Mielies: ken jou kultivars
Transcription
Mielies: ken jou kultivars
Tydskrif van die Senwes Groep • Oktober 2007 Tuinwenke vir Oktober Mielies: ken jou kultivars Versigtig vir goedkoop brandstof Vir die jongspan: inkleurkompetisie Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes internet www.senwes.co.za Gerrit Oosthuizen Oosthuizzen Korrekte kultivarkeuse is een van die belangrikste aspekte by mielieverbouing en ’n groot verskeidenheid kultivars en kultivarpakkette is beskikbaar om van te kies. Dit is gevolglik belangrik om die verskillende eienskappe van die onderskeie kultivars te ken, sodat die beste keuse gemaak kan word. T egnologiese ontwikkeling soos geneties gemodifiseerde organismes (GMO) het ’n nuwe dimensie in mielieverbouing veroorsaak. Kultivars verskil van mekaar wat aanpasbaarheid, opbrengspotensiaal en aspekte soos siekteweerstandbiedendheid betref. Aan die einde van elke seisoen moet die produsent die kultivars wat aangeplant is, evalueer en besluit of daar aanpassings gemaak moet word. Risiko kan ook verminder word deur ’n kultivarpakket aan te plant. Belangrike faktore wat in ag geneem moet word: Opbrengspotensiaal en aanpasbaarheid As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat die biologiese sisteem beïnvloed, is daar ’n groot variasie in die toestande waaronder mielies in SuidAfrika geproduseer word. Die somersaaigebied is verder bekend vir wisselvallige klimaatstoestande. Een van die belangrikste kriteria by kultivarkeuse is opbrengspotensiaal. Sommige kultivars presteer beter in die droër, warmer produksiegebiede (westelike produksiegebiede), terwyl ander weer beter presteer onder gunstiger omstandighede in die oostelike produksiegebiede (koeler, hoër reënval). Daar is kultivars wat ewe goed oor ’n wye reeks van potensiaaltoestande presteer en dit is juis kultivars soos dié wat risiko kan verlaag en opbrengs kan stabiliseer. Oessekerheid (stabiliteit) Kultivarkeuse is ’n belangrike deel van produsente se boerdery. 10 Senwester, Oktober 2007 Oessekerheidswaardes is ’n waardevolle hulpmiddel in kultivarkeuse. Gemiddelde opbrengs, opbrengsgeneigdheid en stabiliteit van ’n kultivar word gebruik in die berekening van oessekerheidswaardes. Die oessekerheid van ’n kultivar vir ’n sekere opbrengspotensiaal is die minimum opbrengs wat daardie kultivar in nege uit tien gevalle kan behaal. Die Landbou Navorsingsraad (LNR) doen jaarliks hoofstorie objektiewe kultivar-evaluasieproewe wat die grootste gedeelte van die somersaaigebied verteenwoordig. Hierdie resultate word jaarliks in die Mielie Inligtingsgids (MIG) gepubliseer en is baie handig wanneer daar oor kultivarkeuses besluit moet word. In Tabel 1 en Tabel 2 word inligting (oessekerheidswaardes) weergegee vir onderskeidelik die wit- en geelmieliekultivars waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (soos verkry uit MIG 2007). Groeiseisoenlengte Met groeiseisoenlengte word bedoel die periode van plant tot blom en fisiologiese rypheid. Saam met plantdatum is dit baie belangrik wanneer aspekte soos die intreedatum van ryp en mid-somerdroogtes ter sprake is. Groeiseisoenlengte is ook belangrik in wisselbou (opvolggewas by besproeiing) en die bemarkingstrategie wat ’n produsent volg. 13 X ‘ As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat die biologiese sisteem beïnvloed, is daar ’n groot variasie in die toestande waaronder mielies in Suid-Afrika geproduseer word. ’ Tabel 1: Witmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (15 proewe). Kultivar 2 Ton 3 Ton 4 Ton 5 Ton Gem Helling D2 DKC 78-15B 2,42 3,48 4,52 5,51 5,79 0,95 0,2913 CRN 3505 2,21 3,28 4,32 5,32 5,59 0,96 0,2747 PAN 6995B 0,18 2,29 3,72 5,09 5,49 1,31 0,6540 SNK 2551 2,39 3,35 4,29 5,18 5,47 0,85 0,3279 CRN 3549* 2,00 3,08 4,12 5,13 5,38 0,97 0,2265 PAN 6611* 1,21 2,48 3,70 4,89 5,17 1,14 0,2915 PAN 6537 0,98 2,28 3,57 4,80 5,10 1,19 0,3581 PANTHERA 0,92 2,14 3,33 4,47 4,81 1,09 0,4294 PAN 6053 1,07 2,14 3,19 4,14 4,56 0,92 0,6183 SAFFIER 1,54 2,36 3,14 3,89 4,12 0,71 0,2249 CARACAL 0,43 1,49 2,50 3,45 3,86 0,89 0,7068 * Verwysingskultivar. Tabel 2: Geelmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (15 proewe). Kultivar 2 Ton 3 Ton 4 Ton 5 Ton Gem Helling D2 DKC 80-12B 1,40 2,73 4,04 5,27 5,77 1,16 0,5966 DKC 80-10* 2,12 3,12 4,09 5,00 5,40 0,84 0,4330 PAN 6146* 1,17 2,48 3,77 5,01 5,36 1,21 0,1804 PAN 6966 1,44 2,65 3,83 4,97 5,36 1,08 0,3081 PAN 6734 1,54 2,68 3,80 4,85 5,23 1,06 0,3513 AFG 4410 1,61 2,62 3,62 4,58 4,88 0,92 0,1640 LS 8504 1,26 2,20 3,10 3,93 4,37 0,74 0,5617 SYNCERUS 1,10 2,18 3,23 4,23 4,00 0,94 0,3690 * Verwysingskultivar. Senwester, Oktober 2007 11 hoofstorie 11 W Meerkoppigheid Meerkoppigheid is die potensiaal wat ’n kultivar het om meer as een kop per plant tot volwassenheid te bring. Hierdie eienskap kan goed benut word by laer plantpopulasies en is nou gekoppel aan die aanpasbaarheid van ’n kultivar. Hoe hoër die plantpopulasie, hoe minder sal meerkoppigheid ’n rol by kultivarkeuse speel. Siekteweerstand ’n Mieliestronkboorder. Die teling van mielies met siekteweerstand of -verdraagsaamheid geniet voortdurend baie aandag by die mielietelers. Kultivars verskil in hul vatbaarheid vir belangrike siektes soos stam- en wortelvrot, streepsiekte, grysblaarvlek, roes, kopvrot en kop- en pluimbrand. Indien ’n kultivar(s) gekies word met weerstand of verdraagsaamheid teen ’n prominente siekte(s) in ’n sekere gebied, kan daar heelwat op siektebeheerkostes gespaar word. Hierdie siektes het ook opbrengsverliese tot gevolg. Omval Indien ’n kultivar geneig is tot omval, kan dit groot finansiële implikasies vir die produsent inhou, naamlik opbrengsverlies en die arbeidskoste om die koppe op te tel. Vordering (teling) is gemaak om omval te beperk, maar hoë plantpopulasies bevorder ook die kanse vir omval. Toestande soos te veel of te min water (stremming) kan ook die staanvermoë van ’n kultivar beïnvloed. GMO-kultivars (biotegnologie) Biotegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van lewende organismes om nuwe produkte te ontwikkel. Goeie voorbeelde hiervan is stronkboorder-weerstandbiedende kultivars (“Bt”mielies) en glifosaatbestande kultivars (“Roundup Ready”mielies). Kultivars met beide bogenoemde eienskappe in een kultivar is nou beskikbaar en staan bekend as die “stapelgeen”. Saad van GMO-tipe kultivars is egter aansienlik duurder as die saad van tradisionele of gewone kultivars, maar die produsent kan weer op insekbeheer- en/of onkruidbeheerkostes spaar. Roundup Ready-mielies bied veral ’n uitweg op lande met moeilik beheerbare onkruide. Onthou dat daar voorwaardes en regulasies is, soos die aanplant van “toevlugsgebiede” (niestamrusper-weerstandbiedende kultivars) wat saam met Btmielies geplant moet word. Opsommend • Moet nie al jou eiers in een mandjie sit nie – kies ’n kultivarpakket om risiko te versprei. • Moet nooit ’n staatmaker-kultivar binne een seisoen met ’n nuwe of onbekende kultivar vervang nie. • Evalueer eers ’n “nuwe” kultivar in aanplantings saam met bewese kultivars. Tipiese stronkboorderskade. • Kies ’n kultivar met ’n wye aanpassingsvermoë sodat dit hoër potensiaaltoestande kan benut, asook by laer potensiaaltoestande ’n aanvaarbare opbrengs kan lewer. • Maak gebruik van objektiewe, onverbonde kultivar-evaluasieresultate. • Die LNR-IGG publiseer jaarliks ’n Mielie Inligtingsgids (MIG) met waardevolle inligting oor mielie-kultivars, bemesting, gewasproduksiestelsels, chemiese onkruidbeheer en gewasbeskerming. • Hersien kultivarkeuse jaarliks om by veranderde omstandighede en vordering in tegnologie aan te pas. S Verwysings Handleiding vir die verbouing van mielies in die somerreënvalgebied – LNR-IGG; Mielie Inligtingsgids 2007 – LNR-IGG; Seed for thought (Volume 3, Number 2, 2006) – PANNAR; www.monsanto.co.za – Biotegnologie; www.push-pull.net; http://www.poljinos.hr/english/maize Gerrit Oosthuizen is ’n senior akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Skakel hom by (018) 462-8533 of 084 506 8791 vir enige navrae. E-pos kan gestuur word na: gerrit.oosthuizen@senwes. co.za. Senwester, Sen en nw we es e ster te er, O Oktober Okto kto tob to ber 2007 7 1 13 internet www.senwes.co.za Jaco Vermeulen Geelmielie-kultivarproewe op Vaalharts Produsente moet jaarliks besluit watter kultivars die beste onder hul eie spesifieke omstandighede in hul pakket sal inpas. Jaarliks word daar nuwe, verbeterde kultivars vrygestel en die produsent vind dit moeilik om weg te breek van die bekende tradisionele kultivars wat reeds beproef is. S enwes Landboudienste op Vaalharts doen vir die afgelope vier jaar hul onafhanklike proewe waar alle betrokke firmas drie kultivars wat aanbeveel word, kan insluit in die proef. Daar word ook een nuwe kultivar vir toetsing toegelaat om teen bestaande kultivars te meet. Op Vaalharts met sy gewasrotasiestelsel speel die ultra-kort kultivars ’n baie meer prominente rol as in die droëlandgebiede. Met die oorskakeling na spilpuntbesproeiing het die fokus verskuif van ’n 90% relatief laat mielie na ongeveer 50% vroeë mielie en 50% mielie na koring of gars. Die kultivarkeuse word ook grootliks hierdeur bepaal. Onder besproeiing kan ultra-kort groeiers wat einde September tot 20 Oktober geplant word, onder normale klimaatstoestande reeds in Maart geoes word. Pryse is dan gewoonlik hoog weens lae voorraadvlakke in teenstelling met die heelwat laer Julie-pryse, weens die stroopdruk van die droëlandgebiede. Die mark bepaal egter deesdae meer die behoefte en uiteindelik ook die produsent se besluitneming. Die opbrengsrisiko onder besproeiing is ook minder as onder droëlandverbouing. Elke jaar het egter sy eie spesifieke klimaat en dit is verstommend om die kultivarverskille waar te neem oor die verskillende toestande, asook siektevoorkoms. In dié artikel word die afgelope twee uiteenlopende seisoene se proefdata weergegee. Die 2005/2006-seisoen (sien figuur 1) Die seisoen was gekenmerk deur buitengewoon baie reën van ongeveer 1 000 mm in die groeiseisoen wat van Januarie tot Maart voorgekom het. Weens die baie reën was die voorkoms van blaarsiektes soos noordelike blaarskroei en roes baie hoog. Dit het ’n duidelike effek op die kultivars gehad wat meer vatbaar Figuur Figuur F urr 1: 1: Opbrengsresultate Op O pbre brrengs rengs ng gsre resul ult lttate vir vir kultivars vi kult kult u iva vars ars s getoets get ge eto oe oet etts in in die diie e 2005/200620 200 20 00 05/2 5/2006 06 0 6seisoen. 14 Senwester, Oktober 2007 is vir die siektes. Die oorskakeling na meer vroeë mielies het ook die nadeel dat die voorkoms van mieliestamrusper en streepsiekte drasties verhoog het. Produsente moet nou baie meer voorsorg tref en monitering van die gewas doen om voortydig op te tree. Dit is hoofsaaklik ook die rede hoekom daar soveel BT-kultivars aangeplant word. Daar moet ook genoem word dat daar by twee geleenthede hael op die proefperseel voorgekom het, wat wel opbrengsverliese teweeg gebring het. Gelukkig was die skade nie so drasties nie, maar dit het die effektiewe groeiseisoen verkort. Aansienlike loging van stikstof en verspoelings het ook voorgekom weens die baie reëns in die relatief kort periode. Die 2006/2007-seisoen (sien figuur 2) Anders as die vorige jaar was hierdie ’n relatief droë groeiseisoen. Met die uitsondering van geïsoleerde gevalle met digte plantestand en nou rye met ’n hoë mikroklimaat, was blaarsiektes weglaatbaar min. Die voorkoms van stamrusper het egter tydens sekere stadiums straf voorgekom, maar deur middel van spoedige chemiese beheer is dit hokgeslaan. Die nagevolg hiervan was die toetrede van rooispinnekop. Alhoewel daar wel skade veroorsaak was, was die omvang nie te groot nie en het daar oor die hele Vaalharts-gebied ’n relatief goeie mielie-oes gerealiseer. Toestande was baie meer optimaal vir goeie opbrengste weens die goeie hitte-eenhede. Produsente moes dié seisoen bontstaan om met die besproeiingswater by te bly, vandaar die groot verskille in opbrengs tussen spilpuntbesproeiing en tradisionele vloedbesproeiing wat waargeneem is. Figuur Fig Fi F ig iguu u r 2: uur 2: Opbrengsresultate Op O pb bre br re en ng ngs gs gsres re es sult ullt u la attte ate e van vva an die diie e kultivars ku k kul u ultiv ttiiv i ars arrs getoets getoe ge oe ets ts in in die di di 2006/2007-seisoen. landbou in praktyk Tydens die stroopdag by ’n weegkarretjie. Van links: Pieter van Niekerk (medewerker), Andries Zandberg (Pannar verteenwoordiger) en Neels van Niekerk (medewerker). Algemeen Saadgrootte Plantestand kan deur die verskille van saadgrootte beïnvloed word en daar moet noukeurig op die verskille gelet word wanneer planters gekalibreer word, of wanneer pitgroottes gewissel word. Dieselfde pitgrootte moet verkieslik deurgaans gebruik word. Wanneer daar selfs met lugdrukplanters geplant word, word drastiese verskille in plantestand opgemerk wanneer met verskeie saadgroottes geplant word. Die kleiner sade lewer selfs 50% dikker stand met kleiner pitte teenoor die groter pitte (verskil van 58 000 tot 88 000 plante per hektaar). Daar kan aangeneem word dat die kleiner pitte twee-twee opgesuig word. Dit het nie alleen koste-implikasies nie, maar kan ook tot te digte stand lei. Die kultivars met die kleiner pitte het dan ook weens hul dikker stand tydens die uitstekende jaar beter presteer as die kultivars met groter pitte en laer stand. Indien ’n goeie jaar nie realiseer nie en stremming ondervind word, kan die omgekeerde ook gebeur. Saadgrootte opsigself het na my mening nie ’n invloed op die opbrengspotensiaal nie. Dit is net belangrik om die planter volgens die pitgrootte waarmee jy plant te kalibreer. Klein pitte kan ook maklik te diep geplant word. Samevatting Verskeie proewe word deur verskillende instansies gedoen. Geeneen van die proewe moet geïgnoreer word nie. Hoe meer inligting tot die produsent se beskikking is, hoe beter besluite kan hy neem. Wat egter baie belangrik is, is dat daar na meerjarige data gekyk moet word en dat verskeie seisoene en klimaatstoestande in ag geneem moet word. Moet ook nie net op een kultivar besluit nie, maar eerder op ’n pakket. Wanneer al die faktore soos saadgrootte, toevlugsoorde, klimaat en kultivarpakket in ag geneem word, behoort dit die risiko te verminder. Die beste kultivar wen nie noodwendig die proewe nie, meer die een met die mees konstante opbrengs oor jare. S Jaco Vermeulen is ’n akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Vir meer besonderhede oor die proefresultate, siektedruklesings en plantestand kan jy met hom in verbinding tree by (053) 474-9647 of 082 948 2557. Baie dankie ook aan die medewerkers PJJ van Niekerk en Seun, sonder wie se insette hierdie proewe nie moontlik is nie. Twee kultivars weerskante van ’n kontrolestrook wat reeds uitgestroop is. Toevlugsoorde Daar moet voorts onthou word dat indien BT-kultivars geplant word, daar voorwaardes en regulasies aan verbonde is. Dit is baie belangrik om by die regulasies te hou. Indien daar nie toevlugsoorde of BT-vrye stroke geplant word tussen die BT-aanplanting nie, kan weerstand opgebou word. Dit gaan definitiewe gevolge vir die tegnologie inhou en selfs volhoubaarheid van die tegnologie kortwiek. Maak dus seker dat jou verteenwoordiger jou volledig inlig oor die voorwaardes en regulasies. Geen waarborge of ondersteuning kan deur saadfirmas gegee word indien die vereistes nie nagekom word nie. Senwester, Oktober 2007 15 internet www.senwes.co.za Johan du Toit An agri-business perspective on South Africa’s land d reform efo programme o e involves three key elements: the redistribution of agricultural land to new producers; the restoration of land, or cash compensation to restitution claimants who were dispossessed after 1913; and the securing of tenure rights for residents of commercial farms and communal areas. A lthough some progress has been made in each of the areas, land reform is proceeding at a very slow pace overall due to a number of factors, including complex bureaucratic processes and inadequate budgets. Target and achievement The land reform target set by government is to transfer 30% of productive commercial agricultural land by 2015 to previously disadvantaged groups or individuals, which implies 25,9 million hectares. This figure excludes all state owned land, as well as former homelands. In the case of the Free State and North West provinces, which constitute the biggest part within the Senwes geographical service area, it implies the transfer of 3,51 million and 3,03 million hectares respectively. According to the ministry of agriculture and land affairs as at 16 Senwester, Oktober 2007 July 2005 2005, 3 3,137 137 million hectares had been transferr transferred nationally, which represents 12% of the 2015 target. In order to achieve the target, 2,28 million hectares will have to be transferred per annum during the next ten years which is far higher than what has been delivered in any one year to date. Almost two-thirds of the total amount spent on restitution awards to date has been spent on cash compensation rather than on purchasing land. Challenges that have to be addressed The following could be regarded as critical issues that have to be addressed in order for land reform to succeed in South Africa: • Better alignment between political, sosio-economical and pure economical objectives that must be achieved through the process of land reform. Land reform in its present status doesn’t necessarily imply an improvement in the sosio-economic well-being of a household or community. • The selection process. Clear distinction should be made during the selection process between who wants land for farming purposes and who wants it just for the sake of owning land or traditional purposes. Knowledge of basic business practices, commitment and the willingness to acquire the necessary technical skills through mentorship and formal training are some of the basic criteria that should be applied. • After selection, proper training could be regarded as an absolute prerequisite. The department of agriculture doesn’t have agriculture in practice • • • • the capacity or the skills to do it on their own. Therefore, more funding should be made available for private institutions and initiatives in this regard. The productive use of transferred land – South Africa, who is fast becoming a net importer of staple commodities, could not afford to withdraw 30% of its already limited high potential agricultural land from commercial production as it would put self sufficiency under further pressure. Given the lack of knowledge and applicable experience amongst land beneficiaries, a reduction in yield (output) will be inevitable. This will have a negative impact on agribusinesses whose core business is the storage, handling and marketing of grain. Given the already low profitability caused by factors such as unfavourable terms of trade, it is doubtful whether land reform would improve the quality of living especially for those who want to engage in dry land cash crop farming. A lack of protection against imports and subsidies are factors which is not conducive for land reform within the South African context. A proper post-settlement support programme is a prerequisite for successful land reform. At present it is lacking to a large extent. Despite a sharp increase in the price of land over the past five years due to normal market factors, the formula for calculating the amount available per beneficiary to acquire land through the LRAD scheme had not been adjusted accordingly. This implies that less land could be acquired which in many instances is not an economic viable unit. Conclusion All the abovementioned factors have a direct influence on the future existence of any agricultural related business in South Africa. It is, therefore, important for leading agri-businesses to be actively part of the process through existing structures in order to advise and influence government to pro-actively amend policy where necessary. S CoverTex Rekbaar Duursaam Lae onderhoud Maak jou verfprojek die moeite werd. Gebruik die nuwe reeks Kaufmann verf en kry gemoedsrus op die koop toe. Kwaliteit wat jou sak pas. Johan du Toit is the manager of Senwes Agri-Services. For more information, contact him on (018) 464-7543 or email johan.dutoit@senwes.co.za. Kom tuis na kwaliteit 17 internet Somertyd is fosfortyd www.senwes.co.za Ulrich Müller, Voermol Voere D it is nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling vir weidende diere op groen weiding. Groen weiding is hoog in proteïen en hoogs verteerbaar, diere op sulke weidings neem dus toe in massa. Met ‘n mineraal-aanvulling (P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om optimale gewigstoename te verkry. Energie Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word, vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie dus saam met P aangevul moet word om ‘n verdere respons in toename te verkry. Energie-aanvulling is relatief duur en om dié rede bevat ‘n energie-aanvulling ‘n ionofoor soos Salinomycin-Na. Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik bespaar dit voer en so ‘n aanvulling is koste-effektief. Produkte beskikbaar Katvoet loop vir Die volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word: Mineraal-aanvullings Voermol Superfos V17422 Rumevite 6P V11995 Klaar gemengde mineralelek. Aanbevole inname: 110 g - 240 g/bees/dag. Rumevite 12P V11994 Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke dele sout om ’n P6-lek te gee. Aanbevole inname: 110 g - 240 g/bees/dag. Voermol Fosfaatblok V10264 Fosfaatblok gereed om te voer. Verwagte inname: 110 g - 240 g/bees/dag. Selfmeng mineralelek Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg sout en met 50 kg Voermol Super 18. Hierdie mengsel is ’n smaaklike lek wat goeie resultate gee, veral waar lekinname op P6-lekke laag is. Aanbevole inname: 120 g - 240 g/bees/dag. Energie en mineraal-aanvullings Groei kan verder verhoog word deur ‘n energie-aanvulling. Die volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoende goeie kwaliteit groen weiding. Energie en minerale-aanvulling met 20% proteïen vir diere op groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/ bees/dag. Voermol Supermol V7267 Voermol Energieblok V11456 Voermol Molovite V10264 goedkoop Hierdie is ’n smaaklike, klaar gemengde mineralelek. Aanbevole inname: 120 g 240 g/bees/dag. Blok; gebruik as energie en minerale-aanvulling vir diere op groenweiding. Aanbevole inname: 1 400 g - 2 000 g/bees/dag. Energie en minerale-aanvulling vir diere op top kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/bees/dag. Vir navrae, skakel Ulrich Müller van Voermol Voere by 083 414 5928. Vir meer besonderhede kontak jou naaste Voermol agent of Voermol se hoofkantoor by (032) 439-5599 of e-pos info@voermol.co.za brandstof P rodusente se brandstofverbruik is geweldig hoog en met brandstofpryse wat aan die toeneem is, is sommige produsente bereid om tot uiterstes te gaan om kostes te bespaar. Die kanse dat goedkoper brandstof nie op die standaard is wat dit moet wees nie, is egter baie goed en produsente moet katvoet loop om seker te maak dat hulle nie ’n rat voor die oë gedraai word nie. Die hoeveelheid insidente waar brandstof gesteel word, is aan die toeneem. Hierdie gesteelde diesel word weer in die sisteem ingewerk deur dit teen ’n goedkoper prys te verkoop. Die brandstof wat op ’n oneerlike wyse bekom word, word gewoonlik in houers gestoor wat verweer is deur die gebruik van ander vloeistowwe. Hierdie vloeistowwe meng met die brandstof en kan verwoestend wees vir gewone enjins. Daar is ook gevalle waar die diesel opsetlik vermeng word met goedkoper vloeistowwe, soos geïllumineerde paraffien – wat jou inspuitingsisteem beskadig. Volgens Lourens Swanepoel (nasorgbestuurder: ELB) is die skade wat goedkoop brandstof aan trekkers aanrig, selfs groter as die skade vir kommersiële voertuie. Gesteelde of onderpresterende diesel en petrol vind dikwels hul pad na vulstasies wat nie deur ’n erkende handelsmerk, soos BP, Engen, Shell en Sasol, ondersteun word nie. Hierdie maatskappye het streng kwaliteitskontroles wat nie petrol of diesel wat jou enjin kan beskadig, deurlaat nie. S Wees op die uitkyk vir die volgende uitgawe van die Senwester, waarin ’n artikel sal verskyn wat onder andere sal kyk na hoe jy jou brandstof op jou plaas kan bestuur om die beste waarde vir jou geld te kry. 20 landbou in praktyk Brandstofbesparing Elmarie El i Cronje C j nie net leë woorde by John Deere J ohn Deere se 7030-reeks is vroeg vanjaar bekend gestel, met die belofte aan produsente dat dit as die beste in sy klas beskou word wat brandstofverbruik betref. Hierdie trekker doen verseker sy belofte gestand. Frikkie Kirsten, ’n Senwes-klant wat op die plaas Dowwespruit in die Makwassie-omgewing boer, het sy 30-reeks John Deere-trekkers getoets teen die 20-reeks. “Ons het albei trekkers oor twee dae van sesuur die oggend tot sesuur die aand laat werk. Teen die einde van die dag, het ons ’n 28ℓ tot 31ℓ besparing op die 30reeks aangeteken,” het Frikkie bevind. As ’n mens op ’n minder wetenskaplike manier daarna wil kyk, was Frikkie se bevinding dat die 20-reeks se brandstoftenk teen die einde van die dag leeg was, waar die 30-reeks se naald net onder half gelê het. Dit is dus nie net mooi kooppraatjies wat John Deere se 7030reeks so gewild maak nie, maar wel die 6,8 liter enjin wat op ’n noemenswaardige brandstofbesparing kan aanspraak maak, terwyl dit meer kilowatt uitskop. Die reeks spog ook met meer krag en ’n beter verkoelingsisteem, met groter wringkrag en vinniger reaksies. As jy dus op soek is na ’n trekker wat waarde vir jou geld bied, kan jy dié een beslis oorweeg. S • Gesels vandag nog met Willie Dietrechsen (bemarkingsbestuurder: John Deere) by (018) 4647216 vir meer inligting oor die 7030-reeks trekkers. ‘ ’ John Deere se 7030-reeks word as die beste in sy klas beskou in terme van brandstofverbruik. internet www.senwes.co.za landbou in praktyk Mariana Purnell Chemiese verklarings word beproef ook vervat op die graanleweringstrokies waar die produsent bevestig dat hy die voorskrifte nagekom het en nie onwettige middels en/of teen foutiewe dosisse of op verkeerde tye van die wettige middels toegedien het nie. Landbouchemiese middels op mielies getoets D ie verbouing en hantering van landbouprodukte moet voldoen aan vereistes soos neergelê in verskeie wette* wat die graderingsregulasies en leweringstandaarde van die onderskeie grane, asook die teenwoordigheid van giftige plantsade en die maksimum vlakke van plaagdoder-residue in voedsel beskryf. Vir die beroking van graanprodukte word ook riglyne voorgeskryf. Nuwe Voedselveiligheidswetgewing (2005) vereis dat alle voedselhanteerders in die voedselwaardeketting, soos Senwes, aan minimum voedselveiligheidstandaarde voldoen. Dit sluit in aspekte soos die ontvangs van landbouprodukte wat moontlik met sekere onkruiddoders, insekdoders, bemestingstowwe en verskeie ander landbou-chemikalieë behandel mag wees. Dit behels ook die versekering dat toegelate residu-vlakke van die relevante produkte wat in die produk teenwoordig mag wees, nie oorskry word nie en dat slegs geregistreerde middels toegedien is. Om te voldoen aan hierdie wetlike vereistes het Senwes die afgelope seisoen versoek dat produsente ’n verklaring van nakoming indien ten opsigte van chemiese bespuiting alvorens enige graan by ‘n silo gelewer word. Hierdie verklaring word Die produsent se onderneming: “Ek bevestig hiermee dat graan deur my gelewer, met geen chemiese middels wat ’n gevaar vir menslike en dierlike gebruik inhou, behandel is nie en dat die bespuiting aan alle wetlike vereistes voldoen”. 22 Senwester, Oktober 2007 Senwes, wat as koper ter enige tyd volgens sy diskresie geregtig is om ondersoek te doen met betrekking tot die nakoming van hierdie vereistes, het by verskeie silo’s monsters getrek vir ontleding, veral in gevalle waar onbekende, skerp reuke op die produk voorgekom het. Alhoewel daar etlike monsters getoets was, is geen middels met organofosfate, triofosfate en karbamate bespeur nie en is die besendings dus aanvaar. Dit is dus ‘n riem onder die hart dat Senwes op sy kliënte se integriteit kan staatmaak. Senwes sal egter in die toekoms deurgaans hierdie metode toepas om aan die Voedselveiligheidswetgewing te voldoen en die verbruiker se veiligheid te verseker. Naspeurbaarheid op die plaas Dit is dus uiters belangrik dat die produsent: • let op die etiketvoorskrifte rakende registrasie van middels vir spesifieke gewasse om ’n bepaalde onkruid, swam of plaag te beheer; • noukeurige rekords op plaasvlak hou; • die lotnommer en die vervaardigingsdatum van die houers bewaar; • die invloed van tipe spuitpunte, tyd van toediening, spuitlewering, gebruiksbeperkings, mengbaarheid met ander produkte en algemene veiligheidsmaatreëls in ag neem; • altyd daarop aandring dat alle aanbevelings op skrif gestel word; en • uitvind of die agent of verteenwoordiger wat aanbevelings maak aan die nodige vereistes voldoen, soos deur ACDASA (Agricultural Chemical Distribution Association of South Africa) voorgeskryf word. * Wette ten opsigte van die verbouing en hantering van landbouprodukte - Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels, 1972 (Wet no 54 van 1972). - Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet no 119 van 1990). - Wet op Landboumiddels (Wet 36 van 1947). S Mariana Purnell is die bestuurder van Graan Spesialiteitsprodukte by Senwes. Vir meer inligting, skakel haar by (018) 464-7271 of e-pos mariana.purnell@senwes.co.za. internet www.senwes.co.za Why a breeding season for Livhu Ngwekhulu beef animals? Beef cattle production, like any other business, relies on increased profits. This can be achieved by minimising costs, increasing production while keeping other factors low, higher beef prices and breeding cattle that are adapted to the environment, to name but a few. high. It must be remembered that for a beef producer to be profitable, he must constantly try to keep production costs of his enterprise as low as possible. C ontrolled breeding can help improve many of these factors. Under controlled breeding, the producer decides on the time and period to run bulls with the cows instead of running the bulls with the cows all year round (uncontrolled breeding season). Uncontrolled breeding season This practice results in calving distributed throughout the year and through a range of environmental conditions. Cows that calve outside the best time of the year will struggle to raise a calf and get back in condition. Producers who use this method, like the fact that there will be calves to sell all year round, thereby taking advantage of the high beef price during the December period, as the price cycle shows (see figure 1). However, the feeding and veterinary costs of raising such calves can be very Figure 1: Monthly weaner price fluctuations fluctuations (1997 - 2001). 2001) It can be seen from the graph that beef prices peak during December month, mainly due to high demand during the Christmas season. Controlled breeding season The best way to reduce the costs of production is to match the cow/calf production cycle with the quality and availability of agriculture in practice forage, “synchronising with nature”, just like antelopes do. Cost effective management will ensure that high quality and quantity of forage supply coincide with the dropping of a calf through to weaning, thus keeping your cows’ condition and minimising supplementary feeding costs. Advantages of controlled breeding season Uniform calf crop • This eases management procedures like castration, dehorning, nutrition, vaccination, weaning and marketing, as the calves will be almost the same age. • A uniform calf crop will also allow you to manage your heifers well so that the highest percentage obtains sufficient weight and development to be mated at the right time. • Sexual rest, taking the bull away from cows will afford the cow herd time for treatment of venereal diseases. Problem identification • Cattle can be closely related for calving difficulty and helped in time before the calf or the mother is lost. • Cows with reproductive problems, like failure to conceive, can be identified and culled. An open cow will consume feed continuously while returning no revenue for a year. If not identified, with the increasing costs of keeping animals which rise annually, this can not be afforded. When does the breeding season start? Interestingly, one thing that should be remembered is the longer the breeding season, the less the uniformity in the calf crop. Calves that are born late in the calving season will not attain good weight when they are weaned and hence this means a lower income. The earlier they are born, the heavier they will be (refer to Table 1). In the Senwes service area, the right time would be at the beginning of December. By this time cows that calved in spring already had about three months rest for their reproductive system to recover sufficiently. Conclusion A balance should be struck between beef profit and what the farm can offer naturally, with costs from the producer. Beef prices do indeed peak during December, but is it economical to breed all year round so that you can sell when the price is high? With the rising costs of raising weaners, this practice does not always prove economical. It is highly beneficial to have a specific breeding season that you can adhere to, to reduce stress on animals by handling them constantly for vaccinations, dehorning and branding. The higher the number of cows that calf early during the breeding season, the higher the kilograms of weaner beef you will be able to sell the following year. S Livhu Ngwekhulu is a livestock specialist. For more information, contact Livhu at Senwes Developing Agriculture on (018) 464-7720 or 083 278 7742. 25 Table 1: Weaner values at different weaning weights (Milton, 2003). Period of birth (days) Weaning weight (kg) when oldest is 7 months R/kg Value of weaner in rand 0 - 20 240 12,0 2 880 21 - 41 219 12,0 2 628 42 - 62 198 12,0 2 376 63 - 83 177 12,4 2 194 84 - 105 156 12,7 1 981 internet www.senwes.co.za VSA mieliesituasie belangrik vir plaaslike produsent Thys Grobbelaar Die Amerikaanse oes speel ’n groot rol in die Suid-Afrikaanse mielieprysvormingsproses. Die Suid-Afrikaanse mielieprys vorm op ’n vlak tussen die berekende in- en uitvoerpariteit van mielies. In die berekeninge word die internasionale prys gebruik, wat gewoonlik die Amerikaanse prys is. ’n Hoër of laer Amerikaanse mielieprys het ’n hoër of laer in- of uitvoerpariteitsprys tot gevolg. I Figuur 1: Die produksie, verbruik en oordrag as % van verbruik (uitvoere uitgesluit) van mielies in die VSA. Figuur 2: Die beraamde verbruik van mielies vir etanolproduksie in die VSA. Figuur 3: Die oppervlakte onder mielies in die VSA asook die gemiddelde opbrengs per seisoen. 26 Senwester, Oktober 2007 n die onlangse verlede was die verskil tussen die berekende in- en uitvoerpariteit ongeveer R800/ton. Tans is dit ongeveer R1 200/ton, aangesien daar ’n $40/ton premie op witmielies in die VSA is. Die berekende invoerpariteit vir mielies gelewer by Randfontein is ongeveer R2 100/ton, terwyl die uitvoerpariteit ongeveer R900/ton is. Die potensiële prysbeweging van SuidAfrikaanse mielies is dus R1 200/ton, wat ’n wesenlike effek op die produsent se winsgewendheid kan hê. Soos algemeen bekend het die vraag en aanbod van enige kommoditeit ’n wesenlike effek op die prys daarvan. Die mark kyk veral na wat die berekende oordragvoorraad van die kommoditeit as persentasie van die verbruik van die kommoditeit is. Sou die persentasie laer as 15% daal, het dit gewoonlik tot gevolg dat die kommoditeit se prys skerp begin styg. Dit beteken dat die land slegs ’n maand en ’n half se oordragvoorraad het. Dit is ook gewoonlik die tyd wat dit neem om ’n kommoditeit in te voer. Die mark raak dan redelik onrustig en volatiele kommoditeitspryse is die gevolg. Eerstens kyk ons wat die situasie in die VSA is ten opsigte van hul berekende oordragvoorraad van hulle mielies. Die berekende oordragvoorraad van mielies in die VSA vir die 2007/2008-bemarkingsjaar is 38,5 miljoen ton, wat slegs 14,3% van hul verbruik is. Volgens Fimat gaan die volgende bemarkingsjaar se oordragvoorraad nog kleiner wees, naamlik 25,7 miljoen ton, oftewel 8% van hul verbruik. Nieteenstaande die drastiese uitbreiding in oppervlakte en hoë opbrengs wat landbou in praktyk verwag word, bly die berekende oordragvoorraad laag in die VSA. Dit stut die prys van die kommoditeit baie. Uit Figuur 2 kan afgelei word wat die berekende verbruik van mielies vir etanolproduksie in die VSA is. Teen die bemarkingseisoen 2008/2009, gaan hulle reeds 120 miljoen ton mielies vir etanolproduksie gebruik. Dit het tot gevolg dat die Amerikaners se oordragvoorraad bly krimp, nieteenstaande die drastiese uitbreiding in oppervlakte en baie hoë opbrengste wat realiseer. Hulle verwag tans ’n gemiddelde opbrengs van 152,8 boesels/akker, wat 9,6 ton/ha in ons terme is. Figuur 3 dui die oppervlakte in akker aan wat die Amerikaners onder mielies verbou. Dit is duidelik dat hulle die oppervlakte drasties uitgebrei het. So het hulle hierdie bemarkingseisoen die grootste oppervlakte mielies sedert 1944 aangeplant. Hulle kan in die stadium nie wesenlik verder uitbrei nie. Hul opbrengste styg steeds soos nuwe tegnologie en genetiese materiaal ontwikkel en aangewend word. Opsomming en gevolgtrekking Die Amerikaners se mieliebedryf neem elke jaar toe in omvang. Veral ten opsigte van opbrengste wat behaal word, is daar groot vordering. Hulle oordragvoorraad bly onder druk, omdat hulle verbruik van mielies vir etanolproduksie drasties toeneem. Dit het tot gevolg dat die Amerikaanse mielieprys op redelike hoë vlakke sal bly. Volgens hulle behoort hul mielieprys bo $3/ boesels te bly vir die afsienbare tyd. Die Suid-Afrikaanse produsent moet onthou dat hoewel die berekende in- en uitvoerpariteitsyfers redelik gestyg het, Suid-Afrika se berekende oordragvoorraad gaan bepaal of ons mielieprys by in- of uitvoerpariteit gaan vorm en daar is tans ’n R1 200/ton verskil. Ons moet steeds waak teen oorproduksie. S Thys Grobbelaar is ’n graananalis by Senwes Graan. Vir verdere inligting, skakel hom by (018) 464-7385 of e-pos thys.grobbelaar@ senwes.co.za. 27