Hier kom `n ding!
Transcription
Hier kom `n ding!
tegnologie vir die boer technology for the farmer Nr 117 Oktober 2009 ISSN 1042–1558 PinZ2yl: Hier kom ’n ding! FAW-trok ry maan toe Omskep riool in ’n bate Slimkopboerepatente Sien AgriTrader binne vir puik aanbiedinge ProAgri 117 Oktober 2009 In hierdie uitgawe Met die teling van die PinZ2yl word daarna gestreef om die gehardheid en lae onderhoudsbehoefte van die Nguni te behou, maar die gesogte vleis- en melkproduksie-eienskappe van die Pinzgauer, om ’n gesogte voerkraalen veldbees te produseer, daarby te voeg. In hierdie stadium word enige kleurpatroon toegelaat, maar voldoende pigment is belangrik. Die kleurpatroon sal hersien word namate die ras vorder. Indringende studie word tans gedoen om die prestasie van die ras te evalueer. Vroeë aanduidings is baie belowend. Lees meer oor die PinZ2yl op bladsy 19. p 12 September is ’n persoon oorlede wat ’n ongeëwenaarde bydrae tot voedselproduksie gelewer het. Norman Borlaug (1914 – 2009) was ’n Amerikaanse landboukundige wat deur sy toegewyde navorsing op koring, opbrengste veelvoudig laat vermeerder het en miljoene mense van ’n hongerdood gered het. O Dr Borlaug het in 1942 sy doktorsgraad in plantsiektes en genetika aan die Universiteit van Minnesota verwerf, waarna hy in Mexiko hoëproduserende koringvariëteite ontwikkel het, wat ook weerstand teen siektes bied. Deur sy toedoen het Mexiko in 1963 na ’n netto uitvoerder van koring verander, waar hulle vroeër glad nie in hulle eie behoeftes kon voorsien nie. Meganisasie Dié nuwe variëteite en verbeterde produksietegnieke het tot gevolg gehad dat koringproduksie in Pakistan en Indië tussen 1965 en 1970 viervoudig toegeneem het. 7 8 Hierdie dramatiese verhoging in voedselproduksie het die naam van Groen Revolusie gekry en Norman Borlaug word as die vader daarvan beskou. In 1970 het dr Borlaug die Nobelprys ontvang vir sy bydrae tot vrede deur voedselproduksie te verhoog. Later in sy lewe het hy ook ’n groot bydrae tot hoër voedselproduksie in Asië en Afrika gelewer. Die beperktheid van grond vir landboudoeleindes was altyd vir hom ’n bekommernis. In Maart 2005 het hy gesê ons sal teen 2050 die voorsiening van voedsel moet verdubbel. 5 10 13 16 18 KMC van Rovic & Leers: Flink werktuie maak grondbone lonend Valtrac se FH maak optel ligte werk FAW-trok ry lag-lag maan toe! (en is sterk op pad terug) Spilpuntbesproeiing: Wenboere verkies Valley Omskep riool in ’n bate met Biosorb Omnia se boerepatente: Boere wys hoe met puik planne Monicol is in die kol met puik werktuie Gebeurtenisse 14 Bien Donné is vir die boer: Jy het ’n afspraak op 5 tot 7 November! 13 Veeboerdery Dr Borlaug was 95 jaar oud. 5 2 19 PinZ yl: Hier kom ’n ding! 21 Boer vir geld en genot met Hugenoot 23 Brennco is die boer se voervennoot Coenraad Rall <coenraad@proagri.co.za> Bron: www.wikipedia.org en www.monsanto.com Copyright © 2009. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon. Wen groot! ProAgri-lesersopname 2009 Neem deel en wen: Insetverskaffers AgriTrader 25 27 28 30 Veilings GeneGids AgriGids Agri-Werktuie 19 Die ProAgri-span Business-to-Business Magazine (April – June 2009) with a free circulation of 59 080 per month. (Paid 22, Total 59 102) Tramirloc-veebeveiligingstelsel ter waarde van R14 755 Distributed by smart distribution LG R510-skootrekenaar ter waarde van R9 000 Published by En nog vele meer! Om deel te neem skakel 012-362-6390 of e-pos info@proagri.co.za of neem aanlyn deel by www.proagri.co.za www. p roagri .c o.z a 14 20 The Original Muck Boot SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 Redakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Uitvoerende redakteur Suzanne Grobler > 083-742-6370 suzanne@smartpublishing.co.za Senior advertensieverteenwoordger Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Eurika Willcock > 082-327-2393 eurika@agritrader.co.za Hein Slabbert > 082-442-8607 hein@smartpublishing.co.za André de Beer > 078-161-1967 andre@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 Sakebestuurder George Grobler > 083-460-0402 george@smartpublishing.co.za 3 Meganisasie Hanteringstoerusng Valtrac se FH maak optel ligte werk • Sy kragtige Deutz-enjin haal uit die minimum diesel altyd oorgenoeg krag vir alle uitdagings. Die enjin en oordragstelsel is aan die kant gemonteer vir perfekte balans, onbelemmerde sig en maklike bereikbaarheid tydens onderhoud. • Sy robotgesweisde, knakbestande staalonderstel verseker dat die masjien sy vrag soos ’n man dra en altyd stabiel bly. • Sy kragtige teleskopiese laai-arm is gebou om swaar vragte te hanteer sonder om te knak of te buig. Die hidrouliese silinder is buite gemonteer vir maklike onderhoud. • Sy aste is stewig en duursaam vir lang, veilige diens, selfs in strawwe omstandighede. • Sy gerieflike kajuit spreek van veiligheid, maklike hantering en ’n perfekte uitsig oral waar sy teleskopiese “slurp” kan bykom. Die arm wat al sy aksies beheer pas knus in jou regterhand en dit is baie maklik om met die FH te werk. Die FH Faresin teleskopiese hanteerder is die boer se regterhand wat enige plek raakvat en sy prys is ook binne jou bereik. Die FH 7.35 kan 3 000 kg optel en sy hyshoogte is 7,8 m. Hy draf teen ’n flink spoed van 32 tot 40 km/u van taak tot taak. s ’n mens ’n olifant het, en verstand en geduld, kan jy wonders uitrig,” het Sagmoedige Neelsie gesê nadat hy en sy olifant, Herrie, een middag die kranse versit het om die pad deur Meiringspoort snaarreguit te maak. Die episode word beskryf in Sonde met die Bure. “A Goeie nuus is dat vandag se boer nie meer hoef te droom oor hoe nuttig Herrie op die plaas gebruik sou kon word nie – jy kan jou eie werksolifant aanskaf: Valtrac se FH Faresin teleskopiese hanteerder. En die FH kan dalk net vir Flukse Herrie staan. Die Faresin-groep vervaardig reeds sedert 1973 meganiese produkte van die hoogste gehalte. Sy teleskopiese hanteerders berus op die vervaardiger se skatkis van ervaring en kundigheid, en is saam met gebruikers ontwikkel om te verseker dat dit nommerpas aan elke behoefte voldoen. Faresin is deurlopend besig om sy produkte nog verder te verbeter om immer op die voorpunt van die tegnologie te bly. Op die plaas verrig die FH ’n magdom take vir die boer: Voerhantering, www. p roagri .c o.z a misverwydering, verskuiwing van swaar toerusting, grond of rommel, kunsmis-, saad- en produktehantering, stapel-werk, oplig van personeel om op hoë plekke te werk en selfs sleepwerk. Om dit alles te doen, het die FH ’n wye verskeidenheid hegstukke wat een-twee-drie aan sy teleskopiese arm gekoppel kan word. Van die hegstukke wat op die plaas nuttig is, is baalgrypers vir ronde en vierkante bale van enige grootte, palletvurke, skoppe met of sonder tande en grypers, misoptelvurke met grypers, ’n verskeidenheid armverlengstukke met of sonder wenaste, betongietemmers en personeelplatforms waarmee werkers omhoog gelig kan word om aan dakgewels, hoë ligte of radiomaste te werk, boomtoppe af te saag of te snoei. • Die FH kan selfs in klein ruimtes aangewend word, want hy stuur perfek vanweë sy drieledige stuurstelsel: As jy gewoonweg werk of van plek tot plek met hom ry, stuur hy net soos jou bakkie met sy voorwiele. • Wanneer jy knapper wil draai, druk jy ’n knoppie en siedaar – as jy met die voorwiele na regs krink, draai die agterwiele na links om jou draaisirkel drasties te verklein. • Jy kan hom ook met die druk van ’n knoppie verstel sodat al vier sy wiele in dieselfde koers krink vir ’n krapstappie. Flukse Herrie vat raak op jou plaas Jy kan ook omskakelingsplate vir jou FH kry sodat jy bestaande hegstukke van ander fabrikate kan gebruik. Om al hierdie werk uitmuntend te verrig, het die FH die volgende wenkenmerke: P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 Die FH is ’n werktuig in sy eie klas wat die boer se taak immer makliker maak. Wat boere veral opgewonde maak, is sy mededingende prys en die feit dat hy in Suid-Afrika verskaf en gerugsteun word deur Valtrac – die landboumaatskappy wat bekend is vir sy skitterende produkte en legendariese diens aan die boer. As jy ook die FH wil benut om groter hoogtes in jou boerdery te bereik, praat met Hennie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 of stuur vir hom ’n e-pos-boodskap by henniedut@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za om die res van Valtrac se produktereeks te bekyk. 7 Meganisasie Vragmotors FAW-trok ry lag-lag maan toe! (en is sterk op pad terug) Al ooit gehoor van ’n perd wat nog heeltemal vars is nadat die saal stukkend gery is? Al wat Trans Atlantis se FAW 13.160FLS-agttontrok (regs bo) na 500 000 km nodig gehad het, was ’n nuwe sitplek, en dié het FAW sommer vir hulle present gegee. Dis immers ’n prestasie om sonder probleme met een trok maan toe en ’n derde van die pad terug te ry. Die ingenome mense van Trans Atlantis is Etienne Deetlefs en Klaus Nissen (voor) en Wilma Deetlefs (regs agter). Ewe tevrede met FAW se prestasie is FAW se Barry Davidtz en Eugene van der Berg (links en middel agter). is kinderspeletjies vir ’n FAW-vragmotor om maan toe te ry. Dit word bewys deur die bekende Vrystaatse koeriersaak, Trans Atlantis. Een van hulle FAW-vragmotors, ’n 13.160FLSagt-tonner, het nou reeds 500 000 km afgelê. Dit is al die pad maan toe en byna ’n derde van die pad terug! D Volgens die mede-eienaar van Trans Atlantis, Etienne Deetlefs, was dit boonop ’n halfmiljoen probleemvrye kilometer. “Die vragmotor, wat in 2004 gekoop is, het geen ernstige probleme opgelewer nie en sy prestasie staan gelyk aan die beste prestasie wat ons nog ooit met enige voertuig in ons bedryf behaal het.” Hulle het net een kontrak gehad: om vir Atlas Copco boorpunte na die myne toe aan te ry. Toe hulle die kontrak verloor het, het hulle die keuse gehad om die handdoek in te gooi of om die saak op te bou. Met harde werk, ’n bietjie geluk en FAW se betroubare vragmotors het hulle die paal gehaal. Vandag tel van die voorste maatskappye onder Trans Atlantis se kliënte. Hulle vloot brei ook vinnig uit en die jongste toevoeging is ’n FAW 9.130FL-viertonner, wat beroemd is vir sy brandstofekonomie en betroubaarheid. FAW speel ’n belangrike rol in Trans Atlantis se sukses, sê Wilma Deetlefs, mede-eienaar. Die maatskappy het in 1995 begin sake doen met ’n Nissan 1400 bakkie en ’n 2,7 Nissan diesel. 8 FAW bied ’n volledige reeks vragmotors vir elke taak onder die son (of maan) en hulle is gebou om te werk, soos hulle al deeglik in Afrika en elders in die wêreld bewys het. Dit is hierdie einste FAW 9.130 wat boere so gaande gehad het by Nampo, sê FAW se nasionale verkoopsbestuurder, Eugene van der Berg. As jy enkele skape of beeste wil aanry, of reuse vragte diere of produkte oor groot afstande en op moeilike paaie wil vervoer, daar is ’n FAW-trok presies geskik vir jou taak, met ’n rugsteunspan wat bereid is om die pad maan toe en terug saam met jou aan te durf, so sê Barry Davidtz, FAW se agent in Kroonstad. En ook geen wonder nie, want soos al FAW se produkte, is die viertonner ’n stoere, stewige vragmotor in murg en been – sonder oorbodige tierlantyntjies wat die prys onnodig opjaag en jou langs die pad in die steek kan laat. Vir meer inligting, skakel Eugene van der Berg van FAW by 011-392-1530 of 082-496-2825 of Barry Davidtz van Kroonstad by 083-628-8939 of gaan kuier op die webwerf www.fawtrucks.co.za. Boere is gaande Dit is Trans Atlantis se beleid om sy voertuie op te pas en nie te verniel nie. Etienne is so gesteld op diens dat hy self die onderhoud van sy voertuie doen, maar dit doen geen afbreuk aan die prestasie van FAW nie. Dis nie net FAW se voertuie wat respek afdwing nie, vertel Etienne, maar ook die skitterende gehalte van hulle diens. As jy ’n FAW besit, het jy ’n span kundiges agter jou wat enige tyd van die dag of nag, enige plek in die land, sal sorg dat jou vragmotor se wiele rol. P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za www. proagri .c o.z a Meganisasie Besproeiing Spilpuntbesproeiing: Wenboere verkies Valley ‘n Mens word nie jou streek se Boer van die Jaar met sukkeltoerusting nie. Van der Spuy Botes Boerdery van Douglas vertrou hulle kosbare aartappels, koring, mielies, uie, gars, lusern, saadsonneblom en weidingsgewasse net aan die beste spilpunte toe: Valley. Tweedens laat Valley jou nooit in die steek nie. Sou ’n onderdeel na jare en jare se diens vervang moet word, dan is nuwe, betroubare Valley-onderdele in ’n kits beskikbaar en voor jou gewasse begin dors ly, stap jou Valley-spilpunt weer! Spilpunte is immers die sleutel van hierdie boerdery se sukses, sê Tiaan Vlok, bestuurder. Insetkoste is hoog en as ’n spilpunt staan, kan die skade baie groot wees, sê hy. Aartappels kan siektes kry en mielies en koring kan onderbestuif, met aansienlike opbrengsverlies as gevolg. Boonop word Valley gerugsteun deur die voorste kenners van besproeiingstegnologie. Douglas se wêreld is warm en droog. As koring in die aar kom, moet dit tot 65 mm water per week kry. Valley gee die boer gemoedsrus op meer as een manier: Eerstens is Valley die wêreldleier wat ontwerpvernuf, vervaardigingstandaarde en betroubaarheid betref. Jy kan ook wen met Valley. Praat met Cobus Myburgh 082-734-1283 as jy in die Noord-Kaap of Vrystaat boer, of met Gert van der Werff 082-451-5055 as jy elders in die land boer. Besoek ook www.valleyirrigation.co. za. In Douglas se warm, droë wêreld kan ’n man nie kanse waag met besproeiingstoerusting nie. Daarom reken Tiaan Vlok van Van der Spuy Botes Boerdery op Valley se doeltreffendheid en betroubaarheid. Hierdie boerdery koop geen ander spilpunt nie en gebruik ook Valley-onderdele om gewone spilpunte wat hulle saam met nuwe grond aangekoop het op te gradeer. SNY VEEDIEFSTAL JOU BOERDERY KEELAF? Beskerm jou eiendom! Stop veediefstal goedkoop en effektief! Kontak ons vir ’n gratis kwotasie of besoek ons webwerf. Kontak ons sel: 079 526 7232 www.tramirloc.co.za www. proagri .c o.z a Meganisasie Sanitasie indingryke tegnologie sorg daarvoor dat boere nooit weer hoef te sukkel met verstopte of oorvol septiese tenks, of met duur suigdienste nie. V Die Biosorb geaktiveerde slikstelsel is perfek en lonend vir enigiets van so tien huishoudings af tot by hotelle en vakansie-oorde; van so 8 000 liter per dag tot meer as 500 000 liter. Dit word in eenhede gebou, waar elke eenheid ’n volledige stelsel op sy eie is. As jou behoefte uitbrei, voeg jy bloot meer modules by. Waar ’n septiese tenk ’n anaerobiese stelsel met ’n nare reuk en ’n klomp vastestowwe is, pomp die Biosorbstelsel lug in die water in om mikroorganismes wat die riool verteer te onderhou. Die mikro-organismes breek alle vastestowwe tot vlokkies af, wat na onder sink. Die mikro-organismes sorg dat die water skoon en reukloos is. Die skoon water loop oor na ’n skoonwaterkompartement, vanwaar dit vir besproeiing van enigiets behalwe groente gebruik kan word. Dit is perfek vir vrugtebome, grasperke, tuine en voergewasse vir diere. So een keer elke drie maande onttrek jy van die oortollige, bakterie ryke slik uit die stelsel en pomp dit op jou komposhoop om baie goeie kompos te maak. So dien die Biosorb-stelsel jou op drie maniere: Dit raak op ’n doeltreffende en bekostigbare manier van riool ontslae, dit verskaf besproeiingswater en dit help jou om eersteklas kompos te maak. Om die stelsel op te rig is maklik: Die boer bou self die struktuur volgens Omskep riool in ’n bate met Biosorb Hierdie meenthuiskompleks buite Bloemfontein se Biosorb geaktiveerde slik rioolstelsel is bo die grond gebou en daar is geen reuk nie. Lug word in die water gepomp om mikrobes te onderhou wat die riool verteer. Die lug laat ook die water sirkuleer. Skoon water loop oor na die volgende kompartement en word uiteindelik vir besproeiing gebruik planne wat Biosorb verskaf. Dis ’n eenvoudige konstruksie bestaande uit ’n betonvloer met ’n dubbele steenmuur aan die binnekant gepleister en ’n dak bo-oor, nes ’n septiese tenk. die klein bietjie elektrisiteit wat die blaser en pomp gebruik. So een keer per maand laat jy ’n werker die lapfilter skoonmaak en die water toets. Dis ’n maklike en eenvoudige taak. As daar te veel slik is, onttrek jy Die stelsel kan ook bogronds gebou daarvan bloot met die verstelling van word, maar dan moet daar ’n onderkleppe. Biosorb verskaf ’n verstaanbare grondse houtenk wees vanwaar die handleiding en ’n riool na die toegewyde naverkoopBiosorb-stelsel Die Biosorb-stelsel dien jou op drie diens. gepomp word. maniere: So ’n 1) Dit raak op ’n doeltreffende en As jy ook jou riool in bogrondse bekosgbare manier van riool ontslae; ’n bate wil omskep, stelsel het nie 2) Dit verskaf besproeiingswater; en praat met Ronnie ’n dak nodig 3) Dit help jou om eersteklas kompos te Trollip by 083-625nie, aangesien 7230 of e-pos maak. daar geen aquac@mweb.co.za. stank is nie. Wanneer die struktuur gereed is, kom installeer Biosorb se mense die stelsel, bestaande uit ’n lugblaser, ’n spesiaal ontwerpte tussenskot wat die regte sirkulasie van riool bewerkstellig, ’n lapvanger en al die nodige pype, pompe en kleppe. Al die toerusting wat onder die water is, is van hoëdigtheid poli-etileen of vlekvry staal gemaak en word vir tien jaar gewaarborg. Die blaser en pomp word vir ’n jaar gewaarborg, maar daar is blasers wat al vyf jaar loop sonder enige probleme. So lyk die betroubare blaser wat lug in die Biosorb-stelsel pomp. www. p roagri .c o.z a Die geld wat jy in ses maande of ’n jaar aan rioolsuig sou spandeer, betaal die stelsel en daarna kos die Biosorb jou net P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 Hierdie lapvanger is van vlekvry staal gemaak. Die water in die Biosorb-stelsel sirkuleer daaroor en die penne vang al die lappe en ander goeters wat dalk die pype en pompe sal kan verstop. So een keer per maand moet die lapvanger skoongemaak word. 13 Gebeurtenisse Bien Donné Landbou-ekspo Bien Donné is vir die boer: Jy het ’n afspraak op 5 – 7 November! lles wat jy oor landbou wil sien en alles wat jy wil hoor. Alles knus bymekaar sodat jy jou nie flou hoef te loop nie, en met genoeg koelte en rusplekkies om tussenin tot verhaal te kom. A Dit is die LNR se Landbou-ekspo by Bien Donné, so ’n hanetreetjie buite Franschhoek, wat vanjaar van 5 tot 7 November ’n interessante belewenis vir boere en ander belangstellendes bied. Die organiseerders, Marlize Snynman, Rashaad Carlsen en George van der Merwe van Kunene Multi-media, is opgewonde oor alles wat hulle die boer en die uitstaller vanjaar gaan bied. Vir die professionele boer sal daar oorgenoeg wees om te beleef en te wete te kom. Kundiges gaan met boere gesels oor verskillende aspekte van landbouwetenskap en die resultate van navorsing. Boere sal ook nuwe tegnologie in aksie kan sien en interessante inligting kan bekom, selfs oor sake soos byeboerdery en die spesiale patats wat die LNR by Roodeplaat teel. Daar sal by die 200 uitstallings wees van al die tegnologie wat die boer se taak makliker kan maak, van snoeimasjiene tot werktuie, trekkers en voertuie. Wat diere betref, sal daar onder meer alpakkas, kamele, skape, bokke, perde, honde en beeste wees. Dorpsjapies wat die ekspo bywoon, sal kan sien hoe ’n koei gemelk word en selfs self hulle slag met die spene kan toets. Bien Donné se mense besef dat die boer ook ’n gesin het en wil graag die gesin ook by die Ekspo sien. Daarom word daar oorgenoeg vir die boerevou aangebied, soos praatjies en demonstrasies oor velsorg, grimering en juwele. Kookkunsdemonstrasies, veral met die oog op tydbesparing, sal aangebied word, sowel as modevertonings. Kinders kan pryse wen met ’n skattejag, op ’n groot verskeidenheid goeters ry en aan verskeie speletjies en wedstryde deelneem. Daar sal ook narre en towenaars wees om hulle verder te vermaak. Kinders is baie welkom by die Ekspo, wat hulle probeer aanmoedig om loopbane in die landbou te oorweeg. Die toegangsgeld is baie redelik, maar skoliere wat in georganiseerde groepe kom, stap gratis deur die hekke. Sorg vir die innerlike Al hierdie aktiwiteite kan ’n mens lekker honger maak, maar ook daarvoor word daar ruim voorsiening gemaak. Daar is ’n boerekombuis waar tradisionele boerebrood in verskillende geure gebak sal word en ’n swetterjoel eetplekke en eetgoedstalletjies vir elke smaak. En vir die dorstiges is daar gespesialiseerde koffiestalletjies en ’n biertent. Die organiseerders se mikpunt is om die Ekspo al hoe beter te maak. Uitstallers, boere en ander besoekers se menings word ingewin om die Bien Donnébelewenis immer nuttiger, interessanter en lekkerder te maak. Vir meer inligting oor die Bien Donnélandboubelewenis, praat met Marlize Snyman by 079-549-1792 of George van der Merwe by 082-466-5410 of e-pos info@arc-expo.co.za. Besoek ook www.arc-expo.co.za. 14 P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za Meganisasie Boerepatente Omnia se boerepatente: Boere wys hoe met puik planne lank te moet staan en wag was net nie aanvaarbaar nie. AJ se oplossing was om ’n menger te maak wat die mengtyd tot agt minute verkort en wat meng terwyl die spuit loop. Hy gooi bloot 500 kg kunsmis in die tenk, suig met sy pomp en pyp water uit die dam, laat hersirkuleer die water sodat drie plat pype in die tenk die inhoud deeglik in die rondte jaag en pomp die gefiltreerde mengsel teen ‘n tempo van 1 500 liter per minuut oor na sy spuit se tenk. AJ du Toit van Hanskraal, Protem, het rede om so ingenome te lyk: Met hierdie boerepatent, ’n kunsmismenger, het hy die eerste prys ter waarde van R3 000 losgeslaan. Die pomp word met ’n hidrouliese motor aangedryf en die menger word met ’n trekker gesleep. Jy kan nou met jou menger en mengsel tot by jou spuit ry vir hervullings. Hierdie gawe plan het vir AJ ’n koopbewys van R3 000 van Outdoor Warehouse in die sak gebring. V Jakkie le Roux van Kliprug, Bredasdorp, het die tweede prys, ’n koopbewys van R2 500, losgeslaan met sy oulike voerbakke vir skape. Alhoewel daar vanjaar min deelnemers was, was die gehalte hoog en al die projekte wat ingeskryf is, is nuttige bespaarders van geld en tyd. Dié praktiese voerbak bestaan uit ’n pypraam wat inmekaar skuif en ’n bak van 80% Alnet-skadunet. Die konstruksie kan skarnier sodat die bak selfs op ongelyke grond altyd met al vier pote stewig op die grond staan. (Miskien moet ons Jakkie vra om ook tafels vir Wimpy te ontwerp.) ernuf, skranderheid en skeppende denke kenmerk die boerepatente wat vanjaar as deel van Omnia se Boerepatentekompetisie by Megaweek in Bredasdorp gepryk het. Omnia is verbind tot die projek en gaan dit volgende jaar uitbrei na nog meer skoue, sê die organiseerder van die wedstryd, Marinus de Beer. Dié toonbeelde van boerevernuf gryp immers ook die algemene publiek se verbeelding aan en help om ’n gunstige beeld van die boer te vestig. Jakkie het ook ’n voermenger van ’n ou wynkaronderstel en ’n oopgesnyde ou dieseltenk gemaak, waarmee hy Hierdie goedkoop, maar stewige en doeltreffende skaapvoerbak het vir Jakkie le Roux van Kliprug, Bredasdorp, die tweede prys, ’n koopbewys van R2 500, in die sak gebring. Die 80% Alnet-skadunet hou die hele konstruksie bymekaar. Die voerbak is lig en maklik verskuifbaar, maar tog staan dit lekker vas op die grond. konsentrate by voer inmeng volgens resepte wat hy by Voermol kry. Die menger het hom, met verf en al, net R19 500 gekos. Die besparing teenoor klaargemengde voer het sy menger na net vyftien ton betaal. Vanjaar se wenner is AJ du Toit van die plaas, Hanskraal, by Protem, met sy vernuftige kunsmismenger wat sy spuitproses sowat vyftig persent doeltreffender maak. AJ gebruik ’n sleepspuit met ’n balk van 28 meter en sy probleem was dat die mengtyd tydens hervulling telkens meer as ’n halfuur geduur het. Soos elke boer weet, moet ’n mens die beste van gunstige toestande maak wanneer jy spuit, en om so 16 Die derde prys is ’n nuttige enjinaangedrewe spuit wat Pieter Fourie van Koringberg gebou het om sy olyfbome mee te bespuit. Vir dié taak was ’n rugsakspuit te effens en ’n nywerheidspuit te duur. Pieter het besluit om sy eie spuit presies tussen die twee te bou. Dis hierdie plat pype wat die water so aktief sirkuleer om 500 kg kunsmis binne agt minute te laat oplos om vir AJ du Toit ure tyd per dag te bespaar wanneer hy besig is om sy koring te bespuit. P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 Die meeste van die onderdele het hy maar daar op die werf gehad, maar die pomp het hom R1 700 uit die sak gejaag. Party van die spuitwww. p ro a gr i.c o .za Jakkie het hierdie punt van die voerbak se skadunet nie vasgeryg nie om te wys hoe hy die net sny om te pas sonder om ’n stukkie te vermors. Die pote se stutte skarnier in die oorlangse pype sodat die voerbak altyd stewig staan; selfs op ongelyke grond. Wanneer die net vasgeryg is, hou dit die hele konstruksie netjies bymekaar. stowwe vreet gewone metaal en daarom het hy ’n pomp van brons en vlekvry staal gekoop. Die spuit is geskik vir alle klein aanwendings en ’n mens kan selfs ’n spuitbalk aan hom monteer om brandpaaie mee te spuit. Hy loop lekker lig op sy drie motorfietswiele (nogal met heel sportiewe vellings) en een persoon sleep hom lag-lag aan sy hingsel. Boere regoor die land kan solank maar hulle sweismasjiene en hoekslypers aan die werk sit vir volgende jaar se boerepatentekompetisie, sê Marinus. Puik pryse kan gewen word. Daar is drie kategorieë waarin deelgeneem kan word, naamlik: A: Gemodifiseerde landboutoerusting B: Gereedskap en algemene toerusting C: Skoliere en studente Vir meer inligting oor Boerepatente, praat met Marinus de Beer by 083-655-0129. Besoek ook www.omnia.co.za. Attie Haasbroek van Omnia demonstreer hoe Pieter Fourie van Koringberg se petrolaangedrewe spuit vir klein aanwendings werk. Pieter gebruik die spuit in sy olyfboorde, maar dit kan vir enigiets, selfs brandbestryding, ingespan word. Jy kan ook ’n balk aan die spuit monteer om brandpaaie skoon te spuit. www. proagri .c o.z a Meganisasie Trekkers, trokke en werktuie Monicol is in die kol met puik werktuie lke jaar ’n wenseisoen. Dis hoe jou boerdery kan presteer as jy die skitterende produkte en dienste van Monicol Truck & Tractor deel van jou wenplan maak. E Die are van al Monicol se mense is vol boerderybloed en dit is vir hulle ’n plesier om altyd vir die boer die bekostigbaarste, betroubaarste en lonendste meganisasie-oplossing te bied. Kyk net: • Wees baas op jou plaas met Claas se onverbeterlike trekkers, stropers, snyers en baalmasjiene, rotsvas ondersteun deur Barloworld. • Nog ’n nuttige Barloworld-produk wat Monicol jou bied, is die gedugte, maar bekostigbare, SEM-laaigraaf waarmee jy hope geld kan bespaar deur jou eie ontbossing en grondverskuiwing te doen en selfs jou eie damme te bou. • Monicol bemark ook ’n volledige reeks nuttige werktuie van die gewilde Radium Engineering. • En om jou wenoes winsgewend weg te ry, kan jy by Monicol ’n betroubare Ashok Leyland-vragmotor aanskaf – volledig met ’n toegewyde naverkoopdiens soos met al Monicol se produkte. Monicol se verkoopskonsultant, André van Heerden, het nie net in die plaaslike landboubedryf ervaring nie, maar ook in Amerika, Engeland en Duitsland. Hy is immer gereed om die boer ’n bekostigbare meganisasieoplossing te bied. Gesels gerus met hom. Die wakker Maud Schoeman, dogter van Monicol se stigter, Nicol van der Walt, is in beheer van die onderdeleafdeling. Sy sorg dat daar altyd vir elke produk wat Monicol verkoop onderdele beskikbaar is sodat jou boerdery nooit hoef te staan en wag nie. Johan du Rand is in beheer van Monicol se herstelwinkel en daar is niks wat hy nie kan regmaak nie. Maak jou jaar ’n wenjaar. Praat met André van Heerden by 083-9978130 of Nicol van der Walt by 012-252-0548 vir die beste produkte en diens. Veeboerdery PinZ2yl Maar nou is die klub besig om meer wetenskaplike evaluasiemetodes in te stel. Een van die stappe in die rigting is die meestersgraadstudie van Pieter Visagie, wat handel oor die vergelyking van die PinZ2yl se produksievermoë teenoor verskeie ander rasse, waaronder die twee ouerrasse. Die studie geskied onder leiding van prof Eddie Webb en dr Estie Koster van Tukkies se Departement Vee- en Wildkunde. Die klub het ook ’n ontwikkelingsregister waarin diere na inspeksie deur ’n keurder aangeteken kan word. Keuringsvereistes sluit in rasegtheid, tipe, simmetrie, balans, melk en vleis. Diere moet kenmerkende eienskappe en geslagegtheid vertoon. PinZ2yl: Hier kom ’n ding! Met die teling van die PinZ2yl word daarna gestreef om die gehardheid, lae onderhoudsbehoefte en kenmerkende velpatroon van die Nguni te behou, maar die gesogte vleis- en melkproduksie-eienskappe van die Pinzgauer. ie beste van beide wêrelde – dit is wat die telers van die PinZ2yl kombineer om ’n opwindende nuwe ras te skep om ’n spesifieke rol in die wêreld van beesvleisproduksie te speel. D Die mikpunt is om ’n bees te teel wat lae onderhoud vereis, maar met baie goeie vleiseienskappe, sê Paul Bester, hoofbestuurder van ZZ2-boerdery se beesafdeling en een van die telers van die PinZ2yl. Dit moet ’n funksioneel doeltreffende dier wees met ’n medium raam en met genoeg melk om kalwers goed groot te maak. As die oudste Afrika-beesras, word die Nguni as moederlyn gebruik, en as oudste Europese ras, die Pinzgauer, as vaderlyn. Sanga se gehardheid en lae onderhoud; bos taurus se vleis en melk Die PinZ²yl Ras is alreeds as ’n nuwe Ras onder evaluasie deur die Registrateur van Veeverbetering aanvaar. Die huidige telers is Paul Bester 083-627-6899 Hardus Steenekamp 084-491-0220 Dr. Piet Prinsloo 084-799-5920 Jim Bredenkamp 083-679-7333 Dave Henderson 084-603-3098 Flip van Zyl 083-626-6364 Mitch van den Bos 082-553-2846 Wayne Poisson 071-607-7495 John van den Bos 082-897-8757. Hulle staan bekend as die PinZ2yl-klub, wat onder die beskerming en grondwet van die Pinzgauer-telersgenootskap staan. Tot op hede berus evaluasie op waarnemings deur kenners en voorlopige indrukke is baie gunstig. So is waargeneem dat die PinZ2yl ’n goeie bosluisweerstand bied en nie maklik siek word nie. Hulle hou ook hulle kondisie deur die winter, selfs sonder dat hulle lek kry. PinZ2yl-kalwers is stewig en gesond en groei vinnig. www. p roagri .c o.z a Bulle moet goeie algehele spierontwikkeling hê, veral oor die voorarm, die skouer, die oogspier en die agterkwart, sonder enige oortollige vet. Die teelballe moet goed ontwikkeld en eenvormig wees. Vroulike diere moet ’n vroulike voorkoms hê en die liggaamsprofiel moet wigvormig na voor wees. Hulle moenie oorbespierd of oormatig groot, swaar, klein of kompak wees nie. Daar mag op geen deel van die liggaam oormatige vetaanpakking wees nie. Die geslagsorgane moet goed ontwikkeld wees. Koeie moet goeie, volgevormde uiers hê en verse goeie speenontwikkeling. Dit is ook reeds duidelik dat die beeste in enige omgewing aanpas, dat hulle goed op die veld aard en dat hulle ’n lae onderhoudsbehoefte het. P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 Die koei moet in staat wees om ’n swaar kalf te speen wat aanvaarbaar is vir die voerkraal, maar dieselfde dier moet gesonde veldvleis kan produseer. Reproduksie, melkeienskappe en groei is belangrike teeldoelwitte. Prestasietoetsing word sterk aangemoedig en geen dier sal as F4 aangeteken word as daar nie teelwaardes beskikbaar is nie. Die PinZ2yl het steeds die Nguni se gesogte velpatroon, wat vir kommunale boere ook as onderskeidingsteken dien, sowel as sy aanpasbaarheid en lae onderhoudskoste, maar dit voeg waarde by ten opsigte van melk- en vleisproduksie. Hou die PinZ2yl dop, sê Paul Bester en sy medelede van die PinZ2yl-klub. Vir meer inligting, praat met Paul Bester by 083-627-6899 of Albert Nöffke by 083-446-1180 of Isaih Ramathwala by 073-337-8599 of e-pos grootboom@zz2.biz. 19 Products Clothing The Original Muck Boot season. Quite naturally our customer base has developed into a variety of lifestyle segments which include, but are not limited to, the categories of Farm & Ranch, Equestrian, Outdoor Sporting and Lawn & Garden. he Original Muck Boot range is now available at most well known co-op branches or agri suppliers throughout South Africa, ie Afgri, ECAC, Humansdorp Co-op, Overberg Agri, Suidwes Landbou, Tuinroete Agri and TWK. Other co-ops are also in the process of opening codes and getting in stock for the summer rainfall area. T The Original Muck Boot Company is a protective footwear brand which prides itself on building the most comfortable, high performance footwear on the market. The MUCK BOOT™ brand defines a standard of comfort and quality that goes beyond the expectations of customers around the country. The Original Muck Boot Company has established a strong and loyal customer base, which continues to grow with each 20 line the fastest growing in the waterproof market today. For more information, contact Sanet or Johannes at 021-557-0606, or visit our website www.fourlakes.co.za. Muck Boots are made of neoprene, the same material wet suites are made of, while the sole and foot parts are made of very durable and flexible rubber. In addition, the boots are equipped with 6 mm removable Nitracell liners, providing added support and comfort. Muck Boots are a lot lighter than regular waterproof footwear, and have added toe and achilles protection. The closed cell neoprene and rubber construction prevents smelly feet in summer, but also keeps feet warm in winter. An added bonus is a pull strap which assists in getting the boots on, and a kick bar for getting the boots off one’s feet. As you browse through our website, we are sure you will find the perfect boot or shoe you have been looking for and at the same time learn what makes The Original Muck Boot Company’s footwear P roA g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za Veeboerdery Vleisproduksie eer kilogram goeie, smaaklike rooivleis per kilogram voer. Dit is wat Hugenote die beesboer bied. M Fase C-toetse by Irene bewys oor en oor: Dié goue beeste se voeromsetverhouding is verstommend – so min as 5,04 kg voer vir elke kilogram gewig wat opgetel word. En daardie gewig is nie nuttelose vet nie – dis goeie, gesonde, smaaklike, eetbare rooivleis. Hugenote aard oral en sorg goed vir hulleself op die veld, maar as hulle voer kry, dan groei hulle teen verstommende tempo. Dis hoekom voerkrale elke Hugenoot wat hulle kan kry gretig opraap. Die Hugenoot is sorgvuldig geteel uit die Afrikaner en die Charolais. Sy 40% Afrikanerbloed sorg vir gehardheid, stapvermoë, kort, gladde, glansende hare, hoë gehalte rooivleis, maklike kalwing en goeie moederseienskappe. Die Charolais se bydrae is ’n groter konformasie, stewige gestel, uitmun- Dít is die klas Hugenote-bulle wat telers en kommersiële beesboere by Koperkop Hugenote kan bekom. En al lyk hulle so mooi, bly Koperkop se eerste oorweging om kommersiële produksiemikpunte te bereik: winsgewende vleisproduksie. Boer vir geld en genot met Hugenoot tende bespiering, snelle groei deur alle fases, gunstige voeromsetverhouding, hoë vrugbaarheid, hoë libido en aangename temperament. teeldoelwit is steeds ’n ekonomiese vleisbees wat funksioneel doeltreffend is met die maksimum eetbare en smaaklike rooivleis. Dit alles beteken dat jy met Hugenote winsgewend en volhoubaar kan boer – en boonop elke oomblik daarvan kan geniet! Suiwer Hugenote is lonend, maar hulle presteer ook uitstekend met kruisteeltproduksie. Maak nie saak met watter soort beeste jy boer nie, as jy jou vleisproduksie ekonomies wil opstoot, is ’n Hugenoot-bul jou antwoord. Janna Botha, ervare en gerekende kenner van beeste, het in 1980 begin Hugenote teel. Koperkop Hugenote se Goeie nuus is dat Koperkop Hugenote nou nog sterker geword het deurdat Janna nou in vennootskap gegaan het met ’n boer van Dendron, Henk van Rensburg. Die stoetbeeste is na Dendron verskuif waar hulle op harde hartwater, rooiwater en galsiekte bosveld loop. Verdere goeie nuus is dat kopers nou hulle bulle rustig op die plaas kan kom uitsoek en ook kundige raad kan kry oor presies watter bul die beste vir hulle behoeftes sal wees. Koperkop loop ook die pad saam met almal wat hulle bulle gebruik. Daarmee word immer meer ervaring opgedoen en prestasiegegewens versamel om steeds ’n beter diens ten opsigte van sowel genetika as kundigheid te kan lewer. Goue genetika – dis presies wat Koperkop Hugenote bied. Gentleman is ’n voorbeeld van ’n uitgegroeide Hugenoot-bul. Sy kalwers is so klein dat hy op verse gebruik word, maar na geboorte groei hulle vinnig en ekonomies om net sulke kolosse soos hy te word. www. p roagri .c o.z a P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 Vir meer inligting oor winsgewende, volhoubare vleisproduksie, praat met Janna Botha by 082-969-5236 of Henk van Rensburg by 082-345-1270 of e-pos koperkop@webmail.co.za en kom kyk self. 21 Veeboerdery Veevoer Brennco is die boer se voervennoot kan maak uit die produkte en raad wat Brennco hom bied nie, gaan hy nie sy rekening kan betaal nie en gaan hy nie ons produkte koop nie.” Daarom is dit Brennco se beleid om nie maar net bloot aan die minimum vereistes te voldoen nie – “Ons wil die beste diens en gehalte bied, wat die boer in staat stel om volhoubaar en winsgewend te boer. Dit verseker ook ons eie toekoms.” Spesialis-voedingkundiges word ingespan om die samestelling van elke soort voer te bepaal en boere se kennis en ervaring word ruimskoots benut om te verseker dat elke produk presies aan die behoeftes voldoen. Vir Minnei le Roux, hoofbestuurder van Brennco Voere, is gehalte en diens aan die boer nie onderhandelbaar nie. “As ons produkte en raad nie die boer help om wins te maak nie, sal hy nie sy rekening kan betaal nie.” restasie is die grondslag van suksesvolle veeboerdery en gesonde, gebalanseerde voeding speel ’n sleutelrol in diereprestasie. P Al hoe meer boere skakel oor na Brennco Voere se wetenskaplik saamgestelde en bewese produkte, want jy weet presies wat jy in elke Brennco-sak kan verwag. Brennco Voere se hoofbestuurder, Minnei le Roux, is ’n man wat daaraan glo om reguit sake te doen en reguit te praat. Hy erken: “As die boer nie geld Brennco is lid van AFMA (Animal Feeds Manufacturing Association) en al hulle produkte is behoorlik geregistreer. Gehalte is vir Brennco Voere ononderhandelbaar. Die fabriek, wat langer as dertig jaar as Louis Trichardt Rollermeule bekend gestaan het, en die afgelope tien jaar onder die Brennco Voere-vaandel staan, is tans in die finale fase van opgradering om nog beter produkte en diens te bied. Die aanlegte vir enkelmaag- en herkouervoer is apart en daar is geen kans dat daar dierlike proteïene in herkouervoer kan beland nie. Die enkele probleme wat met dienslewering ondervind is, is volkome uitgestryk en Brennco is besig om snel uit te brei. Albei aanlegte werk reeds twee skofte per dag. Produkte word in grootmaat sowel as in sakke gelewer. Dit kan op die plaas afgelewer word of die boer kan dit by die fabriek of depot kom oplaai. Brennco Voere is die boer se voervennoot. www. p roagri .c o.z a Al hoe meer boere oor ’n al hoe wyer gebied gebruik Brennco Voere se produkte. Minnei en sy span is besig om Brennco se verspreidingsgebied vinnig te vergroot met die oprigting van depots en die aanstel van verspreidingsagente op plekke soos Tzaneen en Potgietersrus. P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 Volledige reeks Brennco se voortreflike produkreeks sluit omtrent alles behalwe viskos in. Vir beeste is daar van lekke en bulrantsoene tot vetmesting en suiwelmeel en -korrels. Daar is ’n volledige reeks vir skape, volstruise, varke, perde, pluimvee, konyne, wild, honde, en selfs vir bosvarke, krokodille en tuinvoëltjies. Sommige van hierdie produkte is ook in supermarkte beskikbaar onder die Brennco-naam of as supermarkte se huishandelsmerke. Besoek gerus www.brennermills.co.za om die volledige produkreeks te bekyk. Minnei glo dat ’n verskaffer rats en buigsaam moet wees om aan die eise wat diereproduksie stel te voldoen. Elke kliënt het sy eie omstandighede en behoeftes en Brennco Voere gaan uit sy pad om presies die regte raad en produk te verskaf – selfs om ’n mengsel spesiaal vir ’n boer se behoefte saam te stel. Vir meer inligting, praat met Minnei le Roux by 015-516-0133 of 082-566-6900. Minimumvereistes is nie goed genoeg vir Brennco Voere nie. Soos sy ander produkte, is A-team-hondekos van die allerbeste gehalte. 23 24 P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za AgriTrader Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 60 00 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-arkels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekosgbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 051-446-0789 | 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Eurika Willcock (Bloemfontein) 051-446-0846 | 082-327-2393 eurika@agritrader.co.za Anelda Strauss (Pretoria) 012-362-2732 | 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Hein Slabbert (Pretoria) 012-362-2732 | 082-442-8607 hein@smartpublishing.co.za André de Beer (Pretoria) 078-161-1967 andre@smartpublishing.co.za tuli P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 25 Veilings nguni bonsmara www. p roagri .c o.z a Veilings 26 P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za Veilings dorper Genegids braford beefmaster boerbok dorper vleismerino landskaap dorper dorper 27 P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 www. p roagri .c o.z a limousin charolais brahman tuli dorper dormer nguni Genegids enegids AgriGids Anelda Strauss 28 P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 www. p ro a gr i.c o .za Agrigids Belê in Diamante Belê in Liefde 0861-GEMSTONE 0861-436786 Koop ’n gesertifiseerde geslypte Praus diamant voor 30 Oktober 2009 en kry 10% afslag. Vermeld net “ProAgri” by die aankoop van die diamant. Wen ’n diamant van R5 000! Stuur ‘n teksboodskap (SMS) en staan ’n kans om ’n diamant van R5 000, geskenk deur Praus, te wen! In watter gewigseenheid word diamante geweeg? Stuur jou antwoord, voor 30 Oktober 2009 per teksboodskap aan 34634. Teksboodskappe kos R2. Terme en voorwaardes beskikbaar by www.praus.co.za Navrae: Danie van Niekerk 078-695-0087, e-pos: danie@praus.co.za www.praus.co.za www. p roagri .c o.z a P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9 29 AgriGids Agri-Werktuie 30 P roA g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9 www. p roa gr i.c o .za
Similar documents
Crop-Tech
nie om ’n planter rondkloek met ’n ghriespomp nie. Maak seker dat die planter wat jy koop se daaglikse onderhoud eenvoudig is en nie te veel tyd in beslag neem wat aan plantwerk gewy kon word nie. ...
More information