CMR Aliwal
Transcription
CMR Aliwal
ALIWAL-NOORD Wanneer verdwyn U trou o Heer? En U sorg? Ken U, U skatkamers leeg? Kan U aanraking kwyn? Ek wil jubel tot U eer! JAARVERSLAG U Naam is wyd bekend, U trou so bekend. Ek wil jubel in die more en ek wil jubel in die aand! U sorg vir die CMR, is te wyd en te diep om te begrens….. Dankie Vader vir U trou wat nooit kwyn, U liefde wat nooit kan verdwyn! U skenk U alles aan ons in oorvloed! 1 April 2009- 31 Maart 2010 CHRISTELIKE MAATSKAPLIKE RAAD Die Wonderlike belewing van God se goedheid binne die CMR! Dit is soos ’n geloofsbelydenis dat die Here se tere aanraking, elkeen se hart aanraak. Dat die Trooster ons kliënte styfvas hou…Hy is ons Helper…en dan raak God se goedheid en geduld ook nie op met ons nie. Die Here het ryklik en mildelik voorsien in elkeen se nood: Emosioneel, fisies, liggaamlik en geestelik! En daarom wil ek jubel en bely: Sonder God sou die CMR vir die afgelope 48 jaar nie kon bestaan nie!! CMR Groete Lindi Roberts CMR Posbus 176, Aliwal-Noord, 9750~ Tel nr: 051-6332658 ~Faks 086 567 4913~Epos: cmralinoord@lantic.net Bank besonderhede: CMR ABSA Bank: 1750 23 0020 Takkode: 334-120 Lees Binne Bestuur Finansiële bestuur Programme MIV/Vigs Gesinsverryking Bladsy 3 4 5 6 7 Statutêre Werk 16 Fondsinsameling 17 Vriende van die CMR 18 Voorsittersbrief – Ds AC van der Westhuizen Die jaarverslag waarmee jy nou in die hand staan, is eintlik maar net soos 'n foto. 'n Foto vang iets vir 'n spesifieke oomblik vas en as daardie oomblik verby is, dan kan 'n mens al weer 'n foto neem, want die toneel het verander. So verander die toneel van die CMR se werk daagliks – nuwe kliënte word aangemeld, party lêers word gesluit, iemand anders kom klop aan vir hulp … nog 'n donasie word ontvang, iemand kom bied hulp aan … Al verander die toneel so dikwels, is daar tog ook iets wat elke dag dieselfde bly: Die liefde en deernis waarmee elke persoon wat kom aanklop ontvang en bedien word. Dit kan ou bekende gesigte van kliënte oor jare wees. Dit kan vreemde gesigte wees wat dalk maar een keer kom aanklop. Dit kan die werkers wees wat eiers kom aflewer … of as die winterkoue toeslaan, kom koop mense van die gebruikte klere uit die klerebank. Lindi, Janet en Margaret – julle drie is vir baie mense in ons groter gemeenskap die gesig van ware omgee, liefde en aanvaarding. En julle kan dit net wees omdat julle toelaat dat die Here wat ons roep om diensbaar te wees, julle elke dag verander en slyp en gebruik tot SY eer. In die afgelope jaar was daar baie hande en harte uit die gemeenskap wat die werk van die CMR makliker gemaak het. Ons het klein en groot donasies ontvang, kos, klere, veilige blyplek, mense het kom help aanry en wegry, truie is gebrei, funksies gereël, pakkies opgemaak en ure spandeer om liefdesdiens te verrig. Die gemeenskap is die grootste vennoot in die werk van die CMR en dra sowat 60% van die finansiële las. Baie dankie vir elke oomblik van omgee, vir elke tasbare bydrae en vir elke gebed waarmee die werk van die CMR gedra word. As CM-Raad kan ons nooit ons volle waardering aan die gemeenskap betoon vir julle onbaatsugtige ondersteuning nie – ontvang ons opregte dank. "As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak." Ps 127:1 en 2 As Raad en personeel kan ons maar net weer bely dat ons elke oomblik van elke dag van die Here afhanklik is en bly – Hy voorsien die middele én die liefde waarmee ons as CMR die taak in die gemeenskap kan aanpak. Hy bou die huis … Hy beskerm die stad… en ons staan maar net in verwondering en kyk na die groot dade van die Here wat getrou bly sorg. En so kan ons tot seën wees vir hierdie wêreld wat Sy liefde en deernis so nodig het. Ds Arnold vd Westhuizen (Voorsitter) CMR Bestuur Diee Bestuur van die CMR lewer ’n effektiewe en doelgerigte diens. Die boustene van die CMR Aliwal-Noord is: Baie dankie Juf Erasmus vir die volgehoue uitstekende werk wat u vir die CMR’e verrig. CMR Bestuur Direkteur: Me C Erasmus Programbestuurder: Me I Ferreira 8 Bestuurslede Die programbestuurder is Me. Ferreira. Me. Ferreira is verantwoordelik vir supervisie, kanalisering van hofverslae, personeelopleiding en emosionele ondersteuning. Personeel Me L Roberts Me J Peyper Me M Morabe The CMR Aliwal North is a welfare organization in Aliwal North affiliated to the CMR Eastern Cape and Dutch Reformed Church. We are part of 11 CMR organizations in the Eastern Cape. We share one vision and use the same administrative system. The Director of CMR Eastern Cape is Ms Corné Erasmus. Ons bedank u nie genoeg vir die uitstekende professionele en omgee-diens wat u aan ons kantoor verskaf nie. Dankie vir u geduld en leiding dwarsdeur die jaar! Vier bestuursvergaderings is in die afgelope jaar gehou. Die bestuur bepaal beleid en hou toesig oor die begroting. Tydens die jaarvergadering word ’n oorsig van die jaar se dienste gegee. Bestuurslid Diens-area Ds AC Van der Westhuizen Voorsitter Ds MP Fourie Onder-Voorsitter Me. Nel Fondsinsameling Me. Rheeder Fondsinsameling Me. van Pletzen Me. Fourie Me. Peyper Me. Roberts “Joy can only be real if people look upon their life as a service, and have a definite object in life outside themselves and their personal happiness” Leo Tolstoy Adres Telefoon nr E-pos 051-6332777 acvdw@lantic.net 051-6332117 mpfourie@lantic.net 082 3244 271 - Aliwal-Noord - - Dienste Jamestown - Fondsinsameling Aliwal-Noord 051-6333209 - Administratiewe Assistent Maatskaplike werker Smithstraat 52 Aliwal-Noord Smithstraat 52 Aliwal-Noord 051-6332658 cmralinoord@lantic.net 051-6332658 cmralinoord@lantic.net Smith Straat 53A, Aliwal-Noord Louis Bothalaan 9 Aliwal-Noord Van der Stelstr Aliwal-Noord Finansiële bestuur Die CMR is ’n geregistreerde Nie-Winsgewende Organisasie (NPO 003-641). ’n Vennootskap bestaan tussen die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en die CMR om bepaalde maatskaplike dienste te lewer. ’n Staatsubsidie word toegeken. Die subsidie is ’n groot bron van inkomste (41%). Die res van die inkomste (59%) word deur die CMR gegenereer word. Die inkomste word verkry deur gemeente-, gemeenskapsbydrae en fondsinsameling. Dit is ’n groot uitdaging om dienste te bemark! Inkomste verspreiding Administrasie Dept 13% Subsidie 41% Me Janet Peyper is verantwoordelik vir die adminstratiewe en finansiële diens van die kantoor. Baie dankie vir die diens wat jy lewer! CMR inkomste vs Subsidie Ander 59% Fondsinsameling 2% Donateurs 30% Gemeentes 14% Staatsubsidie 41% Die fondse wat verkry word, word aangewend vir die drie oorhoofse programme, ingesluit administrasie-koste ten einde die uitvoering van die diens. Dit sluit in salarisse, brandstof, kantoor akkommodasie, telefone, skryfbehoeftes, ens. Indien die donasie spesifiek geallokeer word vir ’n behoefte soos vir “adopt a family”, Kerspakkieprojek of ’n HIV program, word dit uitsluitlik vir die daardie doel aangewend. The CMR’s audit is done annually by Theron and Du Plessis Chartered Accountants (SA). The contact number is 051-6338000. They can confirm the transparency of our organization. "Adopt a family" - fonds verspreiding Brood en Kerspakkieprojek 40% Kos 3% melk projek 11% Koshuisbehuising 41% Sport 1% Medikasie 3% Klere 1% CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 Die CMR probeer om ’n holistiese diens te lewer aan ons kliënte. Elkeen van die “Adopt a family” projekte word in meer detail beskryf onder op bladsy 8. Hierdie fondse word deur die donateurs aan die CMR gegee, spesifiek geallokeer tot ’n doel. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. –Nelson Mandela- 4 Programme VISIE Die CMR fokus om effektiewe, doelgerigte en ondersteunende dienste aan gesinne en individue te lewer, sodat hulle die beskerming kan geniet en indien moontlik hulle lewensgehalte kan verbeter! The work of the CMR is divided into three programs: DIE CMR VERRYK GESINSLEWE DEUR DIE LIEFDE VAN CHRISTUS IN AKSIE TE WEES The programs are presented in the following working areas: HIV and Aids / MIV en Vigs Family Enrichment / Gesinsverryking Statutory work / Statutêre werk Aliwal North: Town, Phola Park and in the farms district. Lady Grey: Town area Jamestown: Town area A working agreement exists between The Department of Social Development, Child and Family Welfare, CMR and Badisa. This prevents the duplication of services. Home visits were done in Jamestown and Lady Grey because no available office accommodation exists. The services are rendered in respect of individuals, groups and communities in the working areas mentioned. PERSONE BEREIK Daar is aan 2546 individue ’n diens gelewer. Die boekjaar is geopen met 96 aktiewe lêers. Die CMR lewer intensiewe gevallewerk aan die kliënte vir wie ons ’n leer open. Dienste val in een van die drie programme: HIV, gesinsverryking of Statutêre werk. 495 persone is bereik deur groep-, gemeenskapswerk en bemarking. In die onderstaande tabel word ’n uiteensetting gegee van die persone wat bereik is in die verskillende programme word. 26 nuwe lêers is geopen en 25 lêers is deur die jaar gesluit. Distribution of persons in three main programs 1000 800 600 400 200 0 Children Women Men Elderly 4 79 3 2 Family preservation 627 862 262 147 Statutory Service 122 328 95 15 Aids Persons reached vs time spent in the program 80% 60% 40% 20% 0% Aids Family Preservation Statutory Service Time 1% 51% 48% Persons reached 3% 75% 22% CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 5 Personeel bestuur Die jaar is verskeie kursusse bygewoon sodat ’n beter diens in die programme gelewer kan word: Stanley Lindquist Selfversorgingskursus – aangebied deur Me. Ria Egelhoff Volwasse spelterapie kursus – aangebied deur Dr Rinda Blom Keirsey persoonlikheidsvoorkeure – aangebied deur Me. Antoinette Struwig Trauma- berading – aangebied deur “Other people may be there to help us, teach us, guide us along our path, but the lesson to be learned is always ours” “God allows us to experience the low points of life in order to teach us lessons we could not learn in any other way. The way we learn those lessons is not to deny the feelings but to find the meanings underlying them.” Me. Isa Ferreira Children’s Act 38 of 2005 – aangebied deur Me. Isa Ferreira MIV/Vigs I think the biggest disease this world suffers from is people feeling unloved – Princess Di Our HIV program includes a range of services to support community based care and give assistance to people living with HIV/Aids. Particular attention has been given to orphans and children living with and affected by HIV/Aids. Twee pleegkinders se immuniteit is reeds baie swak. Veral gedurende die wintertye beleef hulle meer fisiese terugslae. Die CMR bied ook materiële hulp aan pasiënte met CD4 tellings wat te hoog is om te kwalifiseer vir ongeskiktheidspensioen, maar vir tydperke te siek is om te werk. 16 MIV pasiënte het voedsel en komberse ontvang. Een kind (4jr) en haar ma het berading ontvang ten opsigte van MIV-toetsing. Die toets was noodsaaklik omdat sy verkrag was deur haar stiefvader wat HIV positief is. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 “Living Waters Home Based Care Centre” 70 Vrywilligers, waarvan 12 werksaam is in Phola Park, is verbonde aan die “Living Waters Home Based Care Centre”. Die maatskaplike werker was vir twee maande lan weekliks betrokke om emosionele ondersteuening aan hierdie vrywilligers te bied. Die ondersteuning het in groepwerkverband plaasgevind. Die fokus van die diens was: Emosionele ondersteuning Voedselvoorsiening vir pasiënte in Phola Park Tuisbesoeke saam met vrywilligers Dit was geweldig positief om in te skakel by Living Waters. Die vrywilligers het ’n geweldige behoefte aan leiding, emosionele en finansiële ondersteuning. Die vrywilligers ken hulle pasiënte en die nood by die gesinne. Hulle werk daagliks met hulle. So kon oorvleueling van dienste voorkom word. 6 Gesinsverryking Gesinsverryking is CMR Aliwal-Noord se primêre program. Die fokus val op voorkomende dienste wat aan gesinne gelewer word, ten einde: gesinne op te bou en te versterk probleemoplossing vaardighede te bied ouerskapsvaardighede om kinders met spesiale behoeftes se welstand en veiligheid te verseker. voorkoming van kinderverwaarlosing en mishandeling gesonde huislike omgewing te skep, wat voorkom dat kinders verwyder word. Die noodsaaklikheid van voorkomende dienste word beklemtoon in die Kinderwet 38 van 2005. Dit is nou wetgewing en vir die eerste keer ingesluit in die nuwe wet. Die program, Gesinsverryking, is opgedeel in ’n reeks dienste wat aan kinders, mans, vrouens, ouers en bejaardes gelewer word! Die dienste word deur gevallewerk, groepwerk of gemeenskapswerk gelewer. Donateurs, gemeenskapslede, NG Kerke in Aliwal-Noord en Jamestown, Gereformeerde Kerk en besighede dra by tot die projekte! Sonder elkeen se bydrae sou die materiële projekte nie kon slaag nie. Gesinsverryking: Kliënte samestelling 862 627 262 147 Kinders Vrouens Mans Dit beteken dat elkeen wat ’n bydrae finansieel of materieël gemaak het, help voorkom het dat ’n kind verwyder word uit die sorg van ouers! Bejaardes Noodhulp selfs ons kliënte gehad. Die volle effek van die ressessie is nog nie uitgewerk nie, omdat die gesinne hulle laaste reserwes gebruik het op noodsaaklikhede. Die vraag en behoefte aan kospakkies vir gesinne in nood, het verdubbel. Noodhulp is die mees basiese diens wat die CMR in samewerking met die gemeenskap en borge aan gesinne lewer. Die resessie het ‘n groot impak op 600 487 500 400 Noodhulp: persone bereik 380 305 300 151 200 73 100 2008-2009 137 138 50 2009-2010 0 Kinders Vrouens Mans CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 Bejaardes 7 Gesinsverryking Besighede se betrokkenheid by noodhulp “Adopt a family and learner” In die begin van die jaar is 8 tasse en kleuterskooltasse ingesamel vir die kliënte se kinders. Hulle het ook basiese skoolbenodighede ontvang. Aliwal Drukkers het ’n tas geborg. Me. Cindy Shaw-Nell het aan elkeen ‘n potloodsakkie en boeksakkie met hulle naam op gegee. Dit was ’n baie persoonlike geskenk. Die “Men’s Fellow” omgeegroep borg ’n kind om in die koshuis in te woon, verder help hulle ook finansieel met voedselpakkies. Koshuisinwoning is die eerste stap om ‘n kind in die omgewing en naby sy ouers te hou, eerder as om drasties op te tree soos die verwydering na ’n kinderhuis of pleegouers. Verder gee Me. Sonja en Bianka Stander kwartaalliks ’n kospakkie vir ’n spesifieke gesin. ’n Anonieme donateur skenk ook vir ’n skooldogter toiletware. Bokomo Bokomo skenk kwartaalliks vir die CMR mieliemeel, koekmeel en stampmielies. Die skenking help dat basiese voedsel beskikbaar is om aan behoeftiges te kan gee. Dunns Dunns het klere en skoene aan die CMR geskenk. Groente projek Vars groente is ook ’n groot voorreg: Mnr Koos Snyman het mielies geskenk en Mnr Johan Van der Westhuizen aartappels! CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 Handgebreide truie Me. Drieka Van Zyl brei truie vir die kinders. Elke trui is uniek, anders en besonders. Vele kinders is nou warm geklee. Helpmekaar Eiers Helpmekaar eiers skenk weekliks vir die CMR 30 dosyn eiers. Melk Vars melk is geskenk deur Me. Jeanette Pretorius. Omgee en uitreikbediening 41 Komberse is deur die NG Kerk-lidmate ingesamel. Die bemarking is deur die Omgee en Uitreikbediening gedoen. Wiehan en Karien Jansen van Rensburg het komberse geskenk. Me. Lin Stapelberg het ’n warmwatersak projek begin. 33 Warmwatersakke kon uitgedeel word. Protea Kafee Mnr Coetzee skenk daagliks ’n brood en pasteie deur die maand. Tans ontvang 12 huisgesinne 1 brood en 2l melk op ‘n Maandag en Vrydag. Groter gesinne mag ook op ’n Woensdag brood gaan haal. Spesifieke vrywilligers vereffen die rekening. Die gesinne is self verantwoordelik om die hulle produkte te gaan haal. Donateurs: Adéle van der Walt Mnr Andre Swanepoel Me. Johanna Stockers Me. Marie Olivier Johannes en Adéle Bekker Me. Onda Nepgen Riaan en Driekie Rankin 8 Gesinsverryking Pick en Pay Me. Karen Prinsloo van Pick ‘n Pay is verantwoordelik vir die babaklere-projek. Sy plaas weekliks ‘n advertensie in die Aliwal Weekblad om persone te vra vir klere. Dit werk baie goed, omdat Pick ’n Pay sentraal geleë is binne die besigheidssektor en maklik is om by af te laai. Pick en Pay Slaghuis Mnr en Mev Johan en Elsa Geldenhuys en Lucas Geldenhuys skenk vleis vir ons kliënte. Dit is ’n groot voorreg, omdat vleis vandag as ’n luukse ervaar word. Die posduifklub het in die afgelope boekjaar R4 000 aan die CMR geskenk! Projek Rhodé Projek Rhodé –die bedieningsgroep aan ons huiswerkers- het komberse en sop vir die CMR uit die bydraes van die huiswerkers gekoop. Dit is ’n ongelooflike voorreg wanneer iemand ’n skenking maak deurdat hulle bemagtig is om uit hulle “armoede” in oorvloed te skenk. Sop projek Die sopprojek onder leiding van Me. Rhona Van der Merwe, strek van Mei tot September. Sy koördineer die gemeente om weekliks gevriesde sop in houers te bring. Umtali Motel Wanneer die Umtali konferensies huisves, bly daar partykeer voedsel oor. Die orige voedsel bring hulle vir die CMR sodat ons dit kan uitdeel! Y-Fashions Me. Yvonne Pieterse het van die klere in haar winkel aan die CMR geskenk. Voorbereide voedsel Mevv Nellien Nel en Magda Oosthuizen bring gaar gemaakte voedsel wat net opgewarm en bedien kan word. Dit is maklik vir boemelaars en persone wat met kinders bedel, sodat hulle nie die kos vir drankgeld kan verkoop nie. Me. Elize Senekal lewer twee weekliks by ’n oom en tannie met Alzheimzer voedsel af. Sy skenk ook sojavleis om uit te deel. Kerspakkieprojek Die kerspakkie projek wys vir ons die heel duidelikste hoe die Here met ons saamloop. Tydens die projek sien ons, hoe Hy, Sy SëEN oor ons uitstort en geniet ons Sy liefde in oorvloed. Die gemeenskap, Gereformeerde Kerk, NG Kerk Jamestown en Aliwal-Noord, ALMAL dra by tot hierdie projek. Bokomo skenk pasta, suiker, rys en meel. Groentepakkies is deur die Gereformeerde Kerk geborg. Jannie en Annalize de Villiers, Pick ‘n Pay Slaghuis, Mnr Pierre & Me. Rentia Botha, Mnr en Mev Van der Westhuizen, het vleis geborg. Gariep Makelaars het vir twee gesinne volledige kospakkies aangekoop. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 9 Gesinsverryking - Gevallewerk Die vrouediens van die NG Kerk het ’n uitnodiging aan Bybelstudie groepe gerig om ook verantwoordelikheid vir ’n pakkie te aanvaar. Pick ’n Pay het toegelaat dat die voedsel by hulle op grootmaat aangekoop kon word. Deur die jaar het die betrokke besigheid ons ook baie gehelp. Dit is lekker om te kon terug ploeg. 38 gemeenskapslede het fondse gegee vir die aankope van voedsel. Mnr en Me. Sakkie van der Merwe het vir elke kind en bejaarde ’n geskenk gegee. Die boekjaar het 83 gesinne voedselpakkies ontvang. Mnr Piet Odendaal het ons weereens gehelp om die voedselpakkies in Aliwal-Noord af te lewer. Van die begunstigdes wat eie vervoer het, het self hulle pakkies kom haal. Jamestown se 6 pakkies is deur Mnr Jannie en Mev Antoinette van Pletzen afgelewer. Pieter Roberts het gehelp met Lady Grey se drie aflewerings. Baie dankie vir u ongelooflike bydrae. Dit was tot seën vir baie mense. SPELTERAPIE "There's a place inside your body that knows the answer. Just go inside and see what you can find." ~ Violet Oaklander ~ Deur die boekjaar is 111 spelterapie-sessies met kinders gehou. Elke kind is uniek en hanteer sy eie belewenis van ’n situasie; bang vir die donker, aanranding of verkragting. Vir elke kind is die situasie redelik ernstig. Selfmoord, verkragting, aborsie, kinders wie se ouers geskei is, kinders wat sukkel om emosioneel aan te pas, selfbeeldontwikkeling was van die aspekte wat die jaar aangespreek was. Spelterapie fokus op: Wat maak ek as ek bang is? Hoe hanteer ek die donker kas, waarin ek wegkruip as my pa my ma slaan? Hoe sê ek nee vir die oom, wat alewig wil hê ek moet saam ry…hy los my nie uit nie? HIERDIE JAAR IS VERAL GEFOKUS OP HOE HANTEER EK BAIE, BAIE SLEGTE SITUASIES!! Leer ’n kind om te bid en asem te haal in die kas…dalk te sing…om vir hom ’n veilige spasie in die kas te gee. Ons is so besig om die “situasie” op te los, dat ons vergeet dit is en bly ’n realiteit dat situasies sleg is en kinders klein is, watter hulpmiddels gee ek hulle om die slegte situasie te hanteer. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 10 Gesinsverryking - Gevallewerk Baie groot seerkry- woorde van kinders in spelterapie Ek is weer gelukkig..my pa slaan nie meer my ma nie… hy gooi ook nie meer die koppies in die huis rond nie (12jr). Wat maak jy as jou pa so kwaai is….ek kruip in die kas weg…ek is ook bang daar is nie kos in die huis nie (7jr). My huisie kan warm wees…maar ook winter hê…(’n -7jarige beskryf sy huislike omstandighede) Soms is ek ook kwaad en soms lag ek….my vyeboom is besig om dood te gaan.. Ek het twee huisies…ek kan altyd na die ander een gaan as ek bang is. My ma drink…haar boyfriend slaan haar….(12jr) Seksuele misdryf Hy druk my kop in die kas….hy doen dit van agteraf…(verstandelik beperk- funksioneer op 3jr vlak) Oupa se klere is ook by myne in die kas…as ek wakker word is my broekie af…ek huil en sê vir oupa moenie…Ek vertel vir almal…niemand luister nie. (6jr) In die afgelope boekjaar is 8 kinders tussen die ouderdom 4-12jaar binne die bedieningsarea verkrag. Verder word verslae geskryf om aansoek te doen vir ’n tussenganger, sodat die kind in ’n nie-bedreigende omgewing kan getuig. Gedurende die jaar is die maatskaplike werker ook 6 keer gevra om op te tree as tussenganger. Elke keer het die beskuldigde egter skuld erken voordat dit nodig was vir die kind om te getuig. Deur die loop van die jaar was daar ook 6 volwasse vroue wat gereed was vir berading omdat hulle nou bereid is om hulle kindermolestering te begin hanteer. ’n Poppekas is gehou by Kekkelbekkies Dagsorg om die kinders te leer dat jou lyfie jou eie een is. Gesinsgeweld Die ma word wakker, die pa is weer in die dogter se bed..sy is verstandelik gestremd…sy keer hom…wat maak jy….jy kan mos sien wat maak ek! Hy wys hulle die byl onder die matras en sê as iemand praat sal ek almal dood maak. Die ma jaag hom..hy slaan ’n gat in die deur… My man skiet op my…ek weet nie waar is my kind….ek is bang.. 9 Gesinne is geraak deur die harde realiteit van gesinsgeweld. Vroue is vasgevang in ’n emosionele spel, wat hanteer moet word, maar die een party is reeds emosioneel, finansieel en geestelik afgebreek. Om uit die sirkel van geweld te breek is baie moeilik. Tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Gesinsgeweld is daar met 38 vroue gepraat oor gesinsgeweld. Wat kan jy doen en waar kan jy aanklop vir hulp? You are never too old to set another goal or to dream a new dream. C.S. Lewis CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 11 Gesinsverryking - Gevallewerk Alkohol en Dwelmgebruik Ek rook mandrax en dagga, elke dag….dit laat my sò goed voel! 15jr Dwelmgebruik het ernstige afmetings geneem in Aliwal-Noord. Mandrax, dagga en tik is van die middels wat tieners begin gebruik het. Die grootste behoeftes wat uitkom by die kinders is: Waar hoort ek? Wees lief vir my! Dwelms takel die persoon emosioneel, fisies, finansieel en geestelik af dit kring uit na die familie en raak ook die gemeenskap. Kinders, begin inbreek om goedere te steel om te kan verkoop om dwelms te bekostig. Drankmisbruik onder mans sowel as vrouens is ’n ernstige probleem. Insig is nodig vir ’n persoon om te erken dat hy of sy ’n probleem het. Twee persone was bereid om gestuur te word vir rehabilitasie. Kinderverwaarlosing Die baba is net 4 maande oud…die ma (16 jaar) los hom heelnag alleen in haar toegesluite “shack” …sy het gaan drink…die bure het die volgende dag die SAPD gebel en gesê van die baba wat nog alleen is…toegesluit en onbereikbaar…. Kinderverwaarlosing het groot afmetings aangeneem in die boekjaar. 33 Gevalle van verwaarlosing is aangemeld. Ouerskapsgroep Een ouerskapsgroep is gehou. Me. Magda Oosthuizen was die spreker. Ouers het ’n ongelooflike groot behoefte om te praat. Tienerswangerskappe Vyf skoolkinders het berading ontvang rakende die keuses wat hulle het tydens hulle swangerskap…Twee was bereid om hulle baba te hou…en skool klaar te maak…dit is ’n geweldig eis…maar tog kry hulle dit baie goed reg met die ondersteuning van hulle ouers of voogde. 2 Meisies het berading ontvang nadat hulle aborsies ondergaan het….Een het eers hulp begin soek, nadat haar selfmoordpoging misluk het. EGSKEIDING – Die end van verhoudings…. Rock-a-bye baby, in the treetop, When the wind blows, the cradle will rock, When the bough breaks, the cradle will fall, And down will come baby, cradle and all. So beskryf Mev Anne-Cawood egskeiding aan die hand van die Engelse wiegeliedjie… CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 12 Gesinsverryking - Gevallewerk Die CMR speel baie rolle tydens die egskeidingsproses: Spelterapie vir kinders Egskeidingsberading vir ouers Die opstel van ’n ouerplan Vakansietoesig Die rolle word dikwels gespeel bloot omdat albei ouers besorg is oor hulle kinders en besef dat hulle die skeiding op die mins moontlike traumatiese manier wil doen…of dan omdat ouers mekaar so bykom en tenakom…dat die kinders sonder ondersteuning ongelooflik seerkry deur ’n toutrekkery. Regte en verantwoordelikhede van buite-egtelike vaders Die Kinderwet (Wet 38 van 2005) maak voorsiening dat die buite-egtelike vader ouerskapsregte en verantwoordelikhede (parental responsibilities en rights) kan verwerf! Twee vaders is deur die boekjaar gehelp. Wat is nodig vir die pa volgens Art 21 van die Kinderwet? Hy moet erken dat hy die pa is Hy moet kan bewys dat hy saam met die ma geleef het in ’n permanente lewensverhouding Hy moet “damages” betaal aan die tradisionele familie Hy moet in goeie geloof vir ’n redelike tydperk ’n bydrae gelewer het tot die kind se versorging. Skisofrenie In all chaos there is a cosmos, in all disorder a secret order – Carl Jung ’n Ondersteuningsgroep vir familielede rakende skisofrenie is gehou. Keirsey Persoonlikheidsanalise Antoinette Struwig het ons toegerus om die Keirsey Persoonlikheidsanalise te doen. Wat is my voorkeur manier van optrede: Waar kry ek my energie? Mense of stilte Hoe verstaan ek feite? Intuïtief of deur my sintuie (wat ek sien, hoor, voel of ruik) Hoe neem ek dinge waar? Intellektueel/konkreet of Emosioneel/abstrak Hoe reageer ek op wat ek waarneem? Werk voor plesier (proses -geöriënteerd) of uitslag georieënteerd .. Plesier saam met werk… Die persoonlikheidsanalise word aangewend in huweliksberading, ouer/kind verhoudings, ouerskapsvaardighede en pleegsorgkeurings. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 13 Gesinsverryking - Gevallewerk Huweliksverryking Vyf egpare het ingeskakel vir Huweliksverryking. Die fokus het geval op wat is liefde? My kinderjare en die effek wat dit het op my huwelik. Kommunikasie Konflikhantering Spesiale tyd vir mekaar Hoe hanteer ek spanning Ken mekaar se voorkeur van doen – volgens die Keirsey Persoonlikheidsanalise I am no one special; just a common man with common thoughts, and I've led a common life. There are no monuments dedicated to me and my name will soon be forgotten. But in one respect I have succeeded as gloriously as anyone who's ever lived: I've loved another with all my heart and soul; and to me, this has always been enough.~ The notebook Verstandelike beperking Op die Nasionale dag vir gestremdheid is daar koek en geskenke (potloodsakkies en skryfbehoeftes) aan Vukuzenzile Disabled Day Care Centre geneem. Die kinders tussen die ouderdom 3 en 21 jaar het die pakkies geweldig geniet. Boswell Sirkus The circus comes to town!!! En toe skenk hulle vir die CMR 50 gratis kaartjies…Hoërskool AliwalNoord het hulle skoolbus beskikbaar gestel, waarmee die kinders in die onderskeie streke opgelaai en terug besorg is. Margaret Morabe wat saam gegaan het as toesighouer het vir die eerste keer ‘n olifant gesien…en kon nie glo hoe groot hy was nie…en die slang….vir ‘n bygelowige tradisionele geslag was dit skokkend… Die akrobate het ook die kinders na hul asems laat snak… Baie dankie ook vir Me. Corrie Nel wat ook opgetree het as toesighouer! Life is not the way it’s supposed to be. It’s the way it is. The way you deal with it is what makes the difference. Virginia Satir CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 14 Gesinsverryking – Phola Park Phola Park: ‘n Arm nedersetting, tog ryk aan geborgenheid!! Phola Park is ‘n informele nedersetting waar ongeveer 300 huisgesinne woon. Twee tot drie geslagte woon in een “shack” wat hulself gebou het. Die area is nie ‘n geskikte woongebied nie, omdat dit geleë in die die treinafval- en stormwatersloot. Die sinkstrukture word self opgerig Geen huur of munisipale dienste word betaal nie. Geen krag, water of sanitêre geriewe in n huisie nie. Sommige inwoners loop ‘n kilometer om water te gaan haal, by die enigste kraan wat aan 300 huisgesinne water voorsien. Die ablusieblok is onveilig en bied geen beskerming, sekuriteit of lig nie: dit is drie toilette met ‘n afskorting. Een spreilig dek 1km2. Die afgelope boekjaar het die munisipaliteit die huise hernommer, aangesien Munisipale behuising nou vir inwoners van Phola Park beskikbaar gestel word in ander woongebiede. Die voor- en nadele vir ‘n gesin in Phola Park om te skuif na ‘n woonhuis Voordele Nadele ‘n Warm huis en erf Betaal huur en munisipale dienste ‘n Huis wat kan sluit. Kan dikwels nie krag bekostig nie Water in die huis. Verloor jarelange bure en ‘n ‘n Toilet of buite-toilet gemeenskapskultuur Ruimte en lig Die gebied wat ontwikkel word is ongeveer 8-10 km uit die dorp. Hulle moet of ver loop of van vervoerdienste Party keer weeg die finansiële nadeel so swaar op (wat duur is) gebruik maak. dat hulle nie hulle plek in Phola Park opgee nie. Sodoende verhuur hulle, hulle huis in Distrik 13 om die finansiële las te verlig. Snaakse “goed” in Phola Park ‘n Splinternuwe BMW, veilig getrek onder ‘n netjies geboude afdak. ’n DSTV skottel ’n Boerdery Kerspakkieprojek Hierdie jaar het ons die kerspakkies uitgedeel in die kerkgebou van die VGK Khanyeng, digby Phola Park. Die eerste 200 kinders wat die gebou inkom, kan bly. Ons sluit gewoonlik die deure, want daar is slegs ‘n sekere hoeveelheid speelgoed en die stormloop is groot. Aliwal-Noord Tennisklub het tennisballe geskenk. Me Adèle van der Walt het fondse gegee vir speelgoed en die res is deur die jaar ingesamel. Elke kind het ‘n geskenk en ‘n ysie gekry. Mev Corrie Nel en Me Margaret Morabe het gehelp om geskenke uit te deel. Mnr Manamane het die Kersboodskap gelewer. Klere wat nie deur die jaar uitgedeel kon word nie, word eenmalig aan die volwasse persone geskenk. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 Reformed Church - Japan Die gemeentelede van die Reformed church in Japan het hulle gebruikte en nuwe klere ingesamel in die gemeente en dit vir die CMR in Suid-Afrika gepos!!! Dit klere sal in die nuwe boekjaar uitgedeel word. 15 STATUTêRE WERK V oorkomende dienste het ten doel om gesinne se probleme binne gesinsverband op te los. Indien geen oplossing gevind kan word nie, kan dit lei tot Statutêre ingryping. ‘n Kind mag slegs verwyder word ingevolge Art 150 van die Kinderwet (Wet 38 van 2005). Slegs ‘n Kinderhof, kan besluit of ‘n kind sorgbehoewend is en beskerming nodig het. ‘n Uiteensetting van die kinders in die statutêre proses word in die sirkel diagram weer gegee. Uiteensetting van Statutêre werk Kinderhuis: 7 Pleegsorg sorgbehowend:25 Gesinsherenigingsdienste:12 Pleegsorg weeskinders: 37 Aan elke kind of ouer word ‘n statutêre diens gelewer. Aan die 25 kinders wat in pleegsorg is, wie se ouers nogsteeds leef, word daar gefokus om terugplasing te laat realiseer. Die Kinderwet maak voorsiening dat ouers ernstig in die eerste twee jaar moet werk, sodat terugplasing kan geskied, anders mag ander opsies oorweeg word om permanensie by ‘n kind te verseker. Geskikte veiligheids- en pleegouers is ontsettend nodig en baie skaars. Die ouers moet beskik oor die Kapasiteit om psigies en emosioneel beskikbaar te wees Kapasiteit om sensitief te wees met die kind Om die kind te aanvaar soos hy/sy is Om samewerkende versorging te bied Om gesinslidmaatskap aan die kind te bied. 12 Kinders is gedurende die jaar met ‘n Gedurende die boek jaar is: dringende hofbevel verwyder. 20 kinders in pleegsorg geplaas. Vier egpare is die jaar as veiligheidsouers 1 kind is teruggeplaas in sy moeder se gebruik: sorg. Mnr Pieter en Magda Oosthuizen 6 kinders is oorgeplaas na alternatiewe Mnr Koos en Sanmarie Odendaal sorg; hetsy ‘n kinderhuis of ander Me Annalie Odendaal pleegouers. Mnr Abrie en Rachel Oberholzer 4 pleegouergroepe is aangebied. Desembermaand se groep is deur Sr. Daleen Jacobs aangebied. Sy het ons kliënte se bloeddruk en bloedsuiker geneem! Die pleegouers het ook vitamiene, sop en ‘n kospakkie ontvang. Baie dankie vir u tyd, ruimte, liefde en geduld om vir kort tydjies onseker en gebroke kinders in u huis toe te laat, ten einde hulle veiligheid, kos en sorg te bied. CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 16 FONDSINSAMELINGSPROJEKTE Kersmark Die vierde Kersmark is in Oktober 2009 aangebied. Dit was ‘n vrolike suksesvolle geleentheid. Die mark word gekoördineer deur Me Janet Peyper. 16 Stalletjies is uitgehuur, waar produkte van die hoogste gehalte uitgestal. Daar was onder meer: Skilders: Hester Hatting, Jo du Plessis, Roelf Oelofse, Hettie Erasmus en studente Juwele, handsakke en parfuum: Essie la Grange, Samantha Wilson, Hester du Toit Handgemaakte produkte: Zanie Freidberg Boeke: Katinka en CMR KANSA: Laventel en Roosmarynplantjies Kosstalletjies: Gereformeerde Kerk se pannekoek, koek en “jafels”, Rotariërs se (ontbyt en middagete) Allerlei: Alice Flint + Beskermende Arbeid van Graaff Reinet Juwele - Louise Coetzee Holy Cross – Kerse Droë vrugte – Drieka van Zyl Skaapwol produkte – Suzette Nipper Draad geskenke – Lizette Viljoen Bemarking van dienste Die VLV van Jamestown en die Kinderkrans van NG Kerk AliwalNoord het die CMR uitgenooi om te gesels oor die verskillende dienste wat gelewer word. LENTEDANS – AANGEBIED DEUR JOHAN SE BYBELSTUDIE GROEP Die Bybelstudie van Johan, Lisha van Jaarsveld, Chantelle en AC Lombaard, Lappies en Karen Labuschange, het ‘n heerlike dans en vinger-ete ten bate van die CMR aangebied. Dit was ‘n heerlike funksie. Wyn is ten bate van die Kerspakkieprojek opgeveil! Baie dankie vir julle wonderlike inisiatief en julle lekker aand! CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 17 VRIENDE VAN DIE CMR! Almal wat klere, kos, komberse, sop, ‘n finansiële bydrae gemaak het, gebid het of sommer kom hoor het hoe dit gaan. Baie, baie dankie!! Sonder u bereidwillige skenking, donasie of ondersteuning sou ons nie die dienste kon lewer nie! Die volgende vriende is gereelde: kwartaalliks tot maandelikse ondersteuners! Abigail Bybelstudie Me Thea Fourie Absa Bank Me Sonja en Bianca Stander Adéle van der Walt Me Trudie Terblanche Alewyn en Elza de Klerk Me Vienie la Grange Aliwal-Noord Tennisklub Men’s Fellow Bybelstudie Aliwal Weekblad Marinda en Melandrie Erasmus Anonieme Donateurs Mnr Basie en Me Renette Roelofse Bokomo Mnr Deon en Me Elsabé Smit Bossie van der Walt se Bybelstudie Mnr Giepie en Me Helena Engelbrecht Charl Zaayman Mnr Hennie en Mev Geraldine Erasmus Cindy Shaw-Nell Me Elbe Snyman Deborah Bybelstudie Me IL de Bruin Dr en Tobia Crouse Me Karen Prinsloo Dr Groenewald Me Lea Veldsman Dr Lee Me M Le Grange Dr Schoeman Me Mariette du Toit Ds Arnold en Elna van der Westhuizen Mnr Andre Swanepoel Ds Stephan en Carina van der Watt Mnr Jakkie en Me Drieka van Zyl Dunns Mnr Jannie en Annalize de Villiers Febe Bybelstudie Mnr Manie en Me Mavis Van Zyl Gereformeerde Kerk Aliwal Noord Mnr Nellis Potgieter Helpmekaar Eiers Mnr Piet Odendaal Hettie de Wet – Bybelstudie Mnr Pieter en Mev Magda Oosthuizen Holy Cross Primary School Mnr Pieter Venske Jabes Bybelstudie Mnr Rian en Mev Niranda Koekemoer JIP vervoer Mnr Roelf Coetzee Johannes Bybelstudie Mnr Sakkie en Me Rhona van der Merwe Johannes en Adéle Bekker Naomi Bybelstudie Lappies en Karen Labuscagnie Netarie Verwey Lara Nienaber NG Kerk Aliwal-Noord Lea Bybelstudie NG Kerk Jamestown Lucas van Zyl Nicolette Corbett Madelein Bekker –Van Riet Pick ‘n Pay Mara Naude – Bybelstudie Pick ‘n Pay Slaghuis Me Adré van Jaarsveld Pieter Roberts Me Alcock Posduifklub Aliwal Noord Me Annet Stapelberg Rentia Botha Me Caren Prinsloo Rhona Scheun Me Corrie Nel Riaan en Driekie Rankin Me Daantjie Hartkopf Rotariëres Me Elize Senekal VLV Jamestown Me Hulda van Zyl Vroue-aksie NG Kerk Me Joy Pagel Wiehan en Karien Janse van Rensburg Me Lin Stapelberg Willem en Mara Naude Me Loretta de Bruin Y-Fashions Me Mariet van Wyk Me Marie Olvier En so word nog ‘n seisoen voltooi!! Baie dankie! Me Nelien Nel Me Onda Nepgen CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010 18