Afrikaans Tweede Addisionele Taal
Transcription
Afrikaans Tweede Addisionele Taal
Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 11 Lesse vir leerders Derde Kwartaal 2013 1 Erkenning word hiermee aan die samestellers van hierdie lesse verleen. Marina Barnard, Alet Enslin, Kobus Genis, Liz Hancke, Belinda Prinsloo, Issie Vorster Mpumalanga Departement van Onderwys Departement van Basiese Onderwys Strubenstraat 222 Privaatsak X895 Pretoria 0001 Suid-Afrika Tel: +27 12 357 3000 Faks: +27 12 323 0601 Pleinstraat 120 Privaatsak X9023 Kaapstad 8000 Suid-Afrika Tel: +27 21 465 1701 Faks: +27 21 461 8110 Webtuiste: http://www.education.gov.za © 2013 Departement van Basiese Onderwys ***** INHOUDSOPGAWE Hoofstuk 10 Hoofstuk 11 Musiek Omgewing Bladsy 2 26 2 HOOFSTUK 10: MUSIEK In hierdie hoofstuk gaan jy: Luister en praat • • • • Lees en kyk • • Skryf en aanbied Taalstrukture en -konvensies • • • • • • • • • • • • • oor musiek praat. oor die belangrikheid van goeie musiek praat. oor verskillende tipes musiek praat. na verskillende opinies oor verskillende tipes musiek luister en jou eie opinie gee. voorbereide hardoplees (gee aandag aan tempo, uitspraak en toon) doen. vir waardering lees, jou woordeskat uitbrei en begripsvrae beantwoord. leer om ʼn formele brief volgens korrekte formaat te skryf. aandag aan korrekte (formele) taalgebruik gee. op prosesskryf fokus. leer om te redigeer. woordeboeke vir betekenis van woorde gebruik begrippe asook afkortings en akronieme oefen. van spelreëls en -patrone leer. woordvorming (samestellende afleidings, verbindingsklanke) doen. sinstrukture en woordorde korrek gebruik. byvoeglike naamwoorde skryf. voornaamwoorde korrek gebruik. ontkenning (negatief) gebruik. taalfoute (in formele brief) verbeter. Luister en praat Wat is musiek? Musiek is die kuns om aangename verbindings van klanke te maak waardeur in skone vorm aan gevoelens uiting gegee word. (HAT) Musiek is 'n vorm van kuns wat georganiseerde klanke en stiltes bevat. Dit word uitgedruk in terme van toonhoogte, ritme en die kwaliteit van klank (byvoorbeeld artikulasie en tekstuur). Musiek kan gebruik word vir die kunssinnige of die estetiese, kommunikasie, vermaak of seremoniese doeleindes. (Wikipedia) 3 Notering van musiek: [Uit: https://www.google.co.za/#q=clave+de+sol] Musiekinstrumente: [Uit: Google Images] 4 Volkslied van Suid-Afrika (5 tale kom in ons volkslied voor) Nkosi Sikelel' iAfrika (God Bless Africa) Maluphakanyisw' uphondo lwayo, (Raise high Her glory) Yizwa imithandazo yethu, (Hear our Prayers) Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo (God bless us, we her children) isiXhosa en isiZulu Morena boloka setjhaba sa heso, (God protect our nation) O fedise dintwa le matshwenyeho, (End all wars and tribulations) O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso, (Protect us, protect our nation) Setjhaba sa South Afrika - South Afrika. (Our nation South Africa - South Africa) Sesotho Uit die blou van onse hemel, (Ringing out from our blue heavens) Uit die diepte van ons see, (From the depth of our seas) Oor ons ewige gebergtes, (Over our everlasting mountains) Waar die kranse antwoord gee, (Where the echoing crags resound) Afrikaans Sounds the call to come together, And united we shall stand, Let us live and strive for freedom, In South Africa our land. Engels Musiek bring mense saam. Musiek praat met alle mense van enige kleur, taal, geslag, ouderdom en kontinent. As musiek praat soos dit moet praat, is daar regdeur die wêreld altyd ‘n gehoor wat sal luister. Oral is musiek die sleutel tot mense se harte. Musiek is sinoniem met emosies, daarom is musiek universeel. Daar is musiek wat jou aanspreek as jy hartseer is, gelukkig, verlief, rebels, opgewonde of as jy sommer net vir ontspanning wil luister. Daar is mense wat glo dat Barok-musiek jou help om te ontspan. Klassieke musiek help jou om te konsentreer. Daar word wêreldwyd na die legendariese Frank Sinatra (‘n jazz-sanger), Elvis Presley (die rockster), Michael Jackson (popster) en die kontroversiële Lady Gaga geluister sonder dat mense baklei watter musiektipe die beste is. Praat: Klasbespreking Tipes musiek: 5 Pop Popmusiek is 'n afkorting vir 'populêre musiek'. Dit is eietydse musiek - musiek waarna mense gereeld luister, wat hulle aankoop, nomineer vir spesiale geleenthede en op treffersparades speel. Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad Andrew en Brian Chaplin Rock Musiek met 'n prominente vokale melodie met kitaar-, drom- en baskitaarklanke. Sekere style gebruik ook klawerbordinstrumente soos die orrel en klavier. Klopjag Jazz Jazz is 'n gewilde musiekgenre met 'n prominente vokale melodie vergesel deur kitaar-, tromen baskitaarklanke. Jazz is aan die blues verwant. Hugh Masakela Klassiek Verwys na musiek wat geskep is volgens die tradisies van Europese kuns, kerk- en konsertmusiek, wat 'n lang tydperk insluit - ongeveer van die jaar 1000 tot vandag. Klassieke musiek is bedoel om geniet te word. Wolfgang Amadeus Mozart 6 Volksmusiek Volksmusiek verwys na tradisionele melodieë, woorde en liedjies van die gewone mense wat dikwels oorgedra word van een generasie na die volgende. David kramer Kletsrym (rap) Kletsrym of rap is 'n musiekstyl wat deel is van die hip-hop-kultuur. Kletsrym verskil van die gesproke woord deurdat dit op musiek opgevoer word. Die kletsrymer vertel 'n storie of dra 'n gedig op ritmiese wyse voor. Van die bekendste kletsrymers in Suid-Afrika is Die Antwoord en Jack Parow. Jack Parow Kwaito Kwaito is 'n samesmelting van kwai (woede) en to (die afkorting van township) - is sedert die negentigerjare die gewildste styl van die SuidAfrikaanse populêre musiek, veral onder die jeug van die townships. Opvallend is dat die taal wat gebruik word vir die teks nooit Engels is nie. Die Afrikatale word liewer gebruik, maar ook Tsotsitaal, wat op Afrikaans gebaseer is. 7 Verskillende opinies oor Jack Parow Juanita is vir die ou mense wat geen smaak het nie. Jack Parrow het julle nie nodig nie. Hy het klaar fans wat sy musiek geniet. rouxenator Dit gaan nie oor hy vloek nie, dis omdat hy laster. Enige iemand met iets tussen sy ore sal dit nie goedkeur nie. rianatheunissen Jack Parow is sommer common. Net iemand met ‘n halwe brein en geen beginsels kan na hom luister. “jig!” Hou tog net op kla! Jack se musiek is iets nuuts en bring bietjie iets opwindends in julle ou suurknolle se lewens! Moenie so outyds wees nie. Begin die lewe geniet, dan sal jy nie ‘n ou bitterbek wees nie! proJack Praat oor die volgende: 1.1 1.2 1.3 1.4 Ek is bly Jack Parrow het nie op Skouspel gesing nie. Ek verkies Juanita. Haar liedjies bestaan nie uit vloekwoorde nie. Jack se musiek is walglik! blackhuff Hoekom is musiek vir jou belangrik? Van watter tipes musiek musiek hou jy die meeste? Van watter tipes musiek hou jy nie en hoekom nie? Dink jy dat musiek negatief op ʼn mens kan inwerk? Lees en kyk Voorbereide Hardoplees 8 Pre-lees Ons het nou gepraat oor verskillende musiektipes en die positiewe en negatiewe uitwerking daarvan op ‘n mens. Woordeskat: uitgewer verduidelik aangedui kunstenaars versoek verhoog publisher explain indicated artists request stage verantwoordelik uitnodiging onttrek vertonings onnodig responsible invitation withdraw shows unnecessary Tydens lees Formele Assesseringstaak 8: Voorbereide Hardoplees Luister na die onderwyser se gebruik van tempo, uitspraak en toon. Leer nuwe woordeskat aan. Berei nou die leesstuk voor vir formele taak 8 vir voorbereide lees. Onthou om aandag aan tempo, uitspraak en toon te gee. Kom ons lees nou die artikel oor die kontroversiële Jack Parow wat musiekgehore, landwyd, aan die praat (stry) het! HUIS genoot SKOUSPEL Musiek vir die hele gesin Kaapstad - Willem Breytenbach, uitgewer van Media24 Gesinstydskrifte, wat verantwoordelik is vir Huisgenoot Skouspel het verduidelik waarom Jack Parow se uitnodiging om by Skouspel op te tree, teruggetrek is. Dít kom nadat Parow die afgelope naweek uitgevaar het teenoor Juanita du Plessis omdat sy glo vroeër aangedui het sy sou nie gemaklik gevoel het daarmee om die verhoog by Huisgenoot se Skouspel met hom te deel nie. Juanita en Jack is genooi om by Skouspel op te tree. Maar Jack is later deur die Skouspel-organiseerders aan die program onttrek. Hy het Juanita ook onder andere “judgemental” op sy twitterblad genoem, maar later om verskoning vir sy uitlatings gevra. 9 Volgens Breytenbach is kunstenaars by Skouspel te sien op uitnodiging van Huisgenoot. "Hoewel ons aanvanklik Jack Parow uitgenooi het, moes ons die uitnodiging terugtrek na dit aan die lig gekom het dat Jack reeds bespreek was vir vertonings by Aardklop wat met Skouspel se vertonings sou bots. Huisgenoot is benewens die aanbied van Huisgenoot Skouspel ook daartoe verbind om seker te maak dat ons die kunstenaarsaanbod by Aardklop so sterk as moontlik sal wees en om nie onnodig kunstenaars wat reeds daar bespreek is, uit die poel te haal nie. “Die ondersteuning van Aardklop is vir ons so belangrik dat ons vanjaar weereens ‘n groot Huisgenoot Musiekplaas op die Aardklop hoofterrein bedryf met meer as 100 kunstenaars. Ons het talle van die groot sterre wat by Skouspel is, soos Juanita du Plessis, Jay en Bobby van Jaarsveld, vir die eerste aand van Aardklop op ons verhoog bespreek voor Skouspel se repetisies begin. "Op die Donderdagaand huur ons ook ’n vliegtuig om tussen die repetisies kunstenaars soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Romanz en ander direk vanaf SunCity na Potchefstroom en terug te vlieg om daar in die Treffer-na-Treffer konsert in die Huisgenoot Musiekplaas op te tree. “Geen versoek van Juanita du Plessis of haar agente oor wie ander kunstenaars by Skouspel is, is ooit aan my gerig nie, en ook nooit op ons Skouspel-forum bespreek nie.” Post-lees Oefening 1 Beantwoord die volgende vrae oor die leesstuk: 1. Wie is Willem Breytenbach? 2. Verduidelik, in jou eie woorde, wat die volgende woorde beteken: 2.1 uitgewer (reël1) 2.2 teruggetrek (reël 4) 3. Waarom is Jack Parow se uitnodiging na Skouspel teruggetrek? (paragraaf 3) 4. Hoe het hy hierop reageer? 5. Jack voel steeds (still) negatief oor Juanita du Plessis. 5.1 Is die bostaande stelling WAAR of ONWAAR? 5.2 Motiveer jou antwoord met ‘n frase (gedeelte van ‘n sin) uit die teks. 6. Dink jy enige kunstenaar kan deel word van Skouspel? Motiveer jou antwoord. 7. Wat was volgens Breytenbach die rede vir die terugtrek van Jack se uitnodiging? 8. Noem twee musiekfeeste waarby Huisgenoot betrokke is volgens paragraaf 6. 9. Noem drie ander kunstenaars wat ook by Aardklop gaan optree. 10. Hoe is dit moontlik dat die drie kunstenaars dan by beide feeste kan optree? 11. Tussen watter twee plekke gaan kunstenaars vervoer word om by die feeste op te tree? 12. Van watter tipe vervoer gaan hulle gebruik maak om die kunstenaars te vervoer? (1) (2) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (2) (3) (1) (2) (1) 10 13. Wat is die verskil in die wyses waarop Juanita en Jack op sy terugtrekking in die openbaar (media) gereageer het? (2) [20] Skryf en aanbied ʼn Advertensie en ʼn formele brief Advertensie Is jy ʼn tiener, musikaal, iemand wat soos Jack Parow kan sing en die wip in woorde sit? Iemand wat ANDERS is? Iemand wat ʼn gehoor kan betower? Hier is jou kans. So skryf jy in: Skryf jou eie Jack Parow-geïnspireerde liedjie. Jy moet jou liedjie self sing, so berei voor vir die dag wat jy die liedjie opneem. Doen aansoek om deel te neem aan die kompetisie deur ʼn brief te skryf aan: Die organiseerder, Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Skryf Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie as opskrif. Sluit jou naam, telefoonnommer en adres in. Alle inskrywings moet ons teen Vrydag 12 Oktober om 17:00 bereik. Sluit ʼn CD in met die liedjie wat jy self geskryf het en sing. Wie wen? Die beste Jack Parow-geïnspireerde musikant. Wat kan jy wen? R15 000 kontantprys, ʼn musiekkontrak met Beste Musiek sowel as ʼn kontrak om saam met Jack Parow op te tree in 2014. (Uit: Huisgenoot, 01 April 2013) 11 Onthou: ʼn Advertensie is ʼn kommunikasiewyse waarop bemarkers en vervaardigers hul teikenmark probeer oortuig om hul produkte te koop of om van hul dienste gebruik te maak. Die volgende vrae moet in die advertensie beantwoord word: • Wat? • Waar? • Wat alles? • Vir wie? Oefening 2: Redigeer die advertensie om te sien of dit aan al die vereistes voldoen deur die volgende KONTROLELYS te voltooi. JA 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Die advertensie oortuig jongmense om deel te neem aan die kompetisie. Die advertensie is vir jongmense bedoel. Die advertensie is eenvoudig en maklik verstaanbaar. Dit trek onmiddellik die leser se aandag. Die advertensie gebruik nie te veel woorde nie. Die uitleg is opwindend. Al die inligting oor die kompetisie word gegee. Die vrae wat?, waar?, wat alles? en vir wie? word in die advertensie beantwoord. Dink jy dit is ʼn geslaagde advertensie? Is daar enigiets wat jy sou verander om die advertensie te verbeter? Kommentaar: NEE 12 Dolf wil baie graag aan die kompetisie deelneem. Hier is sy formele brief waarin hy aansoek doen om aan die kompetisie deel te neem. Jakarandastraat 4 Witrivier 1240 13-10-2013 Die Organiseerder Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie Posbus 1802 Kaapstad 2000 Geagte Meneer HUISGENOOT-JACK PAROW-KOMPETISIE Hiermee wil ek graag inskryf vir die kompetisie soos in die Huisgenoot van 1 April 2013 geadverteer. Ek is nie eintlik ʼn Jack Parow-geïnspireerde nie, maar ek het my eie liedjie geskryf en gesing. Ek sal bly wees as u na die video luister wat ek ingesluit het. Ek is veertig jaar oud en sing nie soos Jack Parow nie. Ek skryf baie goeie liedjies en kan wip in woorde sit. Ek is beslis anders. Ek het ʼn sprankelende persoonlikheid en betower die gehoor altyd wanneer ek sing. Ek is beslis die toekomstige Jack Parow. Wees verseker dat ek altyd my beste sal gee met die musiekkontrak en die optredes saam met Jack Parow as ek wen. Ek hoop om gou van jou te hoor. Groete Dolf Oefening 3 Voltooi die KONTROLELYS om te sien of die formele brief aan al die vereistes voldoen. JA NEE 1. Die formaat van die brief is korrek: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif, paragrawe, afsluiting 2. Die adres van die sender is regs boaan in blokvorm. 3. Die datum is voluit geskryf. 4. Daar is nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. 5. Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm geskryf. 6. Geen leestekens is in die adresse gebruik nie. 7. ʼn Reël is tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. 8. ʼn Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die 13 9. 10. 11. 12. 13. brief oopgelaat. Die opskrif van die brief is in hoofletters geskryf. Die naam van die tydskrif word onderstreep. Afsluiting: Geen leestekens is na “Die uwe” gebruik nie. Die skrywer het die brief onderteken. Voldoen die formele brief aan al die vereistes? Kommentaar: (Noem die foute waarop jy sou verbeter) Skryf nou ʼn formele brief van 80-100 woorde. Doen aansoek om aan die Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie deel te neem. Onthou om die vereistes (qualifications) soos in die advertensie genoem, in jou brief te meld. Onthou: Doen beplanning • Gebruik ʼn kopkaart om jou brief te beplan. • Skryf die woorde neer wat jy kan gebruik. • Formele taalgebruik! • Meld die inligting wat vereis word in die advertensie. Skryf ʼn konsep • Gebruik die teenwoordige tyd. • Onthou S T (V1) O M P (V2) I Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees die brief weer. • Gebruik die bostaande kontrolelys om seker te maak dat die brief voldoen aan al die vereistes van ʼn formele brief. • Skryf dit netjies oor. Oefening 4: Lees weer die formele brief en skryf die Afrikaanse betekenis van die volgende woorde neer: 4.1 4.3 4.5 4.7 musical fascinate application entries 4.2 4.4 4.6 4.8 audience opportunity organiser inspired 14 Taalstrukture en -konvensies Ek’s Afrikaans. Ek het in Belville grootgeword. Braai is ingebou in my DNA. Die lewe is ‘ʼn lied! ʼn Afkorting is die verkorte vorm van ʼn woord/woordgroep. • • Tradisioneel word punte by afkortings gebruik As ʼn woordgroep afgekort word, kry dit ʼn punt na elke woord, bv. i.p.v. (in plaas van) ʼn Akroniem is ‘n afkorting wat soos ʼn woord uitgespreek kan word. • Geen punte word gebruik nie Oefening 5 Afkortings Pas die beskrywing in KOLOM B by die akroniem in KOLOM A. KOLOM A 5.1 DNA 5.2 ATKV 5.3 BBP 5.4 CV 5.5 ID 5.6 TV 5.7 CD KOLOM B A. Kompakskyf B. Identiteitsdokument C. DNS: deoksiribonukleïensuur (die nukleïensuur wat die suiker deoksiribose bevat, wat die stof vorm waaruit chromosome en gene bestaan, Engels: DNA) D. Baie belangrike persoon E. Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging F. Televisie G. Lewensprofiel (curriculum vitae) Skryf die volgende afkortings in woorde: 5.8 Afr. 5.9 adr. 5.10 str. 5.11 me 5.15 5.16 5.17 5.18 nr. anon. instr. mus. 15 5.12 mej. 5.13 mev. 5.14 mnr. 5.19 uitg. 5.20 wdb. Skryftekens Dit is merke op vokaalletters en in sommige woorde om korrekte uitspraak aan te dui. Onthou: Dit is ʼn spelfout om ʼn skryfteken weg te laat. Om nuwe lettergreep aan te dui Deelteken ( " ) le/ër, be/ïnvloed Koppelteken ( - ) By opeenhoping van vokale see-eend Om lees te vergemaklik Mpumalanga-inwoner As weglaatteken oggend- en aandklasse Woorde met syfers, simbole en letters vooraan graad 11-klas, x-strale, B-span Woorde met afkortings SMS-boodskap In breuke (fractions) twee-derdes In die plek van “tot” 2011 – 2014, 120 – 180 woorde In woorde wat herhaal word nou-nou, lag-lag In samestellings met “hulle” Pieter-hulle, ma-hulle Plekname waarin windrigtings voorkom Somerset-Oos, Noord-Kaap, Suid-Afrika Oefening 6 In die volgende paragraaf is daar tien (10) skryfteken-foute. Soek en korrigeer die foute. Skryf die hele paragraaf oor en onderstreep die foute wat jy reggemaak het. Jack Parow het in die Weskaap, SuidAfrika, grootgeword. Hy hou van die baie reen wat hulle daar kry. Sy ma hulle het ʼn huis in Belville gekoop. Drie kwart van sy dag bestee hy aan liedjies skryf. Hy gaan selde voor drie uur in die oggend slaap. Vir hom is ontbyt die belangrikste ete van die dag en gee nie om as hy middag en aandete mis nie. Hy is ʼn Belville inwoner en maak kort kort ‘n draai in Kaapstad. Jack verkies om eposse te stuur in plaas van briewe te skryf en pos. Woordvorming Samestellings Afleidings (NB! Afleidings het net EEN stam!) Samestellende afleidings wanneer twee/meer basisse saamgevoeg word; daar kan ook verbindingsklank wees stam + voorvoegsel / agtervoegsel / albei affikse boek+sak, eet+kamer+tafel+laai, kind+er+kamer ver+huis huis+ie ver+huis+ing meer as een stam + een/meer affikse en soms verbindingsklank vier+slaap+kamer+huis+e fabriek+s+werkers 16 voegsel verbindingsklank voegsel motorverkoopsmanne stam stam stam Kyk na die onderstaande advertensie en beantwoord die taalvrae wat daarop volg. Bederf jou vriende met ‘n LENTEPARTYTJIE … saam met Jak de Priester en vriende! Datum: 24 Julie 2013 Tyd : 19:00 Plek : Gemeenskapsaal Nelspruit Toegang: R100 per persoon (sluit in: ʼn vrugtesappie en heerlike vleispasteitjie) Ander musiekkunstenaars: Tuindwergies, Glaskas, Straatligkinders, Wasserval Oefening 7 Kaartjiebespreking en navrae: Diane (013 741 1064) Oefening 7 Vorm samestellings van die volgende woorde en onderstreep die verbindingsklanke: 7.1 klavier+speler 7.2 seun+koor Skryf die stamme van elk van die volgende woorde neer: 7.3 gemeenskapsaal 7.4 vrugtesappie Onderstreep die voor- en/of agtervoegsels in die onderstaande woorde: 7.5 vleispasteitjie 7.6 tuindwergies Voltooi die volgende tabel deur ʼn regmerkie (√) onder die korrekte opskrif te maak. 17 bv. bladmusiek 7.7 kinderkoor 7.8 opgetree 7.9 liedjie 7.10 musiekkunstenaars Samestelling √ Afleiding Samestellende afleiding (10) Woordorde: S subject (onderwerp) V1 verb or helping verb (werkwoord) T time (tyd) O object (voorwerp) M manner (manier/wyse) P place (plek) V2 verb - if there is helping verb (werkwoord) I Infinitive (infinitief: om ... te) *net NIE kan na infinitief staan! *Nie alle sinne het al die dele nie! Persoon/ding wat iets doen Wat hulle doen Wanneer Aan wie dit gedoen word Hoe Waar Wat hulle doen Oefening 8 Woordorde Skryf die volgende sinne in die korrekte woordorde: 8.1 8.2 8.3 8.4 8.5 in Nelspruit, Ons gaan, bywoon, volgende week, ‘n lentepartytjie. Al my vriende, die partytjie, by te woon, is genooi. partytjies, mag, Niemand, nie, in die week, bywoon. Al die tieners, in Nelspruit, die jaarlikse lentepartytjie, geniet. plaasvind, Die jaar, sal, se partytjie, in Julie. Leer die reëls! Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) Beskryf die selfstandige naamwoord Kan na die s.nw. staan Kan voor die s.nw. staan Kort klank Lang klank Kort klank + f Lang klank + f Dubbel konsonant Dubbel konsonant + f Kort klank + g Lang klank / dubbel vokaal + g Lang klank + d Attributief Dit is gladde seep. Dit is ʼn wrede man. Dit is growwe skuurpapier. Dit is ʼn dowe ou oom. Daar lê ʼn harde klip. Hy het skurwe hande. Dit is ʼn ligte veertjie. Dis ʼn hoë berg. Die moeë man wil slaap. Ek drink ʼn koue koeldrank. Die wye straat. Die dooie hond word weggedra. Daar hardloop ʼn goeie atleet. Predikatief Die seep is glad. Die man is wreed. Die skuurpapier is grof. Die oom is doof. Die klip is hard. Die seun se hande is skurf. Die veertjie is lig. Die berg is hoog. Die man is moeg. Die koeldrank is koud. Die straat is wyd. Die hond is dood. Die atleet is goed. 18 Dis ʼn smaaklike ete. Die ete is smaaklik. Ek dra ʼn pragtige rok. Die rok is pragtig. Dis kokende water. Die water kook. Die sinkende skip. Die skip sink. Die singende meisie. Die meisie sing. Lank en jonk Dis ʼn lang seun. Die seun is lank. Dis ʼn jong seun. Die seun is jonk. nuut Ek het nuwe skoene. Die skoene is nuut. Woorde wat emosie Die bittere afskeid. Die afskeid was bitter. uitdruk Die liefdelose huwelik. Die huwelik is liefdeloos. Woorde wat nie verander nie! bitter vuil skoon Die kleure (behalwe goud) dapper siek bang dik suur - Die kar is rooi. - Dit is ‘n rooi kar. laat swaar - Die laken is wit. - Dit is ‘n wit laken. lekker vet - Die ring is goud. - Dit is ‘n goue ring. mooi warm Dit is dieselfde as by trappe van vergelyking se vergrotende trap, maar moet net nie die “r” bysit nie! Eindig op -lik Eindig op -ig B.nwe. wat in Eng. eindig op -ing Nog reëls om Trappe van vergelyking te leer! meeste woorde -er en –ste word gewoonlik by die stellende trap gevoeg, bv. mooier, mooiste woorde wat met –r eindig -der; -ste → bv. duurder woorde met kort lettergreep wat op – g eindig -ter; -ste → bv. ligter woorde met lang lettergreep wat op g eindig Let op die spelling, bv.: woorde wat eindig met -f grof → growwer → grofste hoog laag leeg droog moeg → → → → → hoër laer leër droër moeër → → → → → hoogste laagste leegste droogste moegste 19 Oefening 9 Trappe van vergelyking Voltooi die kolomme: Stellende trap Vergrotende trap … as / hoe … (-er) Oortreffende trap die … (-ste) Losste los 9.1 kwaaier Kwaaiste 9.2 Kwaadste kwaad 9.3 Lafste laf 9.4 goed 9.5 9.6 baie 9.7 9.8 Interessantste interessant 9.9 varser vars 9.10 verlate meer verlate mees verlate opgewonde 9.11 9.12 ervare 9.13 9.14 byvoeglike naamwoorde wat absolute toestande uitdruk, het nie trappe van vergelyking nie, bv. dood, niks. Intensiewe vorm Intensiewe vorm (versterkte vorm) Creative way of saying something is “very ...” * EEN WOORD !!! morsaf af off stoksielalleen / vingeralleen alleen alone brandarm arm poor doodbang bang afraid *bekend alom bekend / welbekend well known wêreldberoemd beroemd famous galbitter bitter bitter stokblind blind blind potblou blou blue hemelsbreed breed broad/wide pik- / stik- / nagdonker donker dark morsdood dood dead stokdoof doof deaf smoordronk dronk drunk kurkdroog droog dry plankdun dun thin peperduur duur expensive doodeerlik eerlik honest doodernstig ernstig serious perdfris fris healthy haarfyn / piekfyn / ragfyn fyn fine doodgaar gaar cooked goudgeel geel yellow Vergelykings soos/net soos/nes So arm soos ʼn kerkmuis So bang soos ʼn haas vir ʼn hond So bitter soos gal/als/ aalwyn So blind soos ʼn mol So blou soos die hemel / berge So donker soos die nag So dood soos ʼn mossie So doof soos ʼn kwartel So dronk soos ʼn matroos So droog soos strooi / kurk So dun soos ʼn plank / papier So eerlik soos die dag / goud So fris soos ʼn vis in die water So geel soos goud / borrie 20 gek gelukkig gevaarlik glad goedkoop graag groen hard helder honger hoog jonk/jong kalm klein koud krom kwaad lam lank leeg lekker lelik lewendig lig lui maer mak maklik min moeg mooi nat nodig nugter nuut ongelukkig onskuldig *oop ou(d) mad/crazy happy dangerous smooth cheap readily green hard clear hungry high young calm small cold crooked angry tired/lame tall empty nice ugly lively light lazy thin tame easy few tired pretty wet necessary sober new unhappy innocent open old stapelgek doodgelukkig lewensgevaarlik seepglad / spieëlglad spotgoedkoop dolgraag grasgroen kliphard kristalhelder / glashelder doodhonger hemelhoog bloedjonk / bloedjong doodkalm piepklein yskoud hoepelkrom smoorkwaad boeglam lewenslank dolleeg smullekker / doodlekker skreeulelik / hondlelik springlewendig veerlig vreklui brandmaer hondmak doodmaklik bittermin / bloedmin doodmoeg wonder-/pop-/prentjiemooi sopnat / papnat / waternat / broodnodig doodnugter splinternuut doodongelukkig doodonskuldig wawyd oop stokou(d) / horingoud reg reguit rond rooi ryk ryp sag seker siek skaam skeef skerp skoon snaaks soet correct straight round red rich ripe soft certain sick / ill shy skew sharp clean funny sweet/good doodreg penreguit / pylreguit koeëlrond bloedrooi / vuurrooi skatryk / stinkryk papryp papsag/ sysag / fluweelsag/ doodseker doodsiek doodskaam windskeef vlymskerp silwerskoon / beeldskoon skreeusnaaks suikersoet / stroopsoet sout salty pekelsout So glad soos seep / ʼn paling So groen soos gras So hard soos klip / staal So helder soos kristal So honger soos ʼn wolf / bees So hoog soos die hemel / berge So koud soos ys So krom soos ʼnhoepel / sekel So leeg soos ʼn eierdop So lelik soos die nag So lewendig soos ʼn vis in die water So lig soos ʼn veer So lui soos ʼn donkie / aasvoël So maer soos ʼn kraai / So mak soos ʼn lam So maklik soos hand omkeer So min soos die swart van jou nael So moeg soos ʼn hond So nat soos ʼn hoender So onskuldig soos ʼn lam So oud soos die berge / Noag se ark So reg soos ‘n roer So rond soos ʼn koeël So rooi soos bloed So sag soos wol / sy / satyn So seker as ek leef So siek soos ‘n hond So skerp soos ʼnmes/ skeermes So soet soos suiker /heuning So sout soos ʼn bokkom / stroop 21 stadig sterk stil styf suinig suur swaar swak swart tevrede toe vaal vars veilig verlief vet vinnig vol vreemd *wakker warm wit slow strong quiet stiff stingy sour heavy weak black closed grey fresh safe in love vat fast full strange awake hot/warm white slakstadig leeusterk / ystersterk doodstil stokstyf vreksuinig asynsuur loodswaar kuikenswak / doodswak pikswart / gitswart doodtevrede bottoe asvaal kraakvars / neutvars doodveilig smoorverlief / dolverlief spekvet blitsvinnig propvol / stampvol wildvreemd wawyd wakker vuurwarm / rooiwarm spierwit / sneeuwit / skitterwit So sterk soos ʼn bees / leeu So stil soos ʼn muis / die graf So styf soos ʼn paal So suur soos asyn So swaar soos lood So swak soos ʼn lammetjie So swart soos die nag / ʼn kraai So veilig soos die bank So vet soos ʼn vark So vinnig soos blits Leer elke dag tien (10)! Vorm assosiasies om dit So wit soos sneeu / melk makliker te onthou. Jy gaan definitief intensiewe vorme in die eksamen kry! 22 Oefening 10 Intensiewe vorm Voltooi die blokkiesraaisel: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 13 12 14 15 16 17 3. 5. 6. 7. 9. 13. 14. 15. 16. 17. DWARS baie styf baie swart baie warm baie geel baie reguit baie droog baie stil baie groen baie koud baie glad 1. 2. 4. 6. 8. 10. 11. 12. AF baie goedkoop baie wyd baie regop baie lig baie warm is snikbaie maer baie arm baie sag 23 Voornaamwoorde Enkelvoud Eerste persoon Tweede persoon informeel Tweede persoon formeel Derde persoon manlik Derde persoon vroulik Onderwerpsvorm ek Jy U Hy sy Voorwerpsvorm my Jou U Hom haar Jack Parow in Witrivier! Die voornaamwoord as onderwerp: Bv. Ek ry per taxi teater toe. Jy moet jou toegangskaartjie wys. U het nog nie gesê waar die teater is nie. Hy het sy kaartjie vergeet. Sy kom nie meer konsert toe nie. Die voornaamwoord as voorwerp: Jan skuld my twintig rand. Lindiwe sal jou bel. Ek weet dat u opgewonde is. Ma gaan hom by die teater haal. Pa vra haar om saam konsert toe te gaan. Datum: 11 Aug. 2013 Tyd : 18H30 Plek : Hoërskool Rob Toegang: R100 p.p. Kontak: 013-751 6361 vir meer inligting. Moenie Jack mis nie – jy sal spyt wees! Meervoud Eerste persoon Tweede persoon informele aanspreekvorm Tweede persoon formele aanspreekvorm Derde persoon Onderwerpsvorm ons julle u hulle voorwerpsvorm ons julle u hulle Die voornaamwoord as onderwerp: Bv. Ons gaan teater toe. Julle moet ook teater toe gaan. U moet vroeg kom. Hulle is oppad teater toe. Die voornaamwoord as voorwerp: Die maats sal ons by die teater ontmoet. My ma sal julle ook teater toe vat. 24 Die mense wonder waar u is. Ek wil hulle by die teater sien. 1. 2. TIPE VOORNAAMWOORDE Die persoonlike voornaamwoord Die persoonlike voornaamwoord word gebruik om na mense, diere en dinge te verwys soos: hy, sy, julle, hulle,dit, ons, ens. Dit is 'n kitaar. Besitlike voornaamwoord Die besitlike voornaamwoord word gebruik om die besitter aan te dui. Jack speel op sy kitaar. Ek speel ook op my kitaar, maar myne is duurder as syne. Ek wonder of jy ook ʼn kitaar het en of joune dalk ook duurder as syne is, of dalk net so duur soos myne is. Onthou: Ons gebruik voornaamwoorde in die plek van mense se name. Dit is die persoonlike voornaamwoorde. Hulle kan ook aandui aan wie iets behoort. Dit is die besitlike voornaamwoorde. Persoonlike voornaamwoorde Ek speel kitaar. Jy speel kitaar. Hy speel kitaar. Sy speel kitaar. Ons speel kitaar. Julle speel kitaar. Hulle speel kitaar. Besitlike voornaamwoorde Dit is my kitaar. Die kitaar is myne. Dis jou kitaar. Die kitaar is joune. Dis sy kitaar. Die kitaar is syne. Dis haar kitaar. Die kitaar is hare. Dis ons kitare. Dis kitare is ons s'n. Dis julle kitare. Die kitare is julle s'n. Dis hulle kitare. Die kitare is hulle s'n. Oefening 11 Persoonlike en besitlike voornaamwoorde Gebruik voornaamwoorde in die plek van die vetgedrukte woorde: 11.1 Andy sing ʼn liedjie. (Andy) __________ sing lekker. 11.2 Ma kry ʼn CD van Jack. Die CD is (Ma s’n) __________. 11.3 Penny dans lekker. (Penny) __________ hou daarvan om te dans. 11.4 Thabo kry ʼn gratis CD. Die CD is (Thabo s’n) __________. 11.5 Jy luister na (jy) __________ CD. 11.6 Ons luister na die CD, want __________ het dit gekoop. Dit is _________. 11.7 Julle kry ʼn gratis CD en daarom is dit _________. 11.8 Hulle luister lekker na __________ CD. (10) ʼn Mens - jy/jou/jouself As jy in ʼn sin praat van “'n mens” word dit altyd later in die sin gevolg deur “jy” of “jou”. Bv. ʼn Mens moet _______ eie liedjies skryf. ʼn Mens moet jou eie liedjies skryf. 25 3. ʼn Mens moet altyd vir ______ ’n kaartjie koop vir die konsert. ʼn Mens moet altyd vir jouself ’n kaartjie koop vir die konsert. Die betreklike voornaamwoord Die betreklike voornaamwoord het betrekking op die selfstandige naamwoord in die sin, bv. Die man wat daar loop, het ’n CD gewen. Die CD wat hy gewen het, is baie populêr. Die geld waarmee hy die kaartjie koop, is sakgeld. Oefening 12 12.1 Die teater (wat + in) die konsert plaasvind, is groot. 12.2 Die sanger (wie + van) sy hou, is Jack Parow. 12.3 Die bottel (wat + uit) Jack drink, is blou. 12.4 Jack is ʼn man (wat + vir) ’n mens kan lag. 12.5 Die mense (met + wat) ons konsert toe gaan, is opgewonde. 12.6 Die vrou (wie + met) hy praat, hou baie van Jack Parow. 12.7 Die boek (wat + van) ek jou vertel het, is ’n biografie van Jack. 12.8 Die deur (wat + deur) hy stap, is beman. 12.9 Die ry (wat + in) hy staan, is baie baie lank. 12.10 Jack se grappie (wat + oor) hulle lag, is snaaks. (10) 26 HOOFSTUK 11: OMGEWING Groen is die gonswoord van die nuwe generasie!!!! 27 In hierdie hoofstuk gaan jy: Luister en praat • • • oor die omgewing praat. aan ʼn klasbespreking deelneem. ʼn praatjie lewer oor die herwinning van afval. Lees en kyk • Skryf en aanbied • • • • • • • • • • jou woordeskat uitbrei en begripsvrae beantwoord. leer hoe om instruksies te skryf. ʼn plakkaat maak. ʼn e-posboodskap stuur. aandag aan korrekte (formele) taalgebruik gee. woordeboeke vir betekenis van woorde gebruik. van spelreëls en -patrone leer. woordvorming (kern en bepaler) doen. telwoorde korrek gebruik. fokus op sinsoorte (stel- en bevelsin). teenwoordige, verlede en toekomende tyd korrek gebruik. ontkenning (negatief) gebruik. Taalstrukture en -konvensies • Luister en praat Leef groen en wen Ons kan almal ʼn rol speel in die bewaring van ons omgewing. As ʼn mens eers begin om op ‘n omgewingsvriendelike manier te probeer lewe, vind jy gou dat dit ʼn groot invloed in jou lewe het. Een van die eerste dinge wat jy opmerk, is dat die hoeveelheid rommel in jou huishouding verminder. Tydens praat: Klasbespreking Praat oor die volgende: 1. Leef groen 1.1 Wat beteken die simbool hier bo? 1.2 Gee een woord vir iemand wat rommel strooi. 1.3 Wat noem ʼn mens die groot houers waarin rommel gegooi word? 1.4 Gebruik SES TOT AGT WOORDE om ʼn slagspreuk vir ʼn plakkaat te skryf om mense aan te moedig om betrokke te raak by herwinning. Hier is ʼnpaar wenke van hoe om groen te leef by die huis: • Neem jou eie inkopiesakke saam as jy winkels toe gaan. • Moenie glasbottels weggooi nie, herwin dit. 28 • • • • 1.5 Koop eiers in kartonhouers; anders as polistireenhouers, kan die karton weer gebruik word. Gebruik kombuisafval soos oorskietkos en groenteskille om kompos te maak. Sorteer die rommel by die huis en by die skool. Gooi papiere in een blik, plastiek in ‘n ander en blikkies in nog een. Skakel die munisipaliteit vir inligting oor waarheen om hierdie herwinbare produkte te vat. Jy en ʼn groep maats wil ʼn groen klub by die skool begin. Maak ʼn lys van wenke wat julle by die skool kan gebruik om groen te wees. Praataktiwiteit Julle het in die klas gepraat oor wenke van hoe om groen by die skool te wees. Lewer ʼn kort praatjie waarin jy wenke gee oor hoe om afval te herwin. Lees en kyk Lees die onderstaande leesstuk sorgvuldig deur. Die woordelys onderaan behoort jou te help. Kom ons leef groen! Besoedeling is ʼn menslike aktiwiteit wat die omgewing nadelig beïnvloed. Dit is ook die mens se onkunde wat die grootste oorsaak van hierdie probleem is. Die mens is van die vroegste tye af ʼn rommelmaker wat van die omgewing ʼn vullishoop maak. Oral hoop die rommel op, sien mens glas, plastiek, papier en blikke nutteloos rondlê. Baie vullis beland wel nog op storthope, maar hierdie plekke is besig om oorvol te raak. Wat gaan ons doen om vullis minder te maak? HERWINNING is die beste oplossing. Herwinning is om nuttelose afval tot bruikbare produkte te omskep. Die dae is verby toe jy trots op jouself kon voel as jy jou leë koeldrankblikkie in die vullisdrom gegooi het. Vandag moet dit herwin word. Byna al die produkte wat ons gebruik, kan herwin word. Om produkte te maak uit herwinde materiaal, word energie, dus elektrisiteit, gespaar. Papier As jy ʼn pak koerante van een meter hoog herwin, spaar jy ʼn hele boom. Alle papier, behalwe papier bedek met plastiek, foelie, gom of was, kan herwin word. 29 Plastiek Elke huishouding is propvol plastiekprodukte. Plastiekafval vat baie plek op ashope en neem duisende jare om te ontbind. Plastiese houers soos koeldrankbottels, koshouers, skoonmaakmiddelbottels, sjampoebottels, plastieksakke, plastiekspeelgoed en polistireenprodukte word herwin. Hierdie produkte word by ‘n versamelaanleg gesorteer volgens kleur en soort. Dan word dit opgekerf in klein deeltjies. Daarna word dit gewas en gesmelt. Hiermee word nuwe plastiekprodukte vervaardig. Tupperware en kleefplastiek word nie herwin nie. Glas Glas kan weer en weer gebruik word sonder dat die gehalte van die produk afneem. Glas word ingesamel en na ʼn herwinningsfabriek geneem waar dit volgens kleur gesorteer en dan gewas word. Die glas word fyngedruk in klein deeltjies wat as breekglas of cullet bekend staan. Die mengsel word in ʼn oond gesmelt en dan in vorms gegiet om nuwe houers (soos koeldrankbottels) te maak. Blikkies Blikkies is 100 % herwinbaar en kan op hul eie gesmelt word, of dit kan met ander metaalafvalstukkies gemeng word. Die verf buite aan die blikkie brand weg en die aluminium onderaan dra by tot die metaalsmeltingsproses. So word vandag se koerante môre se ontbytgraanbokse. Vandag se koeldrankbottel word die stopsel in môre se slaapsak. Herwinning help nie net om besoedeling te bestry nie, maar dra ook by tot die bewaring van natuurlike hulpbronne. Dit kan op die koop toe tot groot besparings vir die verbruiker lei omdat sulke produkte meestal goedkoper is. Wat gaan JY doen om vullis minder te maak? WOORDESKAT besoedel (pollution) vervaardig (manufacture/ make) nutteloos (useless) afval (waste/ garbage) herwin (recycle) rommel (rubbish/ litter/ waste) bruikbaar (usable) bewaar (safe / protect) ashope (rubbish dumps/ rubbish heaps) hulpbronne (resources) bespaar (save expenses / economise) Oefening 1: Beantwoord die vrae oor die leesbegripsteks. 1.1 Wat beïnvloed die omgewing nadelig? Gee EEN woord. (1) 1.2 Noem TWEE soorte rommel wat nutteloos rondlê. (2) 1.3 Watter probleem ontstaan wanneer daar te veel vullis op storthope gegooi word? Beantwoord hierdie vraag deur die volgende sin te voltooi. “Baie vullis beland op storthope, maar …” (1) 1.4 Kies die korrekte antwoord. Die probleem met die meeste plastiek is dat … a. alle plastiek herwin kan word. b. dit vinnig verrot. c. dit lank neem om te vergaan. d. dit min plek op ashope opneem. (1) 1.5 Watter verskil is daar tussen die herwinning van papier en die herwinning 30 1.6 1.7 1.8 1.9 van glas? (2) Papier, hout en plastiek kan herwin word. Noem nog TWEE ander materiale wat ons volgens hierdie teks herwin kan word. (2) Verduidelik die vier stappe in die herwinningsproses van glas. (4) Besoedeling beïnvloed die natuur nadelig. Is dit ʼn feit om ʼnmening? (1) Dink jy dat jy ʼn verskil kan maak as jy by ʼn herwinningsproses betrokke raak? Motiveer jou antwoord. (1) [15] Skryf en aanbied Voordat jy skryf Die volgende WENKE is op die webblad van jou skool geplaas. • Gebruik verskillende houers om papier, glas en organiese materiaal by die skool te skei. • Gebruik ʼn plastiekhouer om jou toebroodjie skool toe te neem, eerder as ʼn weggooisakkie. • Skenk die karton van leë toiletpapierrolle en papierhanddoekrolle aan ʼn kleuterskool. • Gebruik afvalmateriaal vir tegnologieprojekte. Tydens skryf Die skool het ‘n kompetisie vir die leerder wat die beste herwinningsprojek voorstel. Kies EEN van die volgende om deel te neem. 1) Vervaardig ʼn artikel van afvalmateriaal. Neem ‘n foto of maak ʼn skets van jou artikel. Gee die INSTRUKSIES oor hoe die artikel of produk gemaak is. OF 2) Jy moet die herwinningsprojek by die skool organiseer. Maak ʼn plakkaat met ʼn slagspreuk en wenke om leerders te motiveer om deel te wees van die herwinningsprojek. E-pos inskrywing aan: herwinkompetisie@iafrika.co.za. Gebruik die onderstaande vorm om jou inskrywing te stuur. Aan: Onderwerp: Boodskap: 31 Taalstrukture en -konvensies Oefening 2: Woordeboekgebruik Groen is die gonswoord van die nuwe herwinningsgenerasie. Kyk hoeveel groen-woorde jy in die letterraaisel kan kry. (Daar is 15 woorde) Hulle kan van links na regs, bo na onder, regs na links, onder na bo en skuins voorkom. R B H B O L M A E W V B N O E K E O E G H R S W E R A O V B R S N U D E N A T U U R A E W S O P B N U A K B A G R S I E R E T A T F T A S E A P N P W Y D P T V I U G V A A H A A J A E E A L L U O W A A R S G E T L L E A R R E R E I D I R A O B M E K I B I L E P F A L O R M R E V K P O W L T S A S H O P E I T W B R U I K B A A R O R E Y F V E R G I F T I G S V R W A A S H U L P B R O N N E Oefening 3 3.1 3.2 Rangskik die woorde wat jy by oefening 1 gekry het, alfabeties. (15) Kies VYF woorde en maak sinne daarmee sodat die betekenis van die woord duidelik daaruit blyk. (5) Woordvorming Kern/stam/basisvorm Dit is die deel van ʼn woord wat die betekenis aan die woord gee. Die basisvorm van die volgende woorde is die vetgedrukte deel: 32 nut - benut (utilize) / benutting (utilization) / nuttig (useful) sien - hersien (revise) / gesien (saw) / versien (fix) waarde - waardes (values) / waardeloos (worthless) / waardering (appreciation) handel - handeling (action) / verhandel (sell) Ongesond, onkunde, bestry, bespaar, nutteloos, boomloos, navorsing, opruiming Vorm nuwe woorde Nuwe woorde word gevorm voorvoegsels (premorfeme) en agtervoegsels (postmorfeme) by een woord of basisorm te las, byvoorbeeld: Voorvoegsels: Ongesond, onkunde, bestry, bespaar Agtervoegsels nutteloos, boomloos, navorsing, opruiming Kern Voorvoegsels be- (vol van – full of) her- (weer – again) on- (nie – not) ont- (weg te neem) ver- nut (useful) sien (see) waarde (value) leef (live) moed (guts) handel (do) neem (take) Agtervoegsels -loos (sonder – without) -ing (vorm s. nw.) -ig (vorm die b. nw.) -heid (vorm s. nw.) -e/s (vorm meervoud) -ie (vorm verkleinwoord) Oefening 4: Vorm nou jou eie nuwe woorde met die volgende stamme / basisse (kern) 4.1 koop _______________________ en ______________________ 4.2 lees _______________________ en ______________________ 33 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 sien gaan knop leer speel slaap _______________________ en ______________________ _______________________ en ______________________ _______________________ en ______________________ _______________________ en ______________________ _______________________ en ______________________ _______________________ en ______________________ (16) Oefening 5: Telwoorde Hooftelwoorde: een, sewentien, drie-en-twintig, eenduisend Telwoorde Rangtelwoorde: eerste, derde, honderdste, duisendste Van 1-19 is dit altyd -de behalwe eerste, agtste Van 20 en hoër altyd -ste Doen die volgende oefening oor TELWOORDE. Skryf die getalle voluit. 5.1 Die herwinningskompetisie duur (31) … dae. 5.2 Van die (1) … dag af was die hele klas vuur en vlam. 5.3 Op die (2) … dag het die leerders reeds herwinningsprodukte begin bring. (1) 5.4 Dit het die klas (17) …uur geneem om die rommel te sorteer. 5.5 Die kompetisie laat net (100) … inskrywings toe. (1) (1) (1) (1) (5) Oefening 6: Sinsoorte Onthou: Daar is VIER soorte sinne: 1) Stelsin (statement) 2) Vraagsin (question) 3) bevelsin (command) en 34 4) uitroepsin (exclamation). Die leestekens help om die sinne uit te ken. Die stelsin word gebruik om ʼn stelling te maak, byvoorbeeld: Besoedeling is ʼn wêreldwye probleem. ’n Bevelsin word gebruik as ʼn opdrag/ bevel gegee word. Die sin begin met ʼn werkwoord . Sommige bevelsinne kan met ‘n uitroepteken eindig, byvoorbeeld: Hou op rommel strooi! Dui met ’n regmerkie aan watter soort sin elk van die sinne in die tabel is. Stelsin Bevelsin √ Voorbeeld: Moenie rommel strooi nie. 6.1 Plastiekafval vat baie plek op ashope. 6.2 Gebruik afvalmateriaal weer. 6.3 Herwinning help mens geld spaar. 6.4 Moenie glasbottels weggooi nie. 6.5 Sorteer die rommel. Verander die volgende sinne soos gevra: 6.6 Moet ons die natuur bewaar? 6.6.1 Vorm ʼn stelsin 6.6.2 Vorm ʼn bevelsin 6.7 Gooi jou rommel in die vullisblik. Vorm ʼn stelsin. Begin met: Jy … 6.8 Papier moet herwin word. Vorm ʼn bevelsin. (1) (1) (1) (1) (4) Oefening 7: Tye in Afrikaans Verlede tyd (past tense) Ons gebruik die verlede tyd om te vertel van iets wat reeds gebeur / klaar gebeur het. ʼn Sin word soos volg in die verlede tyd geskryf: Onderwerp Werkwoord Voorwerp (Object) (subject) (Verb) + Die leerders Strooi + Rommel 35 UITSONDERINGS: kan - kon mag - mog wil - wou sal - sou moet - moes is - was Hulpwerkwoorde kry nie HET en GEnie. Die hulpwerkwoord verander, maar bly op dieselfde plek (V1) Onderwep (subject) Die leerders Werkwoord + (Verb) Voorwerp (Object) + Rommel Werkwoord + ge+strooi strooi het Onderwep (subject) Die leerders Woorde wat nie ge- kry nie: be- (begin, bepaal) ge- (gesels, ge…) her- (herken, herhaal) er- (erken, ervaar) ver- (vergeet, vervang) ont- (onthou, ontvang) mis- (misken, mis…) pro- (probeer, pro…) Werkwoord + (Verb) Voorwerp (Object) + Wil Onderwep (subject) Die leerders (Verb) + Werkwoord (Verb) Wou + rommel Voorwerp (Object) rommel Werkwoord + (Verb) strooi Werkwoord (Verb) + Teenwoordige tyd (present tense) Ons gebruik die teenwoordige tyd om te vertel van iets wat nou gebeur. ʼn Sin word soos volg in die teenwoordige tyd geskryf: Onderwep (subject) Werkwoord Voorwerp (Object) (Verb) + + Die leerders rommel strooi strooi 36 Toekomende tyd (future tense) Ons gebruik die toekomende tyd om te vertel van iets wat gaan gebeur. ʼn Sin word soos volg in die toekomende tyd geskryf: Onderwep (subject) Werkwoord Voorwerp (Object) (Verb) + + Die leerders Rommel Strooi Onderwep (subject) Die leerders Werkwoord + (Verb) + Voorwerp (Object) Rommel Strooi Werkwoord + (Verb) strooi sal Onthou die tydwoorde wat die verskillende TYE aandui: VERLEDE TYD TEENWOORDIGE TYD TOEKOMENDE TYD Gister … Vandag … Môre … Verlede week/ maand/ jaar/ Elke dag … Volgende week / maand / Saterdag … Deesdae … jaar / Saterdag … Vroeër … Tans … Later … In die verlede … Op die oomblik … In die toekoms … Onlangs … Nou … Binnekort … Eergister … Volgende … S (V1) T O M P (V2) I S (V1) T O M P I S (V1) T O M P (V2) I T + V1 + S O M P + ge-V2 T + V1 + S O M P I T + V1 + S O M P + V2 Gister het ek rommel netjies in die herwinningsdrom gegooi. Vandag gooi ek rommel netjies in die herwinningsdrom. Môre sal ek rommel netjies in die herwinningsdrom gooi. Voltooi nou die volgende tabel: VERLEDE TYD TEENWOORDIGE TYD 7.1.1 Gister … 7.1.2 Die leerders leef groen. 7.2.1 Verlede week … 7.2.2 Vandag … 7.3.1 Daar was baie rommel. 7.4.1 Vroeër … 7.5.1 In die verlede … 7.3.2 Nou … 7.4.2 Die rommel hoop op. 7.5.2 Tans … TOEKOMENDE TYD 7.1.3 Môre … 7.2.3 Hulle sal rommel versamel. 7.3.3 Later … 7.4.3 In die toekoms … 7.5.3 Môre sal alles herwin moet word. Oefening 8: Ontkenning Die belangrikste reëls vir die ontkenning / negatief NEE = NO Nee, ek wil nie mors nie 37 NIE = NOT GEEN MOENIE = = NO DON’T Ek het geen idee hoe om papiere te herwin nie! Moenie papiere rondstrooi nie Onthou: In Afrikaans gebruik ons ʼn dubbele negatief. S v1 NIE T O M P v2 NIE (Skryf die eerste nie na die eerste werkwoord) Piet wil nie papiere optel nie. OF S v1 NIE T O M P v2 I NIE (Skryf die eerste nie na die eerste werkwoord, en die laaste nie na die infinitief) Piet weet nie hoe om groen te leef nie. ‘n Paar vangplekke If there is no object or adverb (T M P) in the sentence and the sentence ends on the verb TYD, WYSE, PLEK = bywoorde (adverbs) ▪ Ek sien. Ek sien nie. ▪ Ek mors. Nee, ek mors nie. ▪ Ek sien nou(bywoord) Ek sien nie nou nie ▪ Ek sien dit. nie. Nee, ek sien dit If verb 1 is followed by a pronoun or a proper noun ( a person’s name) the NIE goes directly AFTER the noun ▪ Ek sien hom. nie. Nee, ek sien hom ▪ Ek sien Johan. nie. Nee, ek sien Johan ▪ COMMANDS ( Bevele) ▪ Slaap nou! nie! Start with MOENIE, verb goes to the end of the sentence and NIE follows Nee, MOENIE nou slaap ▪ Maak die venster toe! Nee, moenie die venster toemaak nie! ▪ REQUESTS ( Versoeke) ▪ Tel asseblief die papiere op! Start with MOET ASSEBLIEF NIE, verb goes to the end of the sentence and NIE follows Nee, MOET ASSEBLIEF NIE die papiere optel nie ▪ Help jy die mense wat papier herwin? Nee, ek help nie die mense wat papier herwin nie ▪ Weet julle wat julle aan die aarde doen? Nee, ons weet nie wat ons aan die aarde doen nie ▪ QUESTIONS ( Vrae ) To answer the negative question, change the following pronouns in the sentence Jy ek Julle ons 38 ▪ TWO NEGATIVE WORDS IN A SENTENCE Only change the first one ▪ Jy kan nie sê: Nee, ek het nog nie niks gedoen nie ▪ Was iemand al ooit op die maan? Nee, niemand was al ooit op die maan nie Voltooi die volgende sinne in die ontkenning 8.1 8.2 8.3 8.4 8.5 Het jy al ooit aan ʼn herwinningsprojek deelgeneem? Nee, … Alle polistireenhouers kan herwin word. Nee,... Gooi rommel in die rivier. Besoedeling vind nog steeds plaas. Is daar iets wat ons aan besoedeling kan doen?