sekgala is a livestock specialist at Senwes Agricultural Services. Contact him at (018) 464-7480 or send an email to castuff.sekgala@senwes.co.za for more information. << SENWES Scenario >> 61 th a ••• VI R D I E SI E L Ds Willie Bo 62 Lees Joh 13 Maya Angelou het gesê: “Ek het geleer dat mense sal vergeet wat jy gesê het, hulle sal vergeet wat jy gedoen het, maar nooit sal vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Dit is woorde wat mens diep laat nadink, omdat ons in ’n samelewing leef wat veral op “sê” en “doen” fokus. Dit is interessant om te kyk hoe Jesus in hierdie opsig gevaar het. Hy het mense anders benader as die norm van sy tyd. Tydens die Bergrede (Matt 5 - 7) kry ons ’n goeie idee hoe Jesus mense in sy teenwoordigheid laat voel het. Aan die einde van >> DINK HIEROOR NA • Maak tyd om na te dink hoe jy mense in jou teenwoordigheid laat voel. Hoe en waar moet jy veranderinge aanbring? • Mense het iets in Jesus se teenwoordigheid beleef wat vir hulle nuut en vars was. • God is deur sy Gees by ons teenwoordig. Hoe voel jý in die teenwoordigheid van God? • Gaan gerus op jou eie deur die vier Evangelies en stel jou voor hoe verskillende mense in uiteenlopende scenario’s in Sy teenwoordigheid kon voel. Hoe laat jý mense voel hoofstuk 7 is die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos ’n man met gesag, en nie soos die Skrifgeleerdes nie. Mense het in Sy teenwoordigheid anders gevoel omdat Hy anders en met ’n ander agenda gewerk het. Dit gaan nie oor persoonlike mag of aansien nie, maar die klem val op sagmoedigheid, geregtigheid, barmhartigheid, reinheid en vrede. Sy hoorders word geleer om waarde tot die lewe te voeg, soos wat sout die smaak van kos verbeter en lig die donker verdryf. Skielik word daar nie meer op kinders neergesien nie, maar word hulle verhef as voorbeelde van hoe volwassenes van God afhanklik behoort te wees. Die wat eerste is sal laaste wees en die laastes eerste. Vergelding maak plek vir vergifnis. Hoe het Jesus se dissipels gevoel toe Jesus sy bo-kleed uittrek, ’n handdoek om sy middel vasmaak en hulle voete begin was? Probeer jouself die emosie van die blinde buite Jerigo indink toe die Seun van God by hom kom stilstaan en vra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Of die weduwee van Naïn toe sy haar seun uit die dood terugkry? Hoe het Petrus gevoel toe Jesus ná sy opstanding vir hom sê: “Laat my lammers wei.” Eintlik moet elkeen vir homself ’n antwoord gee oor hoe Jesus mense om Hom laat voel het. Maar dalk is daar een ding wat uitstaan: By Jesus het die mense veilig gevoel. Hulle kon Hom vertrou omdat Hy die Seun van God is. Hoe laat jy die mense in jou teenwoordigheid voel? Jou vrou, jou man, jou gesin? Wat is die mense wat vir jou werk of vir wie jy werk se ervaring van jou teenwoordigheid? Dalk is daar iets wat ons by Jesus kan leer oor hoe Hy mense in sy teenwoordigheid laat voel het. Langenhoven het dit ook raak gesê: “Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is.” S >> Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Gemeente op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n e-pos aan wbot@absamail.co.za. << SENWES Scenario >> www.senwes.co.za • Junie 2012 64 ••• P R OM O TI O NA L A R T I C L E : K R P M A N UF A CT UR IN G Fight fires EFFECTIVELY this winter KRP MANUFACTURING IS A MAJORITY OWNED SUBSIDIARY OF THE FFA GROUP WITH THE COMMERCIAL FOCUS BEING MANUFACTURE, SALES AND SERVICE. We hold the firm belief that your product is only as good as the after-sales service that you provide and by having this as a key focus, we are building long-term relationships and partnerships with our clients and business partners. Africa is fraught with stories of “hit and run” transactions from ruthless suppliers. KRP Manufacturing is an African based manufacturer that << SENWES Scenario >> understands the unique challenges of our continent as well as the operational limitations and therefore we design our products with this in mind. KRP Manufacturing started operations some 16 years ago by manufacturing basic fire fighting skid units and fire fighting trailers. Today we have more than 10 000 skid units and more than 3 000 trailer units in operation all over Southern Africa. In 1999, we got involved in basic fire truck manufacture for the forestry industry and the rest as they say, is history. In 2010, the founding members of FFA approached KRP Manufacturing and the result was an agreement to create a new company with a new focus and drive called, KRP Manufacturing. KRP Manufacturing forms part of the complete value chain offered by the FFA Group. We offer the following products and services: www.senwes.co.za • Junie 2012 P R O M O T I O NA L A R T ICL E : KR P MA N UF A CT URIN G ••• • Always realise that our clients are the reason we are able to provide food on our tables. • Treat our clients with their due respect and consideration. • We will ensure that our staff is treated in the same manner by management, because they are the company’s most important asset. • By adhering to these principles, we will instil passion into our business and this will ensure our success. • Portable pumps. • Firefighting equipment, such as forestry type hand tools, backpack sprayers, drip torches, hoses, nozzles, all the way through to municipal equipment, such as PPE, ladders, axes, torches and Hazmat equipment. • Disaster management equipment – food ration packs, emergency shelter tents, generators. • Skid units – from 250 litre to 5 000 litre tank capacities. • Trailer units from 1 000 litre to 2 500 litre capacities. • Full range of firefighting pumps. • Official dealer for Wildfire Environmental Inc. of Canada. • Supply of firefighting foam concentrates and foam application equipment. • Manufacture of floating pumps. • Fire trucks – full range to meet client requirements, engineering done by professional engineers using CAD. • Risk assessments and consultations. • Leasing of vehicles and financial solutions to suit client needs. • Servicing of fire trucks – maintenance contracts. • Refurbishing of fire trucks. The vision for KRP Manufacturing is to be a commercially viable entity of the FFA Group by ensuring acceptable return on investments to the shareholders and at the same time supplying customers with customised solutions to their own specific fire risks. We will at all times ensure that we adhere to the following principles: Junie 2012 • www.senwes.co.za KRP Manufacturing's manufacturing facility is based in Potchefstroom, in the North West Province of South Africa. Our current facility occupies 900 m², where we are currently able to produce one fire truck per week. We do our own cutting, bending, welding, shot blasting and powder coating on-site. Our service division and workshop is based in Nelspruit, Mpumalanga, in South Africa. This division provides technical backup to the FFA Group fleet, as well as to our own clients. We offer full maintenance contracts on our vehicles and also enter into service level agreements with local authorities. Service is provided at our workshops and we also offer in-field servicing of vehicles. We are in the process of employing a National Technical Manager who will be tasked to further expand our servicing division; the first one being at our Potchefstroom factory. Within the next 18 to 24 months we will be establishing further workshops throughout South Africa. Sales are handled from our Johannesburg offices as this is the business hub of South Africa and Africa. The sales division not only sells into the local and African market, but also acts as the sales conduit for FFA’s Working on Fire International business units globally. Our function is to not only co-ordinate sales efforts, we also secure agencies and dealerships; consult with our own local clients and co-ordinate projects with the manufacturing division. S We look forward to engage with you on a one-on-one basis in the near future! << SENWES Scenario >> 65 66 Vodacom Satellite Connect If you need reach, we’ve got coverage… We can give you reliable, fast and guaranteed connectivity almost anywhere under SA’s sunny skies and it won’t leave you “platsak”. Rent, lease to buy, or buy Satellite Connect equipment from us, and you’ll be able to choose the speed that suits your needs. Want to know more? Email: vsccentral@vodacom.co.za or call Antonio or Warren on 082 271 1400. ••• KO MPE T ISIE Slaap warm met Senwes Scenario OM IN DIE WINTER IN ’N YSKOUE BED TE KLIM IS DAREM BITTER SLEG! ’N ELEKTRIESE KOMBERS IS NET DIE DING VIR ’N WARM KOOI. WEN TWEE PURE PLEASURE ELEKTRIESE KOMBERSE. DIE QUEEN-GROOTTE IS VAN SKAAPWOL GEMAAK EN PAS SOOS ’N PASLAKEN OM JOU BED. DIT HET ’N SKAKELAAR AAN BEIDE KANTE, VIR WANNEER PA DALK WARMER AS MA KRY. DIE PRYS SLUIT OOK ‘N VASKNOOP ELEKTRIESE KOMBERS VIR ’N DUBBELBED MET EEN KONTROLE, IN. NOU HET NIEMAND MEER ’N VERSKONING OM NIE IN HULLE EIE BED TE SLAAP NIE! HOE SKRYF JY IN? SMS die woord Senwes + Scenario + jou naam + jou e-posadres na 31022 en staan ’n kans om hierdie elektriese kombersstel te wen. Standaard SMS-tariewe geld. Sluitingsdatum: 16 Julie 2012 S Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig. WENNER APRIL 2012: Ina van Rensburg van Klerksdorp het die warmplaat gewen. Baie geluk! vodacom.co.za/business www.senwes.co.za • Junie 2012 LE E F ST YL : F E AT HE R HIL L SPA ••• Man ne, dis j ulle beu rt! Kom genie Feath t ’n w er Hill Spa n e lve r oggen á die d vol di stroop sielsk oggen seisoe ende ru os. Tie d van n. Dis skans n m 1 ans s 7 Aug van S tyd vir al die ustus enwes by ’n bed , g , e n ’ leenth á ’n v genie erf en erwelk t en n n reeks beh eid kr ’ n a ’n g y om oming andeli asspr die nge e v a n eker t Johan n ’n h Die be e luist Groble eerlik er. derf h e mid r o daget u Me-Em nie hie e te produ r op nie kte on , tien tvang mans wat sp Konta sal elk esiaal k vir J ’n ges vir die anelle kenk info@ man o Groble van feathe ntwikk r by 0 rhillsp by ww 1 e l 8 a is . w.feat 285 1 com v . herhil 050 / lspa.c ir meer inli 073 7 gting om S 76 77 of bes 56 oek d ie web of tuiste WENNERS APRIL 2012 Francis van Dyk – Bloemfontein Elsabe Maartens – Bloemfontein Meisie Grobbelaar – Bloemfontein Gene van Sittert – Hartbeesfontein Joy Strydom – Harrismith Gerrie Julyan – Palmietfontein Jacques Jacobsz – Hennenman Hulle het elkeen ’n ME-EM Moedersdag-geskenkpak gewen. Baie geluk! >> SKRYF SÓ IN SMS Senwes + Spa + jou naam en van + e-posadres na 31022. Standaard SMS-tariewe geld. Sluitingsdatum: 16 Julie 2012 www.featherhillspa.com (018) 285-1050 073 776 7756 Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig. Junie 2012 • www.senwes.co.za << SENWES Scenario >> 67 68 ••• I N M Y VI S I ER s Barnard Koo Onbewaakte oomblikke Dit was laatmiddag. Donker skadu’s het in die ruie onderbos begin opdam en plek-plek reeds teen stamme en takke uitgebeur na waar flentertjies son nog aan boomtoppe bly hang het. Ek was moeg, dors en ’n bietjie moedeloos want my dag het vroeg begin, maar ten spyte van my beste pogings het dit gelyk asof ek weer eens leëhand by my kamp sou aankom. Stap net een laaste draai, sommer daar onder die riffie waar die tamboties en sekelbos dig op die gelykte bondel, het ek myself aangemoedig. ’n Mens weet nooit… soms wys die bos juis sy geheime wanneer jy dit die minste verwag. Voor my het die tamboties gewink, hul herfskleure rooi soos bloed in die laaste spatsels son. Ek is suutjies en bitter stadig met die tweespoorpad langs. Elke nou en dan het ek vasgesteek, gekyk en geluister, dan weer gekyk. My oë het skadu vir skadu ontleed, soekend na die groot, grys lywe wat ek weet moeilik in die vaal lig sigbaar sou wees. Die koedoes het my die hele dag lank al ontwyk en met die swakker wordende lig het ek geweet dat my kans om hulle op te spoor steeds skraler word. Soek vir hul gelerige sokkies (die onderbene) en beweging, het ek myself gemaan. Rondom my het die veld stil geraak. Dis mos asof die bos vir ’n rukkie asem ophou voordat die deur finaal oopswaai sodat die nag met al sy geluide kan inglip daar waar die dag sy lêplek loop maak het. Voor my, iewers reg langs die pad het die geklap van ’n tak wat breek die stilte versteur. Vir ’n oomblik het ek glad nie kon raai wat die oorsaak daarvan was nie en toe tref dit my…koedoes! Dit kon net ’n bul wees wat ’n tambotie- of sekelbostak gebreek het om ’n peuseldingetjie by te kom. Ek het op my hurke neergesak en my oë het vinnig gesoek. Weer het ’n tak geklap en toe sien ek die beweging. Skaars 100 treë voor my en minder as tien treë regs van die pad het twee vaalgrys diere beweeg. My verkyker het gewys dis twee koeie; presies waar die bul was kon ek nie sien nie, want die bos was te ruig. Agter sy bloed was ek nie, maar << SENWES Scenario >> die koeie s’n wel, want ek het kookvleis gesoek, nie ’n trofee of biltong nie. “Kyk maar of jy ’n droë koei kan skiet,” het vriend Willem Basson gesê toe ek drie dae tevore my bakkie op sy werf staanmaak. Die verkyker het gewys daar is drie koeie en ’n sterk verskalf, een wat beslis al gespeen was. Van die bul kon ek later net ’n stukkie lyf en horingpunte sien. Die koedoes was onbewus van my, totaal geabsorbeer in die taak om delikaat die blare van bosse te stroop. Ek het op my hurke gebly en sowat 40 treë nader beweeg. Skielik het een koei weggebreek van die bos waaraan sy gevreet het en skuins oor die tweespoorpad na links gestap. Ek het vinnig plat op my boude gaan sit en die .375H&H wat ek reeds tevore oorgehaal het aan my skouer gebring. Die tweede koei het die eerste se voorbeeld gevolg en ek moes haar stop voor sy die pad verlaat. Willem het die vorige dag gespot dat ek dalk sy honde sou nodig hê om my bok te gaan soek indien ek dit kwes. Daarom wou ek seker maak van ’n eenskoot-doodskoot. Net toe die koedoe die middelman oorsteek, het ek sag maar duidelik hoorbaar na haar geroep, “Hey koedoe.” Sy het vierspoor vasgesteek en my amper dadelik in die pad sien sit, maar vir haar was dit te laat. Toe die kruishaar laag op haar bors vassteek, het ek die sneller gedruk. Skaars 50 treë vanwaar sy die koeël ontvang het, het ek by haar gaan kniel en toe daaraan gedink dat ’n onbewaakte oomblik die koedoe haar lewe gekos het. Die groepie het toegelaat dat die sinlike genot van etery, hul waaksaamheid verslap het. En op plekke waar gevaar immer skuil, is dít fataal. Die wet van die bos bepaal dat diegene wat daar wil oorleef elke oomblik moet waak. Dieselfde geld vir ons – in ons persoonlike lewens en veral in ons omgang met ons medemens. Jy of iemand anders verloor dalk nie jul lewens nie, maar wat jy in onbewaakte oomblikke sê of doen, kan dalk modderspore trap waar dit nie hoort nie. S >> Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer. www.senwes.co.za • Junie 2012 TJDR52288 Watch your business grow with more value. We understand that a large part of a small business’s success is who you nurture it with. That’s why with MTN Business, your business can now network in all the right places with a whole lot more value-added services such as: • • • • Free access to MTN BizAssist, which is a 24 hour hotline that you can use to source and book almost anything while networking with other businesses. Discounted membership to the National Small Business Chamber with exclusive invites to conferences and events. Free Fax2Email for everyone in your company where you get all the convenience of email while retaining the advantages of conventional faxing. Free R500 Google Adwords voucher. To sow the seeds of success, simply visit www.mtnbusiness.co.za/sme.