Antieke Wortels NEW UPDATED
Transcription
Antieke Wortels NEW UPDATED
Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking van: • River of Life Family Church, Vanderbijlpark Pastoor Edward Gibbens (Kontak: Sharmain Joubert Persoonlike Assistant vir Ps Edward en Dalene Gibbens) River of Life Family Church Vanderbijlpark Suid-Afrika Tel: +27 16 9823022 Faks: +27 16 9822566 E-pos: sharmain@rolfc.co.za Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen gedeelte van hierdie materiaal mag egter gereproduseer en/of aangebied word vir persoonlike gewin nie. Alle regte van hierdie materiaal word voorbehou om die Koninkryk van die Here Jesus Christus ALLEENLIK te bevorder. Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling, kontak ons asb. by: Posbus 15253 John Vorsterrylaan 27 Panorama Plattekloof Uitbr. 1 7506 Panorama 7500 Kaapstad Kaapstad Suid-Afrika Suid-Afrika Tel.: (+27) (021) 930 7577 Faks: 086 681 9458 E-pos: kanaan@iafrica.com Webblad: www.kanaanministries.org Kantoorure: Maandae tot Vrydae, 9vm – 3nm. Kanaan in Europa - Basel: Larwin and Silvia Nickelson Oikos International Church Reinacherstrasse 3 CH-4142 Münchenstein Basel, Switzerland Sameroeper: Lydia Wenger Kantoorure: Monday, Tuesday and Thursday from 8 – 12 . Telefoon: +41(0)61 332 15 40 E-pos: kanaanministries@bete.net Webblad: www.kanaanministries.org 2 Hierdie gebede is opgestel volgens persoonlike opinies en oortuigings. Hierdie opinies en oortuigings word verkry vanuit ons interpretasie van die Woord van God, die Bybel. Daar word op geen manier gediskrimineer teen enige persone, kerke, instansies of politieke partye nie. Ons vra dus dat u hierdie skrywe op dieselfde wyse hanteer, of u hiermee saamstem al dan nie. RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN VERLOëNINGSGEBEDE Die verloëning van okkultiese betrokkenheid is tweeledig: 1. BELYDENIS VAN BETROKKENHEID. Met die belydenis van betrokkenheid word die gebed hardop gelees, verkieslik met een of meer getuie/s, asook die berader/s. Die rede vir die hardop lees, is sodat die individu geen twyfel het dat die verloëning gedoen is nie. Dit is ook waarom ons aanbeveel dat daar ‘n getuie/s is. Jak. 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, … Nadat hierdie deel afgelê is, is slegs die helfte van die verloëning voltooi. Die volgende deel is baie belangrik. Dit is waar die berader onmisbaar is. 2. OORLOGVOERING. Die gebed moet nou deurgebid word in oorlogvoering. Alle woorde en sinsnedes wat in donker gedruk en onderstreep is, asook die betrokke magte van die duisternis en effekte van betrokkenheid, nl. siektes, armoede, rusie, ens. moet aangespreek word. Die magte word bestraf, gebind, ontwortel uit die bloedlyn en beveel om ‘n voetbank vir Jesus se voete te word. Ps. 110:1 Sit aan my regterhand, tot Ek U vyande maak ‘n voetbank vir U voete. Heb. 1:13; 10:13 “13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.” Die individu moet ook losgesny word van die menslike wette en instellings van die betrokke organisasie/s en onder Christus se Wet kom. Gal. 3:10 3 INHOUD 1. Germaanse Wortels 5 2. Nazi gebed 9 3. Anti-Semitisme 22 4. Die Geskiedenis van die Egiptiese Gode 31 5. Egiptiese Gode 54 6. Khoi 64 7. Shamanisme 76 8. Sterretekens en Astrologie 83 9. Die Geskiedenis van Cabala 99 10. Cabala (Numerologie) 116 11. Lilith 125 12. Jesébel 132 13. Die Hemelkoningin 139 14. Satanisme 144 15. Slawerny 162 4 1. GERMAANSE WORTELS Hemelse Vader, ek kom buig laag in lof en aanbidding voor U neer. Ek vra vir die beskerming van die Bloed van Jesus en ek onderwerp myself geheel en al en sonder voorbehoud aan U heerskappy in elke area van my lewe. Ek verbind myself alleenlik aan die enigste ware en lewende God en ek weier enige betrokkenheid met Satan en sy demone. Ek verloën en verwerp alle Germaanse gode en godinne wat deur my voorvaders aanbid is. Ek bely die aanbidding as die sonde van afgodery en ek vra U nederig om vergifnis daarvoor. Ek verloën die gode: Odin/Woden/Wotan; Thor/Donar; Frea/Frigg; Volla/ Fulla; Balder/Baldr; Saxnot/Seaxnet; Tiw/Tyr/Ziu; Bethane; Kavsir; Frey; Sif; Loki; Freyja; Thrym; Jord; Magni; Modi; Phol; Singthgat; Erda; Hel; Volsung; Sigmund; Mimi; Sigi; Rerir; Sigurd; Nethus; Terra Mater en alle ander genoem in Ragnorak, sowel as al die Aesir en gode. Ek verloën alle geestesgidse (spirit guides) soos Desir en Fylgur (gestorwe vroulike voorouers wat aanbid is) en ek bely ook die sonde van voorvaderaanbidding. Ek verwerp ook die aanbidding van elwe en dwerge. Ek verloën die aanbidding van Regnator Omnium Deus en die familiêre geeste (Valkyries) - gevegsdemone wat saam met Woten gevind word (Woten: bloeddorstige vroulike geeste wat die verslaandes uitkies, ook bekend as Alaisiagae). Ek verloën die legendes van Mittgard, die Edda, Ragnarok en ander Nordiese sages. Ek verloën alle aanbidding wat hierdie demone ontvang het deur my en my voorgeslag. Ek kanseleer alle rituele met die Bloed van Jesus. Ek vernietig enige verbonde en Pro Quid ooreenkomste wat met hierdie gode gemaak is en ek vernietig hulle altare en verkrummel hulle pilare in die gees, in Jesus se Naam. 5 Ek vel gesnede beelde in die geestesrealm neer en ek vernietig hulle name onder die hemele met die heilige vuur van God Almagtig! Ek verbreek die mag van hierdie verbonde, sowel as sonde en slawerny van my voorouers wat onderdrukking op my en my nageslag kan bring. Ek spyker hierdie verbonde, sonde en slawerny aan die Kruis volgens Kol.2:14. Ek beveel alle hekwagters en familiêre geeste om my teenwoordigheid onmiddellik te verlaat, in die kragtige Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek sny ook myself los van alle territoriale geeste in die Naam van Jesus. Ek verloën alle betrokkenheid by “Volkisch” organisasies en Duitse neoheidense kultusse, soos: • die “Germanen Order” (die ekwivalent van Vrymesselary); • die Wotan vereniging; • die Thule Vereniging; • die Orde van die Nuwe Templiere; • die “Nordungen” Broederskap; • die Germaanse Geloof Gemeenskap; • die Wandervogel Jeugbeweging (hierdie organisasies is almal fel anti-Semities en terselfdertyd anti-Jehovah en Antichristies). Ek vra om vergifnis, Vader, vir die sonde om die Ou Testament weg te wys as Joodse volksoorleweringe en veragtelike nonsense; vir die verwerping van die Christelike godsdiens en in die plek daarvan ‘n volledige Germaanse godsdiens, waarin alle Joodse elemente geëlimineer is. Ek verbreek alle bande met die Germaanse Orde, all inisiasies in die Esoteriese Geheime Armeense Orde. Ek verloën die heilige vlam; die gehoringde helm van Wotan; die wit kleed; die blinddoek; die pelgrim se mantel; die heilige spies van Wotan en die kruis van die ridderswaarde en al die okkultiese simboliek daaragter. Ek kanseleer die effek van die woorde “...dít wat die Ariër van die Hebrieër onderskei, is ons Ario-Germaanse konsep van die wêreld en die lewe...” 6 Ek verloën en verbreek die effek van hierdie woorde op myself en my nageslag en verklaar in die Naam van Jesus dat ek 'n kind van Abraham is, uit die saad van Abraham, omdat ek in Christus Jesus is - ek verklaar dit volgens Rom.11. Ons is ingeënt in die wynstok - die Joodse volk - omdat ons die takke is. Hierdeur identifiseer ek my met my Joodse wortels en erken ek die God van Abraham, Isak en Jakob as die enigste ware God. Verder verklaar ek dat die Here Jesus Christus ‘n Jood was, en nie ‘n Ariër nie. Ek verloën al die leringe van Theosofie wat die Ariese doktrines propageer, asook die “godsdiens” van die Swastika wat ontvang is van “opgevaarde meesters” wie ek glo niks anders as demone is nie. Ek kanseleer die plegtige ede wat by hierdie afgodsaltare geneem is tydens rituele by babadope, bevestigings, begrafnisse en huwelike. Ek verloën ook die vereiste van suiwer Ariese bloed vir lidmaatskap. Ek vernietig en skei my van die altaar van Wotan. Ek verwerp die babadoop met suiwer water vanuit 'n Germaanse fontein. Ek bevestig en erken slegs die doop van die gelowiges in Christus Jesus en die doping van die Heilige Gees volgens die Woord van God. Ek verwerp en verloën die term "Germaanse goddelikheid" sowel as alle godsdienstige konsepte van bloed, ras en Germaanse "'waardes". Verder verloën ek die term "morele wedergeboorte in die Germaanse gees". Ek verbreek alle bande met die neo-heidense Germaanse kultusse, sowel as al die feeste wat gevier is met die dag-en-nageweninge en die sonstilstand, nl. • Ostre (Eostre fees ter ere van die Anglo-Saksiese godin); • Hoog Mei, die fees van die Mei-koningin; • Mei-bruid en metgesel - gewortel in die aanbidding van die aardsgodin; • die Jul (Yuletide – Baäl se verjaarsdag); • Hemelvaartdag, vervang deur Goeie Vrydag. 7 Ek verloën alle rasverbeteringsleer en -teorieë van rassemistiek en rassehigiëne, die doktrine van Ariosofie (die hoër gesag of orde van die blonde ras en sy ewigheidstryd met ondergeskikte rasse) en skandelleer. Ek verwerp die leringe van die Nuwe Templiere Getydeboek, die "Bibliomystikon" en die inisiasie van die heilige Graal. Ek verwerp ook alle leringe van die Grondvesting van die 20ste eeu. Ek verloën die waarsêersplegtighede van die magiese teken, • alle vorme van magiese en geheime okkultisme, • die “Futhark” rune-alfabet (dit was die hart van hierdie godsdienstige kultusse) en • die towerkrag van die runewet en • alle konnotasies tussen die geheime van die rune en die Germaanse gode. Verder verwerp ek die beskermende tower- en medisinale vermoëns van die runeringe. Ek vra om vergifnis, Here, vir die sonde van hoerering agter valse gode aan en ek verloën die geeste van waarsêery, hoerery en dwaling. Ek bind en bestraf alle familiêre geeste in die Naam van Jesus, en ek vernietig hul werke en kanseleer hulle vrugte, nl. egbreuk, geestelike verduistening en alle vorme van verslawing on geestelike prostitusie. Ek verloën die leringe van die “Heilige Runenmacht” (Holy Rune power), Ariese Wysheid - runiese leer en skakels met astrologie - Kabala en alle vorme van runiese gimnastiek. Ek sny myself af van verstands-beheermagte wat oorgesein word deur die “Hagel Rune”. Ek my los van die “SIG”- of “SS”-rune, die die embleem van Himmler se “schutzstaffel” of die Nazi SS. Ek verloën die godsdiens van die Swastika - die simbool van die lewegewende son en die oudste runiese ekwivalent van die “G”-rune ook bekend as Thor se hamer. 8 Ek kanseleer alle sielsverbintenisse met die SS-organisasie - die inisiasies in die godsdiens van bloed, aarde en vuur van die Derde Ryk. Ek sny my los van alle bloedverbonde wat gemaak is by die SS heidense altare. Ek verloën alle rituele, huwelike en alle dope en kinderbenamingseremonies wat uitgevoer is by hierdie heidense altare. Ek verloën alle salutasies aan Hitler en die Nazi Party en alle lojaliteite gesweer en selfmoordooreenkomste en -kontrakte wat my voorouers by hierdie altare gemaak het. Ek sny my los van die gees van die dood. Ek kanseleer die vrug van demoniese geeste wat my en my familie oorskadu en verdruk. Ek verloën die priesterlike rol van die “Armanen” en die godsdienstige praktyke van al die “Kinders van die Son”-godsdiens. Ek verloën die leringe en gewyde boeke van die "Armanen". Ek verklaar dat ek vrygekoop is deur die Bloed van Jesus Christus en dat ek regverdig verklaar en afgesonder is vir God. Ek is ‘n Koninklike priester van God Almagtig. AMEN. 9 2. NAZI VERLOËNINGSGEBED (moet hardop gebid word) Hemelse Vader, ek erken dat daar slegs Een Ware en Lewende God is wat bestaan as die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Ek erken Jesus Christus as die Seun van die Lewende God, die Woord wat vlees geword het en onder ons kom woon het. Jesus, U is waardig om heerlikheid, eer en krag te ontvang, omdat U alle dinge geskape het en in U bestaan alle dinge. Vader God, U het U liefde vir my bewys deur U Seun te stuur om vir my te sterf. Toe ek U aangeneem het as my Redder, Jesus, is ek gered deur U genade. Hierdie was ‘n gawe van U en nie die gevolge van enige werke van my kant nie. Ek erken dat al my sondes vergewe is in Christus. Alle aanklagte teen my is aan die Kruis gespyker en gekanselleer; dus het die duiwel niks wat hy teen my kan gebruik nie. U het my bevry uit die koninkryk van duisternis, en my oorgeplaas na U Koninkryk. Nou staan ek in die regte verhouding tot God. Met U, Jesus, kan ek alle dinge doen. Toe ek gered is, het U Heilige Gees binne-in my kom woon. Ek dank U dat ek verander is na U Beeld. Jesus, U het gekom om die gevangenes vry te laat, diegene gebind deur sonde, psigiese of okkultiese magte. Ek verklaar dat dit God se waarheid is wat my sal vrymaak. Jesus, U het alle outoriteit in die Hemel en op die aarde. U het alle bose owerhede en magte oorwin en ontwapen. U het ‘n openbare vertoning van hulle gemaak, en oor hulle getriomfeer aan die Kruis. (Kol 2:15) Nou sit ek saam met U in Hemelse Plekke. Jesus, U het outoriteit oor satan en al sy demone en hulle is onderwerp aan U. Ek staan sterk in U, Here Jesus, en weerstaan Satan en al sy bose planne. Jesus, ek is bedek en beskerm deur U kosbare Bloed. U geestelike wapens is magtig om alle vestings van die vyand in my lewe neer te werp. (2 Kor 10:4) Jesus, ek bind en verwerp alle bose geeste en magte van duisternis wat sal probeer om inbreuk te maak tydens hierdie tyd van gebed. 10 Ek verloën alle nagemaakte gawes en werke van satan in my lewe. Ek neem nou my posisie in, in Christus, en verklaar dat U, Jesus, my Here en God is. Ek kyk slegs na U, Jesus, as my Verlosser en Geneser. U ken my spesifieke behoeftes en sorge. Ek eis U Woord op wat sê, “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.” Ek roep U aan, Here Jesus Christus, om my te red en te bevry. Amen. Hemelse Vader, ek kom voor U namens myself en my voorgeslagte en vra dat U ons sal vergewe vir alle bekende en onbekende sondes, en ook onbelyde sondes: Ek vra om vergifnis vir alle sondige en okkultiese praktyke en afgodery om kennis, genesing, geriefs-identiteit, salwing of krag van enige okkultiese, psigiese of geheime bron te soek. Ek bely my ongeloof, sowel as alle biddeloosheid, as ‘n sonde. Ek verloën die onderworpenheid aan die gees van Adolf Hitler en sy bloed godsdiens, sowel as sy party, die Duitse Nasionalistiese Sosialistiese Werkersparty. Ek dat U my en my voorgeslagte sal vergewe vir elke lidmaatskap in die DNSW en sy organisasies, en ek maak myself en my gesin nou los van hierdie organisasie. Staan in die gaping vir voorgeslagte wat ‘n posisie beklee het in die DNSW [blokleier, S.A. dorp groepsleier, leier in die Hitler Jeug, SS Storm leier [spesifieke posisie?] Ek vra vergifnis vir deelname aan heldegevegte, vernietiging van Joodse eiendom, rowery, verspreiding van Nazi denkpatrone, vestiging van Nazi heerskappy, gebruik van dwangarbeid, ede en moordaanvalle. Here Jesus, ek bring hierdie skuld na U Kruis en sny myself en my gesin los van elke verbond met Adolf Hitler en die mag van Nazisme. Ek vra vergifnis daarvoor dat ek/my voorgeslagte ons regterarms gelig het in ‘n groet met die woorde “Heil Hitler” en dat ons daardeur vir Hitler geseën en aanbid het. Ek verloën die verbintenis met Hitler as hoëpriester, as koning, as profeet, as geneser, as valse leier, valse messias, sowel as sy valse salwing. Ek sny hierdie verbintenis, in die Naam van Jesus Christus. Ek verloën die Nazi gees wat deur Hitler gewerk het en oorgedra is na my, en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën Hitler se slagspreuk: “Ek wil weer in die oë van die jeug die glinstering van die roofdier sien”, en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. 11 Ek verloën die belydenis van die gewyde bloed-ritueel “dit is wonderlik om te veg vir ons land en selfs om te sterf vir ons land”. Ek sny myself en my gesin los van die eed wat daardie tyd deur die soldate geneem is, asook hul algehele gehoorsaamheid aan Adolf Hitler. [“Met hierdie eed sweer ek tot God, my onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die leier van die Duitse Ryk, Adolf Hitler, die Bevelvoerende Offisier van die verdedigingsmag, en dat ek, as ‘n dapper soldaat, myself gewillig verklaar om altyd hierdie eed met my lewe te verdedig.”] Ek/my voorgeslagte sny bande met die eed van die Hitler Jeug “Ek gee my bloed en lewe aan die een wie ons almal lei,” en ek verloën die Horst Wessels lied wat deur die jeug gesing is, “Ons sal verder marsjeer totdat alles in duie gestort het! Omdat op hierdie dag Duitsland aan more behoort en aan ons, die hele wêreld sal aan ons behoort.” Here Jesus, vergewe ons asseblief hierdie afgods-aanbidding en hierdie verwaandheid van my volk en my ras en die verwerping van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees as my alles. Ek verbreek bande met elke ongoddelike, geestelike, siels- of liggaamlike verbond tussen myself en my volk. Vader, vergewe asseblief vir my en my voorgeslagte dat ons betrokke was met hierdie bande. Herstel asseblief vir my, en my gesin, in die Naam van Jesus Christus. Ek bid om vergifnis dat ek / my voorgeslagte verbonde gesluit het met die gees van die dood en ek verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. As ‘n verteenwoordiger van my volk, bid ek vir vergifnis dat genadedood, die moord van die sogenaamde nuttelose lewe toegelaat en gepraktiseer is. Ek verloën, verwerp en verbreek alle doods-rituele wat gesluit is met die gees van die dood. Here, ek vra dat U my en my gesin, gees, siel en liggaam lossny van elke gees van die dood van elke persoon wat aan ons toegesê is, in die Naam van Jesus. Ek sny myself los van alle poorte na die onderwêreld, realms van die dood en van alle grafte en doodskiste. 12 Ek verbreek die vloek van geestelike en fisiese dood oor my en vra God om daardie vloek te verander in ‘n seën in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën alle ongoddelike geestelike grenslyne wat opgestel is om my te omsingel, en ek vra U om die grense te verwyder. Ek sny myself los van die lasterlike skrywes ‘o Nietzsche,’ van Hitler se boek “Mein Kampf” en Alfred Rosenberg se lering “Mythos of the 20th century” en al daardie beginsels wat hierdie skrywes bevat. Here Jesus, ek vra vergifnis dat ek / my voorgeslagte, die Bybel, die Woord van God, verwerp het. Ek maak myself veral los van die gees van rassisme wat veroorsaak is deur die geloof in die superioriteit van die Ariaanse ras en haat jeens die Jode, die appel van U oog. Vergewe asseblief my en my voorgeslagte, dat ons hierdie sondes gekoester het. Ek verloën die gees van die anti-Chris en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die Nuwe Wêreld Orde en alles waarvoor dit staan, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën dus die doktrine van algehele verligting tot op ‘n punt van totale niks. Ek verloën die gees van die dier en die getal 666 en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die gees van die draak en slang en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die gees van rasisme en vra U om my te vergewe dat ek hierdie ongeregtigheid in my lewe toegelaat het, in die Naam van Jesus Christus vna Nasaret. Ek verloën elke godsdienstige gees wat ek toegelaat het om teen die Koninkryk van God in my lewe te werk, en verklaar dit kragteloos. Vader, ek wil vir U vra om my te vergewe dat ek nie die Waarheid verwelkom het nie en toegelaat het dat wetteloosheid in my lewe heers. Ek het daardeur myself oopgemaak vir die sterk gees van misleiding om oor my te kom. (2 Thess. 2:10,11) Ek verloën die gees van misleiding en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. 13 Ek verloën die betowering wat gekom het deur al die rebellie, verleiding tot boosheid en onderwerping aan misleidende invloed, en verklaar die mag van alle vorme van heksery, kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die geloof dat Nazi-bloed ‘n geheime simboliese mag bevat, waar dit uitgevoer en geheilig word in ‘n seremonie bekend as die “orde van die reg van die bloedvlag”. Ek verloën hierdie bloedvlag as die kruisiging van die godsdiens van die bloed en die swastika plaasvervanger vir die Kruis. Ek maak myself los van die ritueel van die oordrag van mag van Hitler se vlag op elke Nazi vlag die oomblik as Hitler enige ander vlag met sy bloedvlag aangeraak het en hierdie oordrag van mag bevestig is met ‘n handdruk. Ek verloën die oortuiging dat die bloed my verbind aan die Superieure Ariaanse meesterras en dat die siel van die ras vasgelê is in die bloed van die nasie. Ek maak myself los van die bloed en aarde mite en die krag van die Nordiese alfabet. Ek sny elke band met hierdie demoniese bloedlyn met al die demoniese geeste oorgedra van geslag tot geslag in hierdie bloed af, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die swastika en elke geestelike betekenis daaraan gekoppel, sowel as alle magte en opdragte van die swastika, en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die swastika as ‘n poort of deurgang wat mens intrek deur ‘n vorteks- effek (soos ’n maalgat) vanuit die buite-wêreld na die innerlike realm van die psige na dieper vlakke van bewustheid. Ek verloën die swastika as ‘n syfer om die Griekse godin Astarte, Athene en Artemis te verteenwoordig. Hulle almal het menslike offerandes vereis. Ek sny myself los van al die verskillende dimensies, betekenisse en opdragte van die swastika. Here Jesus, ek vra dat U my liggaam sal reinig met U kosbare Bloed, van enige swastika poorte daaraan, (tatoeëermerke, ens.) en dat hierdie poorte toegemaak sal word in die Naam van Jesus Christus. 14 Ek verloën die “Walküre” en die verbintenis met die son as ‘n Amasone of as ‘n muse met die maan, sowel as die verheerliking van die vroulike grondslag van die heelal. Ek sny myself ook los van enige tantriese seks en die twee gekruisde slange, in die Naam van Jesus. Ek verloën die simbool van die Hindoe god Ganesha, die olifantkop kind-god (bespotting van Jesus Christus as Bemiddelaar). Ek sny myself los van die diergees van die olifant, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die Nordiese mites wat die Christelike Bybel vervang het. (Hitler het verklaar: “Vandag het ‘n nuwe mite aangebreek. Die mitologie van die bloed, die oortuiging dat die goddelike essensie deur die bloed verdedig moet word. Die ou oortuigings sal weer in ere herstel word, die hele geheime kennis van die natuur en geeste., die demoniese. Ons sal die Christelike aanplaksel afwas en ‘n godsdiens na vore bring wat uitgeknip is vir ons ras”.) Ek verloën Wagner se operas “Dawn of the gods” en “Parcifal”, wat beide die krag van skoon bloed verheerlik en dat dit ‘n etniese oorvertelling was van die soeke na die Heilige Graal. (Die Heilige Graal was blykbaar ‘n mistieke houer wat geheime bloed bevat het en dit het mistieke mag belowe aan enigeen wie daaruit gedrink het. Daar is gesê dat hierdie Heilige Graal slegs gevind kon word deur dié wat van die suiwerste bloed was). Ek verbreek die mag van hierdie klank-magie in die Naam van Jesus. Ek verloën die amalgamasie van die elemente van die Heilige Nagmaal, wat verklaar dat die beskuitjie en beker die twee aaneensluitende sleutels tot die verborge, geestelike heelal van die mensdom is, insluitende die stamryk van Wotan en Thor. Ek maak myself los van die shaman-praktyke en bloeddorstigheid van Wotan en die hamer en weerlig van Thor. Ek maak myself los van die Heilige Graal as die beker wat die bloed van die martelare bevat het wat laaste geoffer is en die Heilige Graal as die beker waaruit Jesus gedrink het tydens die laaste Avondmaal. 15 Ek verloën elke ridder-orde, Teutoniese Ridders, Ridders van die Ronde Tafel, hoogedele Ridders, Knight’s Tempeliere en enige ander orde verbind met die ridderskap. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verloën ek die SS en alles waarvoor dit gestaan het, veral dat hulle spesiale verkose vegterspriesters was wat moes veg vir die oorlewing en die vermeerdering van die superras. Ek bid verteenwoordigend vir vergifnis omdat ons nasie die sogenaamde “Lebensborn” verdra het, wat wettige prostitusie en seleksie vir rasse-doeleindes uitgevoer het. Ek verloën die gees van prostitusie. Here Jesus, in U Naam, verbreek ek die vloek van vaderskap oor buite-egtelike kinders. Vader, ek vra dat U my en my voorgeslagte sal vergewe vir alle seksuele ongeregtighede en seksmagie. Dat ek toegelaat het dat Lilith en Leviatan oor en deur ons geheers het. Here Jesus, vergewe asseblief vir my en my voorgeslagte, vir die sonde van oorlogs wandade en wandade teen die mensdom, menslik afstootlike eksperimente in die konsentrasie kampe en groepsmoorde. Ek verloën die SS dolk en die verwarring wat dit geskep het. Ek verloën voorvaderlike aanbidding. Dit is ‘n sonde van spiritisme en vra dat U elke altaar (familie-altaar of territoriale altaar) of gebedsaltaar sal vernietig, asook alle vestings in my verstand veroorsaak, met die Heilige Vuur van God, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die ritueel waarin 16 Nazi helde vereer is as martelare van “Reich”, waar hulle gesterf het, en die mite dat hulle opgewek is en ewige lewe verkry het. [In ‘n mistieke en feestelike uitvoering in Nurnberg, is die dooies ingebring teen middernag. Hierdie Nag van die Dood is verklaar as die geboorte van die “Reich”. Klaarblyklik het hulle geveg en in oorwinning gesterf toe die Derde “Reich” gevestig is deur bloed wat beskou is as heilige water van die Derde “Reich”] Vader, ek sny myself en my hartklop los van die marsjeer-ritme en marsopdragte. 16 Ek sny myself, en my verstand, los van massa-hipnose deur die marsjering en dreunsang. Vader, sal U asseblief alle voetspore, tydklokke en ‘vader tyd’ vernietig met U Heilige Vuur, in die Naam van Jesus Christus. Ek smeek dat U my verstand sal restoureer en vernuwe, in die Naam van Jesus. (Rom 12:1,2). Ek verloën die “tempel van eer”, wat ‘n afgodstempel geword het vir die Duitse volk – die tempel waar die bloed van die 16 Nazi helde gehou is. Ek verloën elke en alle name van die 16 martelare wat uitgeroep is. Vader, ek vra dat U vir ewig die stemme van die dooie mensgeeste sal stilmaak soos hulle geantwoord het “hier” wanneer hul name uitgeroep is. Ek verloën alle rituele wat gedoen is en offerandes wat gebring is deur Tibetaanse monnikke, die offerande aan die Berggode van die Himalaya Gebergtes, en verklaar hulle kragteloos. Ek vra U, Vader, om die voorwerpe wat gebruik is in die rituele, te vernietig en om die vloeke wat gekom het a.g.v. die ritueel, te verander in ‘n seën. Ek smeek U om my en my voorgeslagte te vergewe dat ons nie die Ware Liggaam van ons Verlosser, Jesus Christus, onderskei het van sulke valse rituele nie. Ek bid dat U alle vloeke afkomstig van hierdie sondige optrede teenoor U, sal vernietig. Ek verloën alle geheime ede aan heidense en demi-gode as deel van inlywings-seremonies in organisasies wat hierdie seremonies beoefen. Ek verloën die demi-god Pegasus as die draer van weerlig en sy verbintenis met die hippokampus (herinneringsplek) in my liggaam en as die sinoniem van die Wit Perd in Openbaring. Ek verloën die ongoddellike praktyk van meditasie wat die spirale energie, genoem die Kundalini of opgedraaide slang, stimuleer, wat opstyg vanaf die basis van die ruggraat na die Pineale klier van die brein om algehele verligting (‘enlightenment’) te bring. 17 Ek verloën Pegasus as ‘n simbool van die tyd van nuwe bewustheid, wat ‘n hele nuwe beskawing sal voortbring – ‘n nuwe wêreld, ‘n nuwe era. Ek verloën die konstellasie Pegasus in die hemele as die poort, wat lei na hierdie nuwe tyd era. Ek sny myself los van die son, die maan en sy fases, die sterre en die planete. Ek vra U om elke skakel te verbreek tussen die strale en myself, vanaf die son en die maan en om die kontak tussen die hemele en myself te vernietig. Ek maak myself los in gees, siel en liggaam van elke bose gees wat heers oor Duitsland. Ek verloën en verklaar elke territoriale gees wat gebruik is om my te beheer, kragteloos in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën alle gebruik van okkultiese mag, vloeke of heksery, swart en wit magie en ander vorme van plaaslike heksery ten einde hoër vlakke van bewustheid te kan bereik. Ek verloën trans-kanalisering, raadpleging van familiêre geeste, kommunikasie met die dooies, séances, raadpleging van beraders uit die geestesrealm, raadpleging van towenaars, verhewe meesters, geestesleiers, wyse meesters, hekse, shamans, mediums of separatiste. Ek verloën: • magiese of okkultiese hipnose, • metafisika (verstandswetenskap), • afstandsbeheer, • towery, • astrale projeksie en sielsreise, • die gebruik van piramiede-krag, • verstandsbeheer of verstands-manipulasie, • amulette en gelukbringers, • kragkristalle, • baniere of vlae met demoniese salwing en godsdienstige medaljes. Met die outoriteit van Jesus Christus, verloën en verklaar ek kragteloos, alle inplantings, skyfies of agtervolgingstoestel wat moontlik in my liggaam geplaas is, en ek vra U om dit op bonatuurlike wyse te verwyder, in die Naam van Jesus. 18 Ek verloën alle aanbidding gegee aan die demoniese koninkryk in Atlantis. Ek sny myself los van elke rivier, waterweg en poort na Atlantis, van die Koningin van Atlantis, van die feit dat ek haar slaaf was, van Poseidon, die god van die see. Ek sny myself los van alle kristal-piramides, kristalle, liggolwe wat kom vanaf die kristalle, kristal-energie in die waters by Atlantis. Ek sny myself los van die waters van Atlantis en elke ding wat my daaraan verbind, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Vader, U Woord sê dat ek oorgebring is vanaf die koninkryk van duisternis na U wonderbare lig! Ek verloën die Feniks die goue arend en die valk (dieselfde simbool), as die simbool van Atlantis en as simbool van reinkarnasie. Met die outoriteit van Jesus Christus, vernietig ek alle plekke en kontakpunte in die geestelike, sowel as fisiese realm, nl: tonnels, brûe, hoofweë, lugweë, waterweë, voetspore, aromas, kleure, videobande, kasset klankgolwe, geskenke ontvang en gegee aan hulle, en enige menslike materiaal wat agtergelaat is in Duitsland en gebruik is in rituele, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek vervloek alle wortels van alle familie-stambome, sowel as die groei en vrug daarvan. Ek ontwortel die bome in die onderwêreld, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek sny myself en my gesin los van elke naelstring wat my verbind aan die valse vaderskap (die poppemeester in Duitsland), wat Hitler ge-eis het van almal, sowel as verbintenisse met demoniese koninkryke, hetsy in die waters onder die aarde, op die aarde of in die hemele bokant Duitsland. Ek vra U, Vader, om al sulke beheer oor my en my gesin te verwyder. Ek vra U, Vader, vir Goddelike beskerming teen alle terugslae, voorslae (sambokslae) en oordeel wat kan kom op my gesin, myself en elke persoon teenoor wie ek sal getuig. 19 Vader, ek kies om die Bloed van Jesus Christus my Verlosser weereens aan te wend aan my gees, siel en liggaam vir reiniging, heiliging en versoening terug na U toe. Ek verklaar dat die mag van Jesus Christus by verre die krag van satan oorskry!! SWASTIKA Die Swastika het verskillende simbole: Dit word wyd gebruik as ‘n kode (geheimskrif) om die Groot Godin te verbind met die vroulike godhede Astarte, Athene en Artemis – wie almal geassosieër word met hierdie simbool. Een van die oudste godinne-beelde wat opgegrawe is, dateer terug na die derde millemium en het ‘n swastika gegraveer oor die seksuele driehoek. Ten spyte daarvan dat die swastika hoofsaaklik in sy vierkantvorm gevind word, word dit ook baie keer uitgebeeld as ‘n vier-armige draaiende spiraal, wat die idee van ‘n maalgat-agtige vorteks oordra, met die funksie om die bewussyn te trek vanuit die uiterlike wêreld na die innerlike realm van die psige. In Shamaanse kultuur, was die spiraalvormige swastika tonnel ‘n simbool van die brug tussen die wêrelde wat oorgesteek moes word deur die shaman by die aanvang van sy swymelende toestand. In essensie het die swastika beide die deur-opening en deurgang verteenwoordig na hierdie geestesrealm. Eintlik is die swastika ‘n eenvoudige, geometriese geheimskrif wat gebruik is as ‘n simboliese snelskrif vir die afbeelding van die labirint (doolhof). Die labirint is algemeen beskou as beide ‘n baarmoeder waarin iets nuuts voortgebring sou word, en ook as ‘n deurgang wat betree moes word met al sy slangagtige kronkels en draaie voordat die skat in die middel na vore kan kom. 20 NB!! Die swastika/labirint is dus ‘n simbool van beide die deurgang wat lei na ‘n heilige, geestelike realm, en die vroulike figuur wat iemand daarheen lei. In antieke Germaanse en Noorse kulture, was hierdie vroulike gids en bewaker bekend as die Valkyrja of Fylgja. Net soos die swastika bestaan dit uit ‘n dubbel-rune (Ou Germaanse letter), so manifesteer die Valkyrja haarself op twee wyses in mense se lewens. Aan die een kant is sy ‘n amasoniese figuur wie beskerm en moed gee aan die vegter op die oorlogsvelde van die lewe, en aan die ander kant is sy ‘n MUSE (sang-godin) wat die shaman, digter en kunstenaar in hul pogings inspireer. In haar amasoniese aspek, word die Valkyrja geassosieër met die son, en in haar muse aspek word sy geassosieër met die maan. Die swastika kan ook gesien word as twee adder-simbole wat mekaar oorkruis – die slang word universeel geassosieër met die Groot Godin in antieke godsdiens. Swastika is ‘n simbool van die Hindoe Swastika god – GANESHA – olifantkop, kind-god. Spotterny van Jesus Christus as Bemiddelaar. Die essensie van die swastika – in terme van GANESHA – dit is ‘n vroulike simbool – simbolies van die yoni (vulva) vir die Groot Godin. Die yoni van die Groot Godin word gesien as die ingang na haar kosmiese liggaam en verering van haar yoni is ‘n integrale deel van Indiese godsdiens. Die swastika is ‘n simbool van Wodhanaz – Wotan is die oeroue Germaanse god van oorlog, magie en mistieke illuminasie. Hy word beskryf as “die Beseker”, die god van storms, die swerwer, die vegter, die heer van die dood, die meester van geheime kennis, die towenaar en god van digters. Wodhanaz het blykbaar aan mans verskyn in die vorm van ‘n valk. Hierdie roofvoël was ‘n wydverspreide simbool van oorlog en geestelike illuminasie in die antieke wêreld en is geassosieër met mitologiese figure so divers soos Merlin en Horus. Interessant dat Dionysus (Pan) as sinoniem gesien word met hierdie Germaanse god. 21 In essensie, is Wodhanaz ‘n god wat sy volgelinge binnedring en beset, met die gevolglike toestand van óf mistieke verhoging en verstandelike inspirasie aan die een kant, óf ‘n toestand van egte, gevegs bloedlus aan die ander kant – ‘n hoogs begeerlike toestand vir ‘n vegter op die slagveld van ouds. Die manne naaste aan die gees van Wodhanaz, was dus die shamans en vegters, met die area van aktiwiteit van die shamans die innerlike wêreld van gees, en dié van die vegter die slagveld van die uiterlike wêreld. NB: Dit wat mense aanvanklik verbind het aan Wodhanaz, was die voorvaderlike ketting wat teruggestrek het na hom. Dit was deur die verering en lewend hou van die herinnering aan hul voorvaders, dat mense se verbintenis met Wodhanaz versterk is, en daardeur is die geestelike gesondheid van die stam verseker, en dit het gehelp om hul oorlewing in die toekoms te waarborg. Swastika is ‘n simbool van die “Heilige Sakrament”. Swastika is die poort na die “realm van bewustheid” en al die geeste betrokke. Swastika simboliseer die Holocaust. 22 3. ANTI-SEMITISME INHOUD: DEEL I: INLIGTING DEEL II: VERLOëNINGSGEBED DEEL I: INLIGTING In wese is hierdie haat teen die Joodse volk ‘n hartstogtelike rebellie teen God. God het Homself openbaar aan die Joodse volk, deur die verbond met Abraham, die tien gebooie, deur Sy profete, en deur ons Here Jesus Christus en Sy dissipels. Die Woord verklaar in Deut. 7:6- “Want jy is ‘n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is Sy eiendomsvolk te wees”. Elke Joodse persoon wys, net deur sy/haar blote bestaan, na God. Dit wys na Sy uitverkiesing, Sy roeping en Sy einddoel. Hierdie mense, wat Hy uitgesonder het uit alle ander nasies, het Hy weerhou van vernietiging in hul duisende in die loop van die geskiedenis. Hulle is die lewende bewys van Sy bestaan. Die boek Jeremia 31:35-37 sê: “So sê die Here wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, Here van die leërskare is Sy Naam. As hierdie verordeninge voor My aangesig wyk, spreek die Here, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor My aangesig vir altyd. So sê die Here: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here.” 23 Die Joodse volk sou die instrument wees deur wie die Messias, Satan se Oorwinnaar, sou kom. Die rede hoekom Satan die Joodse volk soveel haat, is omdat hulle God se waarheidsliefde weerspieël – en die werklikheid van God word bewys deur die wyse waarop Hy Sy beloftes teenoor hulle gehou het, asook al Sy profesieë teenoor hierdie nasie. Dit spreek van Sy groot genade, Sy standvastige, onvoorwaardelike liefde en Sy getrouheid, al het hulle dit nie verdien nie. Daar was verskeie anti-Joodse beleidsrigtinge, in die besonder vanaf die Kerk wat aangewend is teen die Jodedom in hul verstrooiing: • BEKERING – “Jy het as Jood, geen reg om tussen ons te bly nie!” • UITSETTING – uit die sekulêre, beinvloed deur die Kerk. • UITWISSING – “Julle het geen reg hoegenaamde om te lewe nie!” Hierdie beleide bestaan reeds vanaf so vroeg as die 6de eeu nC – hierdie gesindhede het die sneller getrek van die mees verregaande wandade teen hierdie volk. Die 2000 jaar van Christendom is gekenmerk deur haat vir hierdie volk. Daar is aan hulle ‘n misvormde beeld van die Here Jesus Christus deurgegee,en in daardie Naam was die Christendom verantwoordelik vir die dood van miljoende. Hulle moes haat en veragting verduur,hoede van vernedering dra, hulle is gedwing om in Jodebuurte (ghetto’s) te bly, en talle sporadiese massamoorde het plaasgevind. Die Kerk het gedurende daardie tyd baie invloed oor die heersers in Europa gehad (waaronder die militante kerk onder Konstantyn 313nC), vorme van oppressie, onregte en onderdrukkende maatreëls is teen hulle ingestel. Na Konstantyn het baie vervolging van die Jode plaasgevind – dit was die tyd toe anti-Semitisme genoem is: “Permanente Christelike Staatsbeleid” onder die keiser Justinan (527-565 nC). Origen, ‘n ander vroeë kerkvader; het ‘n poging aangewend om die Nuwe Testament te versoen met die filosofie van Plato. ‘n Geloof het ontstaan dat die kerk Israel vervang het en dat die Joodse volk nooit weer ‘n toekoms sou hê as die Goddelike Uitverkore nasie nie. 24 Ook dat die Messias nooit Sy Messiaanse Koninkryk sal vestig soos Hy hulle beloof het nie. Dit was natuurlik alles ‘n growwe misinterpretasie van die Skrif omdat Rom. 11 duidelik aandui dat die Joodse volk die ware wynstok is en dat ons die takke is. Ons is nadergebring aan die rykdom van Israel deur ons geloof in Jesus Christus, ‘n afstammeling van Abraham. Die Joodse volk dra ons, nie ons vir hulle nie! Jode is daarvan beskuldig dat hulle rassisties, elitêr en arrogant was – terwyl hulle maar eintlik in volharding steeds ‘n afgesonderde en eiesoortige ras gebly het as gevolg van hul geloof in die koms van hul Messias om Sy beloofde koninkryk te kom vestig. Die lering van Augustine, die Biskop van Hippo, gebaseer op die bevindinge van Origen, was direk verantwoordelik vir die laakbare Kruistogte en die slagting van miljoene Jode, sowel as diegene wat nie die Rooms Katolieke geloof aangehang het nie. Hulle is of doodgemaak, of gebrandmerk op die wang. Verskriklike wandade is teen die Jode gepleeg gedurende die Kruistogte – ‘n grootskaalse slagting onder beide Jode en Moslems onder die voorwendsel van “Die Nuwe Israel” en instelling van “Die Koninkryk van God”. Baie Jode wat oorleef het, is verkoop in slawerny. Bloedvergieting het plaasgevind oral oor Frankryk, België, Engeland, Duitsland, Poland, Praag, Bohemië en die Heilige Land. Skandelike leuens is vertel teen die Jode waaronder die gewilde oortuigings van hul “bloeddorstigheid en hul moordlus” teen Christene. Selfs die kuns, die musiek en skrywes, dra tekens wat duidelik uitbeeld hoedat Jode Christene se kinders geoffer het gedurende Pasga. Hulle is uitgesit uit sekere lande en is verdryf na afgeleë dele van Oos-Europa, net om daar verder vervolg te word deur die Russiese Ortodokse kerk en later deur die Kommunistiese regering. Vele van hierdie oortredinge moet gelê word aan die deur van die kerk. So baie “gewilde” anti-Joodse preke is gepreek vanaf ons preekstoele en is ingegraveer in die verstande van baie Christene! Die Joodse volk is daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die Swart Dood plaag en weereens het geweld teen Jode opgevlam, veral in Duitsland. Verskriklike marteling en “afgeperste bekentenisse” 25 het bewys dat Jode verantwoordelik was vir die vergiftiging van die water in putte en voedselvoorrade. Weereens is pogings aangewend om die ganse Joodse nasie uit te delg en belastering, moorde en uitsettings het versprei deur die koninkryke van Christen Spanje, Frankryk, Duitsland, Poland en Litaue, wat 300 gemeenskappe geraak het. Dan die Hitler era vanaf 1933 tot 1945: Almal van ons as afstammelinge van Duitse of Europese christene behoort die blaam te dra vir die dood van miljoene Jode. In soverre ons die verwerping toegesmeer het, die veroordeling, die laster en vals beskuldigings, is ons almal verstrik in die nette van die antiSemitiese leuens, wat die misdade aangehits het. Deur ons stilswye, was ons in akkoord met al die lasterlike stellings wat ‘n vurige haat aangeblaas het, en wat veroorsaak het dat hierdie gruwelike misdade plaasgevind het soos nog nooit tevore nie. Binne ‘n paar jaar, is miljoene gemartel tot dood, lewend verbrand, vermoor en vergas. Ons voorgeslagte het Satan se handlangers geword wat hel op aarde geskep het vir God se volk! Dit is dan geen wonder dat die Joodse volk nie kan glo in Jesus Christus nie! Ons het hulle geblinddoek deur ons optrede. In die Naam van Jesus het ons aan hulle die beeld van onbarmhartigheid deurgegee. 26 DEEL II: VERLOëNINGSGEBED VIR ANTI-SEMITISME Vader, in die Naam van die Here Jesus Christus van Nasaret, kom ek voor U genadetroon vandag om U vergifnis, ontferming en genade te vra vir die verskriklike wandade wat teen U uitverkore volk gepleeg is. U Woord verklaar in Gen. 12:2,3 hierdie beloftes aan Abraham: • • • • EK SAL JOU SeëN JY SAL ‘N SeëN WEES EK SAL SeëN DIEGENE WAT JOU SeëN IN JOU SAL AL DIE GESLAGTE VAN DIE AARDE GESEëN WORD Te midde van hierdie seëninge was ‘n vloek: EK SAL DIEGENE VERVLOEK WAT JOU VERVLOEK! Op grond van U Woord, kom ek nou voor U om te bely dat beide ek, my voorgeslagte en my nasie, skuldig is aan growwe skending van menseregte teen U uitverkore volk, die Jode, en daardeur het ons lewens onder U vloek gekom. Uit die geskiedenis het dit duidelik gewys dat geeneen Abraham en sy nageslag kon vervloek sonder dat ‘n vloek op hulle terugkom nie. Jeremia 31:35-37: “So sê die Here wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, Here van die leërskare is Sy Naam. As hierdie verordeninge voor My aangesig wyk, spreek die Here, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor My aangesig vir altyd. So sê die Here: As die hemel daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here.” En nou Here, in die lig van hierdie Skrif, as ‘n individu, namens my voorgeslagte en namens my volk, vra ek U vergifnis omdat ons onsself in lyn gestel het met die planne van Satan – ons het teen U en die Joodse volk gesondig omdat hulle die instrument sou wees deur wie die Messias sou kom. 27 Vergewe ons asseblief, Hemelse Vader, deurdat ons U en U verlossingsplan teëgestaan het, in Jesus se Naam. Ek bely ook voor U die diaboliese afguns en jaloesie teen U volk. Hulle alleen dra die merk van goddelike uitverkiesing en is deur U gekies vir ‘n wêreld-missie. Vergewe ons asseblief, Vader, in Jesus Naam. Hiermee verwerp ek die volgende frase: “Gewete is ‘n Joodse uitvindsel – daar is nie plek vir twee uitverkore volke nie”. Ek vra dat U my sal lossny van alle lasterlike woorde wat geslinger is teen U en U volk, in die Naam van Jesus. Here, ek bring voor U al die anti-Joodse beleidsrigtinge,in die besonder die vanaf die Kerk wat aangewend is teen die Jodedom in hul verstrooiing: • BEKERING – “Jy as Jood, het geen reg om tussen ons te bly nie!” • UITSETTING – uit die sekulêre, beinvloed deur die Kerk! • UITWISSING – “Julle het geen reg hoegenaamd om te lewe nie!” As ‘n lid van die Liggaam van Christus, bring ek hierdie beleide voor U, omdat hierdie gesindhede die sneller getrek het van die mees verregaande wandade teen U volk. Ek bring voor U as SONDE, die haat, veragting en vernedering wat hulle moes verduur. Vergewe ons asseblief vir baie bloed wat gevloei het. Ek vra om vergifnis vir alle vorme van oppressie, onregte en onderdrukkende maatreëls wat teen hulle ingestel is. Vader, in die Naam van Jesus, bring ek voor U die sondes van die militante kerk: • Groot onverdraagsaamheid: deur die vaandeldraers, die kerkvaders, teenoor U volk. Ook die kompromieë wat toegelaat het dat heidense gebruike die kerk geinfiltreer het. • Die beledigende taal van die keiserlike anti-Joodse wetgewing. • Die bloedvergieting. • Wat betref die land Israel – die kerk het aanspraak gemaak om die erfgenaam te wees, met die veronderstelling dat met die verwoesting van Jerusalem en die verwerping van die Joodse volk deur God, dat die hele verbond, insluitende die Beloofde Land, aan die Christendom behoort. 28 Ek bely dit alles as ‘n gruwelike wanvertolking van U Heilige Woord. Vergewe ons asseblief Vader, vir die SONDE van trots en arrogansie en oneerbiedigheid vir U Woord. Ek bely as sonde, al die politieke wetgewing wat Jode gedwing het om te bekeer, alle metodes van skrikbewindvoering, politieke onderdrukking en dood deur die swaard. Ek vra U vergifnis vir al die bedrog, diefstal en moord wat teen U volk gepleeg is. Vader, ek bring voor U die vervolging wat U volk moes verduur na Konstantyn. Vergewe ons asseblief in die Naam van Jesus Christus. Ek verloën die leringe van Origen. Ek verloën die stelling dat die Joodse volk al hul verbonde verpand het deur hul verwerping van Jesus as Messias. Ek verloën die geloof dat die kerk Israel vervang het en dat die Joodse volk nooit weer ‘n toekoms sal hê as die Goddelike uitverkore nasie nie. Ook dat die Messias nooit Sy Messiaanse Koninkryk sal vestig soos Hy hulle beloof het nie. Ek verklaar dat al die bogenoemde stellings en misvattings, ‘n growwe misinterpretasie van die Skrif is, omdat Rom 11 duidelik aandui dat die Joodse volk die ware wynstok is en dat ons die takke is. Die Joodse volk dra ons, en nie ons vir hulle nie! Ek verloën die oortuiging dat die Jode blinde indringers is onder die vloek van God. Ek verloën die oortuiging dat die Jode “onberouvolle Christenmoordenaars” was. Ek verloën die oortuiging dat hulle rassisties, elitêr en arrogant was. Ek verloën die lering van Augustine, gebaseer op die bevindinge van Origen. Vader, ek bring voor U as SONDE, al die verskriklike wandade wat teenoor U volk gepleeg is gedurende die Kruistogte – die grootskaalse slagting van beide Jode en Moslems onder die voorwendsel van “Die Nuwe Israel” en instelling van “Die Koninkryk van God”. Ek bring ook voor U al die aktiwiteite van die Knights Templiere “Verdedigers van die Geloof”. Baie Jode wat oorleef het, is verkoop in slawerny. Vergewe ons asseblief Vader, in die Naam van Jesus. 29 Vader, vergewe ons asseblief vir al die bloedvergieting oral oor Frankryk, België, Engeland, Duitsland, Poland, Praag, Bohemië en die Heilige Land, waaruit hierdie bloed teen ons getuig vir die wrede nalatenskap van die vroeë kerk. Vader, ek bring voor U as sonde, al die skandelike leuens teen die Jode. Ek bring voor U al die valse beskuldigings van bloed lastersake teen hulle. Vergewe ons asseblief in die Naam van Jesus, vir die verskriklike vervolging wat die Jode moes deurmaak, vir hul uitsetting uit sekere lande en deurdat hulle verdryf is na afgeleë dele van Oos-Europa. Here, ek bring voor U die doctrine van“gedaante of vormverandering”, wat leer dat die koekie (Nagmaal element), genoem die “Host” (Heer), word die liggaam en die Bloed van Jesus. Die Joodse volk is beskuldig vir die skending van die Heer, wat meegebring het dat groot vervolging van die Jodedom in België (1370) plaasgevind het. Vergewe ons asseblief Vader, in Jesus Naam. Ek verloën die doctrine van gedaanteverandering, en verklaar dat die Nagmaal-elemente slegs simbolies is van die Liggaam en die Bloed van Jesus Christus. Vader, ons vra opreg om vergifnis vir die skade wat aan U volk gedoen is, vir al die leuens en beskuldigings en alle vorme van onbillikheid. Ons vra dit in die Naam van Jesus. Vader, in die Naam van Jesus, bring ek voor U die verskriklike antiSemitiese oordele van Martin Luther, wat later gebruik is as regverdiging vir die “finale ontbinding van die Jode”. Weereens vra ons om vergifnis vir die valse vertolking van die Skrif, wat ‘n kragtige, verblindende mag geskep het, nie alleen oor die Duitse volk nie, maar dit het ook ‘n totale apatie tot gevolg gehad in die algemeen wat betref die belofte en verbintenis met U volk. Vader, ons kan maar net bely, as afstammelinge van Duitse of Europese christene, dat ons gruwelik gesondig het teen hulle. Ons het hulle geblinddoek deur ons optrede. In die Naam van Jesus het ons aan hulle die beeld van onbarmhartigheid deurgegee. Daarom bely ons voor U vandag: 30 “Eindeloos roep die bloed op ons hande na die hemel vir die ernstige misdade teen Israel. Ons het diepe berou, Vader, ons verneder onsself voor U om versoening te doen vir die boosheid wat aan U volk gedoen is. Ons het U beproef, Here Jesus Christus, die Een Wie se wonde vir ons genesing bring”. Luister na Sy klaaglied – “Jul houe teen My volk het op My geval!” Ons bely dat ons teen U gesondig het, Here Jesus, deur nie Israel as ons ouer broer te erken, deur wie ons die Skrif, die Wet, die Profete en Jesus self ontvang het nie. Soos ons in diepe berou bely voor U vandag, Vader, bid ons in Jesus Naam, dat soos ons nou die diepe put van ons skuld voor ons sien, die dag sal kom dat Israel se oë geopen sal word om hul Verlosser te aanvaar: JESHUA HAMASHIACH. Vader, U Woord verklaar dat al was ons sonde soos skarlaken; U sal dit witter as sneeu was. Ook in Jeremia 18:8 – “…..maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.” Op grond van hierdie belofte, bid ek nou vir vergifnis en vir algehele vrystelling van die gevolge, die skuld en die ongeregtigheid van ons voorgeslagte. Ek vra in die Naam van Jesus dat U die vloek sal breek van antiSemitisme oor myself en my nageslag; mag die Bloed van Jesus Christus, U Seun, die Bloed van die Ewige Verbond, ons vrystel van die oesproses en terselfdertyd ook die verspilling van soveel onskuldige bloed bedek, die bloed wat teen ons getuig in die geestesrealm. Op grond van die wonderlike beloftes van U Woord en U onvoorwaardelike liefde, aanvaar ons U vergifnis volgens 1 Joh. 1:9. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtighede te reinig”. Ook in Galasiërs 3:13,14 – “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang!” AMEN! 31 4. DIE GESKIEDENIS VAN EGIPTIESE GODE EGIPTIESE GODE Antieke Egiptenare het die lug (wind en lug); die aarde; reën en water, lewe en dood, en hul heersers (die farao’s) aanbid. Die farao’s is beskou as die nageslag van die gode. Die Egiptenare het geglo dat daar nege gode is wat beskou is as koninklik. Nege hoof gode – Ra, Shu en Tefnut, Geb en Nut, Osiris en Isis, Set en Nepthys. (Let op dat hulle almal as tweelinge gebore is – vier groepe tweelinge). Drie sekondêre gode – Hathor, Horus en Anubis. Die res van die gode besit minder krag en is beskou as minder belangrik in vergelyking met die ander. Alfabetiese lys van ander gode en godinne (Nege primêre en drie sekondêre gode is onderstreep) Aker – “die Buiger” - Die bewaker van die opkomende en ondergaande son Amentiu – wolfgod van die land van die westerse realm van die dood Ammut – “doods-slukker” – Monster wat die harte geëet het wat onwaardig was vir die ewige lewe Amon – “die Versteekte Een”. Die Thebaanse koning van die gode en “dit wat versteek word” Amon-Ra – Amen was die god van die wind en die lug – vakuum en ruimte, wat met Ra saamgesmelt het om Amon-Ra te word. Het later oorgeneem by Min as die god van vrugbaarheid en die oes. Dieselfde as Zeus. Anget – “Omhelsende Dame”. Die water-godin van Olifantagtigheid. Atum-Ra – Atum was die god van die ondergaande son wat saamgesmelt het met Ra. Hy is gesien as die god van masturbasie, waardeur hy ander gode geskep het. Atum was die eerste biseksuele god. Atum het ‘n derde oog op die voorkop gehad en die titel: “Heerser van die hele wêreld”. Anubis – “die Koninklike Kind”. Die jakkals-god van mummifisering en verbalseming. God van die dood gesimboliseer as ‘n jakkals. Die Griekse ekwivalent is Anpu. Hy is gebore uit die owerspelige verhouding tussen sy moeder Nephthys en sy oom Osiris. Horus was sy half-broer. As Ondernemer, het Anubis die dooies voorberei vir die reis na die ewige lewe, die begrafnisse uitgevoer, en die dooies vergesel na die graf om ontmoet te word deur sy hond wat wag gestaan het oor die dooies. Anubis Apep – Die slang wat daagliks probeer het om die son te vernietig. Apis - die heilige bul van Memphis en die god van krag en vrugbaarheid, god van lewegewende krag. Aten – Die skyf van die son, ‘n god van die son wie se aanbidding ingebring is gedurende die heerskappy van farao Akhenaten. Aten – Atum – “die voltooide Een”. Die god van die ondergaande son en ‘n vorm van Re. Atum Bastet – “Dame van Verslinding”. Die kat-godin van die huis en sonlig. 32 <><><><> Bast of Bastet – ‘n godin wat voorgekom het as ‘n kat en aanbid is as die bringer van sonlig na die aarde. Bes – die god van dans en feeste. ‘n Heroïese dwerg wat ‘n leeuvel dra, wie mense beskerm het van slange en ander gevare. Die dwerg-god van musiek, dans en oorlogvoering. Boebastis – god van vroue. Buto – “Sy wat Groen is”. Die kobra-godin van laer-Egipte. <><><><> Duamutef – “Prys sy moeder” – Een van die Vier seuns van Horus; hy het die maag van die gestorwene beskerm. <><><><> Geb – “Aarde”. Die god van die aarde en hy was die wederhelf van die lug. Geb en sy suster Nut is gebore in ‘n onbreekbare omhelsing en is geskei in opdrag van Ra. Hulle het toe die Aarde en die Lug verteenwoordig, en hul vader Shu het die res van sy dae deurgebring om hulle vanmekaar te hou. Geb word getoon waar hy op sy rug lê met sy opgetrekte knieë verteenwoordigend van berge en die buig van sy elmboë, die valleie. Hy word dikwels voorgestel as ‘n gans, die “Groot Kekkelaar” wat die eier gelê het waaruit die son tevoorskyn gekom het. Geb het met sy suster Nut getrou. Hulle het twee stelle tweelinge gehad: Osiris en Isis, en Set en Nephthys. <><><><> Hapi - “Hardloper”. Die god van die Nyl, gesien as ‘n man, maar met swaar borste. Hapy – “Hardloper”. ‘n Ander een van die vier seuns van Horus; hy het die longe van die gestorwene bewaak. Hathor – Godin van die lug, liefde en vrugbaarheid, bekend as die koei-godin. Sy is gebore uit die bloedskande verhouding tussen haar moeder Nut en haar oupagrootjie, Amon Ra. Hathor was ‘n sagmoedige godin, ‘n godin van die lug met haar moeder (wat oor die lug en die sterre geheers het). Sy het ‘n liefde vir die mens gehad en het die armes, liefde, musiek en dans liefgehad. Sy was die bewaker van swanger vroue en het voedsel en drank aan die gestorwenes voorsien op hul reis na die onderwêreld. Sy word voorgestel as ‘n vrou met die kop van ‘n koei wat brood en water vashou, of met beeshorings en ‘n son-skyf. Horus – “Hoog, verhewe”. – Die valkgod van die son en die Farao’s. Die valkgod, hemel en songod, god van lewe. Die seun van Isis en Osiris. Hy was nie ‘n sterk kind nie en sy oom Set was genadeloos met hom. Wanneer sy vader Osiris weg was, het Set slange, skerpioene en siektes teen Horus gestuur. Horus word voorgestel as ‘n mansfiguur met die kop van ‘n valk en die maan en die son as oë. Die hart van Horus was ‘n simbool van intelligensie. Hu god van kreatiwiteit. 33 <><><><> Imhotep – “Hy wat in vrede kom”. Die vizier van Djoser is later aanbid as die Seun van Ptah. Imsety – “die Vriendelike Een”. Die seun van Horus wat die lewer van die gestorwene bewaak het. Isis – “die Troon”. Die godin van towery, die Tuiste, Vrugbaarheid, Moederskap die koning se kroon en nagseun. Isis het met haar tweelingbroer getrou nl. Osiris, en Horus is gebore. Sy het die Egiptiese vroue geleer van huishoudelike vaardighede soos weef en spin, maar het die godin van moederskap geword na die geboorte van haar seun. Nadat haar broer Set haar man Osiris vermoor het, het sy ook die godin van roubeklaers geword – ‘n vriendin en beskermer van die dood. Sy was ook godin van die vloed. Sy word voorgestel met ‘n troon, beeshorings, en son of maan omraam deur vere as hooftooisel. Sy word ook voorgestel as ‘n koei, en in haar roubeklaers vlerke. Isis – die Moeder godin. Dikwels getoon waar sy die songod Horus borsvoed. Dogter van die aardsgod Geb en godin van lug, Nut. Suster van Seth en god van die onder-wêreld, Osiris – sowel as vrou van Osiris. Saam met Anubis het sy die eerste balseming ooit, uitgevoer op Osiris. Griekse ekwivalent van Demeter, Hera en Afrodite. <><><><> Kkonsu – “Reisiger”. Die Thebaanse god van die maan. Khepera – “Hy wat word”. Die kewer-god van die opkomende son. Khnemu – “Beskermer/Verryker”. Die “Elephantine” god van die Nyl en die Oorstroming. <><><><> Ma’at – “Waarheid”. Die godin van orde, waarheid, geregtigheid en godsdienstige rituele. Mayet - god van die wêreld-orde. Menthu – die god van oorlog met die valkkop. Meretseger – “Sy wat stilte liefhet”. Die godin van die vallei van die konings. Slang-godin met menslike kop. Meskhent – godin van pyn by kindergeboorte en voorspeller van kinders se toekoms. Min – “die Ferm Een”. Die god van manlike vrugbaarheid. God van viriliteit en geslagte, geassosieer met paalklim. Beskermer van Nomade en jagters. God van vrugbaarheid. Bewaker van reisigers. Montu – “Nomade”. Die Egiptiese god van oorlog. Mut – “Moeder”. Die Thebaanse moeder-godin, getroud met Ra en het koningin van die hemele geword. <><><><> 34 Nefertum – “Lotus”. Die Memfis god van die lotus. Neith – “Een van is”. Die godin van oorlog en weef. Nekhebet – Godin van Koninklike Beskerming. Haar herkoms is onbekend, alhoewel sy dikwels gesien word as Set se suster omdat sy ook gewoon het in die woestyne van Bo-Egipte. Haar hoofsaaklike taak was om die Farao te beskerm, alhoewel sy ook opgetree het as ‘n bewaker van swanger vroue, vroue in kraam en die armes. Sy word voorgestel as ‘n aasvoël met uitgespreide vlerke en kloue wat koninklike simbole vashou. Nephthys – “Heerseres van die Huis”. Godin van roubeklaag, getroud met haar tweelingbroer Set. Nephthys het geen kinders by hom gehad nie. Set kon nie kinders hê nie, omdat hy so onvrugbaar was soos die woestyn waaroor hy geheers het. Nephthys het haar dus vermom as sy suster Isis en het ‘n seun by Osiris. Isis het hierdie kind aangeneem as haar eie (Anubis) en die treurende Nephthys het die godin van roubeklaag geword. Sy het vir Isis in hierdie roubeklagingsfunksie gehelp deur aan die koppenent van doodskiste te staan met uitgespreide vlerke. Nun – “Bodemloos”. Die primitiewe waters, die eindelose, vormlose waters vanwaar alle lewe ontstaan het. Nut – Die godin van die lug en sterre. Heers oor die maan en sterre. Getroud met haar broer Geb. Moeder van Osiris, Seth, Isis, Nephthys en Horus. Nut en haar broer Geb is gebore in ‘n onbreekbare omhelsing en is geskei in opdrag van Ra. Hulle het die aarde en die lug verteenwoordig, en hul vader Shu het die res van sy lewe gebruik om hulle van mekaar te hou. Nut word voorgestel met haar liggaam wat span oor die aarde met slegs haar vingers en tone wat die aarde raak; of as ‘n regopstaande varksog met klein varkies wat aan haar drink. Die varkies verteenwoordig die sterre. Nut het met haar broer Geb getrou. Hulle het twee stelle tweelinge gehad, Osiris en Isis; sowel as Set en Nephthys. <><><><> Onuris – “Lug-Draer”. Vegter en lug-god van Abydos. Osiris – “Hy sien die troon”. God van die onderwêreld, koning en regter oor die dood. Seun van Geb. Getroud met sy suster Isis. Opgewek uit die dood deur sy vrou nadat sy broer Seth hom vermoor het. Osiris het met sy tweeling-suster getrou (Isis) en hulle het vir Horus gehad. Hy was die god van landbou en bouwerk, totdat hy vermoor is deur Seth. Hy is opgewek deur sy vrou en Thoth, maar het verkies om weer te sterf en die god van die onderwêreld te word. Die styging, oorstroming en terugsakking-siklus van die Nyl is verbind aan sy geboorte, sterwe en opstanding. Hy was die god van seisoene. Hy word voorgestel as ‘n gemummifiseerde farao – groen en swart gesig – toegedraai in wit linne en hy hou ‘n haak, sweep of septer vas. (Simbolies van koninklike mag). <><><><> Ptah – “Skepper”. Die gemummifiseerde skeppergod van Memfis. God van vakmanne en kunstenaars. Ook gesien as die heer van wet en orde. 35 <><><><> Qebehsenuef – “Koel sy broer af met water”. Die seun van Horus wat die ingewande van die gestorwenes bewaak. Qetesh – ‘n Semitiese natuur-godin wat in Egipte aanbid is. <><><><> Re – “Son”. Die skeppergod van die son. Renenet – godin van babas en jong kinders. Renpet – godin van die lente. <><><><> Satet – “Een wat pyle skiet”. Die “Elephantine” godin van die Nylvloede en vrugbaarheid. Sebek – krokodil-god. Seker – God van plantegroei en begrafnisse – het ‘n valkkop gedra en het die deurgang na die onderwêreld bewaak. Sekhmet – “Magtige vrou”. Die leeuwyfie godin van oorlog en vernietiging. Hathor het verander in Sekhmet, die godin van oorlog en vernietiging toe Ra haar uitgestuur het om sterflinge te vernietig. Selket – “Sy wat asemhaal”. Die skerpioen godin van towery. Serapis – die Hellenistiese god van die son en die hiernamaals. Seshat – “Dames skriba”. Godin van skrywery en afmeting. Godin van bibliotekarisse en skrywes, voorgestel as ‘n vrou met ‘n ster op haar hooftooisel en ‘n pen in haar hand. Sy skryf die dade van die verlede van mense op, asook hul toekoms. Set – God van die woestyn, storms en sand. God van boosheid. Set het met sy tweelingsuster getrou (Nephtys) maar het geen kinders nie. Hy is die teenoorgestelde van vrugbaarheid voorgestel deur Isis. Hy verteenwoordig barre, songedroogde woestyne en boosheid. Hy het geheers oor die droë Bo-Egipte en het die Laer gedeelte van sy broer Osiris begeer. Hy het Osiris vermoor en die lewe vir sy susters Isis en Nephthys, hel gemaak. Sy neef Horus (Osiris se seun), het hom oorwin in ‘n stryd en hom teruggedryf na die Noordelike woestyn. Set is voorgestel met rooi oë en hare wat gesien is as die kleur van boosheid. Hy is voorgestel as ‘n krokodil, vark, wildebeer, seekoei of as ‘n man met ‘n lang-snoet monster se kop. Seth – “Om te skyn”. Die god van donder en storms wat sy broer Osiris vermoor het. Shai – die god van menslike bestemming wat gebore is saam met elke kind en saam met die kind gereis het tot sy dood, waarna hy elke goeie en slegte daad moes rapporteer. Shu – God van Lug en Lig. Amon-Ra het Shu geskep, asook sy tweelingsuster, Tefnut. Shu en Tefnut is getroud en het twee kinders gehad, Geb en Nut. Hy word dikwels voorgestel as ‘n bebaarde man wat die lug ophou terwyl hy die son beskerm. Hy word ook voorgestel as ‘n leeu of ‘n mens met die kop van ‘n leeu. 36 Soms word hy vertoon waar hy volstruisvere dra wat die vier pilare voorstel wat die lug moes vashou wanneer hy nie daar was om dit te doen nie. Sia – god van insig. Sobek – “Hou wag oor jou”. Die krokodil-god van riviere en mere. <><><><> Tauret – “die Groot Een”. Die seekoei godin van vroue en kindergeboorte. Taweret – die godin van kindergeboorte. Tefnut – “Lug-spuug”. Die godin van water, oggenddou en reën. Amon-Ra het Tefnut geskape, asook haar tweelingbroer Shu. Shu en Tefnut is getroud en twee kinders is gebore – Geb en Nut. Dou en reën was die trane van Tefnut. Dit is vertel dat sy gehuil het van die inspanning om haar broer Shu te help om die lug op te hou. Sy word dikwels voorgestel as ‘n leeuwyfie of ‘n vrou met ‘n leeu se kop. Thoth – “Leier”. Soms voorgestel as ‘n Ibis, god van die maan, sterre, towery en wysheid. Hy lees die gewig op die skaal sodat Osiris rekord kan hou van ‘n gestorwene se siel. Word dikwels gesien as ‘n simbool van outoriteit. <><><><> Upuat – ‘n wolfgod wat die dooies vergesel het na die onderwêreld. Sommige gode word verbind aan verskillende rigtingspunte. Prinse van die Weste: Prins van die Suide: Prins van die Noorde: Prinse van die Ooste: OSIRIS EN ANUBIS SETH HORUS SOPDU EN THOTH. SKEPPINGSVERHAAL In die begin was daar niks – buiten Nun – die woeste waters van chaos. Ra het tevoorskyn gekom uit Nun. Hy het toe deur die lug gevaar in ‘n boot en die aarde geskape, sowel as die lug en water, alle plantegroei, lewende wesens en die ander gode. Hy was die god van die totale skepping en mees magtige god in die heelal. In Laer-Egipte is die songod genoem Ra. In Bo-Egipte is die songod genoem Amon. Hierdie god was dus algemeen bekend as Amon-Ra. Amon-Ra het dag en nag geskep, deur om die wêreld te vaar in sy lug-boot. Hy is elke oggend gebore as ‘n baba en het teen die aand gesterf as ‘n ou man. Hy was sinoniem met lig en lewe. Hy is voorgestel as ‘n man (soms met die kop van ‘n valk), met of sonder horings, maar altyd met die sonskyf. Amon-Ra het Shu geskape, asook sy tweelingsuster, Tefnut. Shu en Tefnut is getroud en het twee kinders gehad – Geb en Nut. 37 Geb en Nut het getrou en het vier kinders gehad (twee stelle tweelinge) – Osiris & Isis, Set & Nephthys. Osiris en Isis het geheers oor die vrugbare Laer Egipte, terwyl Set en Nephthys geheers het oor die droë Bo-Egipte. Dit het Set gedryf tot jaloesie en boosheid. Nut het ook ‘n ander dogter, Hathor, gehad by haar oupa, Amon-Ra. Osiris is getroud met sy tweeling-suster Isis, en Horus is gebore. Nephthys het haar tweelingbroer Set getrou. Hulle kon nie kinders hê nie, dus het Nephthys haar broer Osiris verkul, en is ‘n kind in haar verwek deur hom – Anubis. 2.1 DAAR IS VYF BASIESE EGIPTIESE SKEPPINGS-VERHALE 2.1.1 2.1.2 2.1.3 2.1.4 2.1.5 Die Negetal van Heliopolis. Die Agttal van Hermopolis. Die Drietal van “Elephantine” (Abu) Die Drietal van Thebes Die Drietal van Memphis. DIE NEGETAL VAN HELIOPOLIS Heliopolis word gevind in die noordooste van die moderne Kaïro. Dit was polities en geestelik, kragtig gedurende die Ou Koninkryk. Dit is die plek van die eerste bekende sontempel, wat opgedra was aan Re-Hekarte. Vandag het daar slegs ‘n enkele reliek oorgebly op hierdie plek. Die obelisk van Senwosret I dui nou die plek aan. Volgens die Heliopolitane, het die eerste aksie van die skepping plaasgevind toe die songod Atum (heer van Heliopolis), opgestaan het uit die chaos van Nun – vanuit ‘n lotus-blom – en op ‘n koppie gestaan het wat hy geskep het, die ben-ben. Die eerste skeppingsdaad het lig in die wêreld gebring. Op die plek waar hy uitgekom het, is die tempel van Heliopolis gebou. Atum is genoem ‘n selfgeskape god of die kind van Nun. Hy is ook beskou as die ben-ben. Tydens die Piramide-tekste, het Atum geidentifiseer met Re. As Atum-Re is hy verbind met die Bennu voël (die phoeniks). Atum het sy kinders geskape, Shu en Tefnut, deur te masturbeer. Dit mag onmoontlik klink, maar Atum was ‘n biseksuele god. Hy het beide die manlike en vroulike aspekte van lewe beliggaam. Dus het sy semen alles bevat wat nodig was om nuwe lewe en godhede te skep. Die Egiptenare het Atum die “Groot Hy-Sy” genoem, en sy naam het beteken “die voltooide een”. Shu en Tefnut het op hul beurt weer vir Geb en Nut gehad deur ‘n normale seksuele verhouding. Geb was die god van die aarde en Nut was die lug. Nadat hulle vier kinders gehad het (Osiris, Isis, Nephthys en Seth) is hulle geskei deur hul vader Shu, die god van die lug. Nut word dikwels voorgestel in ‘n boog oor Geb met die son wat al saam met haar liggaam beweeg. Anderkant Nut se liggaam lê Nun en die niet. 38 Die familieboom Nun Atum (of Re) Tefnut Shu Nut Osiris Geb Isis Horus die Kind Horus die ouer persoon Seth Nephthys Anubis NOTA: Sommige legendes lui dat Anubis die seun van Nephthys and Osiris is. DIE AGTTAL VAN HERMOPOLIS Gesetel in Midde-Egipte, was Hermopolis (Magna) ‘n belangrike kultiese sentrum van Thoth. Thoth is deur die Grieke genoem “Hermes”. Dit is van hierdie naam vir Thoth wat ons die naam vir die stad kry, wat letterlik beteken “die stad van Hermes.” Hermopolis was die antieke hoofstad van die 15de bo-Egiptiese nomos. Gedurende die Islamitiese periode is dit swaar geplunder. Desondanks, is daar steeds tekens van tempels wat dateer uit die Middel- en Nuwe Koninkryke. Ramses II het ‘n tempel daar gebou met materiale verkry vanuit die verlate stad van Akhenaten. Die Hermopolitane verklaar dat hul teorie van die skepping ouer is as enige ander in Egipte. Hulle het geglo in ‘n sisteem van agt godhede, vier gode en hul besondere ooreenkomste. Die twee wat mees prominent geword het in latere tye, was Nun en Amon. Nun is gerespekteer in baie dele van Egipte as die oorspronklike waters waaruit alles voortgekom het gedurende die skepping. Amon, van Thebaanse faam, het tot prominensie gekom gedurende die heerskappy van die prinse van Memphis. 39 Dit is deur baie opgelet dat die godinne van Hermopolis bloot die vroulike ekwivalent gehad het van hul maat se naam (bv. “Stephanie” is die vroulike ekwivalent van die naam “Stephen”). Daarom kan elke godheid-paar gesien word as die manlike en vroulike dele van ‘n hele en moontlik groter god. In elk geval, elkeen van die vier gode was die gode van een van die kreatiewe magte of bronne. Nun Heh Kuk Amon - Water Oneindigheid, ewigheid Duisternis Dit wat onsienlik is; of lug Die vier gode word voorgestel met padda-koppe, terwyl die godinne getoon word met die koppe van slange. Op ‘n sekere punt het hierdie entiteite, wat die oorspronklike substansie uitgemaak het, tot ontploffende interaksie oorgegaan en het alle gebalanseerde spannings wat hul elementele kragte bevat het, verbreek. Hierdie losbars van energie het die primitiewe heuwel voortgebring wat by Hermopolis te sien is – waar die son gebore is. Na die skepping, het die Agttal die aarde geregeer gedurende ‘n Goue Era. Hulle het toe gesterf en gaan woon in die Duat, of Onderwêreld. Die Agttal was verantwoordelik vir die vloei van die Nyl en die opkoms van die son elke dag. Dit is geglo dat hulle elke dag die lotus voortgebring het wat die songod bevat. Nog ‘n variasie vertel dat die eier deur ‘n ibis gelê is – die voël van Thoth. Omdat die kultus van Thoth nuwer was as die van die Agttal, is dit moontlik dat hierdie variasie geskep is deur die priesters van Thoth om die mitologieë van die Agt en van Thoth te akkommodeer. Die Agttal is ook soms genoem die siele van Thoth. Die derde skeppingsverhaal, vertel dat ‘n lotusblom vanuit die waters van ‘n meer, genoem “die See van die Twee Messe”, gekom het. Hierdie meer was geleë in ‘n park naby die tempel in Hermopolis. Toe die lotus se blare oopgaan, het ‘n goddelike kind tevoorskyn gekom – Re. Die laaste storie is dieselfde as die vorige met die verskil dat binne die lotus ‘n kewer was – die simbool van die opkomende son. Die kewer het toe verander in ‘n huilende seuntjie. Sy trane het mense geword. Die lotus is soms geidentifiseer as die Oog van Re. DIE DRIETAL VAN “ELEPHANTINE” (ABU) Elephantine was die antieke hoofstad van die eerste nome van bo-Egipte. Dit is ‘n klein eiland noord van die Eerste Waterval van die Nyl. Khnemu was ‘n skepper-god met die kop van ‘n ram, wie se kultus-sentrum by die stad van Elephantine was. Khnemu het skynbaar alle mense en hul kai geskep uit klei en strooi. Hy het hul liggame gevorm op ‘n groot pottebakkers-wiel. In die Pyramid Texts van die Ou Koninkryk, is die farao genoem die “seun van Khnemu”. 40 By die Groot Tempel van Luxor, word Khnemu getoon waar hy die ka en die liggaam van die farao vorm. Die koningin het die koning gebaar na gemeenskap met Amon en Hathor het die beelde tot lewe gebring deur aan hulle die ankh te gee. Ter voltooiing van die Drietal van Elephantine, was Khnemu se gade, Satet en hul dogter, Anget. Satet, as die “Meesteres van Elephantine”, is geassosieër met die jaarlikse vloed van die Nyl. Anget was die goddelike kind van Satet en Khnemu en is gesien as die bewaker van Egipte se suidelike front en die Nyl watervalle. Die familieboom Khnemu Satet Anget DIE DRIETAL VAN THEBES Die antieke Egiptiese naam vir Thebes, was Waset; dit was die Grieke wat die naam Thebai gegee het. Dit is geleë in bo-Egipte naby die woestyn se handelsroetes en Nubia. Sy mags-klimaks is bereik gedurende die Nuwe Koninkryk. Die stad se besondere droë klimaat het bygedra tot die bewaring van sy monumente, soos die tempels by Karnak en Luxor, wat baie beter gebou was as die geboue in die noordelike stede. Gelyktydig met die Bo-Egiptiese stad Thebes het die plaaslike gode ook tot prominensie verrys gedurende die Nuwe Koninkryk. Die hoof van die Thebaanse gode is genoem Amon. Amon is geassosieër met die lug as ‘n onsigbare, dinamiese mag. Hy word verhef tot die allerhoogste, almagtige en onsienlike skepper. Dit word vertel dat hy homself geskep het en in die geheim gebore is. Alle ander gode was slegs vorme van Amon. Die priesters van Thebes het die aspekte van al die groot skepper-gode, in Amon saamgevat. Hulle het gesê dat die Agttal van Hermopolis net vorme van Amon was en dat Amon die aarde verlaat het om te skyn as die son-god Re. Die priesters het selfs verklaar dat Amon die Tatenen was, die primitiewe heuwel van Memphis. Amon se gade by Thebes, was die moeder-godin Mut, en sy seun was die maan, Khonsu. Die priesters van Thebes het verklaar dat die stad gevestig was op ‘n heuwel en dit is hoe die wêreld ontstaan het. Dit was die plek van die eerste water (Nun en van die eerste land, die primitiewe heuwel). As die eerste stad in die wêreld, was Thebes ‘n model vir alle ander. Eintlik, is die mens spesifiek geskape om ander stede ook te bou volgens die patroon van Thebes. 41 Amon Mut Khonsu DIE DRIETAL VAN MEMPHIS Memphis, “Wit Mure”, was die eerste hoofstad van Egipte opvolgend van sy eenwording deur die farao Menes. In die gebied rondom Memphis, by plekke soos Sakkara en Dahshur, is baie farao’s en belangrike ampsdraers begrawe oor baie eeue heen. Gedurende die Grieks-Romeinse periode, het Memphis baie van sy belangrikheid verloor a.g.v. Alexandria. Met die Edik van Theodosius I (AD 379-95), is Christendom bevestig as die offisiële godsdiens van die Roomse Ryk. Die plekke in en om Memphis het quarries geword vir die bou-projekte in Kairo en die Tempel van Ptah is vernietig. Op hierdie manier het meeste van die inligting i.v.m. die Memphitiese godsdienstige gelowe, verlore geraak. Die meeste inligting waaroor beskik word, is afkomstig van hierdie Shabaka Steen. Hierdie steen was in opdrag van farao Shabaka toe hy ontdek het dat die enigste geskrewe inligting oor die Memphitiese gelowe, te kry was op ‘n wurm-gevrete stuk papirus. Hy het opdrag gegee dat die papirus op ‘n steen gegraveer moes word, sodat die kennis en inligting vir ewig behoue kon bly. Ongelukkig is die Shabaka steen, sedert sy skepping, gebruik as ‘n meulsteen om graan mee te maal en sommige van die gedeeltes is nie meer sigbaar nie. Die mense van Memphis het geglo dat hul god Ptah, die mees antieke en eerste was van al die gode. Ptah is gesien as die skepper van al die ander gode, die son en was verantwoordelik vir die rypwording van gewasse. Die gode van Heliopolis is beskou as blote vorme of manifestasies van Ptah. Hy is genoem die “hart en tong” van die Negetal. Vir die Egiptenare, was die hart en tong die troon van die menslike siel en intellek. Ptah is beskou as verhewe bo Atum wat die Negetal geskep het deur middel van “sy semen en vingers”. Ptah was meer as bloot die skepper van die fisiese wêreld, hy het ook die geestelike wêreld geskep. Hy het die ka van elke wese geskape. Hy was die skepper van alle goeie dinge, soos kos, drank en die offerandes vir die gode. Ptah het ook politieke orde in die wêreld geskep deur die stede en nomes van Egipte te stig. 42 Sekhmet was Ptah se primêre gade en sy seun van óf Nefertum, óf Imhotep. Ptah Sekhmet Nefertum BASIESE EGIPTIESE GODSDIENS Vir die antieke Egiptenare was daar drie dinge belangriker as enigiets anders:- die Nylrivier (Osiris en Dog Star Sirius) hul koning / farao en Cleopatra lewe in die volgende wêreld DIE NYLRIVIER Die belangrikste van hierdie drie, was die Nyl, omdat dit die grond in vrugbaarheid omskep het in die middel van ‘n groot woestyn. Dit was slegs te danke aan die Nyl dat alles voorspoedig kon gaan. Die Egiptenare het hul hele kultuur gebaseer op die vloed van die Nyl. Egipte kon nie bestaan sonder die groot rivier nie. Elke jaar smelt die SNEEU in die BERGE VAN OOS-AFRIKA, en dit stuur ‘n vloedgolf van water wat die walle van die Nyl oorstroom. Die rivier bring met dit mee, stukkies grond en plantlewe, genoem slik. Hierdie slik word agtergelaat op die walle van die Nyl wanneer die vloed verby is, en bied wonderlike bo-grond wat twee of drie oeste per jaar meebring. Let op dat die Nyl vloei van SUID (Oos-Afrika) na NOORD (Egipte). Twee belangrike dinge is verwant aan hierdie aanbidding van die Nyl as ‘n LEWEGEWENDE KRAG:- die dood en opstanding van die god Osiris (reinkarnasie) - die jaarlikse vloed, oorstroming en terugtrek van die Nyl (vrugbaarheid) Die vloed van die Nyl het ooreengekom met die posisies en bewegings van sterre en planeet-liggame. Die jaarlikse opkoms van die ster Sirius het die vloed van die Nyl aangedui. Die Dog Star Sirius word gebruik in programmering. Sirius verskyn jaarliks in die lug, tydens die vloed van die Nyl. Hierdie ster is verbind aan die god Osiris, vrugbaarheid (seksueel) en reinkarnasie. Kom ons kyk bietjie na agtergrond van Osiris. Osiris was een van die NEGE hoof godhede. Amon-Ra het Shu en Tefnut geskape. Shu en Tefnut > Geb en Nut Geb en Nut > Osiris en Isis, Set en Nephthys. (Let op al die tweelinge hier en dink terug aan tweelinge, spieëlbeelde, kloning, ens.) 43 Osiris trou met sy tweeling-suster Isis, en hulle het vir Horus (Bloedskande en seks met die dooies hier!!!) Osiris was die eerste koning van Egipte, en is vermoor deur sy jaloerse broer Set (Gees van jaloesie). Sy liggaam is in VEERTIEN stukke gesny en deur Egipte versprei – geen erfgenaam vir Isis. Met die hulp van haar suster Nephthys en Thoth (god van skrywe), het sy die stukke weer versamel en haar magiese kragte gebruik om Osiris se liggaam te herskep, dus hier word die eerste MUMMIE gemaak! (Waarsêery en aanbidding van die dood). Sy het seks met sy penis en word swanger met Horus (Tantriese seks magie en seks met dooies). Osiris is toe verander in die konstellasie van ORION en het die heerser oor die Koninkryk van die dood geword, asook toesighouer oor die rituele van die sterwende. (Reinkarnasie en astrologie). Isis het weggekruip in die MOERASSE (watergeeste) van die Nyl om weg te kom van Set, en daar is HORUS gebore. Horus was die erfgenaam van die troon van sy vader Osiris en Set was volgende, as die broer van Osiris, indien Horus sou sterf. Horus was sieklik en sy oom het SLANGE en SKERPIOENE na die moerasse gestuur om hom te probeer vermoor. Horus het grootgeword en ‘n tweegeveg gehad met Set, waartydens hy ‘n OOG, en Set sy TESTIKELS verloor het. Set is na die woestyn gestuur om op te tree as die god van storms en Horus het die Eerste Farao geword (vader was die eerste koning) en hy het ook die ewige oog van Ra geword (sy oupa). Die verhaal van Osiris loop parallel met die geboorte, dood en hergeboorte van die plante-siklus in die natuurlike wêreld. Dit is simbolies van die seisoene, fertiliteit en reinkarnasie. MAAN SEISOENE Die Maan-jaar is vasgestel (begin) deur die verskyning van Sirius (Sothis), wat die Jaarlikse Nyl-vloed aangekondig het (middel Julie). Hulle het DRIE MAAN SEISOENE van VIER MAANDE elk. 1. Oorstroming (middel Julie – November) 2. Verskyning (November – Maart) 3. Oestyd (Maart – Julie, laagwater) = 354 dae in totaal NB. Die ster Sirius het verskyn in JULIE – die sewende maand, EN 3 (seisoene van) + (maande elk) = SEWE. NB. Julie is vernoem na Julius Caesar (sien Cleopatra en ONTKENNING) DOG STAR SIRIUS IN PROGRAMMERING Dit is verbind aan astrologie, maan-aanbidding, Wicca, ens. Die DID sal ‘n alter in die sisteem hê wat in hierdie okkultiese praktyke betrokke is. 44 Die ster VERSKYN dieselfde tyd wanneer die Nyl OORSTROOM, en dit begin die hele vrugbaarheids- en reinkarnasie siklus. Sirius is te sien gedurende JULIE en dit is interessant om te let dat dit gebeur tussen twee groot feeste. Somer sonstilstand (20 – 22 Junie) en St Pietersdag/oesfees (1 Augustus). Kan u al die okkultiese konneksies met die verskyning van Sirius sien? Dit is die SON wat die SNEEU smelt op die BERGE van OOS AFRIKA lande wat die vloed begin. Die vloed begin daarom met die SOMER SONSTILSTAND, maar die waters bereik Egipte eers later in die jaar. Die ster Sirius word gesien wanneer die sneeu al klaar begin smelt en die Egiptenare weet dan dat die oorstroming op pad is. Die son, sneeu, berge, rigtings, sterre ens., is deel van die ELEMENTE, SEISOENE en RIGTINGS wat die BASIS van SHAMANISME vorm (die wortel van alle okkultiese praktyke). Sirius word gebruik as ‘n SNELLER of SLEUTEL om ‘n program te OPEN. Die program self is VERSTANDSBEHEER. In ons stelsel is dit die Heidene (Wiccans, Rooi Indiane ens.) wat hierdie tyd van die jaar ‘n stryd voer en wat AFGEVUUR word. Ons het die gebreek deur te petisie teen die WORTEL. (Skrywer van artikel se persoonlike ondervinding):Ons verjaardag is in Julie (11) en verlede jaar het ons ‘n verskriklike tyd beleef sonder om te weet waarom. Let op dat 7 = 11 = 18 = 2x9. Dit was ook ons 36e verjaardag (let op al die 3’e in hierdie storie,) let daarop dat 3 x 3 = 9, en 3 + 6 = 9, nege is die ‘perfekte getal’, en die getal van hoof Egiptiese godhede – dit gaan alles terug na Kabbalah. LET OP:- ONS MOET DUS PETISIE TEEN:- syfers, numerologie, Kabbalah, veral die syfers 3 en 9. Astrologie, konstellasies (veral Orion) Die Dog Star Sirius en dit wat hy VERTEENWOORDIG (vrugbaarheid en Reinkarnasie siklus begin) die konneksie wat Sirius het met die seisoene, elemente en rigtings snellering van vermoëns gedurende hierdie tyd van die jaar (die Veiligheid van alle paganistiese (heidense) alters). FARAO’S – CLEOPATRA Dit is belangrik om Cleopatra in te sluit in ‘n petisie van hierdie aard. Sy is die program wat gebruik word in ONTKENNING. CLEOPATRA – Queen of DE-NILE. Sewe Egiptiese koninginne was bekend as Cleopatra, maar die beroemdste was die laaste een. Cleopatra is gebore in 69vC (let op die jaar), lank nadat die era van die Farao’s geëindig het. Sy het Egipte regeer saam met haar broer, Ptolemy XIII, maar na DRIE jaar het hulle teen mekaar geveg in ‘n burgeroorlog. Julius Caesar, ‘n Romeinse generaal, het Egipte ingeval en Ptolemy XIII doodgemaak. Cleopatra trou met ‘n ander broer Ptolemy XIV, maar raak verlief op Caesar en volg hom terug na Rome. 45 Cleopatra keer terug na Egipte nadat Caesar in Rome vermoor word. Sy vermoor Ptolemy XIV en regeer weereens Egipte, hierdie keer saam met haar seun, Ptolemy DRIE jaar na haar terugkeer, raak sy verlief op ‘n ander besoekende Romein, Mark Antony. Antony het beplan om ‘n ryk te bou saam met Cleopatra, maar Octavian, ‘n seun van Caesar, het hom vermoor. Cleopatra draai nou haar sjarme na Octavian, maar as hy nie belangstel nie, pleeg sy selfmoord in 30 vC deur toe te laat dat ‘n ADDER (of kobra), haar pik. (Let op al die getalle en ander okkultiese verwysings in hierdie verhaal – soos die slang) Die Cleopatra program is ‘n tipe van verstandsbeheer. Dit word gesneller deur syfers en die doel daarvan is om DID’s te verhoed om inligting uit te gee en om hulle sover te kry om te ONTKEN dat dieselfde dade wat hulle in gevangeskap hou, ooit gebeur het. DIE HIERNAMAALS 3.3.1 GELOWE EN RITUELE OOR DIE HIERNAMAALS Die geskiedenis van antieke Egipte is verdeel in verskillende historiese tydsperiodes. Dwarsdeur hierdie tydsperiodes, het die begrafnis-gelowe en rituele verander en ontwikkel. Antieke Egiptenare het ‘n reeks gode aanbid wat gewoonlik, maar nie eksplisiet nie, die aspekte van natuur verduidelik. Gode het die natuurlike verskynsels, soos die oorstroming van die Nyl, die vrugbaarheid van oeste, en die opkoms en ondergang van die son verduidelik. Alhoewel Egipte baie gode aanbid het, het sekere hoof-gode belangrike invloede uitgeoefen op die gelowe wat betref die hiernamaals. Die belangrikste god van die Egiptiese onderwêreld, was die god Osiris. Gedurende die Ou Koninkryk, is geglo dat slegs Farao’s die vermoëns besit het om lewe na die dood te ontvang. Egiptiese arbeiders en gewone mense moes werk om die farao se hiernamaals te verseker, aangesien dit hul enigste verbinding was met lewe na die dood. Soos die tyd verbygegaan het, het die mense die idee begin aanhang dat die algemene bevolking die vermoë gehad het om die onderwêreld te kon binnegaan. Die farao’s egter, het nog steeds die mees buitensporige begrafnisvoorbereidings en versorgings te kry. Die antieke Egiptenare het geglo dat die dood lei tot ‘n ander lewe wat die lewe op aarde vér oorskry. Die gees van die afgestorwene het verskillende dele, wat die persoon help om verder te lewe na die dood. Die ka was die deel van die gees wat nie by die persoon was gedurende sy leeftyd nie, maar wat sou terugkeer na die liggaam wanneer die persoon sterf. Dit was die rede hoekom die behouding van die liggaam gedurende mummufikasie so belangrik geword het. Die ka was gesien as die lewenskrag of geestelike tweeling van die persoon en is uitgebeeld in ewebeeld van die persoon. 46 Die ba, gewoonlik uitgebeeld as ‘n voël met ‘n mensekop, het tevoorskyn gekom sodra die ka en die liggaam bymekaargekom het. Die ba het die vermoë om die graf te verlaat gedurende die dag, maar moes terugkeer in die nag. Die ba is gesien as “aansporing”. Ander dele van die dooie liggaam sluit in die akh, wat in staat was om die lewende te affekteer. Die naam van die persoon het ‘n rol gespeel in die persoon se reis en was, daarom, geskryf in die graf of op begrafnis-geskrifte. Laastens het die skaduwee die gestorwene beskerm. Hierdie verskillende dele van die gees het bygedra tot baie aspekte van die begrafnis-proses. Na die dood, het die persoon se ka ‘n baie gevaarlike reis onderneem. Dit het begin vanaf die Nylrivier en gestrek tot by die hekke van Yaru, wat die finale bestemming was van die hiernamaals. Op pad daarheen, moes dit deur die Saal van Twee Waarhede gaan waar die hart op ‘n skaal geplaas is teenoor die Veer van Waarheid. Die Veer van Waarheid het die gewig bevat van die persoon se sondes van die verlede en ook sy leuens. Osiris en twee ander gode het toesig gehou oor hierdie proses, en indien die hart hierdie toets geslaag het, het die persoon die reg ontvang om met sukses by Yaru te kon ingaan. Indien die hart egter nie geslaag het nie, het ‘n monster, deels krokodil, seekoei en leeu, die liggaam verorber en dus ‘n finale einde gemaak aan sy bestaan. As gevolg van hierdie gevaarlike reis, moes die liggaam behoorlik behoue bly en geplaas word in ‘n geskikte graf ten einde daartoe by te dra dat die persoon die finale bestemming van die hiernamaals bereik. Ten einde die liggaam te behou, het die Egiptenare die liggaam van die gestorwene gemummifiseer. Hierdie mummifikasie-proses het bestaan uit ‘n lang en ingewikkelde poging, wat tot sewentig dae kon duur. Eens behoorlik gepreserveer, is die liggaam in sy graf geplaas saam met baie ander skatte en items. Sulke items het ingesluit: kos, klere, toebehore vir versorging van hare, en werktuie. Shabtis, oftewel miniatuur werker-modelle, is in die grafte geplaas om te werk vir die persoon in die hiernamaals. Die Boek van die Dooies is ‘n naam wat mense gegee het aan die antieke Egiptiese versamelings van tekste, liedere en litanies wat sou verwys na die gestorwenes. Die verskillende tekste verduidelik wat met die dooies gebeur het in die hiernamaals, en bevat ook die gebede wat die persoon moes voordra op verskillende plekke tydens die reis. Die idee van sulke gebede en toesprake vir die hiernamaals, kan teruggevat word na die tyd toe die susters van Osiris, Isis en Nephthys, magiese towerspreuke uitgespreek het oor Osiris om hom die ewige lewe te gee. 47 Die Boek van die Dood het aanvanklik begin as gewone gebede en petisies wat gebruik is gedurende begrafnisse. Dit is eers mondelings deurgegee, maar is later neergeskryf. Met verloop van tyd, het diegene wat die boek moes dupliseer, byvoegings en veranderinge aan die gebede en stories gemaak. 3.3.2 MUMMIFIKASIE PROSES Spesiale priesters en balsemers het die taak behartig van mummifisering van ‘n liggaam. Die proses het bestaan uit vele stappe. Die brein is verwyder deur die neus met ‘n spesiale haak-instrument en weggegooi, omdat dit geen waarde gehad het vir die persoon nie. Alle organe van die maag en bors, behalwe die hart, is uitgehaal en apart in houers geplaas, wat weer later saam met die liggaam in die graf teruggeplaas is. Die hart moes in die liggaam bly, omdat dit die persoon se intelligensie en emosie bevat het. Priesters en balsemers het die liggaam met natron (wassoda) bedek en dit laat uitdroog vir 70 dae. Hierdie proses het al die vog uit die liggaam verwyder. Die liggaamsholtes en alle versonke areas van die lyk a.g.v. die uitdroging, is opgestop met harpuis, saagsels, of linne, ten einde die natuurlike vorm van die liggaam terug te bring. Die liggaam het ook vals oë of ander materiale ontvang om die voorkoms te verbeter. Die liggaam is toegedraai in baie lae linne. Priesters het juwele, amulette en geskrewe gebede tussen die lae linne geplaas. Die belangrikste amulet, die Egiptiese kewer, is op die hart geplaas. Verskillende gesigs-maskers is soms bo-oor die linnestroke geplaas. Laastens het die priesters seremonies uitgevoer soos die “Oopmaak van die Mond”, waarin hulle verskillende dele van die mummie aangeraak het ten einde die persoon te laat praat, eet en ander sintuie te gebruik in die lewe na die dood. 3.3.3 DIE REIS NA DIE HIERNAMAALS Die Duat is die land van die dooies in die Weste. Hierdie land van die dooies kon binnegegaan word deur die groot pas in die berge van die Westerse woestyn. (Gap of Abydos). Jy gaan deur hierdie pas na die Eerste Streek van die Nag. In hierdie streek kan die Mesektet Boot gesien word waarin Re sy reis in die Duat begin aan die einde van elke dag. Die boot is pragtig met glorieryke tooisels, kleure van ametis en smarag, jasper en turkoois, lazuli en die diep gloed van goud. ‘n Geselskap van die gode trek die Boot met die spokerige River van die Dood met goue toue; die portale van die Duat word wyd oopgegooi, en dan gaan jy die Eerste Streek binne tussen die ses slange wat opgekrul is aan weerskante. Die Ka’s van almal wat daardie dag gesterf het, reis saam in hierdie groot Boot van Re op pad na die Saal van Oordeel van Osiris. 48 Die boot beweeg op sy weg deur streke van nag en digte duisternis en kom dan by die portaal van die Tweede Streek. Hierdie portaal het hoë mure aan weerskante, en bo-op die mure is spiespunte sodat niemand kan oorklim nie. Die mure het groot houtdeure wat op spille draai, en bewaak word deur slange wat vuur en gif uitblaas. Almal wat deurvaar op die Boot van Re, moet die woorde van mag spreek wat bepaal is vir daardie portaal, sodat die deure kan oopswaai. Die Tweede Streek is die Koninkryk van Re, en die gode en helde van ouds wat op aarde gelewe het tydens Re se koningskap, woon hier in vrede en geluk, bewaak deur die Geeste van Graan wat toesien dat die koring en gars floreer en ook dat die vrugte van die aarde toeneem. Geeneen van die dooies wat in die Boot van Re reis mag hier vertoef of sy voet sit in hierdie land nie, anders kan hulle nie voortgaan na die Amenti (die Derde Streek van die Duat), waar die Saal van Oordeel van Osiris op hulle wag nie. Dan volg die portale na die Derde Streek en op die woord van mag swaai die groot houtdeure oop op hul spille. Hier, in die Derde Streek, klim die dooies oor in die voorhof van die Saal van Oordeel van Osiris. Die boot self gaan voort op sy reis deur die nege ander Streke van die Nag tot en met die hergeboorte van Re vanuit die mond van die Draak van die Ooste wat die sonsopkoms op aarde bring. Die son sal egter nie opkom as Re nie elke nag met die Draak Apep veg en hom oorwin nie – die draak poog om hom te verslind in die Tiende Streek van die Nag. By die Saal van Oordeel van Osiris, kom die ka’s van die pas-afgestorwenes in die portaal van die Saal en word uitgedaag deur die Deurwagter. Die Deurwagter laat hulle nie deur nie tensy hulle sy naam ken, nl. “Begryper van Harte en Soeker na Liggame”. Die Deurwagter kondig hulle dan aan vir die “Tolk van die Twee Lande”, wat Thoth is, die wyse god. In die Saal wag Thoth om die siel te ontvang en bied aan om hom aan te kondig vir Osiris – wie se plafon van vuur is, mure van lewende slange, vloere van water. Dan lei die Ibis-koppige Thoth die Ka na waar Osiris sit op sy troon, toegedraai in die mummie-klere van die dooies, met die uraeus kroon op sy voorkop, terwyl hy die roede en haak gekruis hou op sy bors. Voor Osiris staan ‘n groot balans met twee skale. Anubis met die jakkals-kop, die god van die dood, lei dan die siel (Ka) na die oordeel. Voor die hart geweeg word, mag elke gestorwene se Ka sy verdediging waarneem. Die Ka versoek Osiris om dit te weerhou van Apep, die “Op-eter van siele”. Anubis neem dan die hart uit die Ka en plaas dit op die een kant van die skaal, en in die ander kant is die Veer van Waarheid. Die hart van ‘n boosdoener sink laag op die Skaal, terwyl Thoth die hoek van die skaal afmerk, totdat die skaal so laag sak dat Ammit die Verslinder van Harte, die sondaar se hart in sy kake kan vang en dit wegdra. Dan word die boosdoener uitgedryf in die dikke duisternis van die Duat om te lewe saam met Apep die Verskriklike in die Put van Vuur. 49 Maar met die goeie man, sal die Veer van Waarheid afsak en sy hart sal opstyg. Hy word dan ‘n plek gegee in die Velde van Vrede saam met die volgelinge van Horus. Horus sal die dooie by die hand neem en hom lei verby Osiris en na die Velde van Vrede. Hier sal hy bly en vreugde vind in al die dinge waarvoor hy die liefste was op aarde, in ‘n ryk land van oorvloed, totdat Osiris terugkeer aarde toe, en met hom saamneem, almal wat bewys het dat hulle waardig is om saam met hom vir ewig te lewe. ANTIEKE EGIPTE – ALGEMENE VERHANDELING Die beskawing van Antieke Egipte het vir meer as 3000 jaar floreer. In die voordinastie periode, was Egipte verdeel in die koninkryke van Bo- en Onder-Egipte. Die koning van Bo-Egipte het die wit kroon gedra en die koning van Onder-Egipte, die rooi kroon. Na jare van bitter worsteling tussen die konings van die noorde en die suide, is die noorde uiteindelik verslaan. Egipte is verenig onder Menes van die Suide, en die eerste dinastie is gestig rondom 3100 BCE. Die herinnering van ‘n pre-dinastiese Egipte het voortgeleef in die farao se titel – koning van Bo- en Onder-Egipte. Die mees belangrike dele van Egiptiese geskiedenis word verdeel in 32 dinasties, wat strek van die begin van die literêre periode, onder die heerskappy van Menes, totdat Egipte ‘n Roomse provinsie geword het rondom 30 BCE. Die daaropvolgende farao’s van Egipte is verdeel in hierdie dinasties. Deur haar geskiedenis, het Egipte beweeg deur periodes van onstuimige politiese opwellings en tye van vrede, mag en voorspoed. Die mees stabiele en produktiewe periodes van Egiptiese geskiedenis, word gekenmerk deur die Ou, Middel en Nuwe koninkryke. Aan die einde van die Nuwe koninkryk, het Egipte ‘n reeks van vreemde invalle gehad en heersers en die groot periodes van Egiptiese beskawing het agteruitgegaan. Lewe in Antieke Egipte het gedraai rondom die stede en dorpe van Egipte, wat langs die Nylrivier gelê het. Aan beide kante van die rivier was die gronde groen en vrugbaar, maar anderkant hierdie smal stroke land, het die warm, droë woestyn gestrek so ver as die horison. Nadat die oes afgehaal is, het selfs die vrugbare grond hard en droog geword onder die warm woestyn-son. Gedurende laat-Lente, wanneer die land baie droog was, het die Nyl se vlak begin styg. Die water het stelselmatig gestyg, en stadig oor die grond gekruip totdat die bewerkte velde bedek was. Wanneer die waters teruggetrek het, het dit ‘n dik, swart laag slik agtergelaat, dorpenaars en werksmanne het hul gereedskap geneem, en die grond begin bewerk, skoongemaak, gespit, uitgemeet, geploeg en geplant. Die grond van Egipte kon weereens blom met lewe, die mense kon gevoed word, die belastings betaal word en die koninklike graanskure voorraad kry. Elke jaar het die land, wat dood was, nuwe lewe gegee, totdat die jaarlikse vloed aangebreek het; dan het die mense die fees van Osiris gevier, die god van plantegroei. Die farao, die priesters en die mense het gesing, gedans en voordragte uitgevoer tot sy eer, en gebid vir ‘n ryk en vrugbare oes. 50 Osiris sou nuwe lewe gee aan die land, hy sou ook nuwe lewe bied aan diegene wat gesterf het, omdat hy die god van die onderwêreld was en hy was die een wat die gestorwenes in sy land verwelkom het – die Land van die Weste. Tot en met die Middel koninkryk, is die land van Bo- en Onder-Egipte verdeel in 42 administratiewe areas, bekend as elk beheers deur ‘n monarg. Die beamptes van elke nome het die belastings betaalbaar op die gronde wat nie behoort het aan die tempels nie, bepaal en ingesamel - en hulle het minder belangrike wetlike probleme in die stede en dorpe uitgesorteer. In teorie, het die farao al die land besit in Egipte, maar hy het gawes van grond gegee aan sy bevoorregtes. Elke groot stad het ten minste een tempel en die vrugbare tempellande is vrygeskeld van sekere belastings en is baie voordele gegee. Daarby, het die koning vreemde buit aan die tempels gegee en as gevolg hiervan het die priesterskap magtig en ryk geword. Soms, veral in die Nuwe koninkryk, het die mag van die priesterskap die mag van die koning self bedreig. Die tempel was hoofsaaklik die huis van die god wat deur die priesterskap versorg is en die posisie van die priester was oorerflik, alhoewel baie van die priesters ander ampte ook gehad het. ‘n Dokter kon ook ‘n priester van Sekhmet wees, godin van siekte en epidemie, en ‘n prokureur kon ‘n priester van Ma’at wees, die godin van reg en geregtigheid. As hulle eers opgelei was, kon hierdie priesters jaarliks terugkeer na die tempel waar hulle godsdienstige pligte moes uitvoer, sowel as lering en debattering in die universiteite wat langs die tempels was. Hierdie opvoedkundige instansies was bekend as die Huise van Lewe. Dokters, wetenskaplikes, wetsgeleerdes, wiskundiges en skribas het langs mekaar hul vakonderrig ontvang in die Huis van Lewe, en godsdiens was ingeweef in al hierdie vakke. Die Egiptenare het groot klem geplaas op opvoeding, omdat dit ‘n wyse van ontsnapping was vanuit vuil en minderwaardige werk. Voordat ‘n professie aangeneem is, was dit belangrik om te kon lees of skryf. Antieke Egiptiese skrywes is bekend as hiërogliewe. Alhoewel skoolkinders eindelose ure spandeer het om hiërogliewe literatuur oor te skryf, is dit eers na opleiding in die Huis van Lewe waar die skriba die hiërogliewe skrif behoorlik bemeester het. Die Egiptenare het wiskundige formules uitgewerk vir blote praktiese redes. Hulle moes weet hoe om grond te verdeel en oppervlakte te meet, en dit was noodsaaklik om presiese mates te hê tydens die bou van die piramides, grafte of tempels. Terwyl die planne vir ‘n gebou deur die argitekte en wiskundiges beplan is, was die werkers besig om die klip te kap. Die mees algemene boustene was sandsteen, graniet en kalksteen. Omdat die Nylrivier die hoofweg in Egipte was, is die stene op platboomskuite geplaas en in die rivier opgedrywe tot by ‘n geskikte plek naaste aan die bou-terrein. Die perd en strydwa was nie in Egipte bekend tot en met die Middel- tot Nuwe koninkryk nie, maar selfs toe was die rivier die beste hoofweg vir swaar vragte. Met die gebruik van opritte, katrolle en rollers, is die enorme stene teen die rivierwalle opgetrek. Die monumentale grafte en tempels het jare geneem om te bou, dus het die farao reeds begin werk aan sy graf of piramide gedurende sy leeftyd. Die piramides is in lae gebou met die vier kante egalig nouer na bo. 51 Gladde paaie van grond is gevorm oor lang afstande klippe, sodat die stene kon opgeskuif word op sleë met rollers onderaan. Die Egiptenare het die menslike liggaam gebruik om lengtes te bepaal; die belangrikste mate was die ellemaat, ekwivalent van ‘n man se voorarm vanaf die elmboog tot by die punt van die uitgestrekte middelvinger. Die woestynrand en die oostelike heuwels van Egipte, was ‘n ryk bron van klip, wat gesny en gebruik kon word in monumentale geboue, beelde of vir delikate kosmetiese bakkies. Klipbakke, veral albaster bakke, is hoofsaaklik gemaak vir grafte, terwyl klei gebruik was vir alledaagse huishoudelike gebruik. Dikwels het die antieke Egiptenare minerale gebruik om potte, mure en doodskiste te verf. Byvoorbeeld, roet-steenkool is gebruik vir swart verf, verpoeierde malagiet vir groen, yster-oksied vir pienk en rooi oker vir die helder rooi kleure. Die pigment is gemaal met ‘n stamper op klip-palette en gemeng met water en met gom, boomgom of eier vir kleefmiddel. Die oorvloedige klei van die Nylrivier is gekombineer met water, strooi en ander plante-materiaal om stene te maak, die algemene bou-materiaal vir huise. Klei vanuit die Nylrivier en vanuit die woestyn-beddings is gebak om keramiek-flesse, potte en bakke te maak. Baie van die potte was eenvoudig, prakties en ongeverf, vir huishoudelike gebruik. Die antieke Egiptenare was veral dol oor juwele vir versiering tydens hul leeftyd en vir die hiernamaals. Nekversierings, krale, oorringe en amulette is gemaak van goud, silwer, skulp, karneool, turkoois, ametis en ander kosbare en half-edelstene en metale. Juwele is gedra deur beide mans en vroue, veral by feestelike geleenthede, maar die Egiptenare het baie min juwele en klere gedra tydens algemene werk in die veld. Die meeste landbewoners het ‘n klein materiaal-gordel gedra en het dikwels nakend gewerk. Landbou was ‘n belangrike bron van arbeid in Egipte, veral vir die mense in klein dorpies wat geleë was langs die Nylrivier. Daar was ook ‘n aanvraag na vakmanne in die dorpies of in staats-werkswinkels. Kosbare stene is gesny en geslyp om juwele vir die adelikes en die konings-familie te maak, klipmesselaars het klip gevorm in beelde, vase en bakke, skrynwerkers het pragtige meubels en beelde vir huise gemaak, asook vir tempels en grafte. Almal was besig om dinge voor te berei vir hierdie lewe, sowel as vir die hiernamaals. Die antieke Egiptenare kon glad nie begryp dat die hiernamaals enigsins verskillend sou wees van die huidige lewe nie. Hulle het gedink dat hulle nog steeds kos, meubels en klere sou nodig hê, asook iemand anders om hul lande te ploeg en hul kos voor te berei. Dus het diegene wat dit kon bekostig, beeldjies van bediendes in hul grafte geplaas om hierdie take uit te voer. Selfs die eienaar van die graf is gewoonlik begrawe met ‘n beeld van homself ingeval enigiets met sy liggaam sou gebeur. Tydens die begrafnis, het die amptelike priester alles “tot die lewe gebring” deur gewyde woorde en gebare – hierdie seremonie was bekend as “die oopmaak van die mond”. Die vrugbare land van Egipte was skaars en daarom baie kosbaar, dus is die dooies op die buitewyke van dorpe en stede begrawe. In die vroegste tye is hulle begrawe in vlak, ovaal putte in die sand, tesame met ‘n paar dinge wat hulle in die hiernamaals nodig sou hê: kos, bakke en juwele. Die son was skroeiend warm en die sand verskriklik droog, sodat die liggame baie vinnig verdroog het. 52 Dit is moontlik dat sandstorms dooie liggame oopgewaai het, en dit mag wees hoekom die mense geglo het dat gestorwe naasbestaandes se liggame goed behoue moes bly om die hiernamaals te kon bereik. Met verloop van tyd het Antieke Egiptiese begrafnisse al meer uitgebrei. Die dooies is dieper begrawe, dikwels binne ‘n rotskamer en spesiale geboue is opgerig om die graf aan te dui. Hierdie geboue het gelyk soos langwerpige, lae boë en is genoem “mastabas” – ‘n Arabiese woord vir boog. Omdat die liggame nou ver verwyder was van die uitdrogende effekte van die son, het die vel verrot en uiteindelik was net die geraamte oor. ‘n Manier om die liggaam te bewaar, is met groot moeite gevind en die Egiptenare het geleer hoe om die liggaam uit te droog sodat die vel en hare behoue kon bly. Hierdie proses is bekend as mummufisering. Gedurende mummifikasie is die interne organe verwyder deur die balsemers, deur ‘n snit te maak in die laer linkerkant van die liggaam. Die organe en die liggaam is uitgedroog met ‘n spesiale soort sout, bekend as wassoda (natron). Dan is hulle behandel met welriekende speserye en parfuums en uiteindelik toegedraai in doeke. Spesiale gebede is geresiteer oor die verbande, omdat elke verband belangrik was, gelukbringers is teen die vel en tussen die verbande geplaas. Hierdie gelukbringers is bekend as “amulets”, ‘n Arabiese woord wat beteken “iets wat gedra word”. Gedurende hul leeftyd het die antieke Egiptenare amulette gedra om verskillende dele van hul liggame te beskerm, en hulle het geglo dat amulette ook die bose sou weghou in die hiernamaals. Die farao was baie belangriker as die gewone Egiptenare – dit is geglo dat hy die seun was van die groot songod Re. Na sy dood het die farao by die songod aangesluit in sy dagboot waarmee hy deur die lug seil. Gedurende die nag het die songod verskuif na sy nagboot, wat deur die onderwêreld geseil het. Die faraos van die Ou Koninkryk het groot piramides van klip gebou, wat sommige mense gesien het as strale lig wat skyn vanuit die lug, ander het gesê dit was die plek waar die farao opgeklim het om by die songod aan te sluit. Die farao is diep binne die piramide begrawe en omring deur al die dinge wat hy kon benodig vir die volgende lewe. Die piramides kon gesien word van ver af en was ‘n maklike teiken vir diewe wat daar wou inbreek. Die latere farao’s wou hul begraafplekke veiliger hê, dus het hulle hul grafte diep in rotse in geheime plekke gegrawe, maar selfs toe het die diewe nog steeds maniere gevind om daar in te breek. Die songod Re was een van die mees belangrikste en oudse gode in antieke Egipte, maar daar was baie ander – sommige was van vlees en bloed, sommige diere, terwyl ander diere-koppe en menslike liggame gehad het. Daar was gunsteling gode wat aanbid is op spesiale geleenthede of in spesiale plekke. Die jakkalskop god Anubis was die god van balseming en het die graf bewaak – die nekropolis; Seth was die varkgod, die bose broer van Osiris, wat siekte en geweld voortgebring het; Thoth was die ibis-koppige god, die god van skrywe en wysheid; Horus was die valkgod, seun van Osiris en Isis. Een god wie ‘n belangrike plek gehad het in die alledaagse lewe van die antieke Egiptenare, was die huishoudelike god, Bes. Bes is uitgebeeld as ‘n dwerg godheid met leeuagtige gelaatstrekke en hy is met verering uitgebeeld op bakke, kopstutte, handvatsels van spieëls en ander huishoudelike voorwerpe. Die tempel was die huis van die god. 53 Elke tempel is gebou volgens die styl van die eerste tempel, ‘n eenvoudige rietheiligdom. Hoë klippilare, gekerf in die vorm van lotusblomme of papirusknoppe, het hoog uitgetoring bo die priesters. Die tempels was donker, met slegs vensters hoog bokant teen die mure. Die plafonne is geverf met sterre en die mure is bedek met gewyde inskripsies en uitbeeldings van die gode. Die hoofgod van die tempel het sy heiligdom agter in die tempel gehad en elke dag het die farao of die hoëpriester die god se heiligdom genader om die Daaglikse Tempel Ritueel uit te voer. Die god is gewas, gevoer en aangetrek en dan is gebede en reukoffers aan hom gebied. Hierdie belangrike ritueel is drie maal per dag uitgevoer in elke tempel in Egipte. Die monumentale tempels van Egipte moes vir die grootste hoeveelheid van die gewone mense intimiderend voorgekom het, maar gewilde kultusse het ontwikkel rondom argitektoniese karaktereienskappe van die tempel. By Memphis, bv., was daar ‘n kultus van Horus “op die hoek van die suidelike deur”. Ander gewilde kultusse het gegroei rondom die reputasie van beroemde mense, bv. Imhotep, ‘n bekende dokter en argitek van die derde dinastie van trap-piramides by Sakkara en is later aanbid as die god van medisyne. Towery het ook ‘n sentrale rol gespeel in Egiptiese godsdiens vir ryk en arm. Daar is geglo dat rituele woorde, gebare en voorwerpe krag gedra het. Dwarsdeur Egiptiese geskiedenis is nuwe gode aangeneem in die ekstensiewe Egiptiese godehemel. By tye egter, het die literatuur van die nuwe Koninkryk aangedui dat erkenning gegee word aan ‘n sentrale mag agter hierdie ontelbare godhede, ‘n mag wat gereflekteer kon word in baie vorms. Dit was veral duidelik na die heerskappy van die 18e dinastie farao Amenophis IV, wie sy naam verander het na Akhenaten en probeer het om die aanbidding van die Aten as die amptelike Egiptiese godsdiens in te stel. Die Aten se skeppingskrag is gemanifesteer in die disk van die son en die farao Akhenaten was sy enigste verteenwoordiger op aarde. Na Akhenaten se dood, was daar ‘n beweging terug na tradisionele kulturele praktyke. Dwarsdeur Egipte se geskiedenis is die diversiteit van die Egiptiese godehemel verwelkom deur beide die magtige en die nederige. Die gode het meeste areas van Egiptiese lewe binnegedring; hulle kon help in siekte en in tye van hartseer, hulle kon ‘n oorsaak wees vir feesviering of gebruik word as ‘n politieke werktuig. Wat hul rol ookal was, was hulle ‘n belangrike deel van die Egiptiese lewe. 54 5. EGIPTIESE GODE Vader van onse Here Jesus Christus van Nasaret, ek bely dat ek die ewige lewe het, dat ek gered is uit genade deur geloof, nie deur werke nie, en dat die ewige lewe ‘n gawe van God is. (1 Korinthiërs 15:12-18) Vader, ek kom na U in die Naam van ons Here Jesus Christus, U Seun, en bely dat ek betrokke was in ‘n dwaalleer en ek vra U vergifnis. Dankie dat die Bloed van Jesus my reinig van al my sondes. (1 Joh. 1:7). Dankie Here, dat U nie ‘n mens is dat U ‘n leuen sal vertel nie, ook nie die seun van ‘n mens dat U hoef te bely nie. Het U gesê en dit nie gedoen nie, of gespreek en dit nie uitgevoer nie? (Numeri 23:19). Daarom weet ek, my Vader, dat indien ek my sondes bely, U is getrou en regverdig om my sondes te vergewe en my te reinig van alle ongeregtigheid. (1 Joh. 1:9). Ek sny die sielsbande met enige persoon, god, godheid, demoon, priester of priesteres geassosieer met Egiptiese aanbidding, in die Naam van ons Here Jesus Christus: Ek sny myself en my naam los, en ek petisie U Vader, om my naam te verwyder met U heilige vuur vanuit elke dokument gekonnekteer aan enige Egiptiese aanbiddings- en rituele. Ek verwerp en verloën alle en elke Egiptiese godheid, en draai my rug daarop en stap weg van hul valse altare en plekke van aanbidding. Ek verwerp alle godhede gekonnekteer aan die aanbidding van lug (wind en lug); die aarde; reën en water. Ek verwerp alle aanbidding verwant aan of gekonnekteer aan lewe en dood. Ek verwerp alle aanbidding verwant aan hul heersers (die farao’s). Ek verwerp alle verbintenisse met die nege hoof godhede – Ra, Shu en Tefnut, Geb en Nut, Osiris en Isis, Set en Nepthys. Ek verwerp alle verbintenisse met die drie sekondêre godhede – Hathor, Horus en Anubis. 55 Ek verwerp alle verbintenisse met elke enkele een van die mindere godhede. Ek verloën alle verbintenisse met elke enkele godheid hieronder genoem, sowel as diegene nie genoem nie. Amentiu, Amon-Ra, Atum-Ra, Anubis, Apis, Aten, Bast of Bastet, Bes, Boebastis, Geb, Hapi, Hathor, Horus, Hu, Isis, Maat, Mayet, Menthu, Meretseger, Meskhent, Min, Mut, Nefertum, Nekhebet, Nepthys, Nun, Nut, Osiris, Ptah, Renenet, Renpet, Sebek, Seker, Sekhmet, Seshat, Set, Shai, Shu, Sobek, Taweret, Tefnut, Thoth, en Upuat. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, sny ek myself los van; Die prinse van die Weste: OSIRIS EN ANUBIS Die prins van die Suide: SETH Die prins van die Noorde: HORUS Die prinse van die Ooste: SOPDU EN THOTH Ek verwerp en verloën elke ander godheid wat ek nie ken nie of wie se naam ek nie genoem het nie. Ek draai nou my rug op al die Egiptiese gode en vra in die Naam van die Here Jesus Christus, dat al hierdie gode op hul gesigte sal val en dat God hulle sal vernietig met Sy verterende vuur. In die Naam van Jesus Christus, verwerp en verloën ek elke voorkoms en karakter-eienskap wat toegesê word aan hierdie gode, sowel as alle “heilige” diere wat aanbidding ontvang het as gode. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, sny ek myself los van alle numerologie gekonnekteer aan hierdie godhede of aanbidding van hulle. Ek petisie U Vader, om my te verlos van enige verbintenisse of koorde wat my verbind aan alle en enige Egiptiese numerologie; daardie aspekte genoem hieronder en ook dit nie genoem nie. - die 4 stelle tweelinge gebore uit Ra (4 x 2 = 8). - Alle numerologie betekenis gekoppel aan die syfers 1,3,4 & 9. - Alle onderliggende Kabbalistiese eienskappe gekoppel aan hierdie syfers. 56 Ek verloën elke Egiptiese skeppingsverhaal wat daarop aanspraak maak dat hulle, i.p.v. God ons Vader geskep het, of wat aanspraak maak op die skepping van orde, of aansprake dat die skepping hernu moet word na elke nag se dreiging van ewige slaap. Ek verloën Nun as die stormende waters van chaos waaruit Ra gekom het. Ek verloën Ra as die “skeppergees” , wat elke lewende ding geskape het. Ek verwerp en verloën al die volgende Egiptiese verhale van skepping en verklaar hulle as leuens, misleiding en lastering: 1. 2. 3. 4. Hermopolitaanse skeppingsverhaal. Heliopolitaanse skeppingsverhaal. Memphis skeppingsverhaal. Thebes skeppingsverhaal. Ek verloën die drie wortels wat die fondasie vorm van Egiptiese godsdienstige gelowe: - die Nylrivier en sy verbintenis met Osiris en die Dog Star Sirius (Sothis) - die Egiptiese konings / farao’s, en veral Cleopatra - die Egiptiese gelowe aangaande lewe in die volgende wêreld Ek verloën die Nylrivier as die lewegewende bron van Egipte. Ek verloën die skakel tussen die Nylrivier en die dood en hergeboorte van die god Osiris (reinkarnasie), sowel as die skakel met vrugbaarheids-aanbidding (die jaarlikse vloed, afneem en terugtrek van die Nyl). Ek verloën alle ooreenkomste met die Nyl en die posisies en bewegings van sterre en planeet-liggame en die “Dog Star” Sirius of Sothis. Ek verloën alle simboliek verbind aan die Nylrivier deur Osiris, soos die paralelle met die geboorte, dood en hergeboorte van die plantegroei siklus in die natuurlike wêreld en die seisoene, vrugbaarheid en reinkarnasie. Ek verloën die verbintenis tussen die Nylrivier en die Maan seisoene. 57 Ek kom te staan teen elke manier waarop die Dog Star Sirius verbind is met programmering. Ek petisie U, Vader, om my te bevry van die volgende op hierdie gebied: syfers, numerologie, Kabbala, veral die syfers 3 en 9. Astrologie, konstellasies (veral Orion) Die Dog Star Sirius (vrugbaarheid en reinkarnasie siklus begin) Die verbintenis wat Sirius het met seisoene, die elemente en rigtings. - Die losmaak van vermoëns hierdie tyd van die jaar (die Veiligheid van alle Heidense alters) - Ek petisie teen die bande wat my bind aan Egiptiese aanbidding deur farao’s. Ek vra dat U my sal bedek van die invloed van elkeen van die sewe Cleopatra koninginne, veral die laaste Beroemde Koningin. Ek verloën Cleopatra en alle dinge wat verband hou met haar, soos spesifieke syfers en slange. Ek petisie vir U beskerming teen die verstandsbeheer programmering wat van haar kom, asook die syfers gebruik om die sneller te trek van hierdie programmering. Ek petisie U, Vader, om die wortel van die Cleopatra programmering uit te trek – nl. ONTKENNING, sodat ek uit hierdie duisternis kan kom in U wonderbare Lig. Ek petisie vir U uiterste beskerming oor my verstand en siel (intellek, wil en emosies), sowel as my alters, en ek vra dat die Bloed van Jesus Christus my sal bedek en my uit hierdie ingewikkelde doolhof sal lei. Ek verloën die geloof dat alle Egiptiese konings en koninginne gode is. Ek bely dat ek glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees – die drie-eenheid wat gevind word in die Woord van God Almagtig in die Christen Bybel. 58 Ek verwerp en verloën al die volgende dinge in verband met die hiernamaals: - alle rituele vir die dooies alle tower-olies en speserye gebruik in rituele alle roubeklag rituele gedurende begrafnis seremonies alle gelukbringers wat op die liggaam geplaas word om dit teen boosheid te beskerm alle voorwerpe wat saam met die dooies begrawe word om hulle te vergesel na die land van die dooies die Egiptiese skarab beetle as bewaker van die hart om nuwe lewe te verseker die Veld van Hemelse Offerandes die plek van reiniging waarheen al die dooies geneem word Ra, as die sielewerker en bemoediger van dooie siele Osiris X as die naam van elke dooie persoon die boot god wat die dooie siele karwei oor die Nyl die realm van die dood of onderwêreld in die weste die 12 provinsies van die onderwêreld die Saal van Twee Waarhede en sy 42 regsgode. die veer van waarheid gebruik in die weeg van die menslike hart In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, sny ek myself nou los van die Egiptiese onderwêreld, wat geleë is in die weste, sowel as van alle gode en rituele verbind met die dood, die nalewe en die onderwêreld. In die Naam van Jesus Christus, stroop ek die godin van die ure van haar outoriteit en krag. Met die Bloed en Naam van die Here Jesus Christus, kanselleer ek nou elke instruksie wat my gevange hou in ‘n sekere tydspan. In die Naam van Jesus Christus, sny ek myself nou los van die geloof dat die liggame van die dooies weer kan lewe en gereinkarneer word na ‘n tyd, sowel as elke vloek en inkantasie wat gedoen word vir die dooies. Ek verloën alle valse opstandings en opvaardings na die hemel en uit die dood. Ek verwerp en verloën die geloof in, sowel as alle rituele en gebede gedurende begrafnisse, ten einde te kan vrykom van die skuld van sonde. 59 Ek verklaar en erken dat slegs die Bloed van my Here Jesus Christus aan die kruis van Golgota, kan vergewe en vrymaak van die straf en mag van sonde. Ek verloën alle Egiptiese magie, rituele, gelowe, waarnemings en herinneringe en bely my deelname en betrokkenheid in hierdie dinge. Ek verwerp en verloën die volgende Egiptiese doktrines en vra vergifnis dat ek geglo het in, en hierdie dinge bely het. Ek bely hierdie nou as sondes, leuens, lasteringe en misleiding: - die doktrine van dood en hergeboorte (reinkarnasie) - die invloed van Kaballa, numerologie en syfers - die invloed van astrologie Ek verloën alle rituele aanbidding van afgode. Ek vra vergifnis vir elke ongoddelike besprinkeling en brand van wierook in afgodstempels, en verwerp elke reinigings-ritueel waaraan ek deelgeneem het, ter ere van hierdie gode. Ek kanselleer alle Egiptiese magiese kragte, inkantasies en geheime formules, sowel as alle magiese genesingskragte. Ek petisie U, Vader, om alle vloeke, gelukbringers, inkantasies en alle magie waaraan ek deelgeneem het of wat teen my uitgevoer is, te kanselleer. In die Naam van die Here Jesus Christus van Nasaret, sny ek myself los van elke Egiptiese god en verklaar hulle kragteloos. Dankie Vader, dat U my uitgehaal het uit hierdie sataniese oorheersing. Ek verloën en verwerp alle rituele en seremoniële krone, juwele, klere en septers (soos die Royal Crooked Sceptre en die Uas Sceptre) verbind aan Egiptiese gelowe. Ek verloën en verwerp my affiliasie aan elke stad, plek, gebou, standbeeld, tempel of aanbidding, toegewy aan of verbind aan die Egiptiese godhede, soos die obelisk, die piramides en die sfinks. 60 In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, petisie ek U, Vader, om my los te sny van elke doktrine en geloof wat deel vorm van Egiptiese aanbidding. Ek bely my deelname en geloof in die doktrines hieronder genoem, sowel as diegene nie genoem nie: 1. Die Natuur as godheid – ek verloën die Egiptiese geloof dat die natuur goddelik of ‘n god is en dat lewe op aarde gelyk is aan ewige kosmiese gebeurtenisse – dat die tydelike en ewige wêrelde deel is van dieselfde eenheid. Ek verloën die gelowe dat die kosmiese en menslike element bestaan uit een geheel, dat lewe en dood gelyk is aan sonsopkoms en sonsondergang en dat die Nylrivier ‘n lewegewende krag is en dat die jaarlike vloed, wegsak en terugtrek van hierdie rivier vrugbaarheid voorsien. Astrologie – Ek verloën die geloof dat ons krag, sterkte en outoriteit sy oorsprong het in die son. Ek verklaar en bely dat God die Vader my ENIGSTE bron van krag is. Ek verklaar dat Sy Woord leer dat die wat op die Here wag, nuwe krag sal ontvang. Ek vra vergifnis vir elke opdrag, aanbidding of versoek wat gedoen is in die naam van die son, maan en sterre. Ek verklaar en verkondig dat ek glo dat slegs in die Naam van die Here Jesus Christus ek vergifnis en ewige lewe kan ontvang. Ek verloën die Egiptiese geloof in die Maan jaar en alles hieraan gekoppel, soos die opkom van die Dog Star Sirius (Sothis), die jaarlikse Nylvloed en die drie maan seisoene van vier maande elk – Oorstroming, Verskyning en Oes. Diere – In die Naam van Jesus Christus van Nasaret en met die Swaard van die Heilige Gees, sny ek nou alle sielsbande met die diereryk en elke ongoddelike dier, wat aanbid word in Egipte, soos: Sebek die krokodil, Opet die seekoei, jakkalse en wolwe, katte (bast kat, mafdet kat, shed kat) en voëls (ganse, ibis, bennu, die phoenix voël, valke en arende, mossie-valk). Ek verwerp en verloën ook elke slanggod en slang-aanbidding in die Naam van Jesus Christus. Ek sny myself los van elke slang, insluitende – die Egiptiese kobra, die antieke slang, en Apophis die doodsslang. Ek verwerp en verloën ook alle twee-koppige slange en die slanggod bekend as die Verslinder van die Gees. 61 In die Naam van Jesus Christus sny ek myself los van die Uraeus slang (slang in Farao se kroon), wat vuur gespoeg het op sy vyande, en met die Bloed van Jesus Christus van Nasaret, kanselleer ek nou elke druppel gif. Ek verklaar en erken dat God my die mag en outoriteit gegee het om op slange en adders te trap, en ek vra U nou, Here Jesus Christus, dat U die kop van elke slang sal vermorsel. Ek verloën en verwerp alle heilige bulle verbind aan Egiptiese aanbidding, insluitende die Apis bul van Memphis, die bul van Kamephis en Mnevis, die Ament bul, die Buchis bul, die bul van Min, die goue bul van Canopus, die bul van die Lug en die Son, die bul van Mayet en alle ander nie genoem nie. In Jesus Naam, sny ek myself los en verbreek die siklus van die skarab beetle oor my, beide gedurende die dag en die nag. Plante – Ek verwerp en verloën alle heilige plante, bome en alle voorwerpe van aanbidding. In die Naam van die Here Jesus Christus, sny ek myself nou los van alle bogenoemde dinge en verklaar dat elke knie sal buig voor die Enigste Lewende God, die Here Jesus Christus van Nasaret. 2. Valse drie-eenheid, die heilige kind en moeder – Met die Swaard van die Gees sny ek ons nou los van alle valse drieeenhede – Osiris die vadergod, sy seun Horus die valkgod en Isis, die moeder. Ek bely en verklaar dat ek slegs glo in die drieeenheid van God die Vader, Jesus Christus Sy Seun en die Heilige Gees van God. Ek verwerp en verloën die Egiptiese siening van ‘n skeppergod wat genoem word Vader-Moeder. Ek verwerp en verloën die valse maagd Isis en haar seun Horus. 3. Ander Doktrines Oë – In die Naam van Jesus Christus sny ek myself nou los van die heerskappy en krag van elke oog. Die alsiende oog van Lucifer en alle mag toegesê aan die oë, soos die son-oog, die regteroog en ewige van Ra en die linkeroog van Horus. 62 Seks – Ek verwerp en verloën alle biseksuele geboortes en biseksuele paddas as leuens uit die hel. Ek verloën alle vorme van seksuele perversiteit verbind met Egiptiese aanbidding, soos bloedskande, seks met die dooies en alle ander nie genoem nie. Ek bely dat God die Vader die heelal geskape het volgens Sy Woord, dat Jesus Christus die enigste Bemiddelaar is tussen God en die mens en dat die Heilige Gees van God Sy kinders sal lei in alle waarheid. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret en met die outoriteit wat ek besit as ‘n gelowige in Hom, verklaar ek nou dat ek verlos is uit die hand van Satan en alle Egiptiese afgodery en dat ek gereinig is van alle sonde en deur Sy Bloed, geheilig, gereinig en geregverdig. Ek is ‘n lid van die uitverkore geslag, die Koninklike Priesterdom en ‘n kind van God. Ek behoort nou aan die Here Jesus Christus, liggaam, siel en gees. Ek draai nou my rug op alle vorme van Egiptiese afgodery, en neem my gebied terug van Satan – en ek skeur alle kontrakte wat ek ooit met hom gemaak het, nou op. Ek sny myself en my nageslag los van alle ede, bloedverbonde en sielsbande met elke persoon wat betrokke was in bogenoemde dinge. Ek stroop nou die hekwagte van hul outoriteit, en ek vra U dat alle ongoddelike sleutels vernietig sal word, alle papiere van opdragte opgeskeur sal word, en dat opdragte gekanselleer sal word, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek vra dat U asseblief alle bose deure sal toemaak en seël met die Bloed van Jesus. Ek vra vergifnis vir myself en my voorgeslagte se betrokkenheid in al die bogenoemde dinge en bely dat dit ‘n gruwel in U oë is. Dankie Vader, dat U nooit weer aan hierdie sondes sal dink nie en dat U hulle van my verwyder sover as wat die ooste van die weste verwyder is. 63 In die Naam van Jesus Christus, beveel ek nou elke bose gees om my onmiddellik te verlaat, en alle afgode om te val en dat U hulle sal vernietig met U verterende vuur. Dankie Vader, AMEN. DATUM: __________ GETEKEN: __________ GETEKEN: __________ 64 KHOI 6. VERLOëNINGSGEBED VIR NAGESLAG VAN DIE KHOI Let wel: Hierdie is die eerste verloëningsgebed wat gerig is op ‘n spesifieke mensegroep. Daarmee wil ons nie afbreek doen aan die Khoi-mensegroep as sulks nie, maar word vir vergifnis gebid slegs vir die sondige gebruike binne hierdie kultuurgroep wat in botsing is met die Woord van God. Hierdie kultuurgroep, net soos elke ander mensegroep, is uniek en deur God daar geplaas om ‘n spesifieke rol op aarde te vervul! Jes. 45 : 2-6 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel; ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou ‘n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie. Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen god nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie. Jes. 43:26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word. <><><><><><><><><><> Berader: ‘n Aanbeveling is hier dat u op hierdie stadium in die gaping kan staan en vir die persoon en God om vergifnis vra namens ander mensegroepe soos die Afrikaners, Engelse, Griekwas, Basoetoes, ens., vir die volgende sondes: • • • • • • Berowing van hul grond en besittings Berowing van hul wil Vals beskuldigings Vervolging Massamoorde Hul kinders geneem as slawe 65 Persoon: Vader, in die Naam van Jesus Christus, U Seun, staan ek vandag voor U as een mens, ……………………… . U weet waar kom ek vandaan en U weet waar gaan ek heen. U het my geken nog lank voor die grondlegging van die aarde en reeds toe het U al my lewensroeping beplan. Psalm 139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. U het my weer en weer kanse gegee. U het nooit met my moedeloos geword nie – en op hierdie dag wil ek U vasgryp en vra dat U my in U groot genade sal aanhoor as ek hierdie belydenis kom doen namens myself en my voorgeslagte voor U en ook voor ‘n mens / mense as getuie/s. Vader, ek dank U dat ek deur U beplan en geskape is en dat daar ‘n dag en oomblik was wat U my na die lewe geroep het en die lewens-asem in my ingeblaas het hier op aarde. Dankie vir die volle pakket van potensiaal wat U in my belê het, ook deur my Khoi voorgeslag. Jeremia 29:11 Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Handelinge 10:34, 35 Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. Openbaring 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U Bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, wil ek vandag die sondes van my vaders en hul vaders bely, asook die vrug wat daardie sondes vandag in my en my nageslag se lewe dra. Soos ek hierdie gebruike bely en by die naam noem, vra ek in Jesus Naam, dat U my en my nageslag na gees, siel en liggaam sal bevry, genees en restoureer, asook sal oprig in die posisies wat U oorspronklik vir ons beplan het. 66 Seksuele ongeregtighede In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, bely ek alle seksuele sondes, ongeregtighede en onreinheid. Ek bely die sonde van homoseksualiteit en lesbianisme. Ek bely die sonde van masturbasie. Ek vra U vergifnis vir hierdie oortredinge. Ek verloën en verwerp die spesiale waterverbond- en seremonie wat in ooreenstemming met hierdie verhoudings plaasgevind het. Ek verloën die nasionale gebruik “Landessitte” wat gekoppel is aan masturbasie. Ek verloën alle bedrywe van “liefdes-towery” (love magic). Ek verloën die geloof in die toormiddel “duba” gemeng met tabak, asook die invloed wat dit gehad het op my liggaam en verhoudings. Ek verloën alle toorbedrywighede, insluitende die rook van boegoe en sprinkaanbene. Ek verloën die gebruik om spesiale vleis te eet wat deur die toordokter geslag word tydens huweliksseremonies, asook die invloed wat dit op my / nageslag kan hê. Ek vra dat U my/familie al hierdie dinge sal vergewe Vader, en elke vloek as gevolg hiervan, sal verander in ‘n seën. In die Naam van Jesus verwerp ek dan nou alle onreine geeste wat aan my vasklou as gevolg van hierdie gebruike en ek beveel hulle om my nou onmiddellik te verlaat. Ek beveel alle demone van wellus om my liggaam nou te verlaat, in Jesus Naam. Vrugbaarheid Vader, in die Naam van Jesus verloën ek… Elke ritueel uitgevoer deur my, of my moeder of voorgeslagte om die geboortes van kinders te verseker. Ek verloën die gebruik om ‘n dier te offer vir hierdie doel. Ek vra dat U sal vergewe en dat U Heilige vuur hierdie valse offer-altare sal vernietig in die fisiese, sowel as in die geestesrealm. 67 Ek vra dat die Bloed van Jesus hierdie valse offerbloed sal stilmaak en dat U hierdie vloek op my en my nageslag sal verbreek en die effekte daarvan sal stopsit. Ek verloën en verwerp elke vorm van “medisyne” wat deur die toordokter gegee is aan my / familie en vra dat U alle oorblyfsels daavan uit my / ons sisteem sal verwyder. Ek vra dat U die effekte hiervan sal verbreek oor my vrugbaarheid, my liggaam, verstand, wil en emosies, asook die van my nageslag. Elke demoon wat gekoppel is aan hierdie “medisyne” en daardeur my liggaam binnegekom het, beveel ek nou om my te verlaat, in Jesus Naam. Ek vra dat U elkeen van hierdie toormiddels wat nog in die geestesrealm teen my spreek, sal stilmaak. Vader, ek vra dat U enige kwale en siektes wat ek as gevolg van hierdie “muti” kon opgedoen het, sal genees, in die Naam van Jesus. Ek verloën die gebruik om die vrugwatersak van ‘n ongebore lam op die rug te dra om die geboortes van kinders te verseker. Ek verloën die geloof dat die eet van bokvleis, vrugbaarheid aanhelp. Vader, in Jesus Naam bely en verloën ek elke aborsie uitgevoer deur my of my voorgeslag. Ek verwerp die gebruik van die drink en eet van urine en stoelgang van klipdassies om aborsie aan te help, asook die gebruik om die maag styf vas te bind totdat die fetus uitgewerp word. Ek vra dat U hierdie verskriklike sonde sal vergewe en al hierdie bloed van onskuldige baba’s sal stilmaak onder die kosbare Bloed van Jesus Christus. Ek verloën die geloof dat die fetus nie beskou word as lewend voor op 7 maande nie, en verklaar dat U elke fetus ken nog voordat dit in die baarmoeder gevorm word. U is lewe. Jeremia 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig. 68 Rituele by geboortes In die Naam van Jesus, verloën en verwerp ek die gebruik om die baba kort na geboorte bekend te stel aan die reën as die bron van water. Ek verwerp enige invloed van watergeeste as gevolg hiervan op my en my nageslag in liggaam, siel en gees. Ek sny myself en my nageslag los van enige kragte van water of rots, in Jesus Naam. Ek verwerp die ongoddelike vure en altare wat brandend gehou is totdat die naelstring afval, in Jesus Naam. In Jesus Naam, verloën ek enige valse “profetiese kragte” in my bloedlyn as gevolg van helmgeboortes. Alle tweelinge in my voor- of nageslag verklaar ek as geseënd en nie vervloek nie, in Jesus Naam. Puberteits-seremonies Meisies: Vader, in die Naam van Jesus vra ek vergifnis vir elke ritueel in hierdie verband uitgevoer deur my voorgeslag of myself. Elke valse reinigings-ritueel hou ek voor U en vra dat die effekte daarvan verwyder sal word vanaf my en my nageslag. Ek vra dat U elke vloek wat as gevolg hiervan, my of my nageslag se vrugbaarheid op enige gebied kan beinvloed, sal verbreek en dat die Bloed van Jesus alleenlik my / nageslag se reiniging sal uitvoer. Ek verloën elke toewyding aan water van my / familie, in Jesus Naam. Ek verwerp die geloof dat water en reën my vrugbaar sal maak en plaas my vertroue hiervoor in Jesus Christus. In die magtige Naam van Jesus Christus, weerstaan ek nou elke demoon wat aangestel is om oor my of my nageslag te waak a.g.v. hierdie rituele, om my nou onmiddellik te verlaat. Seuns: Vader, in Jesus Naam vra ek vergifnis vir enige en alle rituele wat in hierdie verband plaasgevind het in my of my familie se lewens. Enige negatiewe, afbrekende effekte wat afsondering kon gehad het, vra ek dat U sal genees. 69 Ek verwerp en verloën die gebruik dat die oudste man urineer op die seun ten einde vrugbaarheid te bewerkstellig. Alle valse, ongoddelike bevestigings en woorde wat hiermee gepaard gegaan het, maak ek nou stil, in Jesus Naam. Enige effekte wat dit op my / familie se lewens kon gehad het, verbreek ek nou. Ek verklaar dat my vermoë tot vrugbaarheid gesetel is in die Hand van die Almagtige God wat hemel en aarde gemaak het en vandag nog steeds so onderhou. Ek verwerp en verloën die gebruik om die binnegoed van ‘n dier te eet of an die liggaam te dra. Ek vra dat U my liggaam sal reinig van alle onsuiwerhede en demone gekoppel aan hierdie rituele. Ek bely voor U die ritueel van die drink van bloed. Ek vra om vergifnis namens myself, my voor- en nageslag vir hierdie ongoddelike daad. Ek bely die verskriklike sonde van kannibalisme, Vader! Ek vra dat U ons liggame sal reinig hiervan, asook ons siele sal herstel. Ek verwerp enige inisiasie, asook alle woorde gespreek tydens hierdie rituele en maak dit stil in Jesus Naam. Ek vra dat U die vloek wat opgeskryf is in Levitikus 17:10 sal verbreek oor my en my nageslag, in die Naam van Jesus Christus. Ek bely enige vorm van liggaamlike mutasie, asook alle tatoeërmerke en vra dat U die magte daaraan gekoppel, skadeloos sal stel en van my sal verwyder. Berader: Salf tatoeërmerke en insnydings waar moontlik, en verbreek die mag van demone daaraan gekoppel. Oorgangsrituele Vader, in die Naam van Jesus Christus, bely ek my voorgeslag en my eie betrokkenheid by hierdie rituele. Ek verwerp en verloën die gebruik om die ingewyde in te spuit met ‘n mengsel wat o.a. sweet en vullis van die liggaam van die toordokter bevat, asook alle insnydings wat in my / my voorgeslagte se liggame gemaak is. Ek vra dat U my liggaam sal reinig van al hierdie stowwe, en dat U my sal bevry van enige en alle demone hieraan gekoppel. 70 Ek verwerp die “essens” van elke groep wat op hierdie wyse aan my / voor- en nageslag oorgedra is. Ek vra ook dat U my en my nageslag sal losmaak van enige dieregeeste wat op hierdie manier aan ons gekoppel is. Ek vra dat die Bloed van Jesus Christus hierdie letsels sal bedek en dat U die gif uit my sisteem sal verwyder. Afsondering Vader, in Jesus Naam, vra ek dat U alle effekte van afsondering op my / voorgeslag sal verwyder en genees. Ek vra dat U my sogenaamde “veiligheid wat in die vuur opgesluit is” sal ontkoppel van enige vreemde vure en my sal koppel aan U beskerming en sal omring met die vuur van die Heilige Gees. Grondregte SLEGS INLIGTING: Eienaarskap van water en weidingsgebiede word baie jaloers bewaak. Die goedgesindheid van die geeste speel hier ‘n belangrike rol. ‘n Persoon verklaar ‘n verbintenis met hulle en verkry dan besitreg van ou stamgebiede deur kontak te maak met sy waters. Dit behels ‘n seremonie by die waters. ‘n Soortgelyke seremonie word uitgevoer wanneer ‘n ander stam besoek word. Die persoon identifiseer homself met die plek en sy geeste, en verkry dus beskerming en ondersteuning i.p.v. vyandigheid. Alle land wat opgeëis is deur ‘n stam, was die algemene eiendom van daardie stam. Huisdiere word deur seremonies geneem soos om hulle deur die rook van ‘n vuur te jaag. Vuur moet brandend gehou word gedurende ‘n jagtyd ten einde beskerming en sukses te verseker. Verskeie bygelowe word aangehang gedurende die jagtyd. ‘n Belangrike seremonie in die ou dae was die inisiasie van ‘n jagter in ‘n gemeenskap in, om sy liggaam te verf met die bloed van die dier asook om die vel en van die ingewande rondom die arms te draai. In die Naam van Jesus bely ek alle pogings en rituele uitgevoer om die goedgesindheid van geeste te verwerf. Ek bely elke keer wat ek / familie my / onsself vereenselwig het met enige territoriale geeste ten einde toegang te verkry tot grond, water of jaggebiede. 71 Ek bely elke water-seremonie in hierdie verband, in Jesus Naam. Ek bely alle bygelowe en rituele aangaande huishoudelike diere, in Jesus Naam. Ek verloën alle geestelike “kragte” wat toegesê word aan water of vuur, selfs rook. Ek verloën die gebruik om die liggaam te smeer met diere-bloed en die dra van die vel en binnegoed ten einde sukses in die jag te verseker. Dood In die Naam van Jesus Christus, verwerp en verloën ek elke vals geloof en mite i.v.m. die dood. Ek verwerp die mite dat die maan ‘n boodskap stuur aan die haas. Ek verwerp en verloën die invloed van Gaunab, die boosaardige god van duisternis op my of my familie, in die Naam van Jesus Christus. Ek verbreek die invloed van die gees van die dood oor my en my familie, in Jesus Naam. Ek verwerp en verloën die geeste Hei en Nun en verklaar dat hulle geen meer mag het oor my / familie om ons weg te sleep na die dood nie. Ek vra dat U my / familie sal toedek onder die Bloed van Jesus sodat geeneen van hierdie geeste van die dood langer ‘n effek op ons kan hê nie – liggaam, siel en gees! In Jesus Naam verbreek ek enige en alle toorkragte, toorwoorde en toormiddels wat teen my / familie gebruik is, of steeds gebruik word. Ek vra dat U Hand ook sal keer en ons sal beskerm teen enige “kruisvuur” tussen toordokters wat ons mag agtervolg. Ek vra dat U U heilige vuur sal stuur en hierdie toorkragte sal tref en vernietig in die gees, asook alle ongoddelike altare waar dit bedryf is, of steeds bedryf word, in Jesus Naam. Ek verwerp enige en elke ritueel tydens begrafnisse uitgevoer, en verklaar dat dit geen effek verder op my / nageslag sal hê nie. Ek bely alle aanbidding wat deur my / familie gebring is aan dooies. In Jesus Naam verloën ek alle aanbidding gebring aan Heitsi Ebib, die heel eerste voorvader van die Khoi. 72 Aan U kom toe alle eer en aanbidding, en ek vra dat U sal vergewe en al hierdie valse aanbiddings-altare in die gees sal vernietig met U vuur. Maan In Jesus Naam bely ek elke ritueel waar die maan (Gounja) aangeroep is d.m.v. sang, dans en reënmakende rituele. Ek vra dat u sal vergewe dat ons ons liggame gebruik het om ander gode te eer en te dien. Ek verwerp ook die geloof dat die maan verband hou met vrugbaarheid of dat die maanverduistering ‘n slegte teken is. Ek verklaar dat U heers oor al hierdie dinge en dat ek kies om U aan te roep vir alle behoeftes of vreugdes in my lewe. Helde-aanbidding In Jesus Naam bely ek elke animistiese geloof en vereenselwiging met natuurmagte wat reën kan voortbring. In Jesus Naam verloën en verwerp ek die mag en invloed van die volgende gode: Tsunigoab (gewonde knie) – die “skepper” god wat wakkerword met elke dagbreek. Heitsi Ebib eerste voorvader. Gaunab god van duisternis. Hishna “groot, eerste” gees. Gauwa G//awama hy kan verander in ‘n krokodil N!odima gewer van lewe. Kaggen manifesteer in die vorm van ‘n hottentotsgot. Heise half-man, half-god met ‘n gemsbok as vrou. Son die son is aanbid, ook son-medisyne gemaak Watergeeste Berggeeste Diere-geeste Eland Slang Seekoei Olifant Voëls Wildevark (totem van reënkoningin van Lovedu) Leeu Miaputi – Watermonster op die wal van die Oranje-rivier 73 …oor my en my familie se lewens, eiendomme, huwelike, vrugbaarheid, finansies, verhoudings, bedienings, ens. In Jesus se Naam verwerp ek en verklaar ek kragteloos enige magte van Tsunigoab soos: Reënmaker, skepper van mense uit klip, hoofman, stryder en towenaar. Ek verklaar dat hierdie kragte geen verdere effek op my / familie sal uitoefen nie, in Jesus Naam. In Jesus Naam bely ek alle rituele uitgevoer met diere, vuur, water, vet, bloed en melk ten einde reën te roep. Ek bely enige en alle rituele uitgevoer tussen September en Januarie waar die hoë berge besoek is om seremonies vir reën uit te voer en rotstekeninge te maak. Ek bely elke dans (trance-dans) wat uitgevoer is vir reën, in Jesus Naam. Vader, ek bely die bring van mense-offers ten tye van droogtes, in Jesus Naam. Ek vra dat U hierdie gruwelike sondes sal vergewe en die bloed van daardie mense sal stilmaak onder die Bloed van Jesus Christus, sodat dit nie langer om wraak kan roep op ons bloedlyn nie. Ek bely elke vererende naam wat die god Tsunigoag ontvang het, en verklaar dat U die Naam bo alle name is en al die eer U toekom! Vader, in Jesus Naam vra ek dat U elke onheilige altaar waar ander gode aanbidding ontvang het, waar onheilige offerandes gemaak is, bloed gevloei het en waar “grafte” strategies geplaas is om kragpunte te vorm, in die gees sal opspoor en vernietig met U heilige vuur. Ek vra dat U elke onheilige gebed wat gerig is tot Tsunigoab en Heitsi Ebib, of enige ander afgod, sal vergewe en kragteloos verklaar. In die Naam van Jesus Christus verwerp en verloën ek alle kragte en invloede van Gaunab op my / familie. Ek bely elke vorm van aanbidding wat hy deur my / familie ontvang het, elke offerande wat aan hom gebring is. Ek verbreek elke vloek van siekte wat deur hom op my / familie gebplaas is, in Jesus Naam. 74 Ek verloën enige ongoddelike verbintenis wat deur my / familie gemaak is deur natuurverskynsels, geestesverskynings, hartklop, senutrekkings, voorbodes, vreemde gedrag van diere, sterre, ens. Ek bely die dra van en geloof in gelukbringers om boosheid weg te keer. Ek verklaar dat slegs die Bloed van Jesus Christus en Sy Naam bestand en opgewasse is teen die mag van die duisternis en ek beroep my nou op U genade en krag om my / familie totaal te bevry van enige afbrekende effekte wat al hierdie bogenoemde sondes op ons kan hê. Ek vra dat U my en my nageslag sal lossny van die koppeling aan die Elandgees wat plaasgevind het ten tyde van: • • • • Puberteit van die meisies Seun se eerste jag-ondervinding Huwelik ‘Trance’ dans Ek vra dat U sal vergewe elke keer wat ek of my voorgeslag “ons liggame verlaat” het, en ek vra in Jesus Naam dat U my / familie sal herstel van die effekte daarvan, in liggaam, siel en gees en dat U ook die spore wat ons in die geestesrealm gestap het, sal uitwis. Ek vra U algehele vergifnis vir al hierdie ongoddelike praktyke – en ek vra dat U elke vloek sal verbreek en sal omdraai in ‘n seën. Ek vra dat U nou die byl sal lê teen elke ongoddelike wortel van hierdie familie-boom waaraan ek behoort wat nie goeie vrug dra nie, en dit sal uitkap in Jesus Naam. 75 In die Naam van Jesus lig ek, ………………………., nou die magtige Naam van Jesus Christus oor hierdie familie-lyn waaraan ek behoort, en ek verklaar dat Hy nou hier heers en dat hierdie familie nou gekoppel word aan die koninkryk van God en losgesny word van die koninkryk van duisternis! In die gees rig ek nou ‘n altaar vir U op te midde van hierdie familielyn. Ek verklaar dat ek my vader en moeder eer, maar my rug draai op al hul sondige praktyke. In Jesus se Naam ontvang ek nou U vergifnis met dankbaarheid. AMEN. 76 7. SHAMANISME Onthou om die perseel af te seël voordat begin word met gebed. Hemelse Vader, ek erken U geskrewe Woord in Deut. 18:9-13 as die waarheid, en bely dat ek waarsêery en toordery bedryf het, dat ek voortekens vertolk het, dat ek betrokke was in hierdie soort heksery en dat ek die dooies geraadpleeg het – alles dinge wat die Woord ons leer U ‘n afsku aan het. Ek weet dat al hierdie dinge tot my vernietiging sal lei. Ek vra U, Vader, om my te vergewe dat ek hierdie dinge bedryf het. Ek bely Vader, dat ek U Woord verontagsaam het in Eksodus 20, deurdat ek ‘n afgod van Shamanisme gemaak het. Ek kom voor U en VERWERP die sondige, okkultiese praktyk van Shamanisme. Ek BELY dat ek deelgeneem het aan Shamanistiese praktyke. Ek vra U, Vader, om my te vergewe en te herstel, in Jesus se Naam. Ek bely, Vader, dat ek ‘n reisiger en ondersoeker van die geesteswêreld was en dat ek geglo het in die antieke genesingstradisie van Shamanisme. Ek verloën die sentrale geloof van Shamanisme, dat ons ons moeder, die aarde, moet genees en eer (die aarde word gesien as ‘n lewende, bewuste organisme). Ek verloën die geloof dat hierdie geheiligde vroulike godin, die aarde wat ons bestaan voed, ook gevoed moet word met ons gebede en seremonies. Ek bely my geloof dat gebeure en aktiwiteite in die geestesrealm die gebeure in die fisiese wêreld veroorsaak, insluitende dood, siekte, weer en kos/watervoorrade, en dat ek geglo het dat ek hierdie toestande kon verander deur geestesvervoerings- of beswymings (transe). Ek bely dat ek geglo het dat U shamans stuur om mense te help deur siekte, dood en moeilike tye. 77 Ek bely dat ek probeer het om beheer uit te oefen oor die geheimsinnige magte van die heelal. Ek verloën my geloof in Animisme (dat alle rotse, plante en diere geeste, siele en persoonlikhede besit). Ek verloën die shamaanse wortels afkomstig van Hinduisme, Boeddhisme, Taoisme, Wicca en Rooi Indiaan Magie. Ek verloën my geestesvisie en Sterk Oog. Ek verloën die drievoudige shamaanse rol – dié van geneser, medium en psigo’pomp’. Ek verloën die shamaanse genesing en medisynemense. [Let wel: Shamaans en genesers reis ook in die geestesrealm, maar gewone medisynemanne nie.] Ek verloën die geloof dat alle siekte in die geestesvlak gevind word, veroorsaak deur ‘n verlies van siel/krag of die binnedringing van ‘n vyandige gees. Ek bely dat ek gekommunikeer het met die geesteswêreld ten einde siekte te kan diagnoseer Ek bely dat ek in die geesteswêreld gereis het om gevange siele te red of terug te bring. Ek bely dat ek suiging gebruik het om die indringer te verwyder wat die siekte veroorsaak het. Ek bely dat ek kruie en massering gebruik het in shamaanse genesing. Ek verloën my geloof dat ‘n shamaan nodig is om op te tree as ‘n medium tussen mense en geeste. Ek verloën my rol as ‘n medium tussen die mens en die geesteswêreld, en dat ek ingetree het by die natuurgeeste. Ek bely dat ek versoeke na die geesteswêreld gedra het en dat ek teruggekom het met instruksies van die gode daar. Ek verloën alle psigo’pomp’-aktiwiteit wat verband hou met die vergesel van die siele van dooies na die geesteswêreld. 78 Ek verloën alle shamaanse werktuie wat gebruik word om geestesvervoering (trans) aan te help, wat gebruik is om te ‘reis’ en om mee te genees. Ek verloën my meesterskap oor vuur en vuurloop, besmering (‘reiniging’ deur rook), “centering” (fokus op energie vir krag), geestesvervoering (trans) en reis, sowel as alle en elke ander shamaanse seremonie en shamaanse werktuig. Ek verloën alle shamaanse seremonies soos pyprook, Sweat Lodgeseremonies, shamaanse dans en beweging, geestesvervoering danse (“trance dancing”), dans van die dier, sielsherwinning, seremonies vir die dooie siel en die visioensoektog. Ek verloën die shamaanse medisynewiel en sy verbintenis met die vier elemente (water, vuur, lug en aarde), sowel as sy verbintenis met die geeste van die vier windrigtings (noord, suid, oos en wes), sowel as op en af. Ek verloën die simboliek in die punte van die medisyne wiel (basis, verandering, passie, krag en genesing en die senter of gees). Ek verloën alle ooreenkomste gebruik in shamanisme, sowel as hul eienskappe. Ek verloën die gebruik van die natuur, soos kruie, plante, blomme en bome; edelstene, kristalle, minerale en dierevere in shamaanse praktyke. Ek bely dat ek die geesteswêreld binnegegaan het deur ‘n visioen of trans, hetsy aangebring deur geestelike leraars, esoteriese praktyke, dromme, sang, dreunpraat/dreunsang, rateling, dans of asemhalingstegnieke. Ek verloën die drom en die aanhoudende, ritmiese slaan van die drom, gebruik om ‘n shamaanse trans binne te gaan. Ek verloën die danssiklusse aangepas by die fases van die maan en maande van die jaar. Ek verloën alle hallusinogene, gewyde plante of psigedeliese dwelms (veral towersampioene (“magic mushrooms”) wat gebruik word om ‘n trans of visioen aan te help. 79 Ek verloën alle magiese middels wat in die liggaam geplaas word deur geeste om shamaanse kragte te verhoog. Ek verloën ALLE en ELKE vorm van shamaanse geestesvervoering (trans) – astrale projeksie en vormverandering ingesluit. Ek bely dat ek toegelaat het dat ek uitbeweeg, beweeg en opgelig is in ‘n ekstatiese toestand (beweeg uit jouself uit). Ek verloën die sewe vlakke van bewustheid in geestesvervoering (trans) en reis (die sewe chakras of psigiese sentra van die liggaam). Ek verloën hul gebruik as ‘n brug, skakel of energieverwerker en as ‘n skakeling van die vier liggame (geestelik, verstandelik, astraal en fisies). Ek bely dat ek gereis het, die basis van shamanisme. Ek bely dat ek toegelaat het dat my siel my liggaam verlaat en vryelik gereis het in die lug en deur die aarde. Ek bely dat ek gereis het in ‘n shamaanse toestand (‘n ander toestand van bewustheid as die normale wakker toestand), en dat ek verken en hulp gesoek het terwyl ek in hierdie shamaanse trans was. Ek bely dat ek fisies gereis het in die geestesrealm en dat ek van vorm verander het (verander in ‘n dier of voël). Ek verloën alle tradisionele dierekostuums, kopstukke en liggaamsverf wat in danse gebruik word ten einde geestelik in ‘n dier te verander. Ek bely dat ek direk geskakel het met die geestesrealm, in enige vorm of manier (geestelik of fisies). Ek verloën alle hulp, bystand, ondersteuning, leiding of krag getrek uit bonatuurlike bronne (in watter vorm ookal) gedurende hierdie reise. Ek verloën alle en elke vorm van shamaanse reise in ‘n transtoestand, sowel as alle geestesrealms waarheen of waardeur ek gereis het. 80 Ek bely dat ek geglo het in die drie wêreldse vlakke 1. Bowêreld (sterre, maan, son, gode, heersende geeste, siele van sommige dooies). 2. Laer wêreld (siele van die dood en geeste van siekte). 3. Middelwêreld (aarde waarop ons lewe) Ek verloën die: • “perfeksie” beeld van die bowêreld (hemele). • “spieël” beeld van die laer wêreld (onderwêreld). • “skaduwee of omgekeerde” weergawe van die middelwêreld (aarde). Ek verloën die “ware natuur” van die shamaanse middelwêreld – aarde (waar alles ‘n gees het en mee gekommunikeer kan word). Ek verloën gewyde plekke soos “leylines”, gewyde waterbronne, riviere, grotte, berge, bome en kruispaaie soos poorte na die geestesrealm. Ek verloën alle gate, openinge, deuropeninge, paaie, tonnels, grotte, dieregate, hol boomstamme of maalgate gebruik om af te daal na die laer wêreld. Ek verloën alle bergtoppe, boomtoppe, hange, arendsvlugte, vuur, rook, toue, lere en pyle in die lug geskiet en reënboë wat gebruik word om op te vaar na die bowêreld. Ek verloën die “Spil van die wêreld” (sentrale spil wat die drie wêrelde verbind). Ek verloën die gat in die aarde waar dit aan die laer wêreld raak en die gat in die lug waar dit uitreik tot in die bowêreld. Ek verloën hierdie sentrale plekke as gewyde plekke vir gode, geeste en shamaans. Ek verloën die uitbeelding van hierdie sentrale spil as ‘n wêreldboom of boom van die lewe, ‘n kosmiese berg, rivier, reënboog, brug, wêreldpilaar of “Pole Star” (ook genoem “Sky Nail”, “Nail Star” of “North Star”). Ek verloën die gebruik van tente, teepee’s (wigwam) en piramides as simbole van die wêreldpilaar en “Pole Star”. Ek verloën my geloof in parallelle heelals en alternatiewe realiteite. 81 Ek verloën alle shamaanse geeste of geesteshelpers wat deel is van shamanisme. Ek verloën elke shamaanse gees wat opgetree het as ‘n medium tussen die geestes- en fisiese wêreld – alle beskermengele, sterre, mense, plante, voëls of diere, siele van voorouers en elementale geeste (veral wind en reën) wat vir my opgetree het as geesteshelpers. Ek verloën alle geeste wat nodig is om shamaanse kragte te kan behou. Ek verloën die geestesrol van die uitvoering van take, herwinning van verlore siele en die verwydering van struikelblokke op pad na die geesteswêreld. Ek verloën alle totemhekwagte of geleigeeste (diegene oor beide individue en groepe). Ek verloën die rol van die hekwag (geleigees) – bemagtiging met magiese kragte en wat dien as die shamaan se “dierkrag” of sy alterego. Ek verloën die aanname van die vorm en krag van die geleigees (“guardian spirit”) ten tye van ‘n veranderde toestand van bewustheid. Ek verloën die sien, gesprekvoering daarmee en gebruik daarvan. Ek verloën dat ek hierdie geleigees gekontak het deur die seremonie van “dans met die dier”. Ek verloën alle geesteshelpers (geeste met minder kragte en gespesialiseerde funksies soos die heling van sekere siektes en kwale). Ek verloën alle helpergeeste (gewoonlik gestorwe vriende of familielede wat gretig is om mense op nederige wyses te help). Ek verloën alle tonals (‘n gees in diervorm wat die persoon se siel of geboortedatum simboliseer). 82 Ek verloën alle familiêre geeste. Ek verloën alle krag, beskerming en hulp verkry van gees- of kragdiere (die geestelike energie of essens van die dier op aarde, die eintlike diergees). In die besonder verloën ek bere, arende, uile, rendiere, wolwe en valke. Ek verloën die vermoë om die kragdier in die gees te word, en die spesiale vermoëns en kragte van daardie dier aan te neem. Ek verloën die dra van maskers, velle en kloue gedurende seremonies, sowel as die namaak van die beweging, gegrom en geroep van die dier. Ek verloën die gebruik van gewyde plante, dans en tromslanery ten einde ‘n veranderde toestand van bewustheid binne te kan gaan, ten einde na die geestesrealm te kan reis in die vorm van ‘n kragdier. Ek verloën die antieke geeste of geestesleiers (die beliggaming van die antieke mense van die aarde). En nou, Vader, vra ek dat U U engele sal stuur om hierdie geeste en demone te begelei na die plek wat U vir hulle berei het tot en met die tyd van oordeel. Ek verklaar dat alle koorde, bande en verbande tussen my en alle shamanistiese praktyke nou gesny is en geseël is met die Bloed van Jesus Christus van Nasaret. Ek dank U, Here, dat ek, deur U genade, vrygespreek is van alle bindinge. Ek dank U Vader, dat wie deur U vrygemaak is, inderdaad vry is, en dat die binding van shamanisme oor my lewe gebreek is. Ek verklaar hierdie petisie geseël met die Bloed, krag en outoriteit van die Here Jesus Christus van Nasaret. AMEN. DATUM: __________ GETEKEN: __________ 83 8. VERLOëNINGSGEBED: STERRETEKENS EN ASTROLOGIE Agtergrond Elkeen kry met geboorte ‘n spesiale verwantskap met die kragte van die natuur wat grafies deur die sterrebeeld voorgestel word. Slegs deur die wedergeboorte met water (geloofs-onderdompeling) en die gees (doping met die Heilige Gees) kan hierdie ‘natuurlike’ bindinge van sonde verbreek/afgesny word en ‘n nuwe Goddelike verhouding daargestel word. Joh. 3: 5: “5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” Kol. 1:13: “13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde,” Addisionele bindinge met sekere kosmiese, okkultiese, demoniese magte word gevorm waar mense by astrologie betrokke raak. Hierdie bindinge is op verskillende vlakke (liggaam, siel en gees) en elkeen het ‘n verskillende ‘karakter’ wat negatief inwerk op ons lewens op verskeie maniere. Ons moet onsself eksplisiet losmaak/skei van hierdie bindinge. Ps. 11:6: “6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.” Efes. 6:12: “12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” 1 Pet. 3:22: “22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” Gal. 4: 3-5: “3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, 5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.” Rom. 6: 12-14: “12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 84 14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” Ex. 20: 3-5: “3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;” Open. 2:24: “24 En Ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.” Verloëningsgebed Hemelse Vader, Ek is jammer dat ek betrokke geraak het by astrologie en dat ek my eindbestemming/bestiering en “satan se geheime” wou ontdek en dat ek voor vreemde gode neergebuig het. Here Jesus, ek vra U om my sondes te vergewe. Reinig my met U Kosbare Bloed. Ek vertrou U, Here en verwag dat alle seëninge slegs van U kom. U is die Goeie Herder en U lei my op die weg van geregtigheid en na die Lewende Waters. Ek ____________________(Alle voorname, byname, nooiensvan [vroue] en huidige van), verklaar ‘n egskeiding tussen myself, my name en die okkulties kragte van astrologiese teken en die planete ______________ genoem . Ek verklaar dat ek nie meer onder die wet van die krag van die elemente staan nie maar dat ek gebind is deur die krag van God se genade. 85 Die Ram 21 Maart (Ekwinoks) – 20 April Fisiese verhouding met: Kop (Kopbeen en Meninges – 3 lae bindweefsel om die brein en rugmurg), Tande, Hare, Naels, Galblaas Ek verloën: • Die Teken: DIE RAM • Die Leuse: EK IS, EK WIL, EK BEREI DIE WEG VOOR • Met: REïNKARNASIE (hergeboorte van ‘n siel in ‘n nuwe liggaam) • Deur die element: VUUR • Heerser: MARS • Betekenis: PRINS Ek verklaar dat daar geen vuur op my kop sal wees deur die invloed van hierdie sterreteken nie. Ek verwyder nou DIE RAM vanaf my kop en ek verklaar dat die Here Jesus Christus van Nasaret my Sonsopkoms en my Nuwe Lewe is en dat ek nie beheer word deur hierdie sterreteken nie. Ek sny myself los en verloën alle moed, uithouvermoë, lang lewe, rykdom, reinheid, geluk, onoorwinlikheid, krag of vreesloosheid wat geassosieer word met DIE RAM. Jesus Christus is die enigste een wat versperrings kan verwyder en bindinge kan afbreek en niemand anders nie. Ek lê al my hardnekkigheid, rebellie en dominansie af. Ek kies nie meer om my eie wil te doen nie maar slegs die wil van my Vader in die Hemel. Ek onderwerp myself slegs aan die Almagtige God en verklaar dat ek totaal afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees van God. Miga 2:13: “Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uitgaan, en die Here heeltemal vooraan.” 86 Die Bul 21 April – 21 Mei Fisiese verhouding met: Nek en Keel, Adamsappel, Tiroïed, Larinks, Mangels, Esofagus, Speekselkliere, Nekwerwels en Vroulike Geslagsfunksies. Ek verloën: • Die Teken: BUL • Die Leuse: EK HET KRAG, EK GENIET (MAG, KRAG, RYKDOM, ENS.) • Deur element: AARDE • Heerser: VENUS • Verjaardagsteen: SMARAG Ek sny myself los van die hemelse bul, TAURUS, wat dui op die herhaling van lente. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, trek ek jou horings uit my keel, my rug, my ruggraat en nek. Ek bely dat Jesus Christus van Nasaret my enigste bron van energie en skeppingskrag is. Ek sny myself los van vrede, illuminasie, goddelike guns, geluk, moed en sukses wat geassosieer word met hierdie sterreteken. Ek onderwerp myself slegs aan God Almagtig en ek verklaar dat ek afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees van God, as ‘n gevolg van my onderworpenheid en gehoorsaamheid aan Jesus Christus van Nasaret. My verhouding met die Here Jesus Christus is vir my van uiterste belang. Ek lê alle vleeslike hunkering en vetsug af. Die Here voorsien en sorg vir my, gee my krag en gesondheid. Hy allen is my veiligheid en sekuriteit. 1 Kron. 16: 27: “Majesteit en heerlikheid is voor Sy aangesig, sterkte en blydskap is in Sy woonplek.” Neh. 8: 11: “Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilikg aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting. 87 Tweeling 21 Mei – 22 Junie Fisiese verhouding met: Tragea, Brongi, Longe (Asemhalingsorgane) Spraak en Gehoororgane, Senuwees, Arms en Vingers Ek verloën: • Die Teken: DIE TWEELING • Die Leuse: SEGSMAN (Mededeler), EK IS DIE TUSSENGANGER • Met: ENERGIE • Deur: LUG • Heerser: MERCURIUS/HERMES Ek verloën die sterreteken Die Tweeling en enige tweevoudigheid of tweeledigheid wat in my lewe gekom het deur hierdie sterreteken. Ook verloën ek alle positiewes en negatiewes – alle swart en wit kante van my persoonlikheid of karakter, en ook alle teenoorgesteldes, verdeeldhede, siklusse van lewe en dood. Ek bely dat dit nie in die plan en doel van God Almagtig was vir die mens om ‘n gesplete persoonlikheid te hê of ‘n tweeledige geaardheid nie, wat a.g.v. hierdie teken onwillekeurig en onbeheersd manifesteer. Ek verklaar dat ek ‘n heel mens is en in eenheid met die Here Jesus Christus van Nasaret. In die Naam van Jesus Christus, trek ek nou Die Tweeling uit my skouers en arms. Ek sny myself los van die wysheid van die slang en plaas al my sintuie onder die Heerskappy en gehoorsaamheid van Jesus Christus. Ek sny myself los van jou gretigheid, krag en sukses en ek verklaar al hierdie kenmerke sal myne wees slegs a.g.v. my onderworpenheid en gehoorsaamheid van die Here Jesus Christus van Nasaret. Hy staan tussen my en die Vader en tussen my en ander mense. Jes. 55: 9-11: “9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoer as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. 10 Want soos die reën en die sneeu van hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so sal my word wees wat uit My mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” 88 Die Kreef 22 Junie – 23 Julie (21 Junie – somer sonstilstand: langste dag en kortste nag) Fisiese verhouding met: Maag, Borskas, Slymvliese, Ovaria, Baarmoeder, Brein, Liggaamsvloeistowwe, veral Water en Limfvloeistof Ek verloën: • Die Teken: DIE KREEF • Die Leuse: EK BELEEF TOORKRAG; ‘EK GEE GEBOORTE’ • Deur element: WATER • Heerser: DIE MAAN; DIE HEILIGE KEWER (“SCARAB”) Ek verloën en weerstaan enige ingang deur die melkweg of sterrestelsel; die porfiersteen-rots, saamgestel deur kristalle, wat simboliseer hoe die siel die aarde binnedring. Ek het nie hierdie wêreld binnegekom deur enige ander weg as deur my moeder se baarmoeder nie. Ek is gevorm en geskep deur die Almagtige God, en ek kies om my siel en hele wese te onderwerp en toe te wy aan Jesus Christus sodat Hy my verstand kan vernuwe met Sy heilige Woord. Ek verloën die “ingang van menslike wesens”, soos dit voorkom op hierdie sterreteken – KREEF - gedurende somer sonstilstand, wanneer die son op die verste punt van die ewenaar is, en kwansuis beperkte krag het. In die Naam van Jesus Christus, trek ek daarom DIE KREEF uit my bors en maag. Ek verloën die magte van die waters. Ek sny myself los van die inspirasie, liefde, reinheid, trane, stabiliteit en huishoudelike geluk geassosieer met DIE KREEF, en ek onderwerp en wy myself toe alleenlik aan God Almagtig. Ek lê elke vorm van manipulasie, heksery, afgodedienary en alle psigiese mag af. Ek verklaar dat ek afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees alleen, deur my onderworpenheid aan die Here Jesus Christus van Nasaret. Jesus Christus is die enigste Een wat nuwe lewe kan voortbring. Joh. 3: 5: “5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” 89 Die Leeu 23 Julie – 24 Augustus Fisiese verhouding met: Hart, Toraks, Rug, Ruggraat (Werwelkolom), Oë, Bloedsomloop Ek verloën: • Die Teken: DIE LEEU • Die Leuse: EK SKEP • Met: OSSILASIE (Skommeling) • Deur element: VUUR • Heerser: SON (Die groot Babilon) Ek verloën Die Leeu, gekoppel met die son, die alsiende een – die verwoede leeu. Ek verklaar dat my wil en my emosies nie verbind is tot, of beheer word deur hierdie sterreteken nie. In die Naam van Jesus, trek ek Die Leeu nou uit my hart, longe en lewer. Ek verloën die oorheersende geaardheid en trotse natuur asook die dryfkrag vir self-realisasie/ selfaktualisasie wat aan hierdie sterreteken gekoppel mag wees. Ek sny myself los van kreatiwiteit, magnetisme, inspirasie, vriendskap, briljantheid and moed wat geassosieer word met Die Leeu. Jesus is die Leeu van Judea, die enigste ware leeu. Hierdie toevoegings is myne as ek myself onderwerp aan God Almagtig alleenlik, en ek bely my afhanklikheid van die Vrugte en Gawes van God se Heilige Gees. Jesus is die middelpunt van die lewe en Hy leef in my hart deur Sy Heilige Gees. Deut. 30: 6: “En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God life te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” Open. 5: 5: “Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.” 90 Die Maagd 23/24 Augustus – 22/23 September Fisiese verhouding met: Uitskeidinsklier in die Maag, Ingewande, Absorpsie en Inname van Voedingstowwe, Alle Spysverteringsorgane, bv. Lewer, Nier, Dermkanaal, ens. Ek verloën: • Die Teken: DIE MAAGD • Die Leuse: EK DIEN en EK ONTDEK • Met: MET INTELLIGENSIE EN PRAKTIESE GAWES • Deur: ONTBLOTING • Deur element: AARDE, HEERSER: MERKURIUS • Vergelyk met: MAAGD MARIA / GODIN ISIS / VENUS / ‘QUEEN OF HEAVEN’ / AARDGODIN GAIA/DEMETER Ek verloën die gekose vroue, die kwansuise hemelse maagd en die maagde-moeder, die koringhalm, sowel as die vroue wat vashou aan die koringaar, die meermin met die kind in haar arms en die eenhoring-perd op haar skoot. Ek verklaar ‘n egskeiding tussen die maagd en die eenhoring-perd wat aan haar bors drink. In die Naam van Jesus Christus trek ek nou Die Maagd uit my maag en ook uit my ingewande. Ek sny myself los van wysheid, eenheid, gesondheid, reinheid en uitmuntendheid wat geassosieer word met Die Maagd. Ek skei myself van alle aardmagte en hul beloftes van gesondheid, wysheid en rykdom. Ek verklaar dus dat indien ek enige van hierdie benodig, dit myne sal word deur die Heilige Gees deur afhanklikheid en onderdanigheid aan die Here Jesus Christus van Naseret. Net Jesus Christus kan my heilig en rein maak. Ps. 111: 10: “Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.” Spr. 6: 23: “Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe.” 91 Die Weegskaal 23 September – 23 Oktober (22 Sept.- Ekwinoks) Fisiese verhouding met: Niere, Byniere, Blaas, Uitskeidingskliere in Die Maag, En Kliere In Die Algemeen Ek verloën: • Die Teken: DIE WEEGSKAAL • Die Leuse: EK WEEG EN MAAK GELYK, VIND EKWILIBRIUM • Met: SKOONHEID en KUNS • Deur element: LUG • Heerser: MARS en VENUS / KLOUE VAN DIE SKERPIOEN Ek verloën die vrou wat die balans moet behou tussen die sogenaamde twee nature van menslike wesens, naamlik die natuurlike en die geestelike. Ek verklaar dat alle menslike wesens slegs een natuur kan hê, wat slegs verkry kan word deur die aanvaarding van die krag van die gestorte Bloed van Jesus Christus van Nasaret. Daarom trek ek nou Die Weegskaal uit my ruggraat en beenmurg waar jy jou skerpioen-naald ingesteek het. Ek sny myself los van die noodsaak vir ‘n gebalanseerde en vriendelike persoonlikheid. Ek sny myself los van gebalanseerde persoonlikheid en heldersiendheid, vriendskap, moed, sukses en goddelike guns wat geassosieer word met Die Weegskaal. In die Naam van Jesus Christus sny ek myself los van die soeke na die teenoorgestelde, in ander mense, in die ‘jou’. Ek wy myself toe slegs aan God Almagtig, en ek verklaar dat ek slegs afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees van God. Alle skoonheid is van Jesus alleen afkomstig. Efes. 1: 17: “dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,” 92 Skerpioen 23/24 Oktober – 22/23 November Fisiese vehouding met: Uro – Geslagsweë, Rektum, Anus, Prostaat, Eretra, Nierpelvis, Stuitjie, Neus, Genitalia Ek verloën: • Die Teken: SKERPIOEN • Die Leuse: EK BEHEER, MANIPULEER • Met: DRAMA EN KRITIEK • Deur element: WATER • Heerser: MARS & PLUTO (Heers oor Skerpioen en Ram), (Grieks: Erebos, Tartaros, Hades), MANLIKE SEKSORGANE (Teken van die vernietigde stert van die slang en die dood) Ek verloën die arend, die feniks (phoenix) en die slang wat kwansuis heenwys na dood en opstanding. Ek verklaar dat menslike wesens slegs een maal sal sterf (een of ander tyd), en sal dan volgens hul lewe geoordeel word. Daarom bely ek dat die ewige lewe slegs verkrygbaar en moontlik is deur vir Jesus Christus te aanvaar as my persoonlike Heer en Redder en my Persoonlike Verlosser. In die Naam van Jesus Christus, trek ek dan nou Die Skerpioen uit my niere en seksuele organe. Ek verloën en verwerp die verspilling van bloed wat geassosieer word met Die Skerpioen. Ek sny myself los van die leuen van voorspoed, sukses, hoop, jeugdigheid en getroue liefde wat geassosieer word met Die Skerpioen. Ek skei myself van die gees van onheiligheid en owerspel, elke voorstelling/vorm/gedagte van seksuele perversiteit en wellus. Ek skei myself van alle vorms van okkultiese bronne van mag en persepsie (insig). Ek skei myself van alle mag van die doodwat tot dusvêr ‘n houvas oor my lewe gehad het, moontlik oor geslagte heen van my voorouers. Ek onderwerp en wy myself ten volle toe aan God Almagtig, en ek is totaal afhanklik van die Vrugte en die Gawes van die Heilige Gees van God. Jesus is my enigste bron van krag en persepsie. Jes. 25: 8: “Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here sal die trane van all aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek. 93 Die Boogskutter 23 November – 22 Desember Fisiese verhouding met: Heup, Dy, Sitvlak, Lewer, Proteïensintese, Vetneerlegging in die Weefsel, Gaswisseling, Liggaams-Detoksifikasie, Timusklier, Liggaamsgroei Ek verloën: • Die Teken: BOOGSKUTTER • Die Leuse: EK FILOSOFEER, EK VERANDER • Met: REWOLUSIE, VÊRSIENENDHEID, VERHEERLIKING, YWER • Deur element: VUUR • Heerser: JUPITER TROTSHEID, Ek verloën Die Boogskutter, die boog en die “volkome” man, met sy dieren geestelike natuur. Ek verloën spesifiek die boog en pyl wat krag en die rigting van 45 grade aandui, wat die perfekte gebruik van krag simboliseer. In die Naam van Jesus verwyder ek, en trek ek nou Die Boogskutter uit my heupe, dye en bobene. Ek sny myself los van heldersiendheid, onderskeiding, skerp waarneming, goddelike guns; getrouheid en krag wat geassosieer word met Die Boogskutter. Ek skei myself van elke vals ywer, van filosofie van elke aard, van trotsheid, van humanistiese strewe vir heiligheid en dit wat ‘hoër’ is. Ek wy myself ten volle toe aan God Almagtig alleen, en verklaar dat ek geheel en al afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees van God. Mark. 10:18: “En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.” Spr. 19: 2: “Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis. Jes. 9: 6: “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en diee heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -” 94 Steenbok 23 Desember – 21 Januarie (winter ewening – kortste dag en langste nag) Fisiese verhouding met: Bene, Skelet, Knie, Gewrigte, Vel, Ligamente, en Tendons, Tande, Milt, Hare, Alle Kristalliseringsprosesse en Steenformasies. Ek verloën: • Die Teken: STEENBOK • Die Leuse: EK BEHEER, EK STRUKTUREER, EK BAKEN AF, EK ORGANISEER • Met: OBJEKTIWITEIT NA DEEGLIKE BETRAGTING EN MET WYSHEID • Deur: AARDE • Heerser: SATURNUS (gekoppel aan die dood), BOK / VIS Ek verloën Die Bok, die see-bok van Ea en Varuna wat veronderstel is om die oorsprong van die waters aan te dui. Ook verwerp en verloën ek die krokodil, die dolfyn en diere met visliggame, sowel as die seeslang. Spesifiek verloën en verwerp ek die half-bok/half-mens beeld wat die tweevoudige natuur van die land en die see aandui en wat ook die hoogte en diepte aandui van die winter sonstilstand. Dit simboliseer ook die ingang (hek) van die gode en verteenwoordig die mag die opkomende son. Daarom verloën en verwerp ek die godin Cybele, sowel as die “muskus” geur wat die bok karakteriseer. Daarom, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, trek ek nou DIE STEENBOK uit my kniëe. Ek sny myself los van alle inspirasie, wysheid, krag, trotsheid, onkwesbaarheid en lang lewe wat met die boogskutter geassosieer word. Ek verloën alles wat terneergedruk mag wees en alle veiligheidsgedagtes en wettigheid in my lewe , alle isolasie en eensaamheid geassosieer met hierdie sterk en kondenserende aardmagte en ontken alle veiligheids-aspekte wanneer ek op reis gaan waarheen ookal, en ek verklaar dat ek afhanklik is van die Bloed van Jesus Christus alleen as my beskerming. 95 Ek sny myself ook los van alle inspirasie, krag, onkwesbaarheid en ’n lang lewe, geassosieer met DIE STEENBOK. Ek onderwerp myself aan Jesus Christus van Nasaret alleen, en verklaar dat ek ten volle afhanklik is van die Vrugte en Gawes van die Heilige Gees van God. 1 Joh. 4: 4: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” 96 Waterdraer 21 Januarie – 19 Februarie Fisiese verhouding met: Sentrale Senuwee Sisteem, Neuro-transmitters, Meninges (3 lae bindweefsel om die brein en rugmurg), Pituïtêre klier (hipofise), Rugmurg, Skeen, Kuit, dubbel-geleed (double-jointed) Ek verloën: • Die Teken: WATERDRAER • Die leuse: EK VERALGEMEEN, EK KONNEKTEER, EK IS ONAFHANKLIK, EK WEET BETER • Met: MISTIEKE, VERBEELDING, VISIOENE en TRANSENDENSIE • Deur die element: LUG • Heerser: URANUS en SATURNUS • Betekenis: VLUG Ek verloën die figuur wat water uitgooi uit die kruik met twee ore, die natleier, die waters van die aarde en die vernietiging van die wêreld. Ek verloën enige spesifieke siklus wat in my lewe gekom het deur hierdie teken, veral die siklus van die dood en vernuwing (reinkarnasie). Ek verklaar dat my tye en my lewe in die Hande van God is, ek verneder myself onder die magtige Hand van God en weet dat Hy my sal verhoog op die regte tyd. Daarom verklaar ek dat my lewe nie beheer word deur enige lewenssiklus of enige siklus-gebeurtenisse nie. In die Naam van Jesus, trek ek WATERDRAER nou uit my bene en voete. Ek verklaar dat jy nie langer enige struikelblokke op my pad sal plaas ten einde my te weerhou om die perfekte wil van God te doen nie. Ek sny myself los van die gesondheid, toewyding, wysheid en eer wat geassosieer word met die teken van Waterdraer en ek verklaar dat indien ek enige van hierdie dinge nodig het, dit myne sal wees a.g.v. my onderworpenheid en gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus van Nasaret. Al my kennis en my persepsies is van Jesus Christus se wysheid afkomstig. Slegs Jesus kan van my ‘n unieke persoonlikheid en ‘n suen/dogter en erfgenaam van die Koning van konings maak Spr. 2:6-7: “6 want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand, 7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel.” 97 Visse 20 Februarie – 21 Maart Fisiese verhouding met: Hormoonsisteem, Fontanelle (Baba se sagte kopbeen), Epifise (Beenformasie), Alle Liggams-Prosesse Wat Deur Diffusie en/of Osmose plaasvind (Deurlaatbaarheid), Voete Ek verloën: • Die Teken: VISSE • Die Leuse: EK GLO, EK OORWIN TYD en RUIMTE • Met: BONATUURLIKE SENSITIWITEIT, BONATUURLIKE SINTUIE, VALS SPIRITUALITEIT, HEKSERY en AFGODEDIENARY • Deur die element: WATER • Heerser: NEPTUNUS, JUPITER & DOLFYN en MAAN • Verbind met: VLOEISTOWWE, DWELMS, GIFSTOWWE, KUNS EN DIGKUNS Ek verloën die twee Visse wat in teenoorgestelde rigtings lê en wat dui op die kom en gaan, die verlede, die toekoms, die einde van ‘n siklus en die begin van ‘n nuwe siklus. Ek verloën enige siklus wat my lewe beinvloed het deur hierdie sterreteken. Ek verklaar dat my tye in die Hande van die Almagtige God van Israel is, en dat Hy my sal verhoog op Sy eie perfekte tyd. Ek verklaar nou dat my lewe nie beheer word deur enige lewenssiklusse of enige siklus-gebeurtenis nie. In die Naam van Jesus trek ek VISSE nou uit my bene en veral uit my enkels. Ek sny myself los van alle kragte en invloede van die element water. Jy sal my nie langer daarvan weerhou om die perfekte wil van God hier op aarde te doen, deur langer aan my voete en enkels te hang nie. Ek sny myself los van enige afhanklikheid van bestemming, wat geassosieer word met hierdie sterreteken, en ek verklaar dat ek rus in die perfekte wil van God die Vader, deur Sy Seun Jesus Christus. 98 Ek sny myself los van skynheiligheid, leuens, godsdienstigheid, verlange en valse nederigheid wat geassosieer word met hierdie teken en ek onderwerp myself alleenlik aan Jesus Christus van Nasaret. Ek verklaar dat ek totaal afhanklik is van die Gawes en Vrugte van die Heilige Gees van God. Slegs Jesus Christus kan red. Ek verlang na Hom alleen, gee myself aan Hom alleen en loof Hom allen. Job 33: 28: “Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlusting in die lig.” 99 9. DIE GESKIEDENIS VAN CABALA Die belangrikste werk in die Cabala is die Zohar, ‘n mistieke “kommentaar” oor die Pentateug. Baie Jode beskou dit skynbaar as kanoniek, en naas die Bybel en die Talmud, is dit die derde mees gewyde boek in Judaisme. Tog, ‘n standaard teosefiese teks oor die Zohar: Die boek van Verligting, suggereer dat die Zohar ten dele die produk is van ‘n menslike medium, en dat dit deur outomatiese handskrif geskryf is. Hierdie teks beskryf die skrywer as “’n geïnspireerde skriba wat die wysheid van die Cabala neergeskryf het soos dit deur hom gevloei ht, ‘n instrument wat deur die Cabalistiese kollektiewe onderbewuste gekanaliseer het.” Matt glo ook dat “automatiese handskrif bygedra het tot die Zohar se spesifieke styl, sy vreemde en versinde tale, neologisms, omgedraaide letter-reekse, en “vreemde konglomerasie van woorde in andersins duidelike sinne”. Nie onverwags nie, sê die ‘Encyclopedia Judaica’ dat verskillende spiritistiese metodes gemeld word, bv. – “Outomatiese handskrif word genoem in ‘n hele aantal bronne” en “’n Hoeveelheid ander spiritualistiese verskynsels, beide spontaan en opsetlik teweeggebring, word ook genoem in verskeie bronne…” Soos alreeds gelet, word Cabalisme verdeel in filosofiese en praktiese aspekte. Praktiese Cabala het so verstrengel geraak met die okkulte – selfs swart magie, dat meeste Cabaliste dit afgekeur het. Tog is okkultiese verskynsels en praktyke nie seldsaam in die lewe van Cabaliste nie. Bv., Josef Karo en Shelomoh Ha-Levi Alkabets, twee sentrale cabalistiese figure uit Turkye, het gehelp om “mistiese groepe nuclei van intensiewe ‘quaballistiese’ aktiwiteite geworm het” te vestig. Karo, die groot halakhist van sy tyd, het ‘n mistieke dagboek geproduseer, gedikteer deur ‘n maggid, ‘n engelboodskapper wat deur Karo se keel gepraat het. Karo verteenwoordig die Spaanse quabbalistiese neiging wat primer geiteresseerd was in ‘inkubasie tegnieke’ om openbarings en drome voort te bring. Nog ‘n dominante figuur in Cabalisme, is Isaac Luria, wat wel bekend was vir sy “okkultiese magte en uitleg van ‘n intrige-tipe Teosofie”. Die ‘Encyclopedia Judaica’ bespreek ook die okkultiese aard van die Cabala in ‘n lang artikel oor hierdie onderwerp. Bv., oorweeg die volgende beskrywings: Van die begin van sy ontwikkeling, het die Cabala ‘n esoterime omhels, verwant aan die gees van Gnostisisme, een wat nie beperk was tot instuksie in die mistieke pad nie, maar ook ingeslote idees van kosmologie, engele-leer en towery. Eers later…die Cabala het ‘n mistieke Joodse teologie geword…hierdie proses het ‘n verdeling van die mistieke elemente tot gevolg gehad, ‘n afwyking wat by tye heel duidelik was, maar nooit algeheel nie. 100 En: Vir die grootste deel is die realm van praktiese Cabala die van suiwer gemotiveerde of wit magie, veral as dit gepraktiseer word deur die medium van die gewyde, esoteriese name van God en die engele, ‘n manipulasie wat die fisiese nie minder sal affekteer as die geestelike wêreld nie…slegs die mees perfekte, deugsame individue is toegelaat om dit uit te voer (magiese uitvoerings)…iemand anders wat poog om hierdie dade uit te voer, doen dit op syeie fisiese en geestelike risiko…(ondanks) die grens tussen fisiese magie en die suiwer “inwaartse” magie van letter kombinasies en kawanot, was nie altyd duidelik nie, en kon maklik oorkruis word in beide rigtings. Die Encyclopaedia Judaica dui ook aan dat beide swart en wit magie in Cabala beoefen word en dat, alhoewel swart magie gewoonlik verdoem word, dit nie heeltemal verdwyn nie: Die oënskynlike lyne wat deur die Cabaliste getrek word om die grense van toelaatbare magie te stel, is dikwels oortree en verberg, met die gevolglike verskyning in praktiese Cabala met ‘n goeie deel van swart magie – d.i. magie wat bedoel is om ander skade aan te doen, of wat die “onheilige name” gebruik het…van verskeie duister, demoniese magte, en magie bebruik vir persoonlike gewin. Die openlike afkeuring van praktiese Cabala deur meeste Cabaliste…was vir die grootste deel in reaksie op praktyke soos hierdie. Sulke swart magie het ‘n wye reeks van demonologie en verskeie vorme van towery aangehang…sulke swart magie is genoem in die Cabala “apokriewe wetenskap”…of die wetenskap van die Oriental…en, alhoewel ‘n teoretiese kennis daarvan toelaatbaar is, hanteer verskeie Cabalistiese boeke dit op ‘n afstand – die praktyk is streng verbied… Die opposisie van die spekulatiewe Cabaliste tot swart magie, was onmagtig om ‘n konglomerasie van alle sort magiese voorskrifte in die literatuur van praktiese Cabala aan te bied. Dikwels het die wit magiese praktyke van amulette en beskermende gelukbringers sy aan sy voorgekom met die aanroep van demone, inkantasies en formulas vir private gewin (bv. magiese kortpaaie, die ontdekking van versteekte skate, onaantasbaarheid in die aangesig van vyande, ens.) en selfs seksuele magie en nekromansie. In werklikheid, “wat beskou is as praktiese Cabala, het ‘n opeenhoping teweeggebring van al die magiese praktyke wat in Judaisme ontwikkel het vanaf die Talmud periode tot deur die Middel eeue”. En dit is juis sulke sogenaamde wit of swart magiese praktyke wat verdoem word in beide testamente as peutering met bose geeste. Omdat die Cabala vyandig is teenoor bybelse lering, beide filosofies en prakties, moet ons dus nie verbaas wees om te vind dat dit ook ‘n onbybelse seining van God aangang nie. 101 Die Cabalistiese siening van God Die Cabalistiese siening van God is meer Oosters as bybels. Bv., soos in advaita Vedanta Hinduisme, verdeel Cabala God in twee primêre aspekte; die een ware onkenbare God (Ein Sof), en Sy kenbare manifestasies (die Sefirot). In Cabalisme is Ein Sof ontoeganklik vir denke en het geen eienskappe nie. Die Sefirot... Is die manifestasie van Ein Sof, sy mistieke eienskappe. Hier dink God, Hy voel, reageer en word geaffekteer deur die menslike realm. Hy en Sy beslaan die goddelike androgine; die romantiese en seksuele verhouding is een van die mees opvallende kenmerke van die Zohar. Alhoewel God geheel ondefinieerbaar en onbeskryfd is, is die Sefirot eg vanuit on perspektief. Hulle voorsien die menslike wese van ‘n weg om die onkenbare te ken. Weereens, dieselfde as advaita – waar ons Nirguna Brahman (Brahman sonder eienskappe), en Saguna Brahman (Brahman met eienskappe), in die Cabala vine, vind ons die poging om die onkenbare te ken deur sy uiterste denkbeeldige manifestasies. Baie relevant vir die Christen teologie, is dat die Cabala leer dat die God van die Ou Testament ‘n minderwaardige godheid is teenoor Ein Sof. Cabaliste sê omdat die byblese God eienskappe het soos liefde, geregtigheid en genade, Hy nie beskou kan word as die hoogste God nie, omdat die hoogste God sonder eienskappe is. Ons word vertel dat dit Ein Sof is, Alle teenoorgesteldes bestaan in algehele ontkenning van hul verskille, in ‘n eenheid verby eenheid wat geen moontlikheid van verskille ken nie. In die begrip van die Cabaliste is Ein Sof niks, bestaan nie, en is nie peilbaar nie en kan glad nie bespreek word in terme van Godheid of non-Godheid nie... Al wat ons kan sê is dat dit in sy nie-bestaan, wel bestaan. Ein Sof word volgende beskryf, met gelyke verband, as ‘n “geestelike nonentiteit” en “’n volheid of leegheid”. Ons word vertel dat, Ein Sof nie per definisie verstaan kan word nie. Dus kan hy nie begryp word vir wat hy nie is nie, ook nie deur die begrip van niks... Presies sie of wat Ein Sof is, mag onduidelik wees vir die oningeligte, maar dit of hy, is enigiets behalwe die God van die Bybel. Daar is ookgeen twyfel dat panteisme, en nog meer panenteisme, se elemente bestaan in die Cabala, alhoewel dit nie breedvoerig geklassifiseer kan word as een van die twee nie. Sommige Cabaliste het geredeneer “niks is buite” die Ein Sof nie, terwyl die Zohar self daarop aandring dat God “alles” is. Die moeilikheid is om die “objektiewe betekenis” van sulke stellings te begryp. In die konteks van ‘n mistieke en subjektiewe wêreldsiening, kan dit vertolk word as of tëisties of panteisties. 102 Wanneer sommige Cabaliste verklaar dat die uitvloeiende Sefirot “een in substansie” is met die Ein Sof, en dat die menslike siel “heel letterlik” ‘n “deel is van God daarbo”, word die betekenis duideliker. Cordovero, bv., is duidelik een Cabalis wat hom skaar by panteistiese doktrine: “God is al wat bestaan, maar alles wat bestaan is nie God nie”. Tog, volgens die Cabala, “Bo alles is dit belangrik om te verstaan die die Ein Sof of die Cabala bokant die skepper God van die Ou Testament staan.” Skynbaar is die god van Cabala, nie die God van die Bybel nie, wat toelaat dat hy gemanipuleer word op onbehoorlike wyse deur sy skepping. Die tegnieke van mistieke verligting wat in die Cabala gebruik word, laat die beoefenaar toe om God te “ken” en selfs te manipuleer. Hulle sluit resitasie van die goddelike naam, meditasie, verskeie asemhalings tegnieke en katartiese (suiwerings) praktyke in. Sommige praktyke behels ‘n meditasie wat die verstand leegmaak en is gelykstaande aan Indiese joga en Moslef Sofisme: {Die Cabalis is betrokke in} opleiding in meditasie. Deur homself te dompel in verskeie kombinasies van letters en name, maak die Cabalis sy verstand leeg van alle natuurlike vorme wat sy konsentrasie mag verhoed in goddelike sake... Die tegnieke van “profetiese Cabala” wat gebruik is in die opstyg van die siel, soos asemhalings oefeninge, die herhaling van goddelike name en meditasies op kleure, dra so ‘n merkwaardige ooreenkoms met die van beide Indiese joga en Moslem Sofisme. Een van die mikpunte van Cabala is om die goddelike natuur te manipuleer. Soos Moshe Idel skryf in The Encyclopedia of Religion: Een van die mees belangrike leerstellings van hoofstroom Quabbalisme, is die siening dat die mens die innerlike struktuur van die godheid kan beinvloed. Deur die pdragte met die behoorlike Quabbalistiese intensie uit te voer, is die mens in staat om die verlore harmonie tussen die mindere Sefirot en Tiferet Malkhut te herstel, en maak dit moontlik vir die oordrag van die goddelike uistroming vanaf die hoër Sefirot tot ons wêreld. Daarby kan die mans hierdie uistroming trek vanaf Ein Sof, die verborge godheid, afwaarts na die Sefirot... Quabbalistiese waarneming van die gebooie verklaar ‘n wonderwerkende (magiese) aktiwiteit, omdat sy doelstelling die herstrukturering van God is. Dit is dus betekenisvol dat die wyse waarop die Ein Sof die wêreld “geskep” het, saamloop met die okkultiese praktiese metodiek van “verligting” in gevaarlike Tantriese kundalini joga. Oënskynlik, met die namaak van Ein Sof se skeppingsmetode, beleef die Cabalistiese geinisieërde ‘n soortgelyke mistieke interne proses ten einde die betekenis van die skepping te kan “ken” binne liggaam: Dit is die Cabalistiese sisteem van Isaac Luria, dat ons ‘n uiters ingewikkelde beskrywing van die aktiwiteit van die Ein Sof in die heelal voor die skepping, vind. 103 Luria vertel ons dat die oneindige wese, Ein Sof, uitgetree het uit die arena van die heelal, teruggetrek het in homself, en hom agtergelaat het, in daardie ruimte wat gedefinieër was as hom, ‘n leegheid. Dit was deur die Ein Sof se uittrede vanuit oneindige ruimte na ‘n ondeindige klein eenheid van suiwer energie waardeur die wêreld tot stand gekom het. Indien die Ein Sof nie teruggetrek het in homself nie, sou daar geen ruimte gewees het . Indien die Ein Sof nie teruggetrek het in homself nie, sou daar geen ruimte gewees het vir die aktiwiteit van Genesis om te kon plaasvind nie. Die wêreld het tot stand gekom slegs na hierdie sametrekking. Dit was toe dat Ein Sof ‘n straal uitgestuur ht, ‘n uitstraling van homself in die ruimte waarop die eerste vonk gemaak is, die stippunt van die lig wat die Sefirot sou word. Ten einde skepping moontlik te maak, moet daar eerstens ‘n sametrekking wees, ‘n konsentrasie van alle energieë moet uitgestuur word in gekonsentreerde vorm as ‘n straal van energie. Die aktiwiteit van die Ein Sof soos aangedui deur Luria, herinner onmiddelik aan die metode van joga, waarin die jogi vertel word om die energieë wat saamgebind is in die gevoelsorgane, enverstrooi is in die wêreld, te herstel, en hulle te konsentreer op ‘n sentrum in sy liggaam. In die Chinese joga-teks genoem The Secret of the Golden Flower, lees ons dat ten einde die blom te kan skep of die subtiele liggaam, moet ons die energieë wat noramaalweg in die wêreld uitvloei deur die oog (d.i. die sintuie of algemene betrokkenheid met die wêreld van sintuie) neem, en hulle laat “terugvloei”. Hierdie onttrekking van energieë word gelykgestel aan die Ein Sof se terugtrekking in Homself. Weereens, in die Tantriese dissipline van Kundalini joga, is die doel agter die terugneem van energieë, die opwekking van die bondel van geestelike energieë sluimerend in die basis van die toegewyde se ruggraat. Na die aanvanklike sametrekking is daar dan ‘n vrystelling van energieë. Maar soos in die meeste joga sisteme, volg die nuutgevonde en vrygestelde enerie ‘n spesifieke pad of roete. So ook lei die uitdrukking van die Ein Sof na sy sametrekking, op ‘n roete of ‘n reeks van paaie. DIE CABALISTIESE BENADERING TOT DIE BYBELSE INTERPRETASIE Volgens die Encyclopaedia Judaica, the Encyclopedie of Judaism, en ander bronne, laat die historiese banadering van Cabalisme tot bybelse interpretasie veel te wense oor vanuit die siening van ‘n normale interpretasie van teks. Cabalisme mag glo dat die Bybel die bekken van alle waarheid is, maar dit leun ook swaar op ‘n mistieke interpretasie van die Bybel: 104 Mistieke waarheid… kan verkry word van ‘n mistieke vertolking vandie antieke “bybelse” tekste. Deur sy geskiedenis, het die Joodse mistisisme die spanning gereflekteer tussen die tendens om te arriveer by die mistieke waarheid d.m.v. ‘n esoteriese sisteem, hermeneutiese vertolking van bybelse verse en Talmud gesegdes, hulle beskou as mistieke simbole aan die een kant en aan die ander kant, die strewe tot oorspronklike mistieke ontdekkings, deur visioene, drome, openbarings van hemelse (gees of engel) magte en intuitiewe refleksie… die Cabaliste het hulself gesien as oordraers van antieke geheime, aan hulle gegee deur vorige geslagte of van hulle verkry deur antieke tekste… Volgens die Cabaliste, dui hierdie (bybelse) woorde nie essensiële werklikheid aan nie, maar simboliseer op ‘n komplekse wyse, ‘n mistieke weg wat verhewe is bo woorde. God het die mistiekes die Skrif gegee as ‘n soort woordeboek van simbole, wat slegs deur die mistiekes verstaan kan word, en op hierdie manier soms ‘n glimps kan kry van die waarheid agter hierdie woorde. Die mistiekes het dus die skrifte gelees op ‘n verskillende, unieke manier en hulle kan die simbole gebruik – die bybelse terme – om uitdrukking te gee and die mistieke (Weg) soos deur hulle gesien. M.a.w., die mistieke waarheid van die bybelse teks is iets wat slegs die mistiekes self kan onderskei deur mistieke praktyke. Die eenvoudige betekenis van die teks is verplaas na ‘n sekondêre status. ‘n Klassieke voorbeeld is die Zohar se hermeneutiese kommentaar op die Pentateug, wat alles is behalwe ‘n grammatikale-historiese uiteensetting van die teks. Sy “betekenis” lê in die oog van die waarnemer. In die Encyclopedia Judaica word ons vertel dat die eenvoudige betekenis van die bybelse teks minderwaardig is tot die mistieke vertolking van die Cabalis. Die skrywer van die Zohar het eintlik geglo dat indien God bedoel het dat die Torah ‘n reeks van letterlike verhale moes wees, sou hy en sy volgeling ‘n beter teks kon skryf. In die hoof beliggaming van die Zohar, … Word na sulke mistieke interpretasies verwys as “misteries van die geloof”… d.i. uitlegginge gebaseer op esoteriese gelowe. Die skrywer van die Zohar, wie se geloof in die primêre van Cabalistiese vertolking, ekstreem was, het uitdrukking gegee aan die opinie, dat sou die Torah bloot bedoel was as ‘n reeks letterlike verhale, hy en sy tydgenote by magte was om ‘n beter boek te kon saamstel! Vir die Cabalis, dan, is die bybelse teks bloot ‘n simbool van ‘n hoër waarheid en ‘n minderwaardige kommentaar op die ware mistieke teks na waarde geopenbaar deur sy mede-mistiekes: Die Cabalistiese siening tot die Pentateug, en in ‘n ietwat mindere graad tot die Bybel as geheel, was ‘n natuurlike gevolgtrekking tot die algehele Cabalistiese geloof in die simboliese karakter van alle aardse verkynsel… Die Torah het die Cabalis se voorwerp van ‘n oorspronklike mistieke weg van meditasie geword… die ware geskrewe wet het totaal onsigbaar geword vir menslike waarneming en is huidiglik verberg in die Wit Perkament van die Torah Boekrol, die swart letters waarvan niks meer is as ‘n kommentaar op hierdie verdwene teks. 105 Skrywers wat fokus op die oppervlaks-betekenis van die bybelse teks en sy historiese verhaal, word vertel dat hulle hulself geestelike skade aandoen. Die Cabalis sou sê dat die oppervlak tekste bloot die kledingstukke is, en nie die versteekte inwendigheid wat homself in hulle beklee nie. Hulle sê “Wee hulle wat slegs kyk na die kledingstukke!” Omdat die Torah so baie verskillende vertolkings het, is die konvensionale kategorieë waarby die Torah vertolk is – die letterlike, allegoriese, bybelse en mistieke – “het slegs gedien as ‘n algemene raamwerk vir ‘n veelvuldigheid van individuele lesings…” Met Cabalistiese Skrifuitleggings, het die moontlike getal van interpretasies van die Torah eindeloos geword: “Vanaf die 16de eeu is uitdrukking gegee… Die wydverspreide siening dat die getal van moontlike vertolkings van die Torah gelykstaande was aan die getal van die 600 000 kinders van Israel wat teenwoordig was by die Berg Sinai – m.a.w., dat elke Jood die Torah benader het deur ‘n weg wat hy alleen kon volg.” Waarlik, “die verkeie moontlikhede van simboliese interpretasie het die skrifte verander in ‘n ‘ope teks’, swanger met oneindige betekenisse”. Die Encyclopaedia Judaica gaan voort om uit te wys dat die mistieke betekenis betrokke in die "totalitelt van moontlike Cabalistiese kommentare wat die woorde van die Torah vertolk as verwysings na gebeure in die wêreld van Sefirot of tot die verhouding van hierdie wêreld van die bybelse helde" en daarom die letterlike vertolking slegs die Torah se uiterste aspek was - die "omhulsel wat eerste die oog van die leser tref, en dit moes “afgeskil word" ten einde die ware kern van waarheid te kon vind: As gevolg hiervan het die ander lae hulself openbaar tot die meer indringende mag van insig wat in staat was om algemene waarhede in die Torah te ontdek wat op geen wyse afhanklik was van hul onmiddellike letterlike konteks nie. Slegs op mistieke vlak het die Torah 'n liggaam geword van mistieke simbole wat die verborge lewensprosesse van die Godheid en hul verbintenisse met menslike lewe onthul het. Ongelukkig, soos ons, gesien het in hoofstuk 3, indien ons sou terugval op mistieke en subjektiewe vertolkings, die Bybel gebruik kan word om enigiets te leer! In stede van die bybelse teks te respekteer, ondermyn die mistieke en subjektiewe benaderings dit. Een voorbeeld van die probleem met terugval op mistieke vertolkings, kan gevind word in Satinover se boek, waar hy die Cabalistiese vertolking van Genesis voorstel. Hy haal Cabalis Nechunya ben HaKanah aan, en skryf, "In sy siening, is die heelal nie bloot 'n paar duisend jaar oud soos die teks blyk te sê op die oppervlak nie, maar is 15,3 bi1joen jare oud, die presiese ouderdom wat onlangs bereik is deur berekenings van moderne astrofisiese teorieë van die "big bang”. Die probleem is dat die big bang teorie in alle moontlikheld foutief is - en dit is wetenskaplik on-moontlik om te verklaar of die heelal jonk of oud is. Ons het gesien dat, volgens Cabalisme, die uiterste God van Cabala superieur is tot die God van die Bybel. 106 Indien ons sou poog om die Bybel te verstaan deur die teks te lees in ‘n normale, letterlike metode, sal ons opeindig met 'n minderwaardige begrip van God, openbaring, redding, werklikheid ens., onidat ons al die onderliggende mistieke waarhede van die Skrif so sal verloor. Cabaliste sou sê dat letterlike vertolking nie noodwendig verkeerd is nie, slegs dat dit minderwaardig en onvolledig is. Hulle sê dat daar 'n hoër dimensie is om God te ken as wat ons in die letterlike teks van die Torah vind. Ons word dus vertel dat die mistieke waarheid van die Torah superieur is bo sy letterlike en kunsmatige betekenis: "Die Zoliar verloor nooit sy teiken uit die oog nie: die skepping van 'n mistieke kommentaar oor die Torah: Deur kommentaar, midrash en mistieke Skrifverklarings, lei die Zohar die leser tot die verborge dimensie van Torah… Die letterlike teks is die vertrekpunt, maar die Zohar is onvergenoeg met die kunsmatige "betekenis" - en selfs oneerbiedig daarteenoor! Algeheel, mag "die Zohar die letterlike sin van 'n vers of omgekeerd, verwaarloos, die tegniek van mistieke letterlikheid aanneem, of hiperletterlik lees. Die einddoel is om binne te dring, om die geheime inhoud van die woord te ontsluit, om sy goddelike essensie na vore te roep." Inderdaad, selfs die letters van die Torah self, mistiek gebruik, word gesien as dat dit mistieke magte besit: - "nie alleen korn die Torah van God nie; haar woorde en letters is deurdronge met God" daarom word dit geglo dat dit mistieke magte besit. Die doel van die Cabala dan, is "om die dimensies van die Torah te verbreed en om dit te transformeer van die wet van die mense van Israel tot die innerlike geheime wet van die heelal…” Mens wonder: Wat dink die God wat die wet aan Israel gegee het van so 'n strewe? Om die Torah te benader op 'n mistieke manier, word geglo, dra baie voordele: Bestudering en leef van die Torah is die sekerste maniere tot 'n direkte ontmoeting met God…[Maar] Torah is nie bloot net wet nie; dit is kosmiese wet, 'n bloudruk van die skepping. Die Zohar belig die kosmiese aspek van Torah. Dit versterk tradisie en terselfdertyd verander dit. Die letterlike sin is geheilig, maar lesers word gedring om "te kyk onder die kledingstuk van Torah”... [waar Teosofie teologie vervang]. Vervolgens word ons, deur Cabalis Moses Cordovero vertel dat "diegene wat gedurig nuwe vertolkings [van die Torah] skep, Haar sal oes" - dit is, God se kreatiewe krag. Hoe dit ook al sy, die Cabalistiese benadering tot bybelse vertolking verkleineer voortdurend die gewone betekenis van die teks. Wat dan, is die sin daarin om selfs die gewone teks van die Bybel te hê? Wanneer ons die twee vergelyk, sien ons dat die gewone teks merkwaardig eenvormig en samehangend is, terwyl die Cabalistiese vertolkings teenstellend en duidelik subjektief is. Of hierdie "doktrines" die Cabalis kan voorsien met wat hy of sy nodig het in die lewe, om nie te noem wat God van hulle verlang nie, sal nog moet gesien word. 107 Laastens moet gesê word dat nie alle Cabaliste geneig is tot okkultiese filosofiese praktyke en Skrifverklarings nie: Hierdie tipe van Quabbala het oor die algemeen die mistieke elemente versag of totaal uitgeskakel wat opsigtelik is in hoofstroom Quabbala, insluitende die wonderwerkende aard van die gebooie, prosesse waardeur God se interne lewe ontvou, en Messiaanse eskatologie. Om hierdie rede, het verteenwoordigers van filosofiese Quabbala nooit invloedryk geword in Joodse teologie nie. DIE CABALISTIESE INVLOED Dit moet ook nog gesien word presies waar die Bybel kode Cabaliste lê in hul gebruik van die Cabala en hoe hul sienings hul beskouing van God en die Skrif beinvloed. Ons is deur ernstige Christen kode-navorsers ingelig dat "algemene kode-navorsing niks te doen het rnet Cabalisme nie”, wat in sy goeie sin "bedoel is as 'n onderrig-instrument en niks meer nie". Dit moet ook nog gesien word. Wat ookal die uitkoms, dit is moeilik om die betekenisvolle invloede wat Cabalisme histories gehad het op Judaisme, soos die volgende uitgebreide uittreksel uit die Encyclopaedia Judaica toon: Die invioed van die Cabala was groot, omdat dit een van die sterkste magte ooit is om die innerlike ontwikkeling van Judaisme te beinvloed, beide horisontaal en in diepte. Joodse geskiedkundiges van die 19de eeu, terwyl hul die Cabala se betekenisvolle rol toegestaan het, het dit beskou as oorweldigend negatief en selfs katastrofies, maar die waardering van 20ste eeuse Joodse historiografie is ver meerpositief... Soos aangedui... Die Cabala verteenwoordig 'n teologiese poging, oop vir slegs 'n relatiewe paar, wie se doel dit was om ruimte te vind vir 'n noodsaaklike mistieke wêreldsiening binne die raarnwerk van die tradisionele Judaisme, sonder dat lg. se fundamentele beginsels en gedragsnorme verander word. Tot watter mate, indien enigsins, hierdie poging suksesvol was, bly oop vir debattering, maar daar kan geen twyfel bestaan dat dit een baie belangrike resultaat behaal het, nl. dat vir die 300 jaar periode vanaf ongeveer 1500 tot 1800 (op die mees konserwatiewe skatting) was die Cabala wyd beskou as die ware Joodse teologie, in vergelyking waarmee alle ander benaderings 'n geisoleerde en verskraalde bestaan gevoer het... Die hoof invloed van Cabala op Joodse lewe moet gesoek word in die drie areas van gebed, gebruik en etiek. Hier het die Cabala feitlik onbeperkte vryheid om sy invloed uit te oefen... 108 Baie Cabalistiese konsepte is opgeneem op die vlak van volks-gelowe, soos die doktrine van die mens se eerste sonde as die oorsaak van ‘n ontwrigting in die bo-wêrelde, die geloof in transmigrasie van siele, die Cabalistiese leringe oor die Messias, of die demonologie van die latere Cabala. Dwarsdeur die Diaspora, was die getal volksgebruike met Cabalistiese oorspronge geweldig; baie is direk geneem vanuit die Zohar, en baie ander vanuit Lurianiese tradisie... Sulke gebruike het bygedra tot die vervulling van vier mistieke funksies: die bevestiging van ‘n harmonie tussen die beperkende magte van Din en die uitgaande magte van Ruhamim; om die mistieke "gewyde huwelik" tussen God en Sy Shekinah te simboliseer of mee te bring; die verlossing van die Shekinah van sy gevangeskap te midde van die magte van die sitra ahra; die beskerming van die self teen die magte van die sitra ahra en die geveg om hulle te oorwin. Menslike aksie op aarde help of blaas gebeure in die bo-wêrelde aan, ‘n tussenspel wat beide sy simboliese en sy magiese kant besit. Inderdaad, in hierdie aanname van godsdienstige seremonie is dit ‘n voertuig vir die werkinge van goddelike magte, en 'n werklike gevaar bestaan dat 'n essensiële mistieke perspektief verander kan word in praktyk tot 'n essensiële magiese een ... Hierdie penetrasie van Cabalistiese gebruike en gelowe het geen Joodse lewe onaangeraak gelaat nie. Die vraag aan Cabaliste en Judaisme is of sulke invloed ooit geregverdig was in die eerste plek. OM DIE CABALA TE VERSTAAN Die Cabala het geen onbenullige bydrae tot die Bybel kode nie. Die vernaamstes wat die meeste geassosieër word met die kode - histories en vandag - blyk gewoonlik te glo in die Cabala. Soos ons gesien het in vroeëre hoofstukke, was die Cabala self waarskynlik die oorspronklike bron vir geloof in die kode. Wat is die Cabala? Die Encyclopaedia Judaica definieer dit as "die tradisionele en mees algemeen gebruikte term vir die esoteriese leringe van Judaisme en vir Joodse mistisisme, veral die vorme wat dit aangeneem het in die Middeleeue vanaf die 12de eeu vorentoe." Die standaard Encyclopaedia of Religion verklaar: Sedert die vroeg dertiende eeu het dit een van die hoofterme geword vir Joodse mistieke tradisies, wat feitlik eksklusief handel met (1) 'n teosofiese begrip van God, gekombineer met 'n simboliese siening van realiteit en die wonderwerkende konsepsie van godsdienstige lewe, en (2) 'n weg om 'n mistieke ondervinding van God te bekom deur die oproep van goddelike name. 109 DIE CABALISTIESE WêRELDSIENING Volgens die Encyclopaedia Britannica, het die oorspronge van Cabalisme begin met die merkavah mistisisme van die eerste eeuse Palestina, terwyl die Encyclopaedia of Judaism uitwys dat Cabalisme 'n rebellie van soorte verteenwoordig - rebellie teen tradisionele Judaisme: "Vanaf die tweede eeu CE, was daar 'n neiging in Joodse kultuur wat nie tevrede was met tradisionele wyses om God te nader deur Joodse godsdienstige praktyk of denke nie. In stede daarvan, soek dit 'n meer intieme en betekenisvolle kontak, en selfs eenheid, met God. Joodse mistisisme, soos Christen mistisisme, beinvloed ten sterkste diegene wat daarin glo. Dit beinvloed egter nie noodwendig die groter tradisionele teologie van die godsdiens self nie, omdat dit buite dit staan. Cabalisme word verdeel in beide filosofiese en praktiese aspekte, waarvan albei 'n individuele Cabalistiese siening van tradisionele Judaisme sou verander. Nie alle Cabaliste aanvaar die magiese okkultiese tradisie van praktiese Cabala nie. Maar selfs hulle kan steeds betrokke wees in mistisisme of geherdefinieërde okkultiese praktyke tot ‘n meer aanvaarbare psigologiese of "wetenskaplike" kategorie. Nietemin, 'n ware Cabalis kan nie anders as om geaffekteer te word deur of filosofiese of praktiese Cabalisme nie, en is dikwels beinvloed deur albei. Dit is die probleem: beide filosofiese en praktiese Cabala is gekant teen die doktrine en gebooie van die Torah en die res van die Joodse skrifte. Terwyl moderne Judaisme ‘n meer aanvaarbare oor gee aan die Cabala, dink ons dat 19de eeuse ortodokse Jode met reg gesien het dat die Cabala ‘n potensiële vernietigende impak op Judaisme kan hê. Sodat ons die rede vir hul kommer beter kan verstaan oor Cabalisme - veral m.b.t. die Bybel kode, laat ons kyk na sy okkultiese oorsprong, sy konsep van God, en sy benadering tot Bybel vertolking. Alhoewel ons analise kort is, het ons ons aanbieding gebaseer op sommige sleutel outoratiewe bronne: Die Encyclopaedia Judaica (1972), Wigodeis The Encyclopaedia of Judaism (1989), en Eliade se The Encyclopaedia of Religion (1987). Ons het ook aangehaal uit Ponce se teosofiese teks oor die Cabala (1978) en Matt se teks oor die Zohar (1983). DIE HEBREEUSE ALFABET In die Cabalistiese tradisie, word die 22 letters van die Hebreeuse alfabet gesimboliseer deur die 22 amandelbloeisels op die 7-armige kandelaar van die Tempel. Hulle word geklassifiseer as 3 moeders (aleph, mim, en shin), 7 gedupliseerde letters wat ooreenstem met die planetêre sfere, sowel as met die metale, en laastens 12 enkele letters verbind met die zodiac stelsel. Hierdeur, word die antieke gewyde getalle in ‘n eenheids-sisteem gebring. Daar is 22 maniere waarop die 10 Sefirot geheimsinniglik gekonnekteer is, en een het selfs probeer om die bestaan van 22 letters te verduidelik deur hulle te beskou as ‘n kombinasie van die 10 Sefirot met die 12 tekens van die Zodiac. 110 Dit blyk dat die 22 kaarte van die tarot en hul arcane, of geheimenisse, gegroei het uit sulke spekulasies. Die 22 prente op die kaarte, geplaas in sekere vorme en vertolk volgens hul numeriese simboliek, is veronderstel om sekere basiese menslike situasies aan te dui. Prentjies op die oudse tarot karate, wat gebruik is in 14de eeuse Venesië, kan verbind word met antieke Egiptiese idees en Cabalistiese mistisisme. Die tarock speletjie, ‘n gewilde tydverdryf in Bavaria, is verkry vanaf die ou, mistieke tarot. Die 22 hoof arcane van die tarot dek. Hierdie antieke kosmologiese speelkaarte word hoofsaaklik gebruik met toekomsvoorspelling. Daar is 21 opeenvolgende genommerde karate, plus die "Fool", regs onder, wat 0 verteenwoordig. GODSDIENSTIGE WAARHEIDSKENNIS EN CABALA Met die toenemende vraag na maatstawwe vir die lewe en vir 'n allesomvattende harmonie, het selfs Plato, andersins ietwat krities oor die Pythagoreanse, aanvaar dat die getalle sekere sleutels bevat vir die oplos van die geheimenisse van die natuur. Pythagoreanse en Platoniese idees is oorgedra in Neoplatonisme en die gnostiese (godsdienstige waarheidskennis) sisteme en het veroorsaak dat 'n groot mate van mistisisme na vore gekorn het wat kortliks as volg opgesom kan word: 1. Getalle beivloed die karakter van dinge wat deur hulle beveel word 2. Hierdeur, word die getal 'n bemiddelaar tussen die Goddelike en die geskape wêreld 3. Daaropvolgend dat indien iemand handelinge sou uitvoer met getalle, hierdie handelinge ook werk op die dinge gekonnekteer met die getalle in gebruik Op hierdie wyse, ontwikkel elke getal 'n spesiale karakter, 'n mistieke van sy eie, en 'n spesiale metafisiese betekenis. 111 Plotinus, wie se Neoplatoniese sisteem diep beinvloed is deur die mistieke neigings in die drie Abrahamiese godsdienste, Judaisme, Christendom en Islam, het opgemerk: "Getalle bestaan nog voor die voorwerpe wat hulle beskryf. Die verskeidenheid van sintuiglike voorwerpe herroep bloot tot die siel die begrip van getal." Philo van Alexandrië het idees van die Ou Testament en die Pythagoreanse tradisie gekombineer en daardeur die basis vir die bybelse verklaring van die Middeleeue geskep, wat sterk bevestig word deur getalle-mistisisme. Die mees belangrike ontwikkeling van die Pythagoreanse tradisie in die middeleeuse wêreld egter, is die Joodse Cabala, wat gebaseer is op 'n hoogs gekompliseerde getalle mistisisme, waarby die fundamentele Een homself verdeel in 10 Sefirot (afgelei van safar, getal), wat geheimsinniglik verbind is met mekaar en saamwerk, met die 22 letters van die Hebreeuse alfabet en dien as "brûe" tussen hulle. Die hoogste sefirah is keter (kroon), waaruit hokhmah (wysheid) en binah (intelligensie) stam. Die vierde sefirah kan genoem word hesed (liefde) of gedullah (grootheid); die vyfde een is gevurah (geregtigheid); die sesde een tiferet (skoonheid) en die sewende netsah (triomf). Daarby kom daar nog hod (prag) as die agtste, yesod (fondament) as die negende, en laastens malkhut (koninkryk of realiteit). Hierdie laaste sefirah kan ook vergelyk word met die Shekinah wat leef in die ballingskap van hierdie wêreld. Uit die 10 sefirot, wat moontlik die beste beskryf kan word as logoi of fundamentele idees, kom die wêreld van die eerste goddelike uitvloeiing, atsilut. Daar is nog drie wêrelde, wat ook rus op die 10 sefirot: die wêreld van skepping en die hemelse sfere, beriah; die wêreld van die afbeeldings van skepsele gekonnekteer aan die hemelse realm, soos geeste en engele, yetsirah; en laastens die wêreld van material, asiyah. Siende dat die Hebreeuse letters ook dien as getalle, lei die figuur van die sefirot en sy afleidings tot fassinerende verhoudings tussen die verskillende dele van die wêreld. Die wye veld van Cabalistiese skrifverklarings, meesterlik beskryf deur Gershom Scholeim, is deurdronge van getalle mistisisme. Links: Twee hande waarop die 32 verbindings paaie aangedui is. Onderaan die hande is geskryf “YHWH”, die naam van God. Regs: Moderne Cabalistiese "boom". 112 Een van die sienings van die Quabbala is dat ons deur ons liggame in staat is om enigiets tot manifestasie te bring. Wat sou die nut wees, sê hulle, dat 'n persoon diepe geestelike realms en verligtende insigte kan besit, bv., en onmagtig is om iets daarmee te doen in ons alledaagse wêreld. Daar is meer kragpunte in die liggaam as die sewe "hoof” punte, en deur noukeurig na die liggaam te kyk deur 'n denkbeeldige Boom daarop te plaas, kan hulle heel maklik gevind word. Bv., die plekke waar paaie kruis op die Boom, wanneer toegepas word op die liggaam, help om presiese psigo-geestelike sentra van groot genesingswaarde te ontdek. Die hoof fisiese kragpunte of chakras kan gesien word as "roterende skywe" van energie wat op die vlak van die energie liggame, verbind is met die ruggraat op sewe spesifieke punte, vanaf die basis van die ruggraat tot bo aan die punt. Indien die chakra sisteem vergelyk word met die Boom van Lewe, kan gesien word dat sommige van die energie sentra meer as een sfeer het wat met hulle korrespondeer. Sommige van die chakras is gemoeid met “eksterne tweeledigheid", d.i. hulle is betrokke met uiterlike balans en hulle en ‘n enkele sfeer geassosieer met die "ander helfte" van die polaritelt buite die individu. Diegene gemoeid met "interne tweeledigheid" is betrokke met balans binne die individu en het meer as een sfeer geassosieer. Die solar plexus (energie netwerk) chakra. korresponderend met Hod en Netzach, is tweeledig van natuur, omdat die linker- en regterkante van die iridividu gebalanseer moet word vir effektiwiteit en om ten volle oop te kan wees. M.a.w., indien die denke (Hod) en emosies (Netzach) nie in balans is nie, sal daar dinge wees wat deurgewerk moet word op hierdie vlak van energie. Die middel van die kop chakra is ook tweeledig in natuur, maar op ‘n dieper vlak as aangetoon deur sy korrespondensie met Binah en Chockmah. Dit is gemoeid met die balans van geestelike Liefde en Wil en wanneer dit oop is, gee dit die individu konneksie met diep geestelike insigte. 113 Die hart chakra lê primêr in verhouding met die sentrale sfeer op die Boom van Lewe, Tiphareth. Dit word ook geassosieer met Geburah en Chesed, alhoewel, omdat dit ‘n tweeledige aspek bevat wat gemoeid is met die lesse wat die siel moet leer op sy tog deur die lewe. ‘n Gekonnekteerde en subtiele effektiewe hart verkies om oop of toe te maak soos dit die betrokke situasie pas, en is in staat om homself gesond te maak, sowel as andere en is ook in staat orn sy liggaam te beskerm. Tiphareth en die hart is geassosieer met "hoër" gevoelens, waardes, liefde, diens, altruisme, ens. Die mens as 'n geheel, word beskou asof dit beweeg in die teenwoordige tydperk, vanuit ‘n primêre fokus op energie netwerking (solar plexus) na ‘n nuwe konneksie en opwekking van hartwaardes. Die “enkel” chakras, met betrekking tot hul posisie op die Boom van Lewe, is eenvoudiger om te verstaan. Waar die ander chakras gemoeid is met innerlike balans, is hierdie vier chakras gemoeid met uiterlike balans. 114 DIE GEWYDE BOOM VAN DIE SEFIROT Die 10 Sefirot is tien kenmerke, manifestasies of uitbeeldings van die Cabalistiese allerhoogste essensie van God, wat Ein Sof genoem word (ook gespel En-Sof, Ein-Soph, Ayn Sof, Eiyn Sof, Ain Soph, Ainsoph, Aur en soph, ens.) Die name van die 10 uitbeeldings (wat mag wissel van groep tot groep), is: Kroon, Wysheid, Begrip, Genade, Strengheid, Skoonheid, Oorwinning, Glorie, Fondasie en Koninkryk. Hierdle 10 manifestasies word getrek in 'n diagram genoem die Boom van Lewe. Dit bestaan uit 10 sirkels, verbind deur 22 lyne. Die sirkels verteenwoordig 10 aspekte of fases van die Goddelike Uitbeelding. Hulle is genommer vanaf 1-10 en word genoem Sefirot, of Nommering. Die 22 lyne wat hierdie 10 sirkels verbind met mekaar, verteenwoordig klaarblykik the letters van die Hebreeuse alfabet en die magte wat korrespondeer met daardie letters. Die hele Boom, met sy 10 getalle en 22 letters, verteenwoordig die "32 paaie van wysheid". Syfer 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Sefirah Kether Hokhmah Binah Hesed Geburah (Din) Tifereth Netsah Hod Yesod Malkhuth Sfeer God Vaste sterre Saturnus Jupiter Mars Son Venus Mercurius Maan Aarde 116 10. CABALA (NUMEROLOGIE) PETISIE Ons Hemelse Vader, in die Naam van U Seun, Jesus Christus, kom ek vandag met vrymoedigheid voor U troon van genade. As U kind, kom neem ek U beloftes en beskerming terwyl ek hierdie petisie rig. Ek dank U, Vader, dat wat ons op aarde bind, gebind sal wees in die hemel en dat ek, as U kind, in U Naam en deur U krag, die werke en diensknegte van Satan kan bind wat my wil verhinder in hierdie petisie. Ek pleit die Bloed van Jesus oor myself en my huis vir ons beskerming. Ek verklaar dat Jesus Christus Here is van my lewe en die Here van elke plek waar ek my voetsool sal neersit, en dat hierdie plek dus heilige grond is. Ek neem outoriteit in hierdie plek, in die Naam van Jesus en deur die krag van Sy Bloed en Woord. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, bevel ek nou alle bose geeste in hierdie gebou – insluitende die waterleidingswerke en riole, die elektriese en gasstelsels, die kaggel en skoorsteen, sowel as in die omliggende lug en lugweë, die waters onder en bo die aarde en die geestesrealm rondom hierdie gebou, om onmiddellik hierdie eiendom te verlaat. Ek verklaar hierdie vertrek in die besonder, en hierdie gebou in die algemeen, geseël, in die Naam en outoriteit van Jesus Christus van Nasaret. In die Naam van Jesus, bind en verbied ek enige bose gees van buite om enige kennis te ontvang van die gebeurtenisse binne hierdie vertrek of om enige invloed uit te oefen oor enigiemand binne hierdie sisteem of hierdie vertrek. Ek vra U, Vader, om alle bose magte te bind en te verbied om op enige wyse in te meng gedurende hierdie tyd van gebed. Ek vra dat U U gevegsengele sal uitstuur om alle demone, gestorwe mensgeeste, bose en familiêre geeste en enige ander dienskneg van Satan nie genoem nie, na hul bestemming te neem. 117 Ek vra U, Vader, om hierdie plek te omring met U gevegsengele, sodat geen boosheid enigsins naby hierdie gebou kan kom nie. Ek dank U, Vader, dat U dienende engele op hierdie oomblik reeds teenwoordig is. Here, ek begeer om U te aanbid in Gees en in Waarheid, en daarom versoek ek dat U my verstand, gedagtes, redenasie, wil, intellek en emosies sal bevry van alle en elke bande of verbintenis met numerologie in die algemeen en spesifiek van Cabala. Ek bely dat ek probeer het om die finale doelwit van die Cabala te bereik, – d.i. om eenheid met God te bereik terwyl ek ‘n sosiale, familie- en gemeenskapslewe binne die raamwerk van tradisionele Judaïsme behou het, en ‘n visioen van U Goddellike figuur op die troon verkry het d.m.v. psigiese reise en meditasie. Ek verloën die geloof dat U ‘n biseksuele God is; ‘n Heilige Een – Geseënd is Hy – met ‘n Shekinah (vroulike) helfte. Ek bely dat ek geglo het dat elke menslike daad hier op aarde die geestesrealm affekteer deur óf die eenheid van die manlike Heilige Een te promoveer óf te verhinder – geseënd is Hy – en die vroulike Shekinah. Ek bely dat ek geglo het dat sonder menslike deelname, U onvolmaak en onwerklik is, en dat U nie U Goddellike potensiaal kan uitvoer sonder die hulp van mense nie. Ek weet nou, Here, dat U nie vir my “nodig” het nie, maar dat U verlang na my geselskap (“fellowship”). Vergewe my, Vader, dat ek teen U Woord gegaan het in Openbaring 22:19. Ek bely dat ek U Woord verdraai het deur daarby te voeg of weg te neem. Ek bely dat ek die Torah (Pentateug of 5 boeke van Moses), die Mitsvot (gebooie) en die Talmud (Rabbynse kommentaar) gebruik het om my te pas. Ek bely dat ek die volgende bestudeer het: • Zohar (kanonieke teks van die Cabala). • Ha-Zohar ha Qadosh (Die Heilige Zohar). • Sefer ha-Zohar (“The Book of Radiance”). • Sefer ha-Bahir (“The Book of Brightness”). • Sefer Yetsirah (“The Book of Formation/Creation”). • Ma’Aseh Bereshit (“The tales of creation/cosmology”). 118 Ek verloën my geloof in Ma’aseh Merkavah (“The account of Ezekiel and the chariot in Ezekiel 1 and 10”). Ek bely dat ek hierdie Bybelse beskrywing gebruik het as ‘n visioen of hoë konsentrasie vorm van meditasie, ten einde ‘n mistiese verhoging te verkry as ‘n weg om U Goddelike natuur op die troon te sien soos Esegiël gedoen het. Ek bely dat ek hierdie visualisasie gebruik het om veranderde verstandelike toestande of veranderde toestande van bewustheid aan te help (soos astrale projeksie/’n letterlike reis deur die hemelsfere) met die doel om te ervaar wat Esegiël ervaar het. Ek verloën my deurgang deur die He-khalot (7 toestande van bewustheid) in ‘n poging om die Troon van God te sien soos Esegiël dit gesien het. Ek bely dat ek geglo het in die drie vlakke van die menslike siel, die Nefesh (lewenskrag/instink), Ruach (intellektueel) en Neshamah (geestelik) en dat ek my geestelikheid en behalings in meditasie bepaal het op hul ontwikkeling. Ek verloën my geloof in Ma’Aseh Bereshit (“Tales of creation or cosmology”). Ek verloën my geloof in die geheime in die Sefer Yetsirah (“The Book of Formation/creation”). Let wel: Die Sefer Yetsirah vertel hoe God die wêreld geskape het d.m.v. die 22 letters van die Hebreeuse alfabet en die 10 sefirot (die wêrelde-binne-wêrelde wat die kosmiese boom van die lewe uitmaak). Ek bely dat ek geglo het in die doktrines geleer deur Moses de Leon in die Sefer ha-Zohar (“The book of radiance”). Ek bely dat ek geglo het in die doktrines geleer in die Ha-Zohar ha Qadosh (“The holy Zohar”). Ek bely dat ek geglo het in die doktrines geleer in Sefer ha-Bahir (“Book of brightness”, die eerste Cabalistiese teks). Ek verloën die metode waarmee die Zohar geskryf is (outomatiese handskrif). Ek verloën die sentrale geloof van die Zohar (dat elke vers van die Bybel die sefirot onthul). 119 Ek verloën die leringe oor die sefirot: • Ek bely dat ek geglo het dat die sefirot: o As numeriese entiteite, lewende wesens is wat die syfers 1 tot 10 beliggaam; kodes met metafisiese kragte. o Dat hulle leer hoedat God voel, reageer, en dat Hy intiem reageer met Homself as ‘n biseksuele God, sowel as met die wêreld. o Dat hulle, as ligte, kragte en eienskappe, gelykstaande is aan die Goddelike kragte van God. o Dat hulle verteenwoordigend is van die stadia van U innerlike lewe. o Dat hulle aspekte is van U Goddelike persoonlikheid. Ek verloën my geloof daarin dat U kreatiwiteit afhanklik is van die 10 sefirot, en dat die sefirot die weg is waardeur die skepping ontvou het. Ek verloën my geloof in die “Four Worlds” van die sefirot, en alle pogings wat gemaak is om U gebooie te vervul deur hierdie wêrelde heel te maak en deur uitstraling daarvandaan te trek. Ek bely dat ek geglo het in: • Atzilut (die 10 gesproke woorde van God wat die skepping opgerig het, die wêreld van oertipes, waarvandaan alle manifestasie van vorm kom. • Beriah, (die gemanifesteerde wêreld van die skepping beskryf in Gen.). Ek verloën hierdie wêreld se ooreenkoms met die 7 dae van die skepping, en sy posisie as woning vir die engeleskare. Ek verloën die engel Metatron wat hierdie wêreld bewaak. • Yetzirah (die wêreld van vorm waar idees as patrone uitgedruk word) en sy ooreenkoms met die Tuin van Eden. • Assiah (die materiële wêreld van stof) en sy ooreenkoms met ongebalanseerde energieë. 120 Ek verloën die Cabalistiese boom van die lewe en die sefirot, sowel as hul ooreenkomste: • Keter – Pluto, die kroon, wil en nederigheid, bo-op die kop en die brein en die kleure wit en swart. • Chochmah – Uranus, wysheid, die regteroor en die kleur blou. • Binah – Saturnus, begrip, Leah, linkeroor en die kleur groen. • Daat – Neptunus, kennis (die versteekte sefirat). • Chesed – Jupiter, genade, Abraham/Rebekka, liefdevolle goedheid, die regterarm en die kleur wit. • Gevurah – Mars, oordeel, Isak/Sara, sterkte, linkerarm en die kleur rooi. • Tiferet – die son, skoonheid, Jakob, selfbewustheid, die hart en die kleur wit. • Netzach – Venus, prag, Moses, vasberadenheid, regterbeen en die kleur rooi. • Hod – Mercurius, majesteit, Aaron, buigbaarheid, linkerbeen en die kleur groen. • Yesod – die maan, fondasie, Josef, geestelike aspirasie, die geslagsdele en die kleur wit. • Malkhut – die aarde, koninkryk, Dawid/Ragel, siening, die voete en die kleur wit. Ek verloën die realms bokant die sefirot van Keter, wat eerstens Yesh (wese) is, en dan Ein Sof (niks). Ek verloën die drie driehoeke gevorm deur die eerste nege sefirots. Ek verloën die drie beelde wat die driehoeke skynbaar verteenwoordig. Ek verloën die eerste driehoek se verteenwoordiging van die bevrugting van die vroulike deur die manlike, wat daardeur die wêreld en kind skep. Ek verloën die tweede driehoek se voorstelling van die ontwikkeling van die wêreld en kind. Ek verloën die derde driehoek se voorstelling van die volwasse persoon of die voltooide produk van die wêreld. Ek verloën die Pilare van die Boom van die Lewe, die linkerhand “Pillar of severity”, die regterhand “Pillar of Mercy” en die middel “Pillar of Mildness of Equilibrium”. Ek verloën die gebruik van die “path of the serpent” en die “path of the sword”, as metodes van reis deur die boom van die lewe. 121 Ek verloën die lering van die Tetragrammaton (die 4 letter naam van God – YHVH). Ek verloën die resitering van goddelike name en kombinasies van die Hebreeuse alfabet as ‘n meditasietegniek. Ek bely dat ek: • Die 4 Hebreeuse letters van die Heilige Naam van God (YHVH) verwissel het (rangskik het in verskillende kombinasies). • Mediteer het op die 4 Hebreeuse letters – Yod, Heh, Vav, Heh. • Kleure, vorms, asemhalingsoefeninge en liggaamshoudings ingesluit het in hierdie meditasie. Ek verloën die feit dat my geloof in U kreatiewe vaardigheid afhanklik was van ‘n spesifieke kombinasie van Hebreeuse letters, en verklaar dat ek glo dat U kreatiewe vaardigheid setel in U Woord volgens Genesis 1:1 en Psalm 33:6. Ek verloën die onderliggende Sufisme en Joga in hierdie tegnieke, wat goddelike en menslike intellek saamvoeg deur middel van meditasie op abstrakte waarhede en die goddelike. Ek verloën die meditasietegniek van tiqqun (herstel / regmaak), ‘n vorm van konsentrasie gemik daarop om die wêreld van vorm te bind aan die vormlose geestelike. Ek verloën die lering dat tsimtsum (sametrekking/onttrekking) en shevirah (verplettering) nodig is vir óf die skepping óf die tweede koms van die Messias. Ek verloën die gebruik van hierdie “kosmologiese kaarte” as ‘n fokuspunt vir konsentrasie in die meditasieproses. 122 Ek verloën al die bogenoemde Cabalistiese meditasietegnieke. Buiten die Sefirot, letter- en syfermeditasie, bely ek ook die gebruik van asemhalingstegnieke, sluk, bind, klim, bou, tydhou, heiliging, dans, wierook, bepeinsing, invloeiing, die shema, gravering, staar, dreunpraat/sing, luister, visualisasie en alle ander Cabalistiese meditasietegnieke. Ek verloën die tzelem (dubbel- of geestesleier), hetsy in die vorm van ‘n astrale liggaam of ‘n psigologiese projeksie. Ek vra Vader, dat U U gevegsengele sal stuur om alle tzelem, sowel as alle shedim (demoniese dwarsbomers), na die plek vir hulle voorberei, te neem. Ek verloën die towerwette van Cabala, (van polariteit en sintese), sowel as die wet van kennis en die subwet van selfkennis, die wet van name, wet van woorde, van mag, die wet van assosiasie, die wet van eendersheid, die wet van kontak of aansteking, die wet van identifikasie of namaking, die wet van sintese of die wet van teenoorgesteldes, wet van polariteit, die wet van balans, die wet van oneindige heelals, wet van pragmatisme, die wet van ware valsheid, en die tweede essensiële wet van towery – dié van geloof. Ek verloën die aartsengele verbind met die boom van die lewe, nl. Metatron, Tzaphkiel, Tzadkiel, Khamael, Raphael, Haniel, Beni Elohim (seuns van God), Gabriel en Sanalphon. Ek verloën die simbole van die boom van die lewe, nl. die swastika, die punt binne die sirkel, die punt, die kroon, die phallus, die opgehefde swaard van mag, die lingam (Tantra/seksmagie), die staande klip, die reguit lyn, die yoni (Tantra/seksmagie), die beker of kelk, die buitenste mantel van geheimhouding, die tetrahedron, die bal of hemelliggaam, die soliede figuur, septer, haak, ketting, rosekrans (Rosicrucianisme), lamen, afgestompte piramide, kubus, lamp en gordel, rose name en verse, die voorskoot (Vrymesselary), parfuums en sandale (Oosters), gelykarmige kruis, towersirkel (Wicca), driehoek van oproeping (Satanisme) en die altaar van die dubbele kubus. 123 Ek vra U, Vader, om enige en alle bande met ander okkultiese praktyke waaraan die Cabala my gebind gehou het, te verbreek. Ek verloën die takke van Cabala soos Alchemie, Satanisme, Numerologie, tarot, horoskope, astrologie, tantriese seksmagie, Rosicrucianisme, Vrymesselary, Wicca en alle ander nie genoem nie. Ek vra, Vader, dat die wortel van Cabala, sowel as die vrugte, vernietig sal word in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Vader, ek bely my deelname aan enige aspek van Cabala en verloën alle en enige aspek van hierdie geloof. Verder bely ek dat ek betrokke was in ‘n vrug van hierdie Cabalistiese wortel, nl. Numerologie. Ek bely dat ek: • Karaktereienskappe aan syfers toegesê het. • Numeriese waardes aan letters gegee het. • Die numeriese waardes gebruik het om name, geboortedatums en toekomstige gebeure te vertolk. • Aan syfers manlike en vroulike karakters gegee het. • Aan geboortedatums se syfers psigiese eienskappe gegee het. Ek verloën die gebruik van die 8 numeriese lyne – die fisiese liggaam, die intellektuele, die geestelike, die materiële wêreld, die emosies, kreatiwiteit, kommunikasies en effektiwiteit. Ek verloën die praktyk van numerologie in die lees van die verlede, verduideliking van die teenwoordige en voorspelling van die toekoms. Ek verklaar al hierdie dinge in die Naam van Jesus, Wie gekom het om die gevangenes vry te maak; Jesus wat vir my sondes gesterf het en ‘n vloek geword het sodat ek vry kan wees (Luk. 4:18-19). Vader, ek erken dat U my ‘n vrye wil gegee het en dus die reg om te kies tussen reg en verkeerd, goed en kwaad. Op hierdie oomblik Vader, verloën ek Cabala en alle ander vorme van numerologie en kies om slegs U weë te volg. 124 Ek neem nou die outoriteit op wat U my gegee het om te kan kies. Ek vra dat U my sal vergewe Here, dat ek Cabala toegelaat het om my te beheer en in gevangenskap te hou. Nou, Vader, vra ek U in Jesus se Naam, om U heilige engele te stuur om hierdie geeste van my te verwyder en te neem na hul bestemming wat U bepaal het. Ek verklaar dat alle ongoddelike bande en koorde van ongeregtigheid tussen my en die praktyk van Cabala gesny is. Ek dank U, Here, dat ek deur U genade, vrygespreek is van alle bindinge. Hemelse Vader, dit is my begeerte om U te aanbid met my hele liggaam, siel en gees, in Jesus se Naam. Ek verklaar dit in die krag en outoriteit van die Here Jesus Christus van Nasaret. AMEN. DATUM: _____________ GETEKEN: _____________ 125 11. LILITH Sy het verskeie name en klaarblyklik bevat elke naam ‘n geheimenis van seksuele mistisisme: 1. Die linkerhand van die Groot Godin Inanna: Sy bring mans na die godin se tempel, waar sy dan deelneem aan “Tantriese” rituele met die tempelvroue. Verleidster van mans. Hoer. 2. Ilithya, die geboorte-godin: Sy vervolg kinders wat nie besny is nie Sy verlei mans wat nie by vroue slaap nie en/of met geen morele beginsels nie (“wet dreams”) 3. Lillake: Bose gees wat plak in die boom van die liefdesgodin, Inanna. 4. Lilitu: Vroulike wellus demoon Windgees Bose gees van die nag Haar slagoffers word genoem die bruidegoms van Lilitu en hulle lyk soos die slagoffers van vampirisme Haar parasitiese soene maak haar slagoffers stadig dood 5. Lildtha: Lyk soos Hagar die Egiptenaar 6. Lilith die Meisie: Het die vorm van ‘n pragtige vrou vanaf die kop tot by die naeltjie – en van die naeltjie af ondertoe, is sy vlammende vuur 126 Haar enigste intensie is om oorloë te stook en alle soorte vernietiging – godin van vernietigende winde en storms 7. Koningin van die Succubi Leier van die nagdemone wat jag maak op mans, en hul saad en dikwels hul bloed trek in die hoop dat hulle hartseer en dood kan veroorsaak. Besoek mans in hul slaap om hul in hul drome te teister en hulle te betrek in seksuele verhoudings. Vanuit hierdie verhoudings, baar sy demoniese kinders Het vampiristiese karaktertrekke – sy put haar slagoffers uit en verswak hulle deur aanhoudende vleeslike verrigtinge. Sy laat hulle agter met akute, potensieël fatale uitputting. 8. Lilith, die Oeroue (Hebreeuse naam): Sy maak die kinders groot van die succubi, sowel as die kinders wat verwek is na gemeenskap tussen man en vrou uit wellus. Hierdie wellus is deur haar geskep wanneer sy die man besoek in sy drome. Sy besoek diegene wie sy elke Nuwe Maan opwek. 9. Lilith, die Moeder van demone: Sy skep demone, geeste en Lilin uit die saad van mans wanneer hulle gemeenskap het met vroue 10. Layla, Arabiese naam bekend aan Moslems: Argetipe van die “duister” innerlike vroulike kant Bekend in Shaktisme as Kali Ma Hierdie naam verteenwoordig die “Unmanifest”, die aspek van Allah wat nie die skepping binnekom nie – soos ‘n maanlose nag in die woestyn waar daar NIKS is nie – geen duine, ens. Hulle vergelyk Layla met “swart lig”, die swart kleed van die Profeet “kali kamaliya vala” en die eerste vlag van die Islam. Layla, soos gebruik deur Sufis, beteken mag van liefde, ekstatiese toestand van liefde. 127 Kayla vergiftig, maak ‘n persoon onverskillig teenoor die wêreld ‘n Enkele glimps van haar realiteit vergiftig. In Undue, beteken Kale swart, en verteenwoordig die vurige vroulike Kayla is die naam vir God as geliefde Vroue in Sufi poësie, en haar naam wys die omhelsing van die positiewe kant van die nag as die Donker Moeder. Layla verwys na die swartheid van die nag, die krag van die uiterste Goddelike Vroulike om alle vorme te ontbind Die swart Rots by Mekka verteenwoordig Layla – Lilith. 11. ANDER NAME: Lili, Koningin van die Nag Vrou van hoerery Dogter van die godin Mehitabel ANDER KARAKTERTREKKE: Sy het ‘n spesiale haat vir kinders – sy agtervolg, steel en vermoor hulle Sy word geassosieër met die maan, veral die lunêre posisie op die Qliphotic Boom, die sogenaamde “Wêreld van Skulpe”. Sy heers oor die 2 sonkeerpunte (sonstilstande) en die 2 dag en nag eweninge Sy is die godin van wellus en magie Sy kan “shape-shifts” (verander van vorm), asook haar naamverandering (“name-shifts”) Sy kan verander in ‘n magtige vegter, geklee in ‘n wapenrusting van vlammende vuur Sy word geassosieër met Leviatan – sy lyk soos ‘n slang Soms lyk sy na ‘n skreeuende uil Sy maak mans bang Sy woon in die woestyn wat deur God vervloek is, of in ‘n grot aan die kus van die Rooi See In Egipte is sy veilig Sy trek mense in haar web in Sy lei die gees van kennis weg Spieëls is die poorte tot in haar grot Sy gaan ‘n persoon binne deur sy oë, en roer die persoon se begeerte soos sy wil. 128 VERLOëNINGS GEBED: Vader, ek wil vir U dankie sê dat die Bloed van Jesus ons versoen het met U. (Kol. 1:20) Ek wil vir U dankie sê dat die Bloed van Jesus ons reinig van alle sonde. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verklaar ek dat ek uit God gebore is, en dat geen bose gees enige houvas oor my het nie. Ek behoort aan U, Here, gees, siel en liggaam. Ek onderwerp myself aan U, Here, en ek weerstaan die duiwel in die kragtige Naam van Jesus Christus, en daarom MOET hy vlug. (Jak. 4:7) Vader, vergewe my dat ek Lilith toegelaat het in my lewe en dat ek ‘n prooi geword het van haar verleiding. Vergewe my dat ek toegelaat het dat wellus my beheer, en daardeur toegelaat het dat ongoddelike sielsbande gevorm het. Vergewe my Here, dat ek my huweliksbed verontreinig het met wellus en dat ek U Heilige vereniging tussen man en vrou ontheilig het. Ek verloën wellus as sonde, in die Naam van Jesus. Vader, ek verklaar nou ‘n egskeiding tussen myself en Lilith, en al haar kinders. Ek skeur nou die huwelikssertifikaat op en gee haar trouring terug. Ek vra in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, dat U Heilige Vuur al die dokumente wat teen my getuig het in die gees, sal vernietig. Ek verbreek enige en alle verhoudings tussen elke bose gees van wellus en verleiding, en myself. Ek sny elke ongoddelike sielsband tussen myself en Lilith en al haar ander name, met die Swaard van die Gees. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verklaar ek dat satan nie langer enige toegang tot my liggaam, siel of gees het deur daardie sielsband nie. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verklaar ek dat Lilith en haar kinders nie meer enige toegang het tot my kinders nie. Alle toegang tot my kinders deur hierdie sielsband, is nou afgesny deur die Krag van God. Ek vra dat U my kinders sal toemaak met die Bloed van die Lam, en dat die deure van haar toegang tot hulle, vir ewig verseël sal bly deur U Bloed. 129 In die Naam van Jesus, ontslaan ek elke hekwag wat Lilith gehelp het om toegang tot my te verkry: die hekwagte by my oë, my verstand (bewustelik en onbewustelik), my drome en my seksuele organe. Ek stroop hulle van alle mag en outoriteit en skeur hul aanstellingsbriewe nou op, in die Naam van Jesus Christus, en ek vra dat U hierdie dokumente sal verbrand met die Vuur van die Heilige Gees. Ek verseël elke poort met die Bloed van Christus en ek vra dat U U oorlogs-engele sal uitstuur en aanstel om hierdie poorte te bewaak. Ek vra ook dat U die deure van Inanna se tempel sal toemaak en verseël met die Bloed van Christus. Ek vra dat U elke poort sal toemaak in die spieëls in my huis wat toegang gebied het tot die grotte van Lilith, en ek seël dit met die Bloed van Christus. Ek verloën enige verbintenis met die maan, sy strale en sy vier fases, veral Nuwemaan. In die Almagtige Naam van Jesus, sny ek myself los van hierdie verbintenisse met die maan en sy verbintenis met Lilith. Ek verloën enige verbintenis met Egipte, en ek sny myself los van enigiets wat te doen het met Egipte, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën enige aanbidding gegee aan die “duister innerlike vroulike kant van Allah” en die krag van die “hoogste goddelike vrou om alle vorme te ontbind”, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die “unmanifest aspek van Allah” wat oorgaan in “die niet”, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die naam Layla, Kali Ma, “kali kamalija vala”, en alle ander Shaktisme en Sufis leringe aangaande Lilith, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. 130 Ek verloën die manifestasies van Lilith in en as die swart lig, die swart kleed van die profeet, Kali Ma, die eerste vlag van die Islam, as die “vurige vrou” en die omhelsing van die positiewe kant van die nag as die duister Moeder, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën enige verbintenis met Mekka, aanbidding gegee aan die swart rots by Mekka en die fontein wat uit die rots vloei. Ek sny myself los van enigiets wat te doen het met Mekka en die water van Mekka, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verloën die ekstatiese toestand van liefde en die seksuele mag wat ek verkry het deur Layla, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. In die Magtige Naam van Jesus, sny ek myself los van die waters in die hemele, op die aarde en onder die aarde, sowel as van Leviatan en al die magte daaraan verbind. Vader, ek vra U om die web van Lilith te vernietig waarmee sy my vasgeweef het, en om my totaal en al te bevry van haar web van wellus en vergiftiging. Ek vra U, Vader, om Lilith van haar wapenrusting te stroop en haar te verlam as ‘n vegter, in die Naam van Jesus Christus. Ek verloën alle vorms en name van Lilith, en ek vra U, Here, om my los te sny van elkeen van haar name en vorms en om elke ongoddelike sielsband in hierdie verband te vernietig, in die Naam van Jesus. Ek verloën haar parasitiese soene en haar vampirisme en die algehele uitputting wat ek as gevolg daarvan ervaar het. Vader, ek vra dat U die wonde sal heel waar sy my bloed uitgesuig het, en dat U my krag sal herstel wat sy uit my getrek het. Ek vra dat U die gate wat haar tande veroorsaak het in my liggaam, siel en gees, sal toemaak en verseël, in die Naam van Jesus Christus. Vader, ek vra dat U hierdie algehele vernietiging wat haar volg, sal omdraai en dit sal verander in groei en seëning. 131 Here, ek vra U om my huweliksbed te heilig en te reinig met die Bloed van Jesus Christus. Ek vra dat U my huwelik sal genees en die sielsband met my maat sal herstel, sodat ons huwelik ‘n afbeelding kan wees van Jesus se verhouding met Sy Bruid, die Kerk. Ek vra U, in die Naam van Jesus, om ons saad te bedek met die Bloed van Christus, om Lilith daarvan te weerhou om dit te steel en te gebruik vir haar bose doeleindes. Vader, ek verklaar nou dat ek die helm van verlossing sal dra om my verstand (bewustelik en onbewustelik) te beskerm, asook my droomwêreld. (Efes. 6:17). Ek verklaar dat ek alle argumente sal neerwerp asook elke hoogmoedige ding wat homself ophef teen die kennis van God, en elke gedagte in gevangeneskap sal bring tot gehoorsaamheid aan Christus. (2 Kor 10:5) Ek dank U, Vader, vir U genade en guns, en ek gee U al die eer en die lof, omdat U alleen God is, en ek aan U behoort! AMEN. 132 12. VERLOëNINGSGEBED TEEN DIE JESEBEL-GEES (OPEN. 2:20-23) PERSOON: Vader, ek staan vandag namens myself, sowel as namens my voorgeslag, voor U in die Naam van Jesus Christus. Ek wil skuldig pleit vir die feit dat ek toegelaat het dat die Jesebel-gees met haar 5 koorde deur my gewerk het, of dat ek toegelaat het dat dit oor my heers en ek in die Agab-gees beweeg het. Ek kies om myself onder U Hand te verneder, sodat U my kan verhoog op die tyd wat U daarvoor bepaal het. Ek bely dat ek deur my leefwyse en optrede die volgende sondes gepleeg het: • U ware profete vernietig / teengestaan het (bv. in jou eggenoot, kind, ander, ens.) • U outoriteits-strukture vernietig / teengestaan het (bv. ouers, onderwysers, huwelik, regering, ens.) • My eie ego bevredig het. • Teen die werk van die Heilige Gees gegaan of gestaan het en die vloei van U Gees verhinder het. • Afgodery (bv. kennis, eie menings, kerk, tradisies, ens.) • Heksery (bv. okkulte, of emosionele manipulering). • Na die begeertes van die vlees gewandel het. • Die Agab-gees in andere laat voortkom het. • Die Agab-gees deur myself laat manifesteer het. • My outoriteit en leierskap misbruik het. • Mense se woorde verdraai het (om self goed te lyk). • U woorde verdraai het, selfs in U Naam gespreek het wat U nie werklik gesê het nie. • Leiers teëgegaan het. • Vrou: My man, vader, leiers, werkgewers , ouers, se outoriteit ondergrawe en teëgegaan het en nie U voorskrifte gevolg het betreffende my gesinslede en ondergeskiktes nie. • Man: My vrou, gesinslede, ondergeskiktes, ouers, ens. nie behandel het volgens U voorskrifte nie (nie my posisie ingeneem as priester, koning en profeet nie.) 133 • Leuens en agterbaksheid / blaam en suspisie op ander geplaas het. • Gedomineer, geintimideer en gemanipuleer het. • U Woord nie gehoorsaam het nie. • Deur my optrede ander se moed gebreek het om U te volg en te gehoorsaam. • Rebellie in al sy vorme in my lewe! • Hardkoppigheid. • Trots, arrogansie en beterweterigheid. • Ander vals beskuldig en hul moed gebreek en bitterheid veroorsaak het (bv. huwelik, gesinslede, werknemers, andere). • Kritiek, leuens en afbrekendheid. • Begeerte na materiële welstand my beïnvloed het om myself en ander in probleme te beland en U Heilige Gees se waarskuwings te verontagsaam. • Seksuele immoraliteit in al sy vorme. • Manipulasie deur seks. • Dat ek hierdie gees op my kinders en nageslag oorgedra het. • Dat ek ander met vrees probeer intimideer het. • Dat ek tradisie gehoorsaam en gevolg het, i.p.v. openbaringskennis. • Dat ek die wet gevolg en toegepas het, i.p.v. die Heilige Gees. • Ander in gevangeneskap gebring het (bv. verhoudinge, huwelik, kinders, ondergeskiktes, ens.) • Ander probeer beheer het deur ‘n godsdienstige masker, kennis, geheimsinnigheid, werke, lang, leë gebede, ondervindinge, en super-geestelikheid. • Woedebuie en verwarring wat ek geskep het. • Bo-oor ander mense gehardloop of op hulle getrap het. Vader, ek vra om vergifnis vir hierdie sondes. Ek kom staan vandag voor U op grond van U groot genade en die volmaakte Kruiswerk van Jesus, sowel as die versoening wat Hy vir my by U bewerk het. Op grond hiervan wil ek vandag vir U vra dat U my hande sal reinig van al die genoemde sondes, ook die waarvan ek nog nie eens bewus is nie. Reinig ook asseblief my hart, Vader! Ek petisie ook by U vir die siel en verlossing van elke ander persoon wie ek ooit in my leeftyd besoedel het met my ingesteldheid en optrede. Ek vra nederig om vergifnis dat ek ‘n struikelblok was vir hulle en ek vra dat U hierdie vuil kleed wat ek tot nou toe gedra het, sal verwyder en my sal beklee met nuwe klere. 134 Ek vra vergifnis dat ek gedrink het uit hierdie beker van Jesebel en my laat beheer het deur: 1. Okkultiese geeste 2. Kompromie (afgodery) deur U dissipline af te water en nie respek vir U te toon nie. 3. Immoraliteit en afgodery. 4. Dominering, intimidering, manipulering. 5. Valse godsdienstigheid. Ek vra dat U my nou sal verlos en bevry van hierdie 5 koorde waarmee die gees van Jesebel my vir so lank beheer het, in die Naam van Jesus Christus. Dankie vir volmaakte verlossing deur die Naam en Bloed van Jesus, deur die Swaard van U Woord en die woord van ons getuienis: – Open. 12:11 – “En hulle het hom oorwin deur die Bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Ek bid ook, Heilige Gees, dat U my sal begelei op hierdie nuwe pad en dat U my sal help in hierdie proses van die vernuwing van my verstand in hierdie areas. Ek bid dat U die vertakkings van die werking van die Jesebel gees uit al die lede van my liggaam en siel, sal trek, totdat daar niks oorbly nie. Berader: Voorbeeld van gebed: Neem hierdie 5 koorde en sny hulle een vir een: 1. Ek spreek jou nou aan, Jesebel in die geestesrealm, en ek verklaar dat ek daardie koord van OKKULTIESE MAGTE sien tussen jou en jou setel in ……………….. Ek neem nou die Swaard van die Gees en ek sny hierdie koord van OKKULTIESE MAGTE los in die Naam van Jesus Christus. Daar staan geskrywe in 2 Sam. 22:32-37: “ Want wie is God buiten die Here, en wie ‘n Rots buiten onse God? Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek. Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes. 135 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ‘n koperboog span. En U het my die skild van U uitredding gegee, en U neerbuigende goedheid het my groot gemaak. U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.” 2. Ek spreek jou nou aan, Jesebel in die geestesrealm, en ek verklaar dat ek daardie koord van KOMPROMIE sien tussen jou en jou setel in ………... Ek neem nou die Swaard van die Gees en ek sny hierdie koord van KOMPROMIE los in die Naam van Jesus Christus. Daar staan geskrywe in Hand. 24:14b “Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die Here af nie, en dien die Here met julle hele hart.” Mat. 22:37 “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” 3. Ek spreek jou nou aan, Jesebel in die geestesrealm, en ek verklaar dat ek daardie koord van IMMORALITEIT (AFGODERY) sien tussen jou en jou setel in ……………. Ek neem nou die Swaard van die Gees en ek sny hierdie koord van IMMORALITEIT los in die Naam van Jesus Christus. Daar staan geskrywe in Open. 19:7 “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy vrou HET HAAR GEREED GEMAAK.” 4. Ek spreek jou nou aan, Jesebel in die geestesrealm, en ek verklaar dat ek daardie koord van DOMINERING, INTIMIDERING EN MANIPULERING sien tussen jou en jou setel in ………….. Ek neem nou die Swaard van die Gees en ek sny hierdie koord van DOMINERING, INTIMIDERING EN MANIPULERING los in die Naam van Jesus Christus. Daar staan geskrywe in Joh. 10:2-5 “Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na Sy stem; en Hy roep Sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer Hy Sy eie skape uitgebring het, loop Hy voor hulle uit; en die skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.” 136 5. Ek spreek jou nou aan, Jesebel indie geestesrealm, en ek verklaar dat ek daardie koord van VALSE GODSDIENSTIGHEID sien tussen jou en jou setel in ………………. Ek neem nou die Swaard van die Gees en ek sny hierdie koord van VALSE GODSDIENSTIGHEID los in die Naam van Jesus Christus. Daar staan geskrywe in Joh. 4:24 “ God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in Gees en waarheid aanbid.” Persoon bid self: Vader, in die Naam van Jesus Christus, U Seun, verklaar ek nou: • ‘n egskeiding met die gees van Jesebel. • ‘n kansellasie van alle aanbidding wat sy ooit ontvang het deur my of my voorgeslag. • Vernietiging van enige en alle verbonde wat met haar gemaak is. • Verloëning van die Agab-gees. In die outoriteit van die Naam van Jesus Christus, neem ek nou hierdie setel in myself in besit, en oorhandig dit aan die Koninkryk van God. Vader, in Jesus Naam vra ek dat U die volgende vloeke en gevolge a.g.v. my en my voorgeslag se betrokkenheid by hierdie Jesebel gees se aktiwiteite, oor my en my nageslag sal verbreek: 1. Vloek van ‘n bed van pyn en lyding 2. Terneergedruktheid 3. Vloek van uiterste oordeel 4. Vloek van die dood (Open.2:22,23) 5. Vloek van vernedering en naaktheid. 6. Vloek van slawerny 7. Vloek van seniliteit 8. Vloek van homoseksualiteit en lesbianisme 9. Vloek van kanker 10. Skisofrenie 11. Vloek van egskeiding 12. Vloek van vroulike oorheersing 13. Vloek van manlike oorheersing 14. Twyfel en onstabiliteit 15. Bloedskande 16. Lastering 137 17. Verlies van kinders 18. Verlies van huweliksmaat 19. Vloek van rampe en booshede 20. Eensaamheid en verlatenheid 21. Vloek van heksery 22. Vervolging Ek vra dat U elkeen van hierdie vloeke in my en my voor- en nageslag se lewens, sal verander in ‘n seën. In die Naam van Jesus Christus, bind, en werp ek die dogter van Jesebel uit my lewe. Ek spreek vernietiging oor die altare waar Jesebel aanbidding ontvang het in my lewe, en rig ‘n altaar daar op vir God. Daar staan geskrywe in 2 Sam.24:25: “Hy het net daar ‘n altaar vir die Here gebou en brandoffers en maaltydoffers gebring. Hierna het die Here weer die gebede vir die land verhoor, en die plaag is uit Israel weggeneem.” Die vesting in my lewe waar Jesebel gewoon het, word nou vernietig en ‘n troon vir Christus Jesus daar gevestig. In die Naam van Jesus Christus spreek ek nou verwelking en dood oor alle vrugte van manipulasie deur die gees van heksery in my lewe. Ek vra dat U alle suurdeeg uit my denkpatrone, wil, emosies en liggaam sal verwyder wat my laat neig het om onder beheer van hierdie gees te wandel. Vader, in Jesus se Naam vra ek dat die gees van Elia in my sal opstaan ten einde Jesebel in die Liggaam van Christus te ontbloot. Ek bid Vader, dat die harte van die vaders gedraai sal word na die kinders volgens Maleagi 4:5,6. Ek bid dat die ongehoorsame gedraai sal word na die wysheid van die regverdige – dat goddellike beginsels geleef sal word in my lewe, ten einde spesifieke probleme die hoof te bied. Ek vra dat meer en meer geestelike vaders en moeders uit ons midde na vore sal tree om die weg aan te dui en ook om U volk by die hand te neem en hulle in paaie van geregtigheid te lei. 138 Ek bid, Vader, dat U sal toesien, deur U Gees, dat ek voorberei sal word as deel van U Bruid sonder vlek of rimpel. Dankie, Abba Vader, vir U groot genade. Seël hierdie gebed nou met die Bloed van Jesus Christus en dankie dat U hoor en verlos! AMEN. 139 13. THE QUEEN OF HEAVEN Father, as your Church we humble ourselves before You. We confess that we, as well as our forefathers, have sinned against You regarding worship to the Queen of Heaven. We confess that we, as well as large parts of the wider Body of your Son, have entered into idolatry by giving honour, reverence, and prominence to this deity – knowingly and unknowingly. We want to express our remorse that we have rejected and grieved You, your Son and your Holy Spirit in this way. We therefore humbly ask that you will mercyfully forgive us our sins, transgressions and iniquity on the grounds of the Blood of your Son. Thank You, Father, for Your grace and compassion. Thank You for not dealing with us in ways which we thoroughly deserve, but that You are slow to anger, and rich in mercy and compassion. Before You, Father, the heavenly host, and before each other and the world, as well as the spiritual world, I now declare the following in the Name of Yeshua our Messiah: I renounce any worship of creation, rather than the Creator. I renounce the worship of Eve, the wife of Adam, as the “Mother of All”, and “Mother of the earth.” I renounce the seed of the Nephilim, and its claim to be the Messiah of the world. I renounce the occult knowledge, worship and religious system of the days of Noah. I acknowledge Noah as a righteous man in his generations, and the procreator of God’s holy line of saints. I utterly reject and utterly renounce the entity known as Janus, the two-faced Roman god, as well as the hermaphrodite or androgenous man of the Mysteries which are associated with Noah. I renounce the religious system of the Babylonian Mysteries and its successors in other cultures, whether it be Eleusinian, Assyrian, 140 Phoenician, Egyptian, Phrygian, Greek, or Roman – including the Roman Catholic Church, Mormonism, Hermeticism, Cabbalism, Islam, Freemasonry, Rosicrucianism, Alchemy, the Knights Templar, Hospitaller and Knights of Malta. I renounce the Mysteries as the source of occult knowledge known in the Bible as “the deep secrets of Satan.” I renounce the Babylonian Trinity known as Nimrod, Semiramis and Tammuz, as well as their successors in other cultures, such as Osiris, Isis and Horus (Egypt); Shiva, Brahma and Vishnu (Krishna) (Hindu); Zeus, Hera and Bacchus (Greece); Jupiter, Juno and Appollo (Roman). I renounce the ancient and classical names of the Queen of Heaven: Semiramis, Ishtar, Inanna, Astarte, Ashera, Isis, Neith, Hathor, Ahtena, Venus, Aphrodite, Circe, Hera, Demeter, Diana, Artemis, Cybele, Rhea, Juno, Ceres and Nike. I renounce the madonna of the Roman Catholic Church as not representative of Mary, the mother of Yeshua, but as a manifestation of the demonic Queen of Heaven. I renounce her countless images and icons all over the world to be the Image of the Beast of the Book of Revelation. I renounce every bit of worship that I, in my ignorance had ever given to this entity and its icons. I renounce the three manifestation forms of the Queen of Heaven: The Virgin, the Mother and the Crone (Witch). I renounce these manifestation forms in Freemasonry, known as Faith, Hope and Charity. I renounce the spirit and works of the demonic entity known as Jezebel, and her works known as domination, intimidation, manipulation and control. I renounce the spirits known as the nine muses, as well as every inspiration or revelation which I might have sought or received from them. 141 I renounce the symbolism associated with the myths of the Queen of Heaven in their respective contexts, such as: • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • the obelisk, the pine cone, the pine tree, the yoni, the mandorla, the womb, the scallop shell, the cave, the madonna, the moon, sheaf of wheat, the book, anchor and suckled children, the flaming torch, the cube, the waters, the burning heart, the “tall” cross, the scale-balance, the mirror, the galley ship, the dog star (Sirius), the golden cup, fountains, keys, the broken column, the parting veil, the paired lions and demonic descending dove. I renounce the meteorite known as the Black Stone or Capstone. I also renounce any allegiance to this stone or the Benben stone in Heliopolis (On), the Giza Pyramids or Kaaba at Mecca. I renounce all water spirits associated with the Queen of Heaven, such as represented by fish, hippopottami, octopi, dolphins, seals, mermaids and shellfish. I renounce every covenant or seal over my life that had been made with the Queen of Heaven. 142 I hereby renounce my christening (or infant baptism) as a covenant with this entity, as well as the seals that accompany this christening. Holy Spirit, I now ask that You will take Your Sword and cut me and my family free and loose from the following, in the Name of Yeshua / Jesus: • The Virgin, the Mother and the Crone. • The Nephilim. • The knowledge, oaths, seals, covenants, curses, hexes, spells and witchcraft to the religious system known as the Mysteries. • The cities and spirits of Babylon, Pergamum and Rome. I declare a divorce with these cities in the spirit. • Mount Everest, Nepal and Tibet, the geographical stronghold of the Queen of Heaven. • The unholy trinity. • The madonna. • Jezebel. • The nine muses. • The ancient, mythological, classical and modern symbolism of the Queen of Heaven. • The black meteorite stone. • Water spirits. I hereby now proclaim: I believe in God the Father, the Son, and the Holy Spirit – the God of Abraham, Isaac and Israel. I believe that only He is worthy of any worship, honour, reverence and glory. I believe in Yeshua as the One and only Mediator between the Father and man, and that the Holy Spirit acts only in this Name. I believe that we need no other or additional mediator. I believe that man gets saved only in this name, by grace through faith. I believe that the Father bestows every good thing on man and mankind in this name. 143 Thus, I pray that the mighty and powerful hand of Almighty Father will keep me pure and steadfast on this road. In the Name of his Son I now proclaim that the Queen of Heaven has no power over me, and that the Blood of Yeshua is against her. AMEN 144 14. SATANISME INHOUD 1. Die drie stelle van riglyne/filosofieë - die Nege Sataniese stellings - die Nege Sataniese Sondes - Die Elf Sataniese reëls van die Aarde 2. Die Sataniese Kerke en leiers - Affiliasie, rangordes, magte en sielsbande 3. Name van Satan 4. Literatuur en Skrywe 5. Werktuie - Altare, altaar-voorwerpe en tower-sirkels - Tekens en simbole - Klere en juwele - Spelde, kristalle, tatoeërmerke en ander merke 6. Rituele - Seremoniële magie – (Operatief, ritueel of hoë magie) - Praktiese magie – (Verduidelikend, Inisiërend, Volk, Natuurlik, Lae of Seks magie) - Vloeke, towerspreuke/formules, heksery, ens. - Oproep van demone, geeste en elementale (wesens), ens. - Okkultiese wetenskappe (Waarsêery, meditasie, Toordery) - Simbole (Derde oog, Heksagram, Pentagram, Driehoek) - Rituele Seremonies en dade 7. Feeste – hoë-dae (high days), gewyde dae en vakansies. 145 Vader, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, kom bely ek nou my betrokkenheid in Satanisme. Ek vra U om my te vergewe vir hierdie sonde. Vader, vergewe my asseblief dat ek U verwerp het en die leringe van Satan aangehang het; dat ek Jesus verwerp het as die Seun van God, dat ek U dood aan die kruis bespot en verag het, en dat ek U Bloed in totaliteit verwerp het. Vader, ek verloën nou al hierdie sienings en vanaf hierdie dag draai ek my rug op Satan en stap weg van sy altare, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek petisie U nou, Vader, om my te help om elke aspek van Satanisme en die bande wat dit met my het, te verloën en dit te bely. 1. Sataniese Filosofieë en Riglyne: Ek verloën Satanisme as ‘n godsdiens of geloof wat essensieël ‘n godsdiens van die self is, wat uitspel dat die individu en sy persoonlike behoeftes eerste moet kom. Ek verloën alle riglyne, beginsels en filosofieë i.v.m. Satanisme, wat dien om die persoon se individuele voorkeure aan te moedig, of as ‘n viering van individualiteit sonder skynheiligheid, of leer van eensgesindheid sonder verstandeloosheid, of leer van Objektiewe Subjektiwiteit. Ek verloën die invloed van Dogism (wat sê dat as jy dit nie kan eet nie, en jy kan nie daarmee paar nie, urineer dan daarop), en Catism (wat sê, moenie hardloop as jy kan loop nie, moenie loop as jy kan staan nie, moenie staan as jy kan sit nie, moenie sit as jy kan lê nie, en moenie wakkerbly as jy ‘n slapie kan vang nie) en Freud se “plesier beginsel” wat gesien word as die hoogste motiveerder van menslike optrede. Ek verloën die drie stelle van riglyne wat uitgegee is oor die jare heen deur die Sataniese kerk en geskryf deur LaVey, wat die basis deurgee van Sataniese filosofie: - Die Nege Sataniese stellings - Die Nege Sataniese sondes - Die Elf Sataniese reëls van die Aarde 146 Ek bely dat ek teen mense, organisasies, kerke of bedieninge wat op die Sataniese Swartlys is, gebid, hulle vervloek, en heksery op hulle toegepas het. Alles wat ek gedoen het, draai ek nou om in die Naam van Jesus en ek laat elkeen vry om te vloei in die volmaakte doel wat God Almagtig vir hulle het. 2. Kerke van Satan – affiliasie, rangorde, magte en sielsbande. Ek verloën alle en enige lidmaatskap of handeling met die verskillende Kerke van Satan. Ek verloën my lidmaatskap by enige van hierdie kerke, sowel as hul takke en al hul leiers, sowel as die volgende by name: Die Tempel van Set – Michael A. Aquino Ordo Templi Orientis – Aleister Crowley Church of Satan – Anton Szandor LaVey (en alle vertakkings, insluitende Die Kerk van Sataniese Broederskap, Ordo Templi Satanas, Order of the Black Ram, Church of Lucifer, The Orthodox Satanis Church) Ek verloën alle bande, verbonde, ede en rituele wat my verbind aan die Tempel van Set en sy hoofkwartier in San Francisco, Kalifornië, sowel as die filosofie van die Tempel, die konsep van Set en die verpligtinge en verantwoordelikhede veronderstel vir ‘n Setian. Ek verloën al sy komponente, soos: Antinominisme (teenstrydigheid), Individualiteit, Beheer en Swart Magie – insluitende beide Operatiewe (seremoniële magie) en Praktiese (illustratiewe of inisiërende magie). Ek verloën Set, en ek verloën sy essensiële funksie van uitgaan en die grense van bestaan wyer maak en dan daardie Chaotiese energie laat terugkeer na die middelpunt toe. Ek verloën die perd (en die donkie) as geidentifiseer met Set. Ek verloën die ster Alpha Draconis, wat die ster van Set is in die Konstellasie van die Dy (vandag se “Big Dipper”). Ek verloën die Silwer Ster (Astrum Argentium) en Tzaddi (Dog Star of Sirius) Ek verloën die twee Setian tekste: “Die verhaal van Twee Broers” en “Die Boek van Kennis van die Spiraalmag van Ra en die Neervel van Apep”. Ek verloën alle kennis verkry deur die uitgebreide leeslys van gepubliseerde werke in 24 gespesialiseerde velde, die nuusbrief “Scroll of Set”, die publikasies van die Tempel se verskeie 147 gespesialiseerde Ordes, en die reeks ensiklopedieë getitel “The Jeweled Tablets of Set”. Ek verloën die Kristal Tablet van Set en ek verloën alle kommunikasie d.m.v. die gereeld hersiene “InterCommunication Roster” bevat in die Kristal Tablet, die periodieke Konklave (geheime sittings), sowel as deur Glinda (rekenaar). Ek verloën die herinwyding en stigting van die Tempel van Set in 1975, vergesel deur die Woord van die AEon van Set, Xeper (“kheffer”). Ek verloën die ses grade waardeur Geïnisiëerdes herken word: Setian Iº, Adept IIº, Priester / Priesteres van SetIIIº, Magister / Magistra Templi IVº, Magus / Maga Vº en die Ipsissimus / Ipsissima VIº. Ek gee alle range en grade terug aan Satan met watter naam ookal, Satanis, Warlock, Warlord, Priester of Priesteres. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verwerp en verloën ek elke graad en ongoddelike vlak van geestelikheid wat ek bereik het, en ek gee hierdie range nou terug aan Satan, in Jesus Naam, sowel as alle magte en kragte toegesê aan my. Ek verloën my kultus naam, nl. ……………………, en gee dit terug aan Satan en sy demoniese magte. Ek petisie U, Vader, om hierdie naam te verwyder van al Satan se boeke in die geestesrealm. Vader, ek petisie U om alle sielsbande te sny met alle Sataniste, sellede, meesters, hekse, priesters, priesteresse, magisters en magistras, magus en Satan self, sowel as sy bose hiërargie. Ek petisie U, Vader, om my los te sny van elke sielsband met enige Satanis, sowel as met enige sataniese ritueel. Ek bely en verwerp die inisiasie rituele van dwelms en seksuele orgies, die oproep van demone om hul magte te gebruik, alle offers wat aan hierdie demone gebring is vir mag en vrugbaarheid, die oorgee van gees, siel en liggaam aan Lucifer en demone, die oproep van demone, die plasing van demone in Sataniste, seksuele aktiwiteit met diere (beestialiteit), en alle vorme van seks tussen Sataniste, demone en Lucifer. 148 Ek petisie U, Vader, om asseblief alle sielsbande te sny wat ek mag hê met enige van hierdie. In Jesus Naam, Vader, vra ek dat U my siel sal restoureer en terugbring vanuit alle rigtings waarin dit verstrooi is, en verwyder asseblief van my alles wat nie deel is van my nie, in die geestesrealm. Ek verloën die simboliek in, sowel as die struktuur en werking van die Sataniese tempel en ek verloën die Uitvoerende outoriteit van die Raad van Nege, wat beide die Hoëpriester van Set en die Uitvoerende Direkteur aanwys. Ek verwerp en verloën die Raad van 9, en ek vra dat U asseblief die sielsband sal sny wat ek gehad het met hierdie onheilige, goddelose raad. Ek verloën alle verbintenisse en affiliasies met Pylons, nl.: The Black Pylon, The Black Runa Pylon, The Black Well Pylon, The Draconis Pylon, The Gates of Hell Pylon, The Kalevala Pylon, The Nan-Madol Pylon, The Pergamon Pylon, The Smoking Mirror Pylon, The ReSetaue Pylon en The Ultima Thule Pylon. (Pylon = Poort) Ek verloën die Ordes van die Tempel, nl.: The Order of Amon, The Order of the Black Tower, The Order of the Claw of the Bee, The Order of Leviathan, The Order of Merlin, The Order of Setne Khaumuast, The Order of Shuti, The Order of Trapezoid, The Order of Uart, The Order of Vampyre en The Order of Xnum. Ek verloën die Ordo Templi Orientis, ook bekend as die Order of Oriental Templars, of die Order of the Temple of the East. Ek verloën die hele Uiterlike Thelemic Orde (Outer Thelemic Order / OTO) en sy toewyding aan die hoë roeping van die vasmaak van die Vryheid van die Individu en sy of haar vooruitgang in Lig, Wysheid, Begrip, Kennis en Mag deur Skoonheid, Moed, en Vernuf, op die Fondasie van Universele Broederskap. Ek verloën al die invloede van die Hermetiese Orde van die Goue Daeraad (Hermetic Order of the Golden Dawn) en sy WORTELS in towery, Kabbalah, alchemie, tarot, astrologie en ander hermetiese onderwerpe. Ek verloën alle invloede van die verstandelike en fisiese dissiplines van joga, en Oosterse mistisisme. 149 Ek verloën alle invloede vanaf Egipte en veral die god Horus. (In besonder verloën ek die prent van Horus waar hy ‘n offer ontvang van ‘n priester genaamd Ankh-f-n-khonsu). Ek verloën alle Vrymesselary verbintenisse waaraan verkleef word in die O.T.O. Ek verloën my deelname in alle en enige vorm van slangaanbidding, insluitende Nagalisme, Chakra’s, Kundalini, Tantric Joga en die Derde Oog. Ek verwerp die struktuur van die O.T.O. en hul grade. Ek verloën die Rituele van hierdie grade, waardeur O.T.O. poog om my allegories en simbolies te onderrig in die diepere geheimenisse van die natuur, en my daardeur help om my eie ware identiteit te ontdek. Ek verloën die eerste Drie Grade van O.T.O. en die patroon wat hulle volg, gebaseer op die simbolisme van die Chakra’s en die oprys van die Kundalini, sowel as hul verteenwoordiging van die Individu se Pad in Ewigheid. Ek verloën die hoër grade en hul instruksies in Hermetiese Filosofie, Kabbalah, Towery en Joga, wat almal gerig is daarop om my voor te berei vir die openbaring en aanwending van een allerhoogste geheim. Ek verloën my deelname, verbintenis, lidmaatskap of band met alle plaaslike O.T.O. Losies, Oases and Kampe. Ek verloën alle literatuur verbind met die O.T.O., veral die drie hoofstukke van verse, bekend as Die Boek van die Wet, die aankondiging van die opkoms van die nuwe aeon van Horus, en die beheer deur die Wet van Thelema. Ek verloën Thelemic filosofie en “Doen wat jy wil”. Ek verloën alle onderhandelinge met die Kerk van Satan, wat gestig is op 30 April 1966 deur Anton Szandor LaVey, die hoëpriester, sowel as alle handelinge met die eerste sataniese kerk, onder leierskap van Karla LaVey. Ek verloën toewyding aan rasionele selfbelang, bevrediging en ‘n verheerliking van die vleeslike en materiële. 150 Ek verloën my ongeloof in enige eksterne godsfigure. Ek verloën alle grade verkry deurdat ek myself bewys het deur individuele prestasie in die buite-wêreld, my vlak van vryheid van kudde-eenheid en my onafhanklikheid van gedwonge interaksie met die massas. 3. Die name van Satan. Ek verloën en sny myself los van elke duiwelse naam van Satan, soos: Abaddon, Adramelech, Ahpuch, Amon, Apollyon, Asmodeus, Astaroth, Azazel, Baalberith, Balaam, Baphomet, Bast, Beelzebub, Behemoth, Beherit, Belial, Bile, Cercunnos, Chemosh, Cimeries, Coyote, Dagon, Damballa, Demogorgon, Diabolus, Dracula, EmmaO, Euronymous, Fenriz, Haborym, Hectate, Ishtar, Jude/Judas, Kali, Lilith, Loki, Mammon, Mania, Mantus, Marduk, Mastema, Melek, Mephistopheles, Metztli, Mictian, Midgard, Milcom, Moloch, Mormo, Naamah, Nergal, Nihasa, Nija, O-Yama, Pan, Pluto, Proserpine, Pwcca, Rimmon, Sabazios, Sammael, Samnu, Sedit, Sekhmet, Shaitan, Shiva, Supay, T’an-mo, Taus, Tchort, Tezcatlipoca, Thamuz, Thoth, Tunrida, Typhon, Yaotzin en Yen-lo-wang. Ek verloën alle spesifieke demone aan my toegesê vir my “beskerming”, sowel as alle bande met Hades (hel / die onderwêreld) en dood. (Noem die name wat persoonlik ontvang is, gee hulle terug en sny alle sielsbande daarmee, bind, verwerp, weerstaan en dryf die demone uit). 4. Sataniese Literatuur Vader, vergewe my asseblief daarvoor dat ek U Woord verdraai en dit aangewend het tot eer van Lucifer. Ek bely dat ek die Sataniese swart boeke gelees het (bevat towerwoorde van swart magie) en die 6de en 7de boeke van Moses (bevat magiese woorde, vloeke en metodes hoe om met satan kontak te maak – hierdie boeke het niks te doen met die Moses van die Bybel nie). Ek verloën en bely dat ek enige en alle Grimoires gelees het (veral die Sleutel van Salomo). 151 Ek bely dat ek ooit enige sataniese literatuur gekoop, gelees, gehou of daaruit gekwoteer het. Net soos ek hierdie literatuur verbrand en vernietig het in die fisiese realm, vra ek U nou, Vader, om dit ook alles in die geestesrealm te vernietig. Ek verloën al die skrywes van Anton LaVey, insluitende The satanist bible, The satanic rituals, The satanic witch, The devil’s notebook, Satan speaks, Satan takes a Holiday, The satanic mass en alle ander nie genoem nie. Ek verloën die skrywes van Marilyn Manson, veral “The Long Hard Road out of Hell.” Ek verloën die skrywes van Blanche Barton, veral “The Secret life of a satanist en The church of satan”. Ek verloën die skrywes van Charles Darwin, veral die “Expressions of emotion in man and animals, en The descent of man and selection in relations to sex”. Ek verloën die skrywes van Friedrich Wilhelm Nietzsche, soos “Beyond good and evil, On the geneology of morals, The portable Nietzsche, The will to power en Basic writings of Nietzsche”. Ek verloën die skrywes van Ayn Rand, veral “Atlas shrugged, Capitalism: the unknown ideal, For the new intellectual, Anthem, Philosophy: who needs it, The virtue of selfishness en The Fountainhead”. Ek verloën die skrywes van Aleister Crowley soos “777 en Other Kabbalistic writings” deur Aleister Crowley, “The book of law, Book of lies, Magick without Tears en The confessions of Aleister Crowley”. Ek verloën alle sataniese tydskrifte soos, “Not like most” (‘n publikasie van Satanisme in aksie), “The Cloven Hoof” (Die amptelike bulletin en regterstoel van Die kerk van satan) en “The Black Flame” (die internasionale forum van die kerk van satan). Ek verloën die Elfde sleutel. 152 Ek verloën die ‘saligsprekinge’ vanuit die sataniese bybel deur LaVey as ‘n verdraaiing van U Woord, Vader, en ek vra U om my te vergewe vir hierdie afskuwelike daad. Ek verklaar hierdie ‘saligsprekinge’ as leuens en sonde in U oë en bely inniglik voor U dat ek hulle as individu uitgespreek het, of in eenheid met ander. Ek verloën die skrywes oor sataniese rituele en getalle deur LaVey, veral die werkinge van die getal 9. Veral verloën ek die “Book of the Law (Liber Alvel Legis)” en die volgende spesifieke verwysings daarin: Die getalle 8, 11, 56, 880 en 418. Die woord Abrakadabra, die woord Heru-ra-ha, die woord “omdat” en die geheime viervoudige woord. Die volgende reeks van getalle en letters: “4 6 3 8 A B K 2 4 A L G M O R 3 Y X 24 89 R P S T O V A L”, The Three Grades (die Kluisenaar, die Minnaar en die man van die Aarde), die werk van die towerstokkie en die werk van die swaard; mantras en betoweringe. Infinite Space, Infinite Stars, die Queen of Space en die Queen of Heaven en Tzaddi (Dog Star Sirius). Die ooste by die ewening van die gode en die vier poorte na een paleis, die vyfpuntige ster met ‘n sirkel in die middel, rooi sirkels en die kleur swart. Die skarlaken vrou en die geheime slang, die Obeah en die Wanga; die valk se kop en Thelema Ahathoor, Aiwass, Asar, Ankh-af-nakhonsu, Bahlasti, Bes-na-Maut, Hadit, Heru-pa-kraath, Hoor, Hoor-pakraat, Isa, Khephra, Nuit, Ompehda, Ra, Ra-Hoor-Khut, Tahuti, TaNech, Thebes en Tum. 5. Werktuie Ek verloën elke sataniese altaar en elke voorwerp of werktuig daarmee geassosieer. Ek verloën elke towerstokkie (An-Shet, Septer of Vuurstok), elke klok, kookpot, senser (wierookvat), cingulam en kristalbal. Ek verloën elke swaard en rituele dolk (Athame of Bolline), sowel as die demoniese inskripsies op die hef, en die gebruik van hierdie swaarde of messe gedurende rituele in die towersirkel. 153 Ek verloën die Towersirkel en sy elemente en simboliek. Ek verloën die buite- en binne-sirkel en elke towerwoord daarbinne; ook die gebruik van God se Name in hierdie goddelose sirkels. Ek verloën die gebruik van alle en elke okkultiese of sataniese teken of simbool wat op die altaar geplaas is, op werktuie of op klere-items. Ek verloën die teken van die bok, die V-teken, die vredesteken, die 666 of FFF, die swastika, anargie-teken, wonderwerkende driehoek, Udjat, skarabee, onderstebo kruis, Leprechaun staf, swart mas aanduider, kerk van satan, kruis van verwarring, weerligstraal, satanistiese aanduider, die ankh, Mulucca teken, heksagram, yin-yang teken, pentagram, die towersirkel en die AC/DC teken. Ek verloën alle en elke simbool verbind met okkultiese praktyke en geloof, veral die heksagram, seël van Salomo, towerfiguur, pentagram en driehoek. Ek verwerp alle mag in seremoniële klere en gee alle klere terug aan satan, alle juwele, mantels, hoede, trone, septers, krone en koorde. In die Naam van Jesus Christus, stroop ek myself nou van alle koorde aan my arms, nek en bene, alle swart, rooi, bruin en pers koorde en ek vra dat U dit skadeloos sal stel en hulle sal verteer in U vernietigende vuur. Ek verloën die ABRA-CA-DABRA en ABLAN-ATHA-NAN-ALBA towerspreuke en gelukbringers. Ek verloën elke vorm van gelukbringer of amulet om my arms en nek. Ek verwerp en verloën elke vorm van tatoëering wat ooit op my gemaak is. Ek verloën alle inbrandings op my enkels en onder my voete, op my hande, handpalms en vingers, op my boude en rug, op my bors en borste en op my maag en private dele. 154 Ek verloën alle en elke insnyding op my linkergewrig of beide gewrigte, op my maag, die kant van my nek, my bors of my private dele. Ek verloën alle skaafmerke van toue om my enkels en gewrigte, sowel as alle geselmerke op my rug en boude. Ek verwerp en verloën die mag van alle en elke inplanting, speld, kristal of ander voorwerp onder my vel en vra U, Vader, om dit te vernietig met U Heilige Vuur. 6. Ritueel Ek verloën my deelname aan enige sataniese ritueel en alles daarin vervat. Ek verloën alle en elke sataniese ritueel, swart mis, of linkerhandpad seremonie. Ek bely dat ek deelgeneem het aan ‘n sataniese ritueel, hetsy uit eie keuse of onder dwang. Ek verloën alle en elke vorm van towery, insluitende wit of ware magie, swart magie, of swart kunste. Ek verloën seremoniële, rituele of hoë magie, insluitende Abramelin magie, Kabbala en Numerologie. Ek verloën praktiese, volks, natuurlike of lae magie, insluitende beeld magie, simpatieke magie en kers magie. Ek verloën alle rooi, swart, wit en neutrale magie. Ek verloën teen-magie, teen-gelukbringers en teen-towermagte. Vader, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, bring ek voor U al my betrokkenheid in beeld magie, en ek vra vergifnis vir elke klei, was, strooi of loodpop en ander voorwerp wat ek gebruik het om spelde en ander skerp voorwerpe in te steek ten einde vloeke, bevrugtings, uitskeidings, siektes, ongelukke of selfs dood op mense te plaas. Ek verloën alle vorme van liefdes magie, insluitende seks-magie en tantriese magie. Ek kanselleer alles wat gedoen is op enige persoon en laat hulle nou vry in Jesus Naam. Ek draai elke vloek nou om in ‘n seëning! 155 Ek bely dat ek magie gebruik het om liefdes-verhoudings te beïnvloed, asook die weer, finansiële sake of enige ander voorwerp, persoon of deel van die natuur. Ek bely dat ek magie gebruik het om siektes, moeilikheid of vrees in mense te veroorsaak. Ek bely dat ek magie gebruik het om haat, wraak en geweld te veroorsaak, met die doel om bloed te trek as ‘n offer aan Lucifer. Ek bely dat ek magie gebruik het om demone op te roep ten einde hul kragte te gebruik om skade te veroorsaak. Ek verloën alle magie wat gebruik is in die voorbereiding van brousels, mengsels, dranke, konkoksies en kruie medisynes wat gebruik is tot my voordeel of om mense te manipuleer. Ek verloën alle werkende magie, insluitende alle vervloekinge, betowerings, vloeke, heksery, hexes, towerspreuke, verwensinge. Ek bely dat ek ooit enige demoon, gees, engel, godheid, wese of niefisiese entiteit, ontbied, opgeroep of met hulle gekommunikeer het. Ek bely elke en alle rituele wat satan, of enige gees of godheid ontbied het, in Jesus Naam. (Sien lys van name van satan). Ek verloën elke metode gebruik om te ontbied, op te roep of te kommunikeer met hierdie sataniese entiteite, soos Woorde van krag, beswering, uitlokking, aanroeping, en elke en alle ander aksie, ritueel of seremoniële gebruik. Ek verloën my deelname aan alle en elke okkultiese wetenskap, kuns of praktyk, insluitende die bestudering van okkultiese magte, bonatuurlike invloede, psigiese verskynsels, alle metodes van waarsêery, meditasie en toordery, alle metodes van magie, mistisisme en spiritualisme. In die Naam van Jesus Christus, weerstaan en verloën ek nou alle meditasie van oorsprong uit enige land, hipnose, self-hipnose, visualisasie, oproeping van demone d.m.v. dreunsang of dreunpraat, beheer van die natuur in die naam van Lucifer ten einde beroepe te doen op demoniese magte om deur hierdie natuur-elemente te werk (bv. Lug, vuur, water, wind, aarde en die natuur se neutrale kragte). 156 Ek verloën alle okkultiese lane en kanale met betrekking op verdeeldheid, dissosiasie of visualisasie wat gevorm is, my versterk of beheer het, soos geestesverskynings, visioene en visualisasies, sowel as astrale liggame, astrale tweelinge, dubbelplasings, Doppelgangers en Fetchs. Ek sny myself los van alle kosmiese strale, alle vorme van piramides en elke goddelose oog (son-oog, bose oog van Lucifer, oog van Ra, oog van Ahurah Mazda, Derde oog). Ek verloën my geloof in die vier (4) antieke elementale geeste (lug, vuur, water en aarde), en hul kragte, sowel as my geloof in die Quintessence of vyfde en hoogste antieke element (Akasha, die heksegees en die gelyksydige driehoek). Ek verloën my geloof in die vier (4) bewakers van die wagtoring (Sylphs, Gnomes, Undines en Salamanders), en hul verhouding tot die vier (4) rigtinggewende punte (N S O en W) by die buiterand van ‘n towersirkel. Ek verloën die magiese sirkel en die vyfpuntige ster in die sirkel en elke demoon wat verteenwoordig word deur die vyf punte. Vader, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verwerp en verloën ek nou die 4 prinsgeeste van die hel, wat geroep word uit die vier (4) windrigtings gedurende sataniese hoë dae, sowel as die swaard wat in die verskillende windrigtings gehou word, nl.: Satan in die Suide Lucifer in die Ooste Belial in die Noorde Leviatan in die Weste. Ek petisie U, Vader, om alle en elke wêreld, koninkryk of gebied in my lewe wat op hierdie vier (4) punte gebou is of verband hou met hulle, te verpletter. Ek petisie U, Vader, om eenheid en genesing te bring in enige verdeeldheid in my siel wat gebou of gebaseer is op hierdie vier (4) punte. 157 Ek bely en verwerp alle aktiwiteite en dade van ‘n mishandelende of traumatiese aard, soos al die metodes van isolasie, geweld en verontreiniging van die liggaam, voorwerpe ingedruk in die vagina of rektum om pyn te veroorsaak, dwelmmisbruik, alle gedwonge seksuele dade, uithongering of weerhouding van water van sellede of myself, alle gedwonge deelname aan moord-rituele of in die uitvoering van moord-opdragte, slaan met swepe, die slaan van spykers of skerp voorwerpe deur die hande of enige ander liggaamsdeel, manlike en vroulike prostitusie, grafskending, deelname aan ontvoerings en alle en elke metode van infiltrasie van Christen kerke. Ek verloën alle en elke sataniese ritueel of seremoniële daad, soos die smeer van my gesig met die bloed van ‘n bok, gekook met asyn, en gemeng met gebreekte glas ten einde visioene en visuele te kan ontvang van satan, asook alle wierook offers aan satan. Ek verwerp alle rituele gemik op vernedering en skaamte en die gebruikmaking van semen, urine en stoelgang wat oor my liggaam gesmeer is en al die geleenthede wat ekself in hierdie rituele betrokke was. Ek verloën die gebruik van mens- en diere-dele in rituele, bv. Naels, bloed, urine, stoelgang, hare, melk, embrio’s en fetuses, lyke, insekte, klere, kruie, ens. Ek verwerp en verloën alle inlywings-seremonies, soos die bloedverbond/kontrak wat ek aangegaan het met satan deur my naam en van in die heksevergaderings-boek te skryf in my eie bloed. Ek verloën die verkoop van my siel aan satan in ruil vir bonatuurlike krag en sterkte. Ek verloën die kou van ‘n stukkie brood, en die uitspuug daarvan as ‘n teken van die verwerping van die Liggaam van Christus. Ek verloën die drink van bloed uit ‘n silwer beker as ‘n teken van die verwerping van die Bloed van Christus. Ek verloën die eed wat ek afgelê het om die Drie-enige God van die Bybel te verwerp en om die ongoddelike, valse drie-eenheid, nl. Asmodius, Beelzebub en Astoreth of Lucifer (anti-Chris), die valse profeet en die dier aan te neem. 158 Vader, vergewe my asseblief vir my betrokkenheid in alle seksuele rituele, seksuele molestasie, verkragtings, seks met dieselfde, sowel as die teenoorgestelde geslag, seks met diere, seks met demone en perverse huweliks-seremonies. Ek bind, weerstaan en werp uit elke demoon wat in my gekom het deur elke seksuele daad, ek sny myself los van die diere-ryk, sowel as van die spesifieke dier wat betrokke was in enige seksuele daad. Ook vra ek vergifnis vir my deelname in bloed-offers deur die slag van lewendige diere en mense, alle rituele moorde, sowel as vir die geleenthede wat ek my eie bloed en dele van my fisiese liggaam aan satan gegee het as ‘n offer. Verwyder asseblief van my af, alle fisiese en geestelike littekens en was my met die kosbare Bloed van U Seun, Jesus Christus. Vader, genees asseblief alle beskadigde dele van my liggaam wat veroorsaak is deur inbrandings, insnydings of dissiplinêre aksies uitgevoer deur priesters – verwyder dit asseblief Vader, in Jesus Naam. Vader, vergewe my asseblief dat ek opgetree het as ‘n ‘broeikas’ en aanteler, deur babas te produseer wat geoffer is aan satan. Vader, asseblief, maak die gehuil van daardie klein stemmetjies stil, en genees my emosies. Verwyder tog asseblief hierdie hart van klip, wat verhard en afgestomp geword het, en vervang dit met U liefdevolle, sagte hart. Vergewe asseblief elke aborsie wat ek ooit ondergaan het. 7. Sataniese Feeste en Hoë dae en Vakansiedae Ek verloën alle sataniese feesdae en Hoë dae en Vakansiedae en bely my elke en alle deelname daaraan op enige manier, funksie of rol. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verwerp en verloën ek nou alle sataniese hoë dae wat ter ere van satan gehou word, sowel as elke ritueel wat plaasvind op daardie dae. 159 Ek verloën alle diere- en mense offerandes waarin ek betrokke was gedurende hierdie Hoë dae, sowel as alle seksuele wandade, seksuele orgies, seks met diere en demone, seks met kinders, seks met lyke, seks met sellede en alle perverse huweliks-seremonies (die bruid van satan-ritueel), alle bloed-drink orgies, alle bespotting en afbreking van Jesus Christus se kruisiging, dood, opstanding en vleeswording, asook alle brand van wierook ter ere van satan. Ek vra vergifnis vir my betrokkenheid in hierdie dinge en ek draai vandag my rug op al hierdie dinge, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Verwyder tog van my alle bloedskuld en was my skoon met die kosbare Bloed van Jesus Christus van Nasaret. Ook bid ek dat U elke druppel bloed sal stilmaak wat roep om wraak teen my, in Jesus Naam. In die Naam van Jesus Christus, verwerp en verloën ek nou die volgende seremoniële datums, en veral my geboortedatum (noem die datum ten volle) as ‘n geestelike vakansiedag. Ek verloën die agt Sabbat-dae (4 meerdere en 4 mindere), en die Wiel van die jaar (siklus van die seisoensjaar). Ek verloën my deelname aan die Fees van dwase / Shivaratri Epiphany / twaalfde nag, asook: St Winebald dag Fees van Dwase (Ou twaalfde nag) Sataniese brassery Ou Epiphany / Droom fees Da Murr ritueel Shrovetide As Woensdag Geheime van Persephone Imbolc Kerse mis St Valentine’s Dag Lupercalia Feralia/Terminalia St Eichatadt Fees van Ishtar (Astarte, Aphrodite Ides van Maart/rites van Cybele & Venus) Attis Sheila-na-gig Jacques de Molay-dag Lente ewening/Pelusia Aanroeping van Isis Shab-I-barat Fees van die Dier Paasfees/Fees van Priapus/Fees van Isis Pase 160 Alle dwase dag St Marks aand Walpurgisnacht/Beltane Beltane (May day) Lumeria St John’s Eve fees Lammas Fees van Nephthys Herfs-ewenings feesdag Durga Puja (Kali) Dashara All souls dag Winter sonstilstand Dag van die Meesters Corpus de Baahl Hemelvaartdag St Michaels dag Corpus Christi fees Somer sonstilstand Mania Fees van die Dier Geheimenisse van Eleusis Opening van Mundus Cereris All Hallows aand Hilaria/Mania Die maandelikse volmaan seremonie en alle familie verjaardae, huwelike, doopseremonies, ens. Vader, ek kom nou na U in die kosbare Naam van Jesus Christus van Nasaret, op grond van Sy oorwinning oor satan aan die kruis van Golgota en die prys wat Hy vir my betaal het. Vader, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verwerp en verloën ek nou alle bogenoemde dinge, en ek draai nou my rug daarop en stap daarvan af weg. Ek verwerp en verloën satan as my heer en meester, en vandag onderwerp ek myself aan U as my Heer en Meester. Ek verwerp satan as heer en meester oor my gees, siel en liggaam, en ek vernietig nou elke kontrak wat moontlik kan bestaan tussen hom en my. Ek draai my rug op al die kerke van satan en stap daarvan af weg, sowel as van al sy altare. Vandag verklaar ek ‘n egskeiding tussen myself en satan en sy hele demoniese koninkryk, sowel as tussen elke goddelose menslike werker van satan en myself. Vader, sal U asseblief alle bloed-ede kanselleer met die kosbare Bloed van Jesus Christus. 161 Vader, breek en verwyder asseblief die seël van ooreenkoms tussen satan en myself met die Bloed van Jesus Christus, aangesien ek nou in ‘n ewigdurende, waaragtige Bloedverbond met U staan. Ek oorhandig nou terug aan satan alle ringe, geskenke, range, vermoëns, krag en mag en ek neem nou my wettige posisie op in Jesus Christus van Nasaret, waar Hy sit aan die Regterhand van God die Vader, in Hemelse plekke. Ek sny nou alle bande met Lucifer en sy hele demoniese ryk, met satanisme, okkultisme, en ek beveel nou elke demoon om my onmiddellik te verlaat, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek verklaar en bely dat ek absoluut en geheel en al behoort aan God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en Sy Heilige Gees. Dankie Vader, dat Jesus Christus, U Seun, my Verlosser en Redder is en dat Sy Bloed my reinig van al my sonde. Datum: __________ Geteken: __________ Geteken: __________ 162 14. WORTEL VAN SLAWERNY • Vrees vir honger: dringendheid om kos aan familie te voorsien, ooretery, onvermoë om effektief te dieët. • Alkoholisme in die familie bloedlyn. • Onvermoë in die familie om geld wys aan te wend. • 'n Neiging tot dobbel. • 'n Vurige begeerte om grond te besit. • 'n Gevoel van minderwaardigheid. • Gebrek aan geloof, selfwaarde, verhoudinge, familie-lewe, ens. • Seksuele ongeregtigheid in die bloedlyn. • Volwasse masturbasie (selfbevrediging). VERLOëNINGSGEBED VIR DIE WORTELS VAN SLAWERNY (Die kerk se verantwoordelikheid) Vader God, in die Naam van die Here Jesus Christus van Nasaret, kom ons voor U troon vandag om vergifnis te soek as die Kerk, deurdat ons toegelaat het dat die wortels van slawerny ons geregeer en gedomineer het, asook die mense van die stad Kaapstad (of enige toepaslike dorp of stad se naam). Op grond van U Woord, kom ons nou voor U om te bely as U Kerk, dat ons verblind was deur selfregverdiging, dat ons arrogansie en trots toegelaat het in ons lewens, wat veroorsaak het dat ons middelmatige lewens gelei het. Vergewe ons vir ons onkunde en onverskilligheid wat ons weerhou het daarvan om verby die simptome te kyk, na die wortels van slawerny. Ons vra nou U vergifnis dat ons mense ontwortel het uit ander lande, en hulle as slawe gebring het na die stad Kaapstad. (Of ander). Ons vra U om vergifnis vir die geweld en bloedvergieting wat aangewend is as 'n vorm van straf vir diegene wat weerstand teen slawerny gebied het. Vergewe ons vir moord en dat ons 'n gees van moord toegelaat het om 'n monument in ons stad te word. Ons vra U vergifnis vir die verdeling van families soos hulle aangekom het in die Kaap, wat egskeiding en verdeeldheid in families tot gevolg gehad het, en families gedryf het tot disfunksie. 163 Vergewe ons Here, omdat ons sedertdien in onenigheid gewandel het, beide in ons huise en in die kerk. Vergewe ons as slawe-eienaars deurdat ons die slawe-vroue gebruik het as seks-objekte en daardeur boosheid en perverse geeste van wellus binnegenooi het om tot op hierdie dag te regeer in die vorm van verkragting, bloedskande, aborsie, ontug, buite-egtelikheid, owerspel en prostitusie. Vergewe ons as slawe omdat ons nie na U, die Almagtige God gedraai het vir ons bevryding nie, maar in stede teruggeval het op verslawende gewoontes en optredes. Omdat ons tot op hierdie dag buig voor minderwaardigheid, onvergewensgesindheid, griewe en haat. Vergewe ons omdat ons gewandel het in 'n gesindheid van kruiperigheid i.p.v. nederigheid. Vergewe ons, as U kerk, dat ons nie die slawe ondersteun het nie, maar 'n dowe oor gedraai het op hul verknorsings. Vergewe ons vir die feit dat ons slawerny voortgesit het, maar hulle nie aanvaar het in die kerk nie, en daardeur Islam toegelaat het om hulle in te neem. Vandag oes ons wat ons gesaai het. Bevry ons en verlos ons van ons sonde, Almagtige God. Bevry ons van die wettige reg en die greep van Islam. Ons vra U om ons te vergewe omdat ons die noodgeroep van die slawe geignoreer het, en toegelaat het dat die klanke van slaweklokke nog steeds klink deur die eeue. Ons vra dat U die klanke van slawerny sal stopsit en ons bevry. Ons, as U kerk, is skaam oor ons dade van versuim en opdragte gedurende 'n tyd toe die platform van slawerny gebruik is vir wette van diskriminasie in ons land. Vergewe ons vir ons stilswye. Vergewe ons vir ons optrede in die vlees, terwyl ons die gees van slawerny moes weerstaan het. Vergewe ons omdat ons onsself vereenselwig het met hierdie gees en onsself daardeur verder onder slawerny gebring het. As beide slawe en slawe-eienaars, want ons is albei skuldig omdat elkeen sy eie weg gegaan het, vra ons om vergifnis, Here. Vergewe ons vir die bloedvergieting van baie van ons jeug wat hul lewens verloor het in die stryd om vryheid - omdat ons nie in plek was met U nie, en nie besef het dat hierdie 'n geestelike stryd was en steeds is nie. 164 Vergewe ons omdat ons ons kinders toegelaat het om die leiding te neem in die stryd teen slawerny, terwyl ons, as die Kerk, die leiding moes neem. Ons dank U vir U vergifnis deur die prys wat Jesus betaal het op Golgota. AMEN VERLOëNING VAN DIE WORTELS VAN SLAWERNY (Persoonlik) Vader God, ek dank U dat ek voor U troon van genade en barmhartigheid kan kom, a.g.v. die voltooide werk van Jesus, U Seun op Golgota en dat Hy my verlos het met Sy Bloed, nie met silwer of goud nie. Ek bring nou my voorgeslagtelike erfenis voor U, en ek vra U, Here, om my los te sny van elke sonde, vloek en ongeregtigheid wat ek geërf het. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir daardie sondes en ongeregtighede en ek wil dit voor U troon van genade bely ten einde vergifnis te ontvang in die Naam van Jesus. Ek weet dat daar geen vergifnis is sonder belydenis is nie, en daarom wil ek die volgende sondes in detail bely in die Naam van Jesus: -------------------------------------------------------------------------------Ek bely al die sondige reaksies teenoor hulle wat ons verkoop het, hulle wat ons gekoop het, hulle wat ons mishandel en misbruik het. Ek bely alle woede, haat, bitterheid, verwerping, self-verwerping, vergelding, moord, geweld, vloeke uitgespreek en ede gesweer om wraak te neem, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek kies om hierdie sondige emosies en reaksies te laat gaan in Jesus se Naam. Ek kies om diegene te vergewe wat daarby betrokke was om van my 'n slaaf te maak, in Jesus Naam. Soos wat ek my genade ontvang van U, Here, kan ek genade gee aan diegene wat kettings geplaas het aan my hande en voete en my verneder het - in die Naam van Jesus en deur die krag van die Heilige Gees, vergewe ek hulle nou! 165 Ek nael elke ding, in detail, wat my en my voorvaders aangedoen is, vas aan die Kruis van Jesus Christus en bedek dit met die Bloed van Jesus. Ek kies om weg te stap van die verlede in die Almagtige Naam van Jesus. Ek verloën alle demoniese oorerwing in die Naam van Jesus en sny myself los van die gebiedsgeeste wat dink dat hulle nog 'n houvas op my het, deur te opereer vanaf die oorspronklike lande waar my voorvaders vandaan gekom het. In Jesus Naam verloën ek alle familiêre geeste en ek beveel julle om my nou te laat gaan! Here, ek vra U om alle demoniese wortels wat ek kon geërf het, te vervloek soos wat U die vyeboom vervloek het, in Jesus se Naam. Ek verloën alle okkultiese roepinge, range, gawes, talente en vermoëns in die Almagtige Naam van Jesus. Here, ek bring ook voor U die vrugte in my lewe wat gegroei het uit die wortel van slawerny, en ek vra U om my te bevry en om die mag van hierdie patrone en siklusse oor my en my familie te breek: • Die vrees vir honger. • Alle verkeerde eetpatrone. • Obsessies met kos. • Alkoholisme en dwelms. • Alle vorme van verslawing. • Onvermoë om geld te hanteer. • Diefstal, dobbelary en vermorsing. • Obsessie om grond te besit. Here, ek besef nou dat ons slegs rentmeesters is en ek kies om 'n getroue rentmeester te wees oor alles waarmee U kies om my te seën, in Jesus Naam. • Alle vorme van armoede. o In geloof o Selfwaarde o Verhoudinge o Familie lewe • Seksuele "vryheid". o Masturbasie (alle vorme van self-bevrediging) 166 o Buite-egtelikheid o Verkragting Here, vergewe asseblief my en my familie deurdat ons toegelaat en ons verlustig het in hierdie sondes, in Jesus Naam. Ek nael elkeen van hierdie dinge aan die Kruis van Jesus en bedek dit met die Bloed van Jesus. Here, ek ontvang nou my vergifnis in Jesus Naam. Ek draai nou na jou, Satan, en al jou demone wat tot nou toe my en my familie geteister het vir geslagte lank. Ek bind en weerstaan al julle geeste in die Almagtige Naam van Jesus en ek beveel julle om nou te gaan, in Jesus Naam! Ek weerstaan jou, Satan, en die Woord van God sê jy moet vlug. (Jak. 4:7) Ek dank U Vader, dat ek U kind is en dat U my aangeneem het as U eie. Ek het nie 'n gees van slawerny wat my kan terugplaas in die binding van vrees, maar ek het ontvang die gees van aanneming, die gees wat kindskap voortbring, waarin ek roep, Abba Vader! (Rom.8:15) Ek verwerp en verloën al die kettings en jukke van slawerny en verklaar dat ek vrygemaak is deur die krag van die Heilige Gees en deur die Bloed van die Lam! Dankie Here, dat U die merke van slawerny verwyder vanaf my liggaam, siel en gees en dat U nou my naam verwyder vanaf Satan se boeke van slawerny. Dankie dat U nou die slaweklokke stilmaak wat al vir geslagte roep in die gees. 167 Dankie Here, dat my waarde nie bepaal word deur wat ek doen en wat mense van my dink nie. My waarde word bepaal deur wie ek is 'n Bloedgewaste kind van God - gekoop deur die Bloed van die Lam - DIT IS MY WAARDE!!!! Ek het U lief Here, en dank U dat U my vrygemaak het. Ek is 'n kind van die Almagtige God. Dankie, Vader. In Jesus Naam AMEN 168
Similar documents
Vroue Verdien Beskerm en Respek
! As u besorg is, kontak 'n Christelike berader (bv. Living Waters Ministries Tel: 073 816 4694 of Christians for Truth Tel: 082 807 2831) en beskerm sodoende u gesin.
More information