panorama - Trans-50
Transcription
panorama - Trans-50
E L I X I R AUGUST 2015 AUGUSTUS PETS OR NO PETS? One of the toughest decisions that we have to take, is when to sell our family home or town house and move to a retirement village. When we have made up our minds to take the step, we are confronted with the fact that we have to get rid of a lot of our possessions. What do you keep, what goes to the kids and what do we chuck away or give to some charity? As we decide what to keep and what to let go, we experience sadness because all these possessions have a story attached to them. To animal lovers, one of the most difficult decisions is what to do with the family pet. Our pets become part of the family and for many of us they become our children when our own children leave home. What now? It is interesting to note that research has proven that the presence of a pet is beneficial to certain older people. Those older persons who used to own pets at an earlier stage of their lives benefit in certain instances from the presence of an animal. JAKARANDA 3 WITFIELD 6 The need for social contact and support is often not met for older individuals, who may have lost a spouse or friends due to death. Just walking a dog generates contact with other people as they may make a comment about the dog. For some older individuals, a companion animal provides essential social contact. In one study of elderly dog owners who lived alone, 75% of males and 67% of females said their dog was their only friend. The positive effect of pets on pet lovers who are lonely, cannot be over emphasized. 12 One of the major contributors made by animals is providing motivation for the constructive use of time. An animal can motivate a person to keep going, get up in the morning and follow a routine. I N D EX ACACIA FICHARDT 14 PANORAMA 17 Although many studies have demonstrated benefits from pets, not everyone chooses or is able, to own one. Some residents find dogs highly irritating. They may bark, run around unattended or leave their ‘parcels’ all over. It is therefore of utmost importance that rules have to be drawn up by management committees of retirement villages. These rules should include: ….continued on next page 2 PETS OR NO PETS? Only small breed dogs to be allowed The owner has to be able to take care of the dog The dog has to be on a leash when the dog goes outside the unit The owner has to carry a plastic bag to collect the ‘parcels’ If a dog’s barking becomes irritating, the vocal cords have to be removed The unit must be a ground floor unit having easy access to outside. These rules have to be enforced, otherwise they are meaningless. By providing these clear rules to prospective residents, the transition is made so much easier if a dog can accompany the new resident. I suppose that we can have lengthy debates about the subject. Please let me know what your views are. You can contact me by e-mail at ceo@trans50.org.za or Trans-50, PO Box 13783, Witfield, 1467 JOHN WILKINSON 3 JAKARANDA Een van ons inwoners het onlangs saam met ‘n groep aan ‘n Nasionale danskompetisie deelgeneem. Spesifiek die lyndans items wat hulle gelewer het, was iets om te aanskou. Met regte tradisionele “cowboy –drag” wat deur Tannie Jackie self gemaak is, het hulle die verhoog aan die brand gedans en deurgedring na die Suid Afrikaanse kampioenskappe waar hulle kan kwalifiseer om oorsee te gaan. Tannie Jackie was egter nie suinig met haar talente nie en met toestemming van die eienaar van die dansskool het sy en haar dansmaat dan ook een Vrydag ‘n oefening voor ons inwoners gedoen. Almal het dit baie geniet en daar het ‘n feestelike atmosfeer geheers, veral omdat Jan en ‘n aantal inwoners heerlike sop en broodjies aan die ander inwoners bedien het. Dit is mos die perfekte resep om die winterkoue te verdryf. Warm danse en warm sop! Soos elke vorige jaar het Marna ook hierdie jaar nie nagelaat om op hierdie besondere dag al die inwonende moederkies behoorlik te bederf nie. Ons kon ook heerlik saam kuier oor ʼn lekker koppie tee en keurige snoeperye. In haar verwelkoming het Marna al die nuwe gesiggies bekend gestel en ingelyf by die kosbare saamkuiers wat die ideale geleentheid bied om ʼn gees van samehorigheid en omgee, die een vir die ander, te skep. By ʼn geleentheid soos hierdie word besef hoe geseën ons as vroue is om ook moeders te wees. Met die Genade van ons Hemelse Vader het ons nou die stadium bereik waar ons net kan terugsit en oorspoel word met die liefde en geborgenheid van ons kinders, wat soos dividende op goed beplande beleggings, na vele jare na ons terugkeer. Dan praat ons nie eers van die volgende dimensie van ons moederskap nie: Om ouma te kan word! Wat ʼn vreugde! Die kleintjies kan met liefde tot in die afgrond bederf word sonder om skuldig te voel. Pappa en Mamma kan maar instaan vir die moontlike skade aan die opvoeding. So bring die ouderdom, in ruil vir ʼn paar pyne en beperkinge, net meer dankbaarheid vir die vele seëninge en vreugdes van moederskap wat ons so onverdiend uit die Hand van ons Hemelse Vader ontvang. Susan Conradie 4 JAKARANDA Dit was weer eens ʼn groot dag vir Jakaranda Park inwoners. Almal het in die saal bymekaar gekom en daar is gelag en gesels soos nooit voorheen nie. Heelwat nuwe inwoners het dit bygewoon en dit terdeë geniet. Verskeie speletjies is gespeel en heelwat pryse is gewen. Tannie Sharon, een van ons nuwe inwoners het gewys dat “die boude nog gewikkel kan word” en het sodoende ook ʼn prys losgeslaan. Die inwoners het ook gewys dat daar glad niks skort met asems nie en kompetisie is gehou wie die vuvuzela die beste kon blaas. Tannie Sharon, Lenie, Agnes en Susan van der Merwe het met pryse weggestap maar vir almal was die pryse ʼn bysaak. Dit was eintlik die pret wat die dag gemaak het! Ek weet nie hoeveel inwoners het met seer maagspiere gaan slaap nie, want die personeel het verseker van hulle laat hoor in die verband! Weer eens ‘n wonderlike suksesvolle dag! Daar was onlangs in fondsinsamelingsbal gehou ten bate van Lat Wiel. Dit is ʼn tehuis vir kwadrupleë waarby Jakaranda Park se inwoners en personeel al geruime tyd betrokke is. So gebeur dit toe dat Jan en sy vrou, wat reeds kaartjies gekoop het, nie kon gaan nie en Marna dink dit toe goed om die kaartjies vir my te gee. Ons wou natuurlik hiermee Jakaranda Park so goed as moontlik by die geleentheid verteenwoordig. Ek vra toe vir Harriet om my te vergesel. Baie deftig aangetrek, want die drag was formeel, kom Harriet en ek toe by die NG Kerksaal aan waar die geleentheid gehou is en Marna nooi ons toe om aan haar tafel te sit. Al die dames het pragtig gelyk en natuurlik was die mans ook deftig geklee. Die ete in die vorm van ʼn buffet was keurig en geurig. Ons het lekker gedans, selfs Harriet wat altyd ʼn ster is as dit by vermaak kom, het nie op haar laat wag nie. Mense kon nie glo dat sy ons oudste inwoner is nie (gaan nou nie haar ouderdom weggee nie). Wat egter uitgestaan het, was die vreugde van die mense in die rolstoele. Hulle het vrolik gesels en gekuier en ʼn paar het selfs ʼn draai op die dansvloer gemaak, rolstoel en al! Mens voel klein as jy sien hoe hierdie mense, wat baie afhanklik is van hulp, dit waardeer as jy net ʼn hand van vriendskap uitsteek. Weer eens het ek besef dat ons baie kan leer by die sogenaamde “gestremde mense”. Die liefde wat hulle so onvoorwaardelik uitstraal, het my laat besluit om meer uit te reik in die toekoms. Jakaranda Park se inwoners en personeel sal verseker hierdie verhouding met Lat Wiel voortsit en ons hoop om in die toekoms nog meer te doen om die lewe vir hulle bietjie makliker en meer aangenaam te maak! Jackie Senekal 5 JAKARANDA Vroegoggend is ons inwoners elk met ʼn turkoois serp (kleur vir bejaardes) en ʼn Jakaranda Park T-hemp met die Oord se bussie en Jan as bestuurder na die Voortrekkermonument. Daar aangekom het Marna ons ontmoet en saam met ons na die registrasietafels gestap waar “Help Seniors” vir ons ʼn geskenkpakkie gegee het wat deur Beeld geborg is. Hierop het ons ons plekke in die saal ingeneem en na kort toesprake is ons trakteer op die pragtige musiek van die Trio (sommer 2 keer in ʼn kort tyd wat ons bevoorreg was om na hulle te luister). Almal het die musiek terdeë geniet en baie van ons kon dit woord vir woord saamsing. ʼn Paar gelukkige persone het selfs pryse gewen en na die vertoning is ons toe na die onthaalarea vir versnaperinge. Ons het ook vrye tyd gehad om rond te stap en die monument en perseel te besigtig waarna ons weer met die bussie terug is Oord toe. Die kersie op die koek was egter toe Jan stop en ons elkeen bederf met ʼn lekker roomys! ʼn Heerlike geleentheid wat aan ons gebied was waarvoor ons baie dankbaar is. Lorraine Glass Op 17 April 2015 het 'n groepie mans (bestaande uit 3 lede) ons kom bedien met die pragtigste sang in Jakaranda Park se saal. Die groep staan bekend as “Trio”. Die talentvolle groep het hul klankstelsel net mooi reg opgestel gehad en die stemme bietjie opgewarm, toe Eskom besluit dis NOU die tyd vir beurtkrag! Op daardie stadium het van die inwoners al begin sitplekke inneem, en kon darem voorsmakie kry van hul talent saam met hul agtergrond musiek. Toe die beurtkrag egter inskop, het die inwoners begin rondskarrel en wou weet hoe gaan Trio ons nou vermaak sonder elektrisiteit? (Onthou, party van ons hoor nie meer so goed nie) Groot was ons verbasing en vreugde egter toe een van die lede sy plek agter die klavier inneem en soos 'n wafferse Richard Clayderman die klavier bespeel. Die volgende oomblik vul die wonderlike stemme van Trio die saal, sonder mikrofone of “backtracks”. Wat ʼn belewenis ! Sulke sterk stemme, wat die saal met ongelooflike liedere vul. Ons almal het begin wonder hoe hemels moet hul musiekbediening nie wees, as dit met slegs klavier as begeleiding alreeds soos engele klink wat sing nie? Ja, ek dink ons moet erken… Ons het gewonder of hul stemme die saal sou vul dat almal kan hoor wat hul sing, maar weer het hul ons verbaas! Al die inwoners het hul musiek so geniet en party het selfs saam gesing. Van die liedere wat hul gesing het, was onder andere: Beautiful Sunday, Droomvrou, Perhaps Love ens. Toe hul afsluit met “Gebed” van Koos du Plessis, sien jy net hoe van die inwoners hier en daar 'n snesie uithaal om 'n traan of twee af te vee. Ons as inwoners wil hul weer bedank vir die pragtige bediening en dat hulle die talent gebruik waarmee God hul geseën het, om ander se lewens te verryk. Ons bid dat hul nog baie mense se harte sal bereik met die pragtige sang. Baie dankie Trio vir die heerlike oggend saam met julle, en, dat dit als gratis aangebied was vir ons inwoners. Ons sien uit na jul volgende optrede, hoop nie dis te ver in die toekoms in nie. Baie dankie vir die bestuur van Jakaranda Park wat vir ons altyd iets reël sodat ons net kan agteroor sit en geniet! NS Hierdie geleentheid en die optrede deur Trio was geborg deur AVBOB wat ook weer seker gemaak het dat inwoners se sake in orde is. Hennie Heyns 6 WITFIELD Die inwoners laat hul nie onderkry deur die winterkoue nie en het hulself warm gedans tydens die winterdans. Musiek was verskaf deur Francois Erasmus. T.s.v. die koue weer en hewige wind, het daar ‘n gesellige en warm atmosfeer geheers en almal het die aand baie geniet. Die Witfield Park Huiskomitee hou maandeliks ʼn fondsinsamelingsprojek. Onlangs het hul pannekoek gebak. Baie dankie aan elke lid wat so ywerig deelneem om te help om allerlei verfraaiing en toiletitems vir die versorging afdeling te finansier. Dit word opreg waardeer. The Witfield Park Line Dance Group was recently invited to perform at the annual Lusitoland Festival at Wemmerpan, Johannesburg. The audience enjoyed the performance thoroughly. Line Dancers, you did us proud! 7 WITFIELD In the early morning hours of a Tuesday morning the residents departed to Rietvlei Nature Reserve. We drove through the Park and visited a hide. What an amazing opportunity it was to see all the wild animals on such a short distance! We also enjoyed a scrumptious breakfast at the restaurant Elaine Vicente takes the lead with Crafty Arts group. This is always fun filled events and in a playful way all are encouraged to be creative and enjoy sensory stimulation through colour, smell, touch and feel and taste. Die brei-groep het onlangs weer soveel voltooide items gehad dat hul vir 4 welsynsorganisasies kon skenkings doen. Dit het bestaan uit kniekombersies, musse, slaapsokkies en serpe. Baie geluk aan al die breiers, wat onder leiding van Pam du Toit en Rose Will staan. 8 WITFIELD Die Witfield Park mans inwoners het ʼn tyd gelede hul eie MANNEKLUB gestig o.l.v. Fanie Gouws en Velde Breytenbach. Hier word daar weekliks heerlik gekuier, koffie gedrink en geskerts en gelag. Die lede vergader een keer per week en veral Nick Rautenbach sorg gereeld vir hul eie gebak en verversings. Dirk Swanepoel tree op as die geestelike leier en voorbidding word gereeld vir verskeie sake en inwoners gedoen. Die Klub-area is onlangs vergroot en gemoderniseer en die inwyding was ʼn heerlike geselligheid. Onlangs het ʼn paar van ons inwoners Multi Flora in Johannesburg besoek. Dit was ‘n heerlike uitstappie vol plesier, blomme en baie prettige grappies. The Kurro Serengeti High School visited us during Easter and handed out Easter eggs to the residents. This was a very sweet treat and enjoyed by all. Thank you for the delivery Shirley Angilley. Marita arranged an outing to elderly friendly Lory Zoo Park in Midrand. The residents enjoyed the interaction with the animals by touching and feeding them and just being outside and in the sun. 9 A MELODY A DAY CAN KEEP THE DOCTOR AWAY One of my earliest childhood memories is of a lullaby my father used to hum to me. I remember that whenever I was feeling down or afraid, this melody made me experience a sense of security. Surprisingly when I became a first time mom, this was the first melody I chose to sing to my daughter and it seemed to have exactly the same effect on her. Music has a special, almost magical power to evoke and stir our emotions. Music and love are referred to as universal languages. It crosses all borders of race, culture and nationality and is a powerful tool for arousing emotions. Just think back to the day in 1995 when the Springboks won the Rugby World Cup. Singing of the (then new) National Anthem somehow unified our country and our people. The following image shows how each part of the brain is involved in processing music. 10 A MELODY A DAY CAN KEEP THE DOCTOR AWAY Although music appears to be similar to features of language, it is rooted in the primitive brain structures that are involved in motivation, reward and emotions. Whether it is the familiar notes of the Beatles’ “Yellow Submarine” or the beat of some heavy metal band, the brain synchronises neural oscillators with the pulse or beat of the music (cerebellum activation) and automatically starts to predict when the next beat will occur. As we like repetition, our brains are constantly predicting what will happen next, based on a pattern like the beat of a song. This is how we end up tapping our feet or dancing. The body’s response to dancing or singing is mainly unconscious as it is processed through the cerebellum and amygdala first, rather than the frontal lobes. Music involves violations of timing and through experience that music is not threatening, the violations are identified by the frontal lobes as a source of pleasure. The expectation then builds anticipation – and when met, results in the reward reaction. It is reported that music (more than any other stimuli) has the ability to conjure up images and feelings that may not be directly reflected in memory. Recently, Professor Daniel Levitin (McGill University) embarked on a large scale review of 400 research papers on the neurochemistry of music. The findings all concluded that playing and listening to music has definite benefits for our mental and physical health. The studies go as far as to report that listening to music was found to be more effective than certain drugs that were prescribed for reducing anxiety prior to surgery. Professor Levitin was able to document the four domains on which music has an effect. These are: management of mood, stress, immunity and an aid to social bonding. It was also reported that music increased Immunoglobulin A (an antibody of the mucous system and killer of invading bacteria) in the human body. It has also been proven that playing or listening to music reduces the levels of cortisol (stress hormone) that is produced in the body. Music truly does matter. The body and mind responds in various ways to music. Although individuals have different taste in music, a 2011 Canadian study published in Nature Neuroscience, has shown how listening to your favourite songs can uplift a bad mood. Pleasurable music triggers the release of dopamine or the so called “feel good” chemical. Many trials have shown the music can have a significant impact on improving patient care as research has proven the music can slow heart rate, lower blood pressure and relieve anxiety or pain. Apart from the positive impact music can have on the physical health of a person, music has been successfully used with persons who have Autism and Alzheimer’s disease. 11 A MELODY A DAY CAN KEEP THE DOCTOR AWAY During 2014 researchers at the University of Wisconsin-Milwaukee launched a music therapy programme at nursing homes. Caregivers have praised the programme, commenting that the music has the ability to calm residents and prevent anxiety and depression. We often experience this at our own centres. Residents in the later stages of Alzheimer’s disease often lose their ability to speak or express themselves. Once they are exposed to music or singing, they spontaneously start taking part. The music may bring them back briefly to a time when their lives were different and less challenging. The challenge for us is to find the specific type of music that these residents respond to. Sylvia Birkhead (Occupational therapist) who presented training on music at our annual lifestyle workshop, suggested that we each start compiling our own stories recorded as music. This will allow you to have music to listen to when you feel down. Make sure that you record your all-time favourite music to lift your mood. These could include favourites such as Dean Martin’s “Memories are made of this” Pat Boone’s “Ain’t that a shame” or Frank Sinatra’s famous “That’s life”. This can also make a wonderful gift for a spouse by recording music that had a significant impact on your lives together or telling a story to your grandchildren, through the power of music. We would also like to encourage the family members of those residents who suffer with Alzheimer’s disease to record the resident’s favourite music from the past, enabling us to use the music to possibly evoke some emotion, reaction or interaction from the resident. Trans-50 is always trying to improve the quality of care services to our residents and it is for this reason that we often conduct research and encourage external researchers to use our facilities for their projects. We currently have a music therapist researching the effect that caregiver singing has on residents with Alzheimer’s disease. We have received amazing feedback and we are hoping to extend the training to all our employees, striving to make a significant impact in the lives of our residents. Where words leave off, music begins”. Heinrich Heine Take care of yourself and each other. Christi Louw 12 ACACIA Nashua het ons gebruik om hulle Blou Bank Advertensie veldtog in Kimberley te loods. Die advertensie is in Galeshewe straat, Kimberley aangebring. Dit sal daar wees vir ongeveer 6 maande. Baie dankie Nashua Net hierdie enkele een advertensie kos hulle R380 000.00. Tanya Sinden ‘n student van Potchefstroom Universiteit het vir die 2de keer op 22 Mei 2015 die “ Night of the Stars” fondsinsameling projek gehou. Al die fondse wat op hierdie aand ingesamel is, is aan Acacia Park geskenk. Baie dankie aan die Sinden gesin wat “soos een man” saam gewerk het om dit moontlik te maak. Die bedrag wat Acacia ontvang het was R14 060-00 13 ACACIA Trans-50 Acacia Park 30ste verjaarsdag braai dag geborg deur DFA koerant Rudi van DFA saam met Johan Booysen en Riaan Derks Ons inwoners teken en plak 14 FICHARDTPARK It was Fichardtpark’s neighbourhood birthday celebration and they invited us to have a stall, so we decided to sell “Vetkoek”, coffee, tea, hot chocolate, cold drinks, and cake, etc. It was a very cold winters Saturday morning but we were very happy about it because we were the only stall selling hot beverages. We were very busy and our 100 “Vetkoeke” were sold out within an hour and fifteen minutes. We also had fun on the playground which brought back good memories of our childhood days. The frail and dementia residents were busy doing different types of crafts according to their functional levels and abilities. They get support and help from the Lifestyle Consultant and care staff during these sessions. These activities are done to keep them stimulated. The residents enjoyed tea and cake with Lorna our manager. They did not only have tea and cake, they were telling stories of their first memory of their childhood. They enjoyed the laughing session with Lorna. A sundowner function was held in recognition of the residents and community who are involved as volunteers at Fichardtpark. They all received gifts and enjoyed the socialisation with each other. 15 FICHARDTPARK We held a street market as part of our efforts to reach out to the broader community. There were various interesting stalls. Feedem Pitseng sold sausage rolls and trifle and the “Bak and Brou” team of Fichardtpark sold pancakes. Our “Dit and Dit” shop also sold clothes. The dreams to tick off an item on their bucket lists were reach by some of our residents. They got the opportunity to go on motorbike rides with Chris. Even some of the frail care residents went on a ride. They were in sev- enth heaven and all wanted photos as proof for their children because they said that their children would not believe them. Hanlie was dressed as a clown and entertained the children and stopped some of the cars to attend the market. One of the residents who had a business involving Bonsai trees gave an informative talk to the residents on Bonsai trees. He brought examples of different types of trees and also explained how to form and treat them. 16 FICHARDTPARK Cindy belongs to one of the residents who stays in a flat on the premises. She is well known to the flat residents as she is used to be spoiled by some of them. Cindy visited the residents in the Frail and Alzheimer Unit. She enjoyed all the attention and the residents enjoyed touching, hugging, kissing and talking to her. She was requested to come and visit again. Tegnologie is nie almal se maat nie. Of ʼn persoon nou ʼn gemiddelde ouderdom of ʼn bejaarde persoon is. Hier praat ons nie van groot mediese apparate of rekenaar programme nie, maar doodeenvoudig van ʼn selfoon wat ons alledaagse kommunikasie middel is. Dit gebeur daagliks dat bejaardes na die Leefstyl Konsultant en na van die ander personeel gaan om hulp te vra met hul selfone. Die Leefstyl Konsultant het dit goed gedink om ʼn selfoon werkswinkel te reël vir die ouer persone. Dit is toe aangebied deur die slim jong generasie wat op hoogte is met die nuutste tegnologie. ʼn Kort lesing is aangebied en daarna is individuele praktiese lesse aan elke inwoner gegee. Hulle het hul boekies en penne uitgehaal en begin skryf soos die lesse aangegaan het en dit dan prakties terug geoefen om seker te maak hulle kan dit doen. Die inwoners was baie opgewonde oor hierdie werkswinkel en het dit baie leersaam gevind. Dit is egter nie baie goeie nuus vir hul kinders nie want daar was ʼn hele paar inwoners wat genoem het dat hul, hul kinders gaan versoek dat hulle nou nuwer fone wil hê! ʼn Boemelaarsfunksie is vir die inwoners van die oord gehou. Trane het gerol van lekker lag. Vele inwoners was onherkenbaar en dit het kopkrap gekos om te probeer uitmaak wie is wie. 17 PANORAMA We have a special group of residents that knitted for a special cause. On Wednesday, 11 March we gave them the opportunity to visit Pastorie- old age home. Each of these twenty one residents received a beanie, knee blanket, scarf as well as a sweetie gift bag. We arranged with the sister at their home, Sr Jane Lovelot to host a tea party for the residents. One of their residents remarked that she cannot remember when she last had a chocolate. The faces of joy reminded us to be grateful about our own lives. Our residents continued knitting and early July 2015 more blankets were sent to Yuonko home in Sutherland. Thank you to Nell Pretorius, Cathy Reineke, Frieda Cockrell, Anita Visser and Malie Spangenberg for your kindness and hard work. Ons hou gereeld bestuurdertees vir ons inwoners sodat hul op ʼn meer persoonlike vlak met die bestuurder en bestuurspan sosialiseer. ʼn Spesiale bestuurders-tee is gehou vir die inwoners wat woon in die nuwe ontwikkeling (G Blok) asook die inwoners van die F huise. Dit was ‘n goeie geleentheid vir die inwoners om mekaar beter te leer ken. Claudia Jones van Golden Tech bied een tot een en klein groep opleiding aan vir ouer persone om hul meer gemaklik te maak ten opsigte van tegnologie. Sy fokus op die inwoner se leer areas naamlik of dit is om eposse te stuur, ʼn epos adres te skep of om op die internet ʼn soektog te loods. Ons inwoners stel ook al hoe meer belang daarin om hul familie te Skype en so bande te versterk. 18 PANORAMA Linda van der Poel of Panorama Vet and Thinking Pets contacted us with the idea of hosting a puppy school on Saturdays. At the Puppy School she teach new owners to be good and responsible owners and to give the puppies a chance to socialize, learn basic obedience and introduce him/her to new things. The idea is that residents will be able to attend the classes and observe and/or have the opportunity to touch and stroke the dogs. We had a test run and the residents’ reactions were priceless. In winter time the dogs will have their classes in the Frail Care Dining hall and in summer in the C3 Gardens. Ons het Feedem Spyseniering uitgedaag die keer vir Boeresport. Ons moes ons naam weer in ere herstel na die vorige nederlaag. Die tema was Karnaval! Beide spanne het aan die optog deelgeneem. Heerlike musiek het oor die luidsprekers gespeel en die veld het feestelik gelyk met ballonne en vlaggies. Die markiestent was vanjaar ekstra volgepak van inwoners en het sommige selfs skuiling onder die skaduwee van bome gekry deur kampstoele op te stel. Aktiwiteite het gewissel van bande rol, kruiwastoot, sakresies asook eierloop. Selfs ons inwoners het deelgeneem en sommige het blatant "ge-kroek". Die eindtelling was Panorama Palms met 49 punte teenoor Feedem met 25 punte. Dit was wonderlik om die dag met ons besturende direkteur, Mnr John Wilkinson te deel. 19 PANORAMA We hosted a Living Life Creatively –Seminar dedicated to a morning of Creativity. Rae Labuschagne presented the topic, Creativity- A universal gift. Her presentation celebrated creative centenarians and their secret of living a fuller life. Leonie Turck, a resident at our village and some of her friends, who facilitate a music rhythm group at the village, gave their heartfelt testimonies of what they have experienced. Leonie discussed the benefits of using music to interact with the residents verbally and non verbally. After tea break, our resident, Gawie Rossouw accompanied us on the organ while we sang-along to well-known Golden Oldies. Then it was the registered music therapist, Karyn Stuart that spoke on “Music: The brain and the heart of the matter”. Her presentation was vibrant and very interactive. We ended the morning with the educationist and accompanist of varies choirs, Rosalie Geyer on “Sing for life- the benefits of singing”. We also had an art exhibition of the art our residents under the skilful hand of Leonie Turck. Alice Abrahamse, a resident at Trans-50 Panorama Palms, was the presenter at our first Armchair Travel morning. She was very informative about her travels to Egypt and excellently conveyed her travels with a PowerPoint presentation. Some of our residents experienced the morning as a trip down memory lane. Some were soldiers in their youth, based in Egypt and some had memories of climbing the pyramid and sitting on top of it. What a morning- history coming alive! On 13 March 2015 the Lifestyle department gave two hour training to our volunteers. Aspects from the Volunteer training manual were highlighted. We started with an icebreaker where three groups brainstormed about whom and what a volunteer is, the purpose and benefits and lastly what duties a volunteer perform. During the presentation we showed special video clips on dementia, Validation therapy and included role-plays on how to treat residents with hearing and visual restrictions, residents in wheel chairs and residents with dementia. According to the feedback, the volunteers enjoyed the training very much. 20 PANORAMA Briewe How busy you have all been & especially this month with meetings, Sport’s Day & an Evening of Celebration & super treats! Well done! An “outside” friend recently told a gathering of folk that she is SO impressed with the Palms & great attention to caring & fun. God bless you for “putting up” with us so patiently! With sincere thanks & admiration. - Dee Glaum Personeel Palms Baie dankie aan almal wat bygedra het met die heerlike Barnyard aand van die Palms se 30ste verjaarsdag!! Dit was heerlik!! Lank laas so lekker gedans en kuier. Groete - Lolla Kotzé Ek wil almal wat betrokke was by Vrydagaand se funksie bedank. Die reëlings was puik- die kos lekker-musiek heerlik- die kelners was baie vriendelik. ALLES WAS LEKKER! Dankie dat ek deel is van so ‘n ongelooflike Aftree-Oord. Ek is so tuis en voel so veilig hier. Nogmaals baie dankie! - M van Eyssen To the Nursing Staff, caregivers, cleaning staff of C1Frail Care We would like to extend our heartfelt thanks to everyone who took care of our Mother & Grandmother (the late Susan Brander) . During her stay of 6 and a half years your care was exceptional. We cannot thank all of you enough for all your love and compassion shown towards her. May God Bless you all! From Children — Laurence & Jean, Grandchildren, Marcelle & Darren Ons inwoners is baie vlytig en het besluit om op ʼn gereelde basis ʼn Mini Mark aan te bied. ʼn Verskeidenheid produkte word by die mark verkoop, van breiwerk, konfyt, tee, koekies, “fudge” tot Kerrie en rys. Daar heers ʼn heerlike, gemoedelike atmosfeer en die ander inwoners geniet dit om in te loer by die mark. Die mark word gehou saam met ons Medi-Clinic praatjies. After the 'Boeresport' event, the hall was decorated with vintage items we borrowed from staff, residents and family. We wanted a real Barnyard atmosphere for our 30 th Birthday Party! Annatjie’s daughter created the most beautiful granny and granddad scarecrows, which were named Sas and Saar, by Ds Kruger. Nic Stevens and our very own, Shaun Fabricius were the entertainers of the evening and our dancers were dressed for the occasion. There was an amazing vibe in the hall and the residents started to dance just after the first course. Feedem once again outdone themselves with their catering. We were also very privileged to have Mr Wilkinson and his wife, Patrys as our guests of honour.